Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kom gesels gerus saam, ons wil jou mening graag hoor.

Die terreur van 11 September 2001 het die gereelde uitbarstings van politieke geweld oor die wÍreld skielik nader aan die Weste gebring. Dit het die ongemaklike besef by baie van ons gelaat dat ons dalk nie so veilig is as wat ons altyd geglo het nie. Is wÍreldvrede ’n haalbare doel, of ’n naÔewe ideaal?

Lees wat sÍ:

  • Gerrie Snyman (teoloog): “As ons kan ontkom aan stereotipering Ö”
  • Marthie Momberg (skrywer): “In verantwoordelikheid lÍ mag.”
  • Ockert Meyer (predikant): “Weerloosheid is ons enigste ware beskerming.”
  • Anna-Marie: (dokter): “ Probeer net jou hande skoon hou.”

    Lesers wat wil saamgesels, kan Annelie Ferreira kontak by anferreira@worldonline.co.za



    Taal wat ’n werklikheid in die lewe roep

    Gerrie Snyman


    Dit was baie erg om te sien hoe die vliegtuig op 11 September 2001 in die WÍreldhandelsentrum inploeg — afgryslik en tragies. As kyker was mens vasgevang in die suiwer magsvertoon wat besig was om te ontvou, ’n openbare transkrip van een of ander duister anti-Amerikaanse mag. Wat verborge is en grootliks sal bly, is die verborge transkrip wat gespeel is binne die rompe van die vier vliegtuie wat betrokke was in die aanval.

    Die vraag is egter wat presies hierdie openbare transkrip is wat gespeel is ten tye van die aanval en die politieke gebeure daarna. Gaan dit oor die feit dat Amerika as enigste oorblywende supermoondheid nou die prys betaal vir ongebreidelde magsuitoefening?

    Daar is genoeg haat teenoor Amerika se doen en late, veral hulle ekonomiese krag en militÍre sterkte. Dis hoekom die WÍreldhandelsentrum en die Pentagon as teikens uitgesonder is, want die twee geboue simboliseer Amerikaanse finansiŽle krag en militÍre mag.

    Vir Arabiese en ontwikkelende lande was hierdie aanval nie maar net ’n aanslag op demokrasie en vryheid nie, maar die gevolg van onbeperkte mag en die vertrapping van mense wat nie so sterk kan staan nie.

    Retoriek

    Maar die retoriek, oftewel die openbare diskoers na die aanval, het niemand die vraag laat vra hoekom het die gebeure plaasgevind nie. Die openbare transkrip is geskryf in terme van godsdienstige kategorieŽ. Die Christen het weer teen die Moslem te staan gekom. Hierdie beeld is versterk deur CNN wat jubelende Palestyne en LibiŽrs in die strate gewys het.

    Die Amerikaanse president, George W Bush, het later hier ook die toon aangegee deur die woord kruistog (“crusade”) te gebruik om steun te werf vir sy teenterreurveldtog. Boonop is diť soort van taal versterk deur sy gebruik van wat ons as die tipiese reg van die Wilde Weste leer ken het. Osama bin Laden word as ’t ware voŽlvry verklaar en moet gekry word, dood of lewendig.

    As twee hoofstroomgodsdienste op sů ’n manier teenoor mekaar gestel word, dan begin mens dink die “vrede” tussen wÍreldmagte is ernstig versteur, omdat elke groep die ander stereotipeer ten einde regverdiging te verkry vir optrede en respons.


    Fatwa?

    Die Paryse dagblad Le Monde het selfs tong in die kies verwys na ’n “Texaanse fatwa”! Die dagblad skryf:

      In die naam van ’n kruistog, in die naam van ’n ongedefinieerde selfgeproklameerde Goeie, spreek Bush, die Christen, ’n oordeel uit, lewendig of dood, oor ’n vermeende moordenaar wat veronderstel word om in die naam van Allah op te tree.

    In hierdie opsig het Osama bin Laden ook nie stilgebly nie, maar in ’n faks waarvan vermoed word dat dit uit sy hand kom, Moslems in Pakistan aangespoor om die Amerikaners by te kom in laasgenoemde se “kruistog” teen die Moslems.


    Openbare transkrip

    Wat hier besig is om te gebeur is taal wat ’n werklikheid in die lewe roep. Ons moenie dink dat die verwysings na “kruistogte” en “Moslems” en “Christene” objektief is nie. Bush en Bin Laden is besig om deur middel van taal ’n meesterverhaal te skep waardeur ’n bepaalde soort mag uitgeoefen kan word. Elkeen veg om die mag van die openbare transkrip.

    Onder die term openbare transkrip verstaan ek daardie diskoers in die openbaar waardeur ’n maghebber sy mag wil behou en die ondergeskiktes onderdanig wil laat bly. Met ander woorde, die maghebber speel ’n bepaalde rol wat hy self geskryf het en die vraag is in watter mate die ander spelers hulle skik na die rolle wat vir hulle uitgedeel word.

    Ek vermoed dat Bush hier in die hand van Bin Laden speel. Die woord kruistog is ’n emosie-gelaaide term vir die Midde-Oosterling. Dit het geen aangename konnotasies nie. Boonop is dit ’n deel van die minder roemryke Christelike geskiedenis wat menige Christen eerder sou wou begrawe. Nou word dit weer opgediep. Die gevolg is maar net dat mense weer eens in kategorieŽ ingedruk word.


    OriŽntalisme

    Dit is die probleem wat Edward Said, ’n Palestynse filosoof, met die Westerse siening van die Midde-Ooste het. Hy verwys na die verskynsel van “OriŽntalisme”. Diť verskynsel is ’n diskoers waarin Westerlinge uitsprake oor die Midde-Ooste maak sodat ’n beeld van die Midde-Ooste polities, sosiologies, militÍr, wetenskaplik en kreatief opgeroep word, geproduseer word en uiteindelik beheer word.

    Met ander woorde, die beeld van die Midde-Ooste is ’n “Westerse” een waarmee die Weste as maghebber beheer oor die Midde-Ooste kan uitoefen. Die beeld wat so geskep word, is op die ou end ’n strooipop waarmee ’n klomp mense binne ’n geografiese gebied onder een noemer gebring kan word. Almal word tot ťťn essensie gereduseer.

    Said sÍ daardie beeld is fiktief en bloot ’n middel om Westerse belange te bevorder ten koste van die mense van die Midde-Ooste. In die proses moet die Midde-Ooste op ’n bepaalde manier gesien word om die materiŽle beleggings in daardie gebied te regverdig.

    In sy boek Orientalism (1985, Londen: Routledge, p 7) sÍ hy:

      The scientist, the scholar, the missionary, the trader, or the soldier was in, or thought about, the Orient because he could be there, or could think about it, with very little resistance on the Orient’s part. Under the general heading of knowledge of the Orient, and within the umbrella of Western hegemony over the Orient during the period from the end of the eighteenth century, there emerged a complex Orient suitable for study in the academy, for display in the museum, for reconstruction in the colonial office, for theoretical illustration in anthropological, biological, linguistic, racial, and historical theses about man, king and the universe, for instance of economic and sociological theories of development, revolution, cultural personality, national or religious character. Additionally, the imaginative examination of things Oriental was based more or less exclusively upon a sovereign Western consciousness out of whose unchallenged centrality an Oriental world emerged, first according to general ideas about who or what was an Oriental, then according to a detailed logic governed not simply by empirical reality but by a battery of desires, repressions, investments, and projection.

    Stereotipering

    Ons het hier te make met ’n kulturele en godsdienstige stereotipering. Amerika word as Christelik beskou en die Midde-Ooste word as Islam gesien. So ’n siening is egter taamlik benouend, veral omdat die “ander” godsdiens ook in die “ander” streek verteenwoordig is. In Amerika, wat as ’n smeltoond van kulture dien, is daar baie Moslems wat getroue Amerikaanse burgers is. In die Midde-Ooste, in Libanon, is daar baie Christene. Tog word die Christene hier as laatkommers beskou, en in baie opsigte as indringers.

    In hierdie soort openbare transkrip word die andersheid van die ander en die verskeidenheid tussen die ander heeltemal geÔgnoreer. Immanuel Levinas, ’n Joodse filosoof in Frankryk, praat van ’n totalisering [1] van die Ander waardeur die andere gereduseer word tot ’n stel rasionele kategorieŽ. In hierdie geval is die kategorieŽ godsdienstig van aard.

    Levinas sÍ in die ontmoeting tussen die self en die Ander skreeu die Ander uit “Moet my nie doodmaak nie.” Die Ander staan voor die self as die naakte, die sorgbehoewende, iemand met niks, heeltemal ontbloot. Hierdie nooddruf skep dan ’n verpligting tydens die ontmoeting om nie die Ander te reduseer nie. Waar die Ander gereduseer word, ontstaan konflik omdat die Ander eenvoudig genegeer word, ondergeskik gestel word en tot sondebok gemaak word in ’n proses waar die Ander geen weerstand kan bied nie. Dit bedreig vrede.

    Die Islamitiese Andere word gereduseer tot ’n Amerikaanse bewussyn oor die Islam, en die Amerikaanse Andere word gereduseer tot ’n Islamitiese bewussyn oor Amerika.

    En in beide gevalle kan mens maar net ’n kreet uiter: “Ons is nie almal so nie!”.

    [1] www.arsrhetoric.net

    Gerrie Snyman is ’n Ou-Testamentikus by UNISA

    Hierdie artikel het verskyn in Kantaantekeninge, ’n nuusbrief vir diegene wat nadink oor godsdiens, geloof en spiritualiteit, Oktober 2001



    Ons kan bly wees vir hierdie geleentheid

    Marthie Momberg

    Waarom het ons nie wÍreldvrede nie? Is dit die mens se lot om in onvrede te leef? Kan ons enigsins ons werklikheid beÔnvloed?

    So lyk dit nou ...

    Deur eeue heen, was daar altyd diť wat meer geld en mag gehad het as ander. Daarom het sekere lande en individue meer slaankrag as ander, hulle besit baie eiendom en ’n gesofistikeerde infrastruktuur, het organisatoriese mag en dus ook die mag om hulle kant van die saak eerste te stel — selfs ten koste van ander — en so opinies te beÔnvloed. Daar is die tevredenheid van sommige, die woede, die gevoelens van uitbuiting en onderdrukking van ander, ook die enorme drang na ego-bevrediging. God word herhaaldelik gevra om ’n nasie of ’n sportspan te seŽn, dus aan iemand se “kant” te wees. En dan is daar die “regte” en die “verkeerde” geloof. Reeds vir eeue word godsdiens as dekmantel gebruik vir militÍre, politieke, ekonomiese en ideologiese oorheersing. Die geloof dat iemand “reg en iemand “verkeerd” is en die behoefte om dit te bewys, is so oorweldigend dat individue hulle lewens hiervoor opoffer en nie omgee hoeveel ander in die proses sterf nie.

    Ons hou nie van konflik nie, maar ons aanvaar dit as deel van ons werklikheid. Verwydering, vrees, verdeeldheid en verskille is deel van hoe ons dink die wÍreld saamgestel is. Ons hou hiermee rekening wanneer ons onsself en die aarde bestuur. So konstateer ons egter dat onvrede deel van ons bestaan is.

    Die blote feit dat ’n debat gevoer word oor die moontlikheid al dan nie van wÍreldvrede, verklap dat die kans daarop bevraagteken word. Is dit nie waar die probleem lÍ nie, dat ons nie oortuig is dit kan werk nie? Die wÍreld se denkraamwerk word gereflekteer in ons werklikheid, in ons persoonlike en alledaagse lewens — maar ook ons “manier van dink” voed die wÍreld se “manier van doen”.

    Is vrede op aarde enigsins moontlik?

    Vir die eerste maal ooit is die hele wÍreld getraumatiseer deur die afgryslike gebeure van een dag. Danksy ons gesofistikeerde inligtingstelsels, die teenwoordigheid van kameras, ons vereenselwiging met gewone mense wat hul dagtaak wou verrig, en die bekendheid met New York en Washington, was die aanvalle wÍreldwyd onmiddellike, duidelike en byna persoonlike ervarings binne-in ons huise en eie geboue. Vier gruwelike insidente op een dag het gemaak dat ernstige skade aan die fisieke struktuur van ’n wÍreldleier se geld- en magsbasis aangerig is.

    Hoe verskriklik die gebeure ook is, gee dit ons, nogmaals vir die eerste keer, die kans om gesamentlik oor lands- en geloofgrense heen te definieer wat aanvaarbaar is en wat nie. Dis ’n kans om te ervaar dat ons eintlik almal een is, dat die grense tussen ons relatief is en ons eintlik almal liefde, vrede en voorspoed nastreef. Die wonderlike is dat dit lyk of die wÍreld hierdie kans wil benut. Westerlinge begin verstaan dat alle Moslems nie moordenaars is nie. Skrikwekkend onkundige Amerikaners doen vir die eerste maal moeite om uit te vind waarom daar soveel haat teenoor hulle is. Noodleniging en oorlogvoering gaan hand aan hand, omdat die optrede van ekstremis-moordenaars verdoem word en mense nie meer blindelings uitgeroei word soos in Japan en Duitsland tydens die Tweede WÍreldoorlog nie.

    As wÍreldvrede regtig is wat ons wil hÍ, dan mag ons nie langer toelaat dat verwydering, vrees, verdeeldheid en verskille ons werklikheid domineer en lei tot optrede wat voor die voet ten koste van ander is nie. Dan moet ons verby dogma kyk en raaksien dat daar kernwaardes in al die groot godsdienste van die wÍreld is wat ooreenstem. Dis juis waarom die hele wÍreld eweveel geskok is deur die gebeure van 11 September. Dis asof elke mens gemobiliseer is. En daarom kan ons nou iets regkry wat voorheen nog nie moontlik was nie — solank ons net nie besluit om te “wag en kyk” wat gebeur nie, want ons het elkeen ’n rol om te speel.

    Die manier waarop individue hul energie rig, beÔnvloed ons werklikheid. Navorsing het bewys dat gebed, visualisering, gedagtes en meditasie veranderinge kan teweeg bring in ’n individu ťn in ’n omgewing. As ons anders wil optree, moet ons anders dink. En dis nie net die taak van leiers en regerings nie. Ons moet ons eie rolmodelle word, ons moet besef dat ons onsself kan bemagtig deur ons denke. Ons moet self maniere vind om die waarheid in ons uit te leef en ons werklikheid te beÔnvloed. Dis tyd om balans en harmonie in onsself te demonstreer. Dis nie ’n abstrakte ding nie, dit raak ons elke optrede.

    Ons moet verander, nie net deur wat ons sÍ nie, maar veral deur wat ons dink. As ons in ons mees private oomblikke — soos by geliefdes of in ons eie gedagtes — verwydering, vrees, verdeeldheid en verskille in stand hou, dan sal die kollektiewe bewussyn van die aarde nie verander nie. En as ons nie verander nie, definieer ons onsself by implikasie as slagoffers, misken ons ons goddellike opdrag, is ons mense wat nie effektief oor die aarde heers nie.

    Maar as elkeen in die wÍreld, binne die raamwerk van sy/haar lewensbeskouing en geloofsraamwerk, aanvaar dat ons ooreenkomste groter is as ons verskille, dan kan ons ’n gesamentlike waardestelsel oor sake soos respek, mag, geld, eerlikheid en vryheid ontwikkel. Elkeen wat vrees, verwydering, verskille en verdeeldheid vervang met liefde, empatie en regverdigheid, selfs in die mees alledaagse optrede, help om die dinamiek van ons omgewing te verander.

    Die datum 11.09.01 het my opgeval — dis ’n datum wat gedomineer word deur die getalle “1” en “9”. “1” verteenwoordig ’n begin, ’n nuwe manier om dinge te doen, maar ook die vernietiging van ou patrone en ou maniere om dinge te doen. “9” is die getal van transformasie. Soos Nancy Gibbs dit stel:

      That is the deep mystery of great tragedy. So much that was precious has died, but as though in a kind of eternal promise, something new has been born. We are ... sensing it in ourselves, a new faith in our oldest values, a rendezvous with grace ... And when each of us gets the chance to decide all over what matters most to us, there is no telling what we may learn. Time, 01.10.01

    Daar was voorheen enorme menseslagtings, maar dit is nooit so wyd, so deeglik en so onmiddellik gekommunikeer nie. Die hele wÍreld se oŽ het meteens oopgegaan vir die mens se vermoŽ tot vernietiging en ons is een in ons belewenis. Ons het ook gesamentlik besef dat ons kan kies hoe ons reageer. Ons kan bly wees vir hierdie geleentheid. As genoeg individue kies om nuut te dink en nuut op te tree, en as ons nie hiermee versuim nie, kan ons vrede hÍ. Dit is moontlik.

    Marthie Momberg is ’n skrywer van Stellenbosch



    Weerloosheid is ons enigste ware beskerming

    Ockert Meyer

    Daar word vertel dat die destydse president van die voormalige Tsjeggo-Slowakye drie maande voor die uitbreek van die Tweede WÍreldoorlog verklaar het dat daar nooit weer ’n wÍreldoorlog sal wees nie. Daarvoor, het hy gesÍ, het die mensdom te beskaafd geword.

    Drie maande later was dit hel op aarde.

    Ons het die afgelope paar eeue die soort vooruitgang en groei op talle terreine gesien waarvan vroeŽre geslagte nie eers sou kon droom nie. Elke nuwe eeu het die geloof van die mens in sy eie vermoŽ net groter laat groei. Daar kon kwalik ’n eeu gewees het waarvan groter verwagtings gekoester is as van die twintigste eeu. Van hierdie verwagting en hoop was die te water lating van die Titanic waarskynlik die eerste en belangrikste gestalte. “Die skip wat selfs God nie kan laat sink nie“, het die kaptein skynbaar verklaar. Wat nie eers God veronderstel was om te kon doen nie, dit het ’n ysberg reggekry.

    Alhoewel die sinking van die Titanic die droom van ’n tegnologies-wetenskaplik-bemiddelde wÍreldparadys aan skerwe laat spat het, was dit eers met die uitbreek van die Eerste en veral later die Tweede WÍreldoorlog dat die hoop en die verwagtings van die twintigste eeu finaal in afgryse en wanhoop gestrand het.

    Die val van die Berlynse muur aan die einde van die vorige eeu het opnuut die hoop gebring dat die een en twintigste eeu dalk ’n era van wÍreldvrede en vooruitgang kan inlui. As die gebeure in die Balkan en Burundi nie reeds onuitwisbare spore van twyfel gesaai het nie, het hierdie hoop in elk geval waarskynlik finaal op 11 September saam met die twee torings van die World Trade Centre ingeplof.

    Een ding is skynbaar seker: wÍreldvrede gaan nie die resultaat wees van die beskaafdheidspeil van die mensdom nie. WÍreldvrede gaan nie ontkiem en geleidelik groei uit die saad wat ons geplant en versorg het nie. Dalk sal ons Írens in die toekoms gelukkig wees om ’n soort momentele skietstiltand te beleef. Maar selfs hieraan twyfel ek.

    Is wÍreldvrede dan glad nie moontlik nie? Van die ou Babiloniese godsdienste het die ontstaan van die mensdom en die aarde beskryf as die resultaat van ’n geveg tussen twee gode. Die bedoeling is duidelik: ons is in stryd ontvang en gebore. Dis ons herkoms en lot.

    Hierteenoor het die vroeŽ Jode verklaar: In die begin het God die hemel en die aarde geskep. Ook die bedoeling hiervan is duidelik. Ons herkoms is van God; daarom is ons bestemming ook weer by Hom.

    Dalk moet ’n mens begin deur net eers vrede te definieer. Vrede is bybels gesproke nie net die afwesigheid van stryd en oorlog nie. Die Hebreeuse woord sjalom het in die Eerste Testament te doen met goeie verhoudings. Maar dan ook meer as net ’n onderlinge goedgesindheid; dit dui ook op ’n soort universele geregtigheid. ’n Mens kan amper sÍ dat vrede ’n toestand is soos God dit gewil het.

    Christene glo in vrede. Die verwagte Messias word immers die Vredevors genoem. Voor sy vertrek verklaar Jesus dat Hy sy vrede aan sy volgelinge nalaat. (Joh 14:27).

    En dis teen hierdie agtergrond van vrede as die geskenk van Christus dat die belofte in die bergrede ook verstaan moet word: GeseŽnd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

    Dit laat ’n mens met ’n tweŽrlei gevolgtrekking. Eerstens: werklike vrede is ’n skepping van God. Dis in hierdie opsig dat geloof ons nader aan wÍreldvrede gaan bring as die wetenskap. Tweedens, vir dit wat God doen, moet ons onsself beywer. Dis in hierdie opsig dat ons die wetenskap en tegnologie moet inspan om nie meer gesofistikeerde wapentuig te ontwerp en te vervaardig nie, maar om ’n meer menswaardige bestaan vir die mensdom te verseker. Dis in hierdie opsig dat ons inderdaad meer sal moet doen as om te verlang na vrede. Ons sal dit moet mŠŠk. Deur hoe ons praat, hoe ons ons kinders opvoed, hoe ons stem.

    In ’n ongelooflik skerpsinnige kritiek op wat sy die fascisme-godsdiens noem (die godsdiens van die sogenaamde “moral majority“), maak die Duitse teoloog Dorothee SŲlle dit duidelik dat die boodskap van die Joods-Christelike tradisie iets anders is. Die God van die profete verkondig nie ’n nasiestaat nie, maar ’n gemeenskap tussen volk en vreemdeling. Die apostel Paulus grond nie die regverdiging van die sondaar op ’n Protestantse werksetiek nie, maar op genade - wat beloof word aan jonk en oud, vir beide die hardwerkendes en die werkskugteres. En laastens, Jesus het nie die familie die sentrale waarde van menslike lewe gemaak nie, maar solidariteit met hulle wat van hulle regte en menswaardigheid beroof is.

    Sy titel die boek The window of vulnerability. As ’n soort motto by die boek word gesÍ: To be alive is to be vulnerable. To be faithful is to resist the temptation of security.

    Dis hierdie perspektief wat die Bybel iets merkwaardig maak. Vrede volg nie uit ’n groter skepping van veiligheid nie. Vrede is nie die resultaat van weerbaarheid nie, maar van weerloosheid.


    Ockert Meyer is ’n predikant van Durbanville


    Anna-Marie (dokter): “Probeer net jou hande skoon hou.”

    Ek het dit nog altyd geweet. Almal het ’n roeping. Anders is dinge mos soortvan heel sinloos.

    Vir my het alles begin die dag toe ek gebore is. My pa het gedink ek was omgeruil. Ten spyte van my ma se pogings om hom (en my) te oortuig, is hy tot vandag toe suspisieus oor my herkoms. Ek ook. Dis nou soos in dat ek nie van hierdie planeet is nie.

    Van kleins af het ek met my derde oog waargeneem dat dinge nie pluis is nie. Om die waarheid te sÍ, ek kan dit basies opsom soos wat ek alle belangrike issues in die lewe kan opsom — met ’n drie- of vierletterwoord: “Hier is groot kak. Punt.” ’n SanitÍre-omgewingskrisis. Alles gaan oor higiŽne. En die ouens wat die meeste vingerwys oor wie alles bevuil het, is die outjies wat die hande-was-wette uitgedink het. En hulle is ook die outjies wat nooit hulle hande was nie.

    Na vele pogings om op te ruim, ander te leer opruim, ander te help opruim deur voorkomende en bevorderende geneeskunde toe te pas, het dit uiteindelik tot my gekom. Om rond te hardloop met ’n wit vlag of toiletpapier help net mooi niks, want in die hardloop word jou voete vuil. (En mens kan lelik gly en jou rug seermaak en dit het baie erger implikasies vir wat mens dan kan doen en nie kan doen nie, ja-a.)

    Met diť het ek besef dat my roeping nie een van toiletskoonmaker is nie. My counseling bevat deesdae net die nitty-gritty tipe statements soos: Probeer maar net jou eie hande skoon hou, sodat jy ander nie aansteek nie. Dis dit. O ja, en kyk na jou dieet. Alles is gebaseer op die sisteembenadering: Wat by jou ingaan, kom weer by jou uit. Jy is wat jy eet. Garbage in, garbage out.

    Lyk vir my die hele wÍreld ly aan een moerse eetversteuring.

    Toe word ek maar ’n “Conspiracy Theorist”. Dis werklik baie meer pret om diaboliese planne van die Illuminati aan die kaak te stel, veral as mens weet jy is self nie van hier nie en untouchable.

    Om gebrandmerk te wees as ’n “Conspiracy Theorist” help ook om verskonings uit te dink as mens se stokperdjies behels om woorde in rympies neer te skryf op so ’n manier dat net jy weet wat jy wou sÍ en al die ander wonder wat jy sÍ maar hulle is te bang om te erken dat hulle nie ’n clue het nie want dan mag hulle dom voorkom en dus voorgee dat hulle verstaan of sommer so in die postmodernistiese trend “meaning invent” in hulle eie konteks oor hierdie gebrabbel.

    “Mens” (want ek is moontlik nie een nie) het dus ’n goeie kans dat jou eie surrealistiese draadtrekkery en mind games moontlik as betekenisvol geÔnterpreteer sal word en jy eendag bekend sal staan as ’n siener wat al jou ontdekkings in die vorm van gekodeerde kommunikasiemetodes vir toekomstige generasies in rym vasgelÍ het. Oor jy omgee, jy weet. Dan het generasie post-XYZ ten minste ’n blueprint om vanaf te werk. Mens moet tog ’n erfenis agterlaat (benewens genetiese materiaal). Al sien mense jou nie raak terwyl jy nog hier is nie, moet jy seker maak om onthou te word as jy nie meer hier is nie.

    Kyk nou net hoe besig hou Nossie, my cosmos companion, se skrywes almal deur die eeue heen and still going strong. En dis die wonder van ’n conspiracy theory. Dink een uit prospektief en dit word retrospektief waar. Veral oor oorloŽ. Wie gaan wen en wie gaan verloor.

    Nossie was eintlik die vader van die postmodernisme, want sy stories is darem nou al so vanuit alle hoeke geÔnterpreteer dat niemand meer weet wat kop of stert is nie. Al wat my bietjie pla, is dat almal altyd oorlog voorspel, maar nie eintlik ooit vrede nie. Is dit nie miskien die profete en sieners wat die “Illuminati” verteenwoordig nie? Met jou status as siener glo almal jou, en wat jy aanhou herhaal, klim in mense se koppe en houding en gedrag in, en voor jy weer probeer sien, het alles waar geword.

    Iemand het my gevra om te bespiegel of wÍreldvrede moontlik is of nie. Met al my gesienery en dophouery het ek toe wel op ’n paar teorieŽ afgekom wat almal die antwoord “Nee” uitspel.

    Conspiracy theory no 1

    Daar is ’n geheime skool vir “sieners” wat spesiaal opgelei word deur die internasionale mafia wat alle ekonomiese mag het en beheer (die Illuminati) om te “sien” volgens die haarfyn uitgewerkte strategiese planne om die mag in die regte hande te hou. (Ek weet want ek was daar “under cover”; nou sien ek ook, maar in spieelbeelde). Hulle sal altyd “oorlog” sien en nooit “vrede” nie (behalwe daai ene wat sÍ: “in so ’n duisend jaar of twee”: dis so ver in die toekoms dat die Illuminati nie gepla is nie, want teen daardie tyd gaan ons almal hopelik in “the singularity” opgeslurp wees en nie meer bestaan soos ons nou bestaan nie).

    Conspiracy theory no 2

    Die CIA en Osama bin Laden behoort beide ook aan die Illuminati. Om die waarheid te sÍ werk hulle al jare saam as “born capitalists” om die wÍreld skoon te maak van al die arm gepeupel wat soos rotte aanteel en gedurig neul vir sponsorships oor hulle nog mondjies het om te voer. Die AIDS-epidemie was hulle vorige projek om die werk te doen op ’n “natuurlike” en “onbevraagtekenbare” manier. (Hoekom, dink julle, kom die AIDS-epidemie major voor in die lande wat die grootste ekonomiese burden vir die kapitaliste is?)

    Daar is besluit om met die volgende strategie van WÍreldoorlog no 3 te begin, omdat te veel mense begin vrae vra het oor die AIDS-scenario. Nou gaan daar gemaai word in die Midde-Ooste waar die res van die ekonomiese burden sit (Afghanistan, Pakistan, IndiŽ gerieflik net langsaan, etc). En daar is nou soveel goeie oortuigende redes en bewyse om al die aksies te regverdig.

    Deel hiervan is sommer om al die “ou” dodelike siektes wat ons “oorwin en onder beheer” het, op die hele wÍreld los te laat. Wie staan die kans om die vinnigste hierdeur getref en uitgeroei te word? Natuurlik die “Derde WÍreld”! Hulle gaan net nie die geld en mensekrag hÍ om veiligheidsmaatreŽls toe te pas nie; hulle het nie eers nou geld vir “gewone medisyne” nie. So nou is dit weer tyd vir die goeie outydse Pes, Pokke, Antrakose en sommer ’n hele paar Hemorrhagiesekoorssiekte-virusse as ’n bonus. Dit in kombinasie sal vir seker die ding doen. AIDS was toe al die tyd nie so letaal as wat dit veronderstel was om te wees nie.

    Conspiracy theory no 3

    Die mens is nie mensvriendelik nie, maar magsvriendelik. Dus beplan die mens om die mens te ontmens, sodat die mens meer mens kan wees. The basic choice for the living is: To be dead, or to be undead. Anything BUT alive. Want om lewendig te wees, is nie magsvriendelik nie.

    Conspiracy theory no 4

    Die aliens is op soek na sin in hulle lewens. Hulle ken ou Homo Sapiens uit want toe hulle nog op die stadium van hazardous waste dumping was (net voor hulle “green phase”), het hulle al hulle genetiese rioolafval op hierdie planeet geprojekteer. Hulle’t gedink dis net ver genoeg van hulle eie territory af om daardie onaangename reukie te mis. Maar soos ons almal weet, het hierdie trend van dumping altyd ’n boemerang-effek. Hulle mis nou die reukie. Regtig. Want hulle is nou so reukloos en afvalloos in hulle perfekte “green peace state” dat hulle almal senu-ineenstortings gekry het. Dit was net te stil. Die aliens is lus vir oorlog. Maar hulle wil darem seker wees hulle gaan wen. So die strategie is nou baie eenvoudig, naamlik:

    Die aliens besef een van die kenmerke van ou Homo Sapiens is hierdie Kleingroepie-vorming. Faksies. Tribalism. Saamkoekery teen ander wat nie soos jy is en maak nie want dis lastig veral as jy hardkoppig is. Hulle weet ook dat as jy vir Homo Sapiens iets sÍ, dan doen hy presies die teenoorgestelde. Hulle stuur dus hulle geheime agente om die hele wÍrled vol te reis met die good news van: “Why can’t we all just get along ...” - en nou ja, ek hoef niks verder te sÍ nie.

    So wag hulle totdat Homo Sapiens se aandag so op mekaar gevestig is dat hulle nie eers die “big wheel from the sky” gaan raaksien as dit ons tref nie. Waar dink julle kom die movie script Independence Day vandaan? Dit was ’n alien verraaier wat inligting laat uitlek het.

    Dan weer Ö

    Miskien is daar geen sameswerings nie en die term wÍreldvrede is net soos die konsep militÍre intelligensie of mensliewendheid: dit bestaan nie. Die realiteit is dat mense van die begin af geneties nie mensvriendelik was nie, dat mense verleer het om verhoudings te hÍ met ander mense; dat mense verleer het om verhoudings te hÍ met hulleself. Mense se roeping is om “suicide bombers” te wees. Mense het selfvernietiging in hulle kollektiewe geheue. Mense skep goddelike entiteite om hulle roeping te regverdig.

    Daar word “tragedies” en “terroriste” geskep. Wat bepaal die definisie van ’n “tragedie”? Die spoed waarteen dit gebeur? Dit kan nie kwantiteit wees nie, want dan is daar baie situasies in die lewe wat verkeerdelik nie as tragedies geklassifiseer word nie Ö

    Brandsiekmaer vroue en kinders wat op die grond rondkruip in die stof is ’n tragedie. Twee kinders wat gif drink en selfmoord pleeg oor hulle nie meer die mishandeling van hulle ma kan vat nie, is ’n tragedie. Om mense as “mal” te label en hulle vol medikasie te stop sodat hulle beter in “society” kan inpas, of hulle in gestigte te stop want hulle is te veel moeite, is ’n tragedie Ö

    Snaaks genoeg feature dit nie eintlik op enige prioriteitslysies nie. Mense sal seker sÍ dat hierdie goed nie beplan was nie, of dat dit “buite ons beheer” plaasvind of Moeder Natuur se skuld is en daarom nie tragedies is nie.

    My rigtinggewer Logos moedig my altyd aan om te skryf. Want skryf skep verhouding. Nou skryf ek maar ter wille van wÍreldvrede.

    En ek praat elke dag met (my) God. Ek praat nie oor wÍreldvrede nie. Ek praat oor verhouding.

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.