Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nuwe Hervorming (1)

Kan die Nuwe Hervorming die in nood gesond maak?

Hendrik Venter

Die vraag of die Nuwe Hervorming ons kan gesond maak, wat deur Christina Landman in die openbaar gestel is, het ’n nuwe lig op die debat geplaas. Dit is veral vir Suid-Afrika van belang.

Waar die gesprek hoofsaaklik gedraai het om die waar/vals van die bestaande oortuiginge en hoe betroubaar/onbetroubaar die nuwe inligting is, is daar meteens ’n baie geldige klem: “Waar vat dit alles ons heen?”

Om ongesond te wees is om uit balans te wees. Of dit nou ons lyf of ons nielyf is.

Wanneer ek kanker het, was die goed in my lyf nie in balans nie en daarom het die kanker die geleentheid gehad om te doen wat dit wou. Die medici poog dan om met die kennis wat hulle het, die kanker weg te vat en kan my lyf die kans kry om weer in balans te wees. Of ’n ander manier van doen kan seker wees om dit wat die kanker in balans moes hou, te versterk sodat dit die kanker op sy plek kan sit en kan my lyf ook weer in balans wees. Hoe dit ook al sy, my lyf was uit balans en as sekere goed gebeur, kan dit weer in balans kom.

En my nielyf? Dit is nou die res van my wat nie uitgesny of uitgegooi en in ’n bottel rondgedra kan word nie. En wanneer hierdie deel uit balans is, is daar ook ’n siekte in my. En wanneer dieselfde nielyf-siekte onder ’n groot klomp mense voorkom, is dit half soos die Groot Pes. En miskien is dit waarvan Landman praat.

Sonder om die wonderlike interaksie tussen die lyf en die nielyf in die gesondmaakproses te misken — daardie iets tussen geloofsgenesing aan die een kant en skokbehandeling van die brein aan die ander kant (dit alles waarvan ons miskien skrikwekkend min verstaan) — gaan hierdie gesprek nie daaroor nie. So ’n gesprek lÍ op ’n volgende dimensie.

Uiteraard is die gesond maak van die lyf ook nie die onderwerp nie, want oor die medisyne kan ek nie ’n bydrae lewer nie (behalwe dat as jou kop so pyn dat jy dit nie kan hou nie, kan jy ’n Grand-Pa drink en dan pyn jou maag so dat jy van jou kop vergeet, of as jy sinus het kan jy jou kneukels druk en jou neus gaan oop).

Dat daar dan ’n nielyflike siekte in die lug is, verdien seker nie ’n debat nie. Wat die aard en omvang van die siekte is — ja, daaroor kan mens baie praat. En dit is seker die diskoers waarbinne jy koers hou wat gaan bepaal wat jou vertrekpunt en jou antwoord oor die siekte(s) gaan wees.

Oor wat diskoers beteken, is daar blykbaar ook verskille. Vir die doel hiervan word dit verstaan as ’n persepsie van gebeure wat as werklike waarhede ervaar word waarbinne ewigheidstroos gevind word. Omdat ’n persepsie is wat jy glo van dit wat jy hoor of sien, en omdat glo iets van ’n gevoelentheid is, behoort daar noodwendig ’n stuk emosie by ’n diskoers betrokke te wees.

Landman gebruik ’n voorbeeld van ’n vrou wat “kondÍm gemoer” is deur haar man. Dit hoef seker nie net fisiese “gemoer” te wees nie. En dit kan seker ook andersom wees: ek onthou van die outjie van Vanderbijlpark wat met ’n “crane driver” getroud was wat hom so met die vuis “gemoer” het dat hy nie kon opstaan nie (dit was deel van die egskeidingsdagvaarding), en daar is seker ook ’n paar mans wat deur hul vrouens met nievuiste geslaan word. Hoe dit ook al sy, daar is twee ongesonde mense. Die een is siek, daarom word die ander een geslaan en as die een klaar geslaan het, is die ander een ook siek. (Kom ons neem aan die een wat geslaan is, was voor die slaan wel gesond of in balans.) Jy sit nou nŠ die geslaan met twee mense wat uit balans is. Twee mense in nood.

Miskien is dit meer (die realiteit van) die lewe self wat mense ongesond/siek maak, of hulle uit balans sit, as die inhoud van ’n diskoers. (Is dit nie maar die verloop van elke dag, wat ons aan mekaar en aan onsself doen wat die siekte bring nie?) Daar is immers ’n gevoel dat die diskoers eers werklik van belang raak wanneer iemand vra om gesond te word. En het Jesus nie iets gesÍ van: “Die wat gesond is, het nie ’n dokter nodig nie, maar die wat siek is” nie? En dit is skynbaar ’n betroubare woord, want ook die mense van die Jesus Seminaar sÍ dit klink nogal soos Jesus.

Sou dit andersom wees, is dit ’n bietjie van ’n gogga-maak-vir-baba-bang-benadering — “Bekeer jou nou, want mŰre sterf jy dalk en dan gaan jy hel toe.” En vir die verskynsel om dokter toe te gaan as jy nie siek is nie, het die sielkundiges allerhande benoemings en verklarings, maar dit is maar nŠ alles uit vrees. En om te glo uit vrees kan seker nie gesond wees nie. En is geloof uit vrees nie ook ’n ongelooflike minagting van God se almag oor tyd en ewigheid nie? Ons is dalk net te gemaklik om die psigologiese betekenis van: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom” te lees.

Wanneer ons dan nie in balans is nie, is daar iets wat kort — sekere skole praat daarvan dat jy nie ’n volronde mens is nie. (En terloops, dit is die wonderlike van mens wees; jy kan of hoef nie altyd in balans te wees nie.) En as jy dan uit balans is, is jy in nood.

En wat is ’n volronde mens? Dit is soos ’n bal — die lewe gaan jou nog rondrol en jy gaan stampe en stote kry wat duike en krapmerke laat; maar hoe sterker die inhoud van die bal word, hoe swaarder word dit en hoe minder gaan jy rondrol en hoe kleiner gaan die duike word en hoe minder is die kans dat ’n gat uit die bal geruk gaan word.

Landman se gevoel oor die diskoerse wat mense siek maak, deel sy in vier hoofgroepe. As hierdie diskoerse mank gaan om mense gesond te maak, moet ons seker vra hoe hanteer die diskoers dan die ongesondheid.

PiŽtiste:
Jy moet bietjie vergeet van die tydelike en dink aan die ewige.
Fundamentaliste:
Het jy die regte pad gekies?
Charismatici:
Jy glo nie reg nie.
Calviniste (of is dit neo-Calviniste?):
Daar is ’n verband tussen wat jy gedoen het en wat met jou gebeur. Straf God jou nie dalk moontlik nie?

En almal gaan jou tot ’n meer of minder mate bejammer. (Onderskei bejammer — “gelukkig is ek beter af as jy” — teenoor om vir iemand jammer te wees — “ek ween saam met jou, want ek voel saam met jou”.)

Daar is ’n paar goed wat uitstaan in hierdie diskoerse se manier van doen:

Jy word bejammer.
Jy is verkeerd.
Jy is sleg/sondig.
Jy glo/kies verkeerd.
Jy moet ’n wilsbesluit neem.
Dit gaan oor iets groter as jyself, of ’n dogma, of die hiernamaals, of wat ook al.

Daar is nie eintlik iets positief nie. Jy kan net jouself verafsku. En om te oorleef word jy onmiddellik oorgelewer aan iets buite jouself wat mense geskep of geformuleer het en val jy te prooi daarvan.

Die regstelling deur elkeen van die diskoerse kan sekerlik iets beteken om vir die oomblik in balans te kom. Sekerlik het God al mense op een van hierdie maniere gesond gemaak — kom ons aanvaar dit. Maar is dit nie meer die uitsondering as die reŽl nie? Want nie een van hierdie diskoerse gee jou krag en stuur jou vir ’n reis na binne nie; nee, dit laat jou net meer ontredder en van God verlate.

Die pad om gesond te word is ’n reis na binne en dit is meer van ervaar en beleef as van weet of verstaan. Die Boeddhiste het nogal ’n wonderlike beskouing: dat jy iets kan verstaan, maar dit werk eers as jy dit deurleef het.

Om nie op die reis na binne te gaan nie, is ’n disfunksionele manier van doen. Want dit is net ’n wig van buite om jou vir die oomblik stil te laat lÍ, en dit gaan voel of jy in balans is, en vir die oomblik is dit seker ook goed. Maar dis amper soos die Grand-Pa. Vir die oomblik kan jy vergeet.

En wat is die pad om volrond te word? Dit begin by jouself en dalk gaan dit nodig wees om ook deur hel te gaan om van jouself verlos te word.

  • Jy moet weet en erken iets is nie lekker nie.
  • Jy moet troos kry.
  • Jy moet vrede maak met jouself.
  • Jy kan dan glo dat dit kan verander.
  • En dan kan jy opstaan en nuut begin.

    En in Suid-Afrika is die nood groot, want daar is baie van ons wat uit balans is en uit balans bly. Daar word gemoor (want jy het jou siel verloor) en gesteel en beroof (want jy voel verontreg) en verkrag (want jy voel uit beheer). Die wat dit nie doen nie, verkul en verneuk hier en daar iemand en noem dit besigheid. Ons klim die “corporate ladder” amper soos in die VSA (met syfers wat niemand verstaan nie, maar almal tevrede mee is) en trap die een langs ons dood, en vanaand verneuk ons ons vrou en daar is een wat saamspeel. Is ons in balans? Ons eet en ons drink en ons is plesierig om Ö te vergeet. Ons wil goedkoop fun en games hÍ om ’n oomblik van onsself weg te kom. Dan is daar ook die wat onder bosse bly en bedel, want dit is al wat hulle kan doen.

    Weer eens: dit is menslik om soms uit balans te wees. Maar hierdie gedrag is noodkrete om in balans te kom; en ja, dit is so menslik, want niemand van ons het uit die hemel neergedaal nie. (Selfs Boeddhiste-priesters brand hul eie plek af uit protes, want daar sal altyd ’n stuk menslikheid in ons wees.)

    Maar moet ons vrede maak daarmee om uit balans te bly?

    En Šs dit soos die Groot Pes is, is dit geldig om te vra of die kerk ’n rol het om te speel. En as ja, is dit nie die teoloŽ wat die kerk moet help om die se kom en gaan te formuleer nie? En as dit ook ja is, moet die teoloŽ dan nie maar inspring nie? En wanneer hulle inspring, waar staan hulle in die praktyk van die nood of Írens anders? Maar het teoloŽ nie in hul manier van doen bietjie van die gees verloor nie?

    Want as dit dan soos die Groot Pes is, waar kry ons al die sielkundiges om die in nood te help “to pull yourself together”?

    Net dalk het Suid-Afrika nou meer geestelike terapeute nodig as geeslose teoloŽ of siellose sielkundiges.

    Maar waar laat dit ons met die Nuwe Hervorming? Ek verstaan die Nuwe Hervorming kortweg as: die uitskud van geykte, Christelike, geloofs-/dogmatiese oortuiginge deur die (her)ontdekking van (nuwe?) historiese getuienis oor die persoon van Jesus.

    Miskien verstaan ek te min daarvan of het ek nog te min daaroor gelees. Maar moontlik sÍ die volgende aanhalings waaroor dit gaan: “The last temptation is to create Jesus in our own image ...”; “... prompted the Jesus Seminar to adopt as its final general rule of evidence: Beware of finding a Jesus entirely congenial to you.”[1]

    Dit laat dink my aan my ma van 81 wat onlangs weer getroud is (na ’n eerste huwelik van 50 jaar en ’n weduweeskap van tien jaar): toe ek nie kon help nie om ’n opmerking te maak oor haar keuse van ’n (dominee?) huweliksbevestiger, kom sy met ’n allerantwoord: “Toemaar, die liewe Heer sal hom verstaan.”

    Ja, die liewe Heer sal verstaan hoe ek nodig het om Jesus te verstaan om veilig te voel om as getrooste my pad te vat na my binnereis om my nielyflike gesond te maak.

    Dit is opvallend dat die gemeenskaplike spirituele element van die diskoerse hier bo is dat God geopenbaar is en dat dit weinig, indien enigsins, oor die mistiek van God gaan. Die Nuwe Hervorming ook nie.

    In kort: Om op ’n spirituele plek te wees waar God geopenbaar is, moet jy verstaan wat met jou gebeur, want God is dan geopenbaar, hetsy in ’n dogma of in ’n geskrif of in iemand se belewenis, of wat ook al. Maar wanneer ek siek is, is al wat ek wil (of kan) verstaan, dat iets nie lekker is nie. Ek kan dan nie verstaan van troos en vrede en glo nie. DŪt lÍ in die mistieke kant van God. Ek moet dit beleef en dit is ’n pad wat ekself moet loop. (En dit is nie emosionele towerkuns nie.)

    Daar is ’n gevoel dat die Nuwe Hervorming die pad gaan van ’n feitelike godsdiens wat die psige en daarmee saam die siel uit ’n godservaring haal en in die proses iets van die onverklaarbare liefde van God verloor. (Maar meer daaroor in ’n volgende aflewering.)

    Miskien is dit ’n geval van: so min as wat Copernicus se gewaarwording oor die draai van die aarde ’n invloed gehad het op die landbouer van sy tyd wat probeer het om liggaam en siel bymekaar te hou, so min invloed het die Nuwe Hervorming op die siele wat vandag probeer om siel en liggaam bymekaar te hou.

    En hierdie gevoel is nie van buite of van bo nie: “Been there, done that, got the T-shirt, it’s printed, I am wearing it and the underpants as well.”

    Het ek en die mense saam met my in die onderste deel van Maslow se piramide, as ’n begin, ’n Jesus nodig wat ek verstaan of ’n Jesus nodig wat my verstaan?

    [1] The Five Gospels: 1993, p 5, Polebridge Press

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.