Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dis binnekort Kersfees, die belangrikste godsdienstige feestyd in die Westerse jaar. Vir baie mense het die godsdienstige betekenis van hierdie tradisie egter al vervaag. Het die moderne mens nog ’n Verlosser nodig? Waarvan wil ons eintlik graag verlos wees?

Lees wat s:

  • Magdaleen du Toit (prosesbegeleier): “Verlos ons van maklike antwoorde ”
  • Francois Smuts (prokureur): “Ek en God het mekaar nodig.”
  • Gerrit Brand (teoloog): “Verlossing is om te weet waar om rus te vind.”
  • Shani Grov (sielkundige): “Ware genesing begin by eerlikheid.”

    Lesers wat wil saamgesels, kan Annelie Ferreira kontak by anferreira@worldonline.co.za



    Storie is belangriker as dogma

    Magdaleen du Toit

    “If we don’t know that the story we were brought up with, is optional, then we live it out blindly and unconsciously,” s die Amerikaanse filosoof Sam Keene.

    Ek het altyd moeite gehad met die “storie” van verlossing. As kind was ek ’n deur-die-wind dromer. Ek het dikwels dinge oorgekom wat ek nie as boos bedoel het nie, maar wat ander se wrewel verwek het. Ek het ’n halfdosyn skooltruie verl, ek het dikwels nie al my boeke by die skool gehad nie, ek het vergeet om skoolkennisgewings by die huis af te gee.

    Ek het geweet dat ek vir baie mense ’n yslike irritasie was — ’n “besoeking”, het iemand dramaties ges — maar boos en vol sonde? Nee, dit sekerlik nie. Vuur-en-swael-preke het by my verbygegaan. Ek het ’n baie diep en seker wete gehad dat ek ’n goeie mens is. Trouens, ek het as naewe kind dikwels die gevoel gehad dat ek ’n gerieflike teiken was vir ’n bondel irritasie waarvan ’n grootmens net ontslae wou raak. ’n Sondebok.

    Ek het baie raas gekry, en dikwels ook pak gekry. Ek onthou hoe ek gehuil het, nie uit “sondebesef” nie, maar uit frustrasie, uit ’n gevoel van “Julle kyk my vlak, julle sien nie my eintlike waarde as mens raak nie.”

    Vanselfsprekend was die hele konsep van “in sonde ontvang en gebore” vir my iets onverstaanbaars. Ek het van altyd af geweet my intensies is goed. Ek bedoel dit goed met God en mens en wreld. Verlossing? Waarvan moes ek verlos word? Van my ongelukkige neiging om goeters te laat l en te vergeet? Van grootmense wat my nie sien vir wie ek is nie? Van my “sonde”? Wat is “sonde”?

    Verseker was ek nie net ’n sorgelose, dartelende kind nie. Ander se onvrede met my het swaar op my skouers gel; dit het uiteindelik ’n dissonansie in my selfbesef gebring. En die teologie van sonde en verlossing kon vir my in hierdie voortdurende psigiese ongemak geen sin maak of helderheid bring nie.

    Ek het wel baie goed geweet wanneer ek liefdeloos opgetree het, en ek het ewe goed geweet dat ek daarvoor moet vergoed. En ek moes dit slf doen -ek kon nie maar net op grond van Jesus se soenverdienste vergifnis vra en glo die skade word ongedaan gemaak nie.

    Ek het ook uiteindelik besef dat liefde beteken dat ek nie skade aan myself mag toelaat nie. Maar in my mensverhoudings het my hart (my Christus-bewussyn?) my voorges, nie die teologie van sonde en verlossing nie.

    Dit het nie beteken dat ek die Christelike dogma soos ’n kleed van my kon afgooi nie. Ek het geworstel met skuld en verwarring.

    Is my geloof, my spirituele sintuig, dan so ontoereikend dat ek nie in staat is om met hierdie religieuse konsepte te werk nie? Hierdie mense rondom my wat so gemaklik tuis is in die wete van hulle eie verderflikheid en hulle redding deur Jesus Christus (of wat soms so aggressief is in hul verdediging daarvan): wat het hulle wat ek kortkom?

    Op ’n aand het ek gekyk na ’n TV-program oor die Noord-Amerikaanse Indiane en hul wreldbeeld. Hulle sien die wreld en alles daarop as wesenlik goed, mooi en kosbaar, geskep om hulle te onderhou en vreugde te gee. Die wreld — en veral die mens — is ni iets boos wat jy voortdurend moet hokslaan anders peul daar oral dorings en distels en onbehoorlikheid uit nie.

    ’n Wreldbeeld sonder ’n teologie van die sonde, en dus sonder ’n teologie van verlossing? Een aardbol, een mensdom, twee verskillende basiese vertrekpunte, twee skynbaar botsende “stories”?

    En net daar word die “opsionaliteit” van stories vir my ’n werklikheid. Skielik voel dit vir my of ek baie diep en vry kan asemhaal.

    Ek sien ’n prentjie: ’n donker sternag, ’n groot, donker planeet, dermiljoene vuurtjies wat oranje flikker reg rondom daardie planeet. By elke vuurtjie sit daar mense en luister na ’n storieverteller. Elke storieverteller ken sy mense, hy lees hulle harte. Elkeen vertel sy storie, ’n storie oor God, mense en wreld. Dis stories wat die mense bang maak maar ook troos; wat hulle groot laat voel, maar ook klein. Dis stories wat verwondering en verlange wek; wat uitsig bied; wat die mense opgewonde maak oor die lewe; wat hulle help om geduld te h met hul eie en mekaar se tekortkominge, maar hulle ook inspireer om te groei, om altyd weer te probeer.

    As dit dag word, beweeg die mense rond — hulle jag, hulle soek kos. Hulle kom mekaar te en vertel vir mekaar hulle vuurstories. Sommige stry met mekaar: Ons storie is waar, julle storie is vals, s hulle en maak mekaar dood.

    Enkeles is bereid om enduit te luister en te dink. Alle stories is waar, s hulle, selfs di wat lyk of hulle met mekaar bots. Want ons leef in ’n wreld van n  n, nie van f  f nie. Elke storie is maar een trilling van een enkele noot van die groot lied. As jy jou eie hart ken en jou eie nood verstaan, mag jy self die storie kies wat jou nou die beste troos. Mre is jy dalk op ’n ander plek en het jy ander troos, ander insigte, ’n ander storie nodig. Jy hoef ook nooit ’n uitgediende storie weg te gooi nie, jy kan hom altyd nuut oorvertel.

    Ek kon uiteindelik die dogma laat links l en gaan kyk na die storie — die aangrypende storie van die man Jesus, maar ook van baie ander. Ek kon deel word van daardie stories, en dit toelaat om saam met my eie ervarings die weefsel te word van my eie voortgaande storie, totaal uniek en totaal universeel.

    So kom die verlossing, so verkry die syn ’n draaglike ligtheid.

    * * *

    Het ons nog ’n verlosser nodig? Ja, van ganser harte! Waarvan wil ons verlos word? Van sekerheid en arrogansie en maklike antwoorde. Van vrees en voorbehoud, van stagnasie, van gebrek aan geesdrif. Van mekaar, en veral van onsself.


    Magdaleen is ’n berader wat mense in krisisse help, en ook seminare aanbied met transformasie as tema.

    Mens word nie tot ’n verhouding oortuig nie

    Francois Smuts

    “Waarvan wil ons eintlik graag verlos word?” Ek dink dit is die kritiese vraag, want as jy nie verlos moet word nie, het jy nie ’n verlosser nodig nie. Ek sou dit ook anders stel: “Waarvan moet die moderne mens verlos word?” Want ek dink nie dat verlossing in die “eintlik graag”-kategorie val nie. Pascal praat van geloof in God as “die verwed van jou siel” — en dit gaan hier om niks minder nie.

    Wie is die “moderne mens”? Die begrip veronderstel dat dit iemand anders is as die “historiese mens” wat wel nog ’n verlosser nodig gehad het. Dit veronderstel ook dat die mens vorder en sigself onderskei van di wat hom voorafgegaan het.

    Het dit inderdaad gebeur? Wel, nie wat die kunste betref nie. Maar tegnologies en wetenskaplik, verseker. Dalk ook wat betref die bewustheid van die eie psige. Maar spiritueel?

    Ek dink die mens se behoefte aan ’n verlosser het verdwyn toe hy begin glo het dat hy die heelal (en sluit hierby in die natuur, die bose geeste in die lug, en so aan) nie meer hoef te vrees nie, maar kan oorwin — en dit toe gedoen het. Hoekom sal die oorwinnaar van die heelal dan nou nodig h om verlos te word? Maar dieselfde mag wat hom die heelal besorg het se donker, destruktiewe kant, sy nou amper onbeperkte vermo om uiting daaraan te gee en die ontsettende besef dat dit nie gebreidel kan word nie, het die mens nou weer gevange en bevrees — di keer vir homself.

    Daarmee saam: n ons onderskeie oorlo die afgelope eeu en ons verbete welvaart, het ons weemoed met ons selfbesef toegeneem. Dis natuurlik nie eie aan hierdie tydperk nie: Salomo praat al daarvan. Maar ons “moderne mens” het (self-)kennis gepopulariseer soos nog nooit tevore nie, omdat almal kan lees (of ten minste TV kan kyk) en hulle daarom bekwaam ag om te kan dink. In die proses is ons op onsself ingebuig, sodat ons vreemd geword het vir ons menslike steunstelsels. Goddelike steunstelsels is daar ook nie, want god is f dood (“vanished in a puff of logic”), f nie meer kenbaar in die tradisionele godsdiens nie. Sodat die landskap van ons siel ’n woestyn geword het sonder liefde of medelye — en sonder hoop op verlossing uit hierdie toestand.

    (Maar nee, protesteer jy — wat s jy van die Waterdraertyd en die universele liefde tussen mense? My ervaring is dat Waterdraers, sy hulle Jesus-gelowige charismate of kristalswaaiers, hulle eie pyn en weemoed van flussies met bygeloof en handgebare probeer besweer en dat hulle gevolglike liefde ten slotte maar op die self gerig is. En beide charismate en kristalswaaiers roep by my dieselfde hopelose beeld op van mense wat hulself probeer warm hou deur broek nat te maak — dis ontoereikend, onduursaam en onwelriekend.)

    Het ons dus nog ’n verlosser nodig? Laat ons eers vir mekaar s dat ons praat van Jesus Christus — die enigste Verlosser in die wreldgelowe wat aanspraak maak daarop dat Hy mense kan verlos uit hulle toestand. Dus: het die moderne mens — ek en jy — vir Christus nodig?

    Thomas Moore merk skerpsinnig op dat “I’ve never had the impression that Jesus or the Buddha were proselytizers.” Hiervoor is daar myns insiens (in Christus se geval in elk geval) goeie rede: mens word nie tot ’n verhouding — en veral nie ’n liefdesverhouding — oortuig nie. Blake was reg, met “Never seek to tell thy love, / Love that never told can be; / For the gentle wind does move / Silently, invisibly.”

    Maar hoe verlos die verhouding? Daaroor sal ek volstaan daarmee om saam met e e cummings te s:

        no time ago
        or else a life
        walking in the dark
        i met christ

        jesus) my heart
        flopped over
        and lay still
        while he passed (as

        close as i’m to you
        yes closer
        made of nothing
        except loneliness

    En te s dat ek hierdie “loneliness” op ’n ander manier raakloop in my eie ervaring, wat lyf kry in die refrein van ’n sterwende ou Chinees: “Ek kan nie sonder God nie. En God kan nie sonder my nie.”

    Juis die gesondes het ’n dokter nodig

    Gerrit Brand


    Onrustig is ons hart, totdat dit rus vind in U.

          — Augustinus (4de eeu)

    The problem with us humans, is not that we desire too much, but that we desire too little.
          — CS Lewis (20ste eeu)


    Die tweeledige vorm waarin hierdie vraag aan my voorgel is: “Het die moderne mens nog ’n verlosser nodig?” en “Waarvan wil ons eintlik verlos word?” dui ook die rigting aan waarin die antwoord gesoek kan word — of die moderne mens verlossing nodig het, hang natuurlik af van wat ons onder verlossing verstaan. En die beste manier om agter die inhoud van ’n verlossingsbegrip te kom, is om die “waarvan?”-vraag te stel.

    Die lastige probleem is immers dat daar nie ’n eenduidige, algemeen-aanvaarde opvatting oor verlossing bestaan waarvan ’n mens kan vra of “die moderne mens” dit nodig het nie. Nie alleen verskil die onderskeie godsdienste en lewensbeskouings van mekaar oor die soort verlossing wat vir die mens weggel is nie; ook binne elke lewensbeskoulike gemeenskap en tradisie (byvoorbeeld die christelike) wedywer verskillende opvattings en aksente met mekaar om voorrang. Wat vir die een ’n bevrydende waarheid is, is vir die ander ’n gevaarlike waan wat om verlossing roep. Wat vir sommige die weg tot heil is, is vir ander ’n uitsiglose doodloopstraat.

    As daar egter so min ooreenstemming oor die aard van verlossing bestaan, waarom gebruik ons dan nog dieselfde woord om al hierdie opvattings mee aan te dui? Anders gestel: Hoe weet ons dat ons nog oor dieselfde ding verskil? Die rede is dat die verskillende opvattings — hoe uiteenlopend ook al — ’n strukturele ooreenkoms, dieselfde grondpatroon vertoon.

    Die Sweedse godsdienswysgeer Anders Jeffner* het dit mooi gellustreer aan die hand van tradisioneel-christelike en hedendaagse sekulre opvattings oor heil, na aanleiding van navorsing wat in sy land van herkoms gedoen is.

    Elke verlossingsbegrip, s hy, gaan uit van ’n idee van die hoogs bereikbare goeie. Tradisioneel sien christene dit as persoonlike gemeenskap met God. Die meeste moderne, gesekulariseerde Swede, daarenteen, se hoogste ideaal is blykbaar optimale fisieke gesondheid.

    Om sinvol oor verlossing te kan praat, moet daar egter ook sprake wees van ’n negatiewe faktor — die kwaad — wat die bereiking van die lewensideaal in die weg staan of belemmer.

    In die christelike tradisie is dit gewoonlik die sonde, wat die mens van God vervreem. Vir diegene wat gesondheid bo alles nastreef, is dit egter dinge soos siekte, beserings en ander faktore wat afbreuk doen aan hulle liggaamlike welsyn. Daarom bestaan verlossing vir christene daarin om met God versoen te word, terwyl dit vir die meeste sekulre Swede in die herstel en instandhouding van liggaamlike gesondheid setel.

    Hierby kom dan nog dat daar gewoonlik ’n instansie (of instansies) aangedui word wat in staat geag word om die gewenste verlossing te (help) realiseer. Vir christene is dit Jesus Christus, die Godmens wat aan die kruis die sonde uit die weg ruim en so die mens met God versoen. Vir die beoefenaars van die gesondheidskultus is dit die mediese industrie — wetenskaplikes en praktisyns — wat die kennis en vaardighede het om die gevreesde kwaad te bestry, of dan ten minste so lank moontlik uit te stel.

    Die reddende instansie — die “verlosser” — word gevolglik as “heilig” vereer, in die sin dat ’n besondere agting, vertroue en gehoorsaamheid hom of haar (of hulle) toekom. Daarom aanbid christene hulle heiland, terwyl moderne, sekulre westerlinge die gesondheidsindustrie en sy verteenwoordigers met byna grenslose bewondering en respek bejen.

    Hier het ons twee ver uiteenlopende lewensopvattings, maar terselfdertyd ’n enkele herkenbare patroon: die goeie, die kwade en die verlosser(s).

    Dieselfde struktuur kom telkens terug in verskillende tradisies. Of dit nou gaan om die maksimalisering van harmonie en lewenskrag in die gemeenskap deur die bestryding van sosiale spanninge (towery) en verering van die voorouers, of om toegang tot die genietinge van die hemelse paradys deur God se gebooie te gehoorsaam, of die bereiking van moksha (geluksaligheid) deur die verwerking van karma langs die weg van renkarnasie — ja, of selfs die verhoging van die gemiddelde lewenstandaard deur onderdanigheid aan “die mark” en vertroue in ’n “onsigbare hand” — in al hierdie visies van die goeie lewe, gaan dit — soos altyd nog — om die mens se soeke na verlossing ... ja, en ook ’n verlosser.

    Laasgenoemde het te make met die onontkombare feit dat die mens se vermons beperk is. Die geskiedenis ken meer en minder optimistiese tydperke, maar selfs in tye van ho verwagtinge, soos by die vooruitgangsmite van die moderne era, was daar ’n besef dat die mens van instansies buite hom- of haarself afhanklik is om die goeie te realiseer en die kwade te bestry — al is dit dan net deur op natuurwette (en dus die wetenskap) staat te maak, of op die superieure kwaliteite van ’n ras of volk wat die individu oorstyg.

    In hierdie bre, algemene sin, kan ’n mens net “ja” antwoord op die vraag of die moderne mens ’n verlosser nodig het. Om dit te ontken sou impliseer dat ons in ’n volmaakte wreld woon, waar alle verlange, stryd en frustrasie (om van hoop en verwagting nie eers te praat nie) ontoepaslik is.

    So ’n lewensvisie is nouliks voorstelbaar. Selfs in ons verbruikersmaatskappy, wat in sy totaliteit daarop gerig is om konstant begeertes te wek en in ’n kits weer te bevredig, lyk dit of die onverhandelbare verlange na meer, na iets wat die voorhandene oorstyg of dieper as die oppervlak l, nie dood te kry is nie. Vir sommige is dit waarvan ons verlos moet word. Vir ander is dit juis ons redding.

    Dis kenmerkend van die selfingenomenheid van die burgerlike maatskappy dat ons vrae stel soos: “Het die moderne mens nog ’n verlosser nodig?”. Met di vraag is die antwoord alreeds gegee, omdat die christelike verlossingsvraag, “Hoe vind ek ’n genadige God?” (Martin Luther), daarmee uit die staanspoor van die hand gewys word ten gunste van ’n goedkoop veralgemening. Om dan as christen te antwoord “Ja, ook die moderne mens het ’n verlosser nodig”, is om die evangelie te reduseer tot die banale vasstelling dat daar in die samelewing — ja, selfs die “moderne” samelewing — nog altyd “ruimte vir verbetering” is; dit is om God se Woord netjies in te kapsel in die prioriteite van die burgerlike maatskappy en dit sodoende van alle krag te ontneem — wat weer beteken dat die “moderne mens” van oordeel en genade — en dus verlossing — beroof word.

    Ek glo dat daar natuurlik daarteen gewaak moet word dat die christelike boodskap sy kritiese skerpte verloor en verword tot ’n goedkoop vanselfsprekendheid. Aan die ander kant besef ek ook dat die radikaliteit van die evangelie vir baie hedendaagse mense vreemd en ontoeganklik bly solank dit nie aanhaak by hulle eie ervaring nie.

    Dit geld nie net vir die “post-christelike” gesekulariseerdes onder ons, vir wie die voorstellingswreld van die christelike tradisie geen vanselfsprekendheid meer het nie, maar ook vir aanhangers van ander godsdienste, soos die tradisionele godsdienste van Afrika of die Islam. Waarom sal hulle aandag gee aan wat christene te vertelle het as dit op geen manier aansluiting vind by hulle werklikheidsbelewing nie?

    Hierby moet ons in gedagte hou dat die woord verlossing op twee maniere gebruik kan word.

    Eerstens kan dit dui op die algemene patroon wat alle verlossingsbegrippe gemeen het: die goeie, die kwade, die verlosser.

    Dit kan egter ook dui op ’n spesifieke verlossingsbegrip — byvoorbeeld die christelike — en daarmee op ’n spesifieke antwoord op die vrae “Wat is die goeie?”, “Wat is die kwade?” en “Wie is die verlosser?”.

    Hoe moet ek as christen hierdie twee sake — die menslike toestand in sigself en die christelike siening daarvan — met mekaar verbind? Moet ek s dat Christus die verlossing bied waarna die moderne mens op soek is? Dan loop ek die risiko om Christus oorbodig te maak, aangesien die moderne mens reeds weet waarna sy/hy soek. Moet ek s dat die moderne mens slegs vanuit die openbaring kan weet dat sy/hy ’n verlosser nodig het? Dan loop ek gevaar om by die moderne mens verby te praat. (Ek moet dink aan die graffitikunstenaar, wat op die stelling “Jesus is the answer” gereageer het met “What was the question?”)

    Maar dit, meen ek, is nie die enigste opsies nie. Ek kan immers ook relatiewe erkenning aan die mens se “natuurlike” soeke na heil gee.

    Die insig wat alle godsdienste en lewensbeskouings dryf — dat die mens (modern of nie) ’n verlosser nodig het — val nie saam met die verlossingsbehoeftigheid waarvan die Bybel praat nie. Tog is dit ’n “spoor” daarvan. Dat ons onnoemlike verlange, ons soeke na heelheid en genesing, ons honger (of di van ander) te midde van verstikkende versadiging, ons vrees vir die dood, ons gewetenskwellinge, ons ervarings van sinledigheid, ons “postmoderne” twyfel — dat dit alles in die laaste instansie die spore is van ons vervreemding van God, kan slegs God self aan ons duidelik maak. Maar die geheim wat so aan ons ontsluit word, handel juis oor dit wat ons reeds weet, en stel dit nie slegs onder kritiek nie, maar ook in ’n nuwe lig. Die Gees rig nie ons o hemelwaarts nie, maar laat ons met nuwe o na die aarde kyk.

    Dat “ons hart onrustig” is ... dit weet elkeen.

    Wat di onrus ten diepste is, en waar dit rus kan vind ... om dt te weet is verlossing. Maar dit is ook om te weet dat “rus” voortydig is en dat — om Jesus se woorde om te keer — juis die gesondes ’n dokter nodig het.

    Die moderne mens het nie (meer) ’n verlosser nodig nie.

    Wie sal die moderne mens drvan red?

    *Salvation in a secular world. Vincent Brmmer & Marcel Sarot, Happiness, well-being and the meaning of life: a dialogue of social science and religion, Kampen: Kok Pharos 1996, pp 144-154.

    ’n Ander soort sonde

    Shani Grov


    Rondom die kwessie van verlossing sal sommige mense ’n vinnige antwoord h: hulle sal s dat hulle van sonde verlos wil word.

    Maar wat is sonde?

    Peter Novak (The division of consciousness, 1997, Hampton Roads) gee ’n interessante perspektief: Daar is bepaalde riglyne in ons siel ingegraveer van wat geoorloof is en wat nie. Die natuurlike gevolg van ’n “oortreding” (of dalk ’n fout) is die ervaring van pyn. Die mens vrees pyn en probeer dit vermy. Maar hierdie pyn is ’n korrektiewe pyn sodat jy in kontak bly met die wette van die Heelal; dus is dit ’n skoonmaakpyn.

    Novak beweer dat elkeen se eie siel sy “straf” bepaal en uitdeel. Om weg te vlug van hierdie “korreksie” (wat balans herstel) was en is die begin van die smarte. Hy s op bladsy 106:

           By trying to sidestep the system God designed, humanity seems to have brought about conditions the Creator never intended to exist. By trying to go over God’s head, we apparently cut off our own.

    Vir my impliseer dit dat die eerste stap tot verlossing van sonde (of emosionele pyn) eerlikheid is — ook in die sin dat ’n mens moet voel wat jy voel.

    Dit gaan teen die grein van ons moderne samelewing in, want ons bestee die meeste van ons energie en tyd daaraan om beter oor onsself te voel, pyn te minimaliseer of te ontvlug.

    Hierdie emosionele pyn gaan egter nie weg nie, want die fisika leer dat energie nie vernietig kan word nie. Die pyn of sonde word opgegaar in die ou (primitiewe) brein. Wanneer ons soveel daarvan vergaar het dat ons dit nie meer kan hou nie, plof dit na binne (en veroorsaak siekte of depressie) of dit ontplof na buite. Hierdie uitploffing kom soms in relatief primitiewe gedrag, soos om te skree, te vloek en geweld te gebruik na vore.

    Enige aggressie wat ons vir iemand anders gee, sal daardie persoon aan ons terugbesorg, met rente — al is dit op ’n passiewe manier, deur bv stilstuipe, seksuele koudheid, onderprestasie of ’n gebrek aan samewerking.

    Al die pogings wat ons aanwend om van pyn ontslae te raak, verrsaak erger pyn. Die vrees vir pyn en die kompenserende gedrag wat uit hierdie vrees spruit, is dalk sonde.

    Daar is baie vorme van kompenserende gedrag — om ander te help laat ons regverdig of superieur voel; alkohol en dwelms verlig tydelik die pyn; om ’n geliefde of aanhanger te vind wat dink ons is wonderlik, laat ons belangrik voel; om ’n nuwe kar te koop, gee ons ’n one-up hupstootjie; om obsessief te koop bring ’n tydelike gevoel van opwinding; om te ooreet maak die leegheid in ons tydelik vol; om van ander te skinder laat ons tydelik beter voel; om perfeksionisties te wees laat ons in beheer voel; om suksesvol te wees deur werkolisme laat ons waardevol en superieur voel; om baie geld te maak gee aan ons ’n gevoel van mag; om fundamentalisties godsdienstig te wees skep die illusie dat slegs ons gered is en al die ander is verlore (Praise the Lord!); selfs om gedurig siek of depressief te voel gee aan ons ’n bepaalde “mag”, al is dit om bejammer te word, verantwoordelikheid te ontduik of Brownie-points te verdien vir die hemel.

    Dit klink nie of die mens met al sy slimheid sy eie verlossing kan bewerkstellig nie. As ek na die lewens van mense om my kyk wat Jesus as hulle verlosser aanneem, of Mohammed, of engele of wesens van ander dimensies, sien ek ook maar weinig verlossing. Elkeen dwaal maar al in die rondte, vasgevang in ’n surrealistiese Hieronymus Bosch-tipe van skildery. Ons het inderdaad verlossing nodig — verlossing van oneerlikheid, onnodige emosionele pyn, vrees, waardeloosheid, leegheid.

    Vir my is die beginpunt eerlikheid en om te voel wat jy voel. Deur pyn te vermy rek ’n mens net jou pyn uit, want pleks van een intense, relatief kort pyn te ervaar, sit ons met jare, soms dekades se pyn wat oor alle fasette van ons lewens uitgesprei word en verdere pyn van ander ontlok. Hulle pyn klou aan ons s’n vas en uiteindelik sit ons in’n septiese tenk en ruil pyn (en erger) uit. Alles raak meer kompleks en verdraaid en almal raak magteloser.

    Dit klink soos die hel. Ek dink dit is. Vrees vir pyn + vermyding van pyn = afsluiting van God = die hel. As Jesus in die vergelyking is, maar daar is nie eerlikheid nie, dink ek nie daar is verlossing nie.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.