Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Die hedendaagse wetenskap verklaar baie verskynsels prakties wat mense tevore mitologies of godsdienstig verklaar het. Het ons godsdiens nog naas die wetenskap nodig?”


Lees wat s:

  • Dewald Hattingh (’n pensionaris van Gauteng): Geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan
  • Salom Delport (vryskutjoernalis met ’n graad in landbou): So versoen ek God, my godsdiens en wetenskap
  • Annelie Ferreira (skrywer): Solank ons weet dis belangrik genoeg om te vertel


    Wetenskap versus godsdiens

    Dewald Hattingh

    Van die oomblik af dat die mens van homself bewus geraak het, het hy begin vrae vra oor die natuur en homself, onder andere oor die sin van sy bestaan.

    Die primitiewe mens, so word beweer, kon egter nog nie naturalistiese (wetenskaplike) verduidelikings gee nie en het vir klarigheid staat gemaak op verbeeldingvlugte. Hierdie selfverduidelikings het beslag gekry in stories en mites wat mondeling oorgedra is en in georganiseerde godsdienste ontwikkel het. Merendeels het godsdienste ook ontstaan uit vrees vir onbeheerbare natuurverskynsels of ontsag vir die misterie van die skepping. Die stories en mites het in baie gevalle ook skriftelike vorm aangeneem en is verhef tot heilige geskrifte met openbaringskarakter. Sodanige geskrifte het nie alleen die rels vir gedrag bevat nie, maar was ook vir die primitiewe kulture die bron van kennis en wysheid.

    Namate die mens ontwikkel het en sy waarnemingsvermo verskerp het, kon hy met meer rasionele verklarings vir natuurverskynsels vorendag kom. So het die wetenskap as ’n selfstandige dissipline ontstaan en het dit moontlik geword om byvoorbeeld te s elektrisiteit — en nie Thor se spies nie — veroorsaak weerlig. Ook dat idees nie ontstaan uit ’n ontliggaamde gees nie, maar dat die brein denke moontlik maak.

    Soos bekend, was die wetenskap in die Weste in ’n lang stryd met die kerk gewikkel. Copernicus het die gedagte dat die aarde die iddelpunt van die heelal is, verwerp. Galileo Galilei is onder huisarres geplaas vir sy idees hieroor. So is die hoeksteen gel vir ’n stryd waarin die kerk nie meer die alleenseggenskap oor die waarheid gehad het of kon waarborg nie.

    Mettertyd het die wetenskap al hoe meer dinge verklaar wat vroer as wonderwerke of misteries beskou is. Tegnologiese vooruitgang, gerugsteun deur wetenskaplike uitvindings, het die wetenskap ’n enorme status en geloofwaardigheid gegee. En hoe meer die wetenskap met natuurlike verklarings gekom het, hoe meer het die kerk sy bonatuurlike verklarings laat vaar.

    Namate die terrein van godsdienstige verklarings gekrimp het, het sommige teolo God ingespan as die enigste rede vir die wetenskaplik-onverklaarbare verskynsels. Omdat God as rede voorgehou is, word Hy as die “God van die gapings” beskryf. Hierdie “God is die rede”-standpunt het sommige die idee gegee dat godsdiens en sy mitiese verklarings vir gapings in die wetenskap, in die toekoms nie meer nodig sal wees nie.

    Vandag betree die wetenskap die meeste terreine van die godsdiens. Soos Hawking beweer, die pous kan nie die wetenskap se terrein beperk nie. En tog is dit ook so vir die huidige dat die wetenskap nie alle godsdienstige kennis of verklarings kan vervang nie.

    Daar is sommige teolo wat die volgende wetenskaplike verklarings, hoewel strydig met die tradisionele godsdienstige verklarings, aanvaar en desnieteenstaande aan ’n god bly glo:

  • Die evolusieteorie as verklaring vir die totstandkoming van die mens.
  • Die onnodigheid van ’n god om die oerknal te moet laat plaasvind het.
  • Die onnodigheid vir die voortgesette ingryping van ’n god in die gang van sake, aangesien die selforganiseringsbeginsel in die natuur dit onnodig maak. Evolusie verloop toevallig en lukraak met seleksieprosesse en oorlewing as rigtinggewer. Toeval deur baie veranderinge oor ’n lang tydperk het beslag gegee aan die kosmos soos hy vandag daar uitsien. Daar is dan nie die nodigheid van ’n plan (bloudruk) of intervensie nie.

    Hoe verweer die tradisionaliste hulle hierteen? Sommige glo dat antropiese toeval, waar die natuurlike omstandighede so radikaal fyn ingestem is vir die ontstaan van byvoorbeeld lewe, bonatuurlike ingryping nodig maak.

    Hierteenoor beweer Stenger egter dat fisika en kosmologie soos ons dit ken, ’n logiese en harmonieuse beeld van die heelal gee. Hierdie beeld vertoon geen teken van ’n plan of doelgerigte skepping nie. Wat die fyn ingestemdheid vir die ontstaan van lewe betref, wys Stenger daarop dat dit ’n fout is om te glo dat slegs een soort lewe, naamlik ons s’n, moontlik is in elke konfigurasie van moontlike heelalle.

    Sommige postmoderniste sal moontlik beswaar inbring teen so ‘n verheerliking van die rede soos ons dit in die fisika en kosmologie aantref. Natuurlik het die op rede gebaseerde wetenskap, veral die sosiale wetenskappe, denkfoute gemaak. Die wetenskap het steeds nie ’n utopie geskep soos die positiviste geglo het sou gebeur nie.

    Dekonstruksioniste trek inderdaad alle waarheidsverkondigings in twyfel, nie net die religieuse nie. Selfs die wetenskap is slegs ’n menslike denkkonstruksie, so word beweer. Tog kan ons nie ontken dat ons met die wetenskap reeds baie ver gevorder het nie.

    Is daar ’n god? Hoe sou Stenger antwoord op vrae soos: Waarom is daar iets en nie niks nie? Die skepping moet tog ’n doel h. Die ontstaan van lewe en bewussyn is nie te danke aan intervensionistiese wonderwerke nie, maar ook nie deur hoogs onwaarskynlike toeval nie. Toeval speel wel ’n rol, maar godgeskape natuurwette verklaar die verskyning van lewe en bewussyn.

    Wat betref ons vrae oor die sin van ons lewe wonder ek of die wetenskap en tegnologie selfs in die verre toekoms in al die emosionele behoeftes van die mens sal kan voorsien. Gaan dit in die godsdiens net oor kennis en verklarings? Soek ons dalk meer as verklarings? Al is dit net bewondering vir die skoonheid of hoop, omdat ons glo daar is ’n doel met die skepping?

    Vir my gaan dit in essensie oor geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Daarom glo ek die wetenskap sal nie die godsdiens vervang nie.

    Wetenskap en Godsdiens

    Salom Delport

    Spreuke 23:12

    Het ons nog godsdiens naas die wetenskap nodig? Of meer akkuraat: Kan ek wetenskaplike wees n werklik eerlike christen, lidmaat van die NG Kerk en alles wat dit impliseer? Kan ek geloof versoen met die rede en logika? Kan ek regtig die geestelike en wetenskaplike verantwoordbaar integreer en (vir myself ten minste) ’n werkbare geloofskonsep uitwerk waarvoor ek ook as wetenskaplike respek kan h? Kan altwee konsepte met integriteit saam in een verwysingsraamwerk inpas? Of is die gelyktydige of afwisselende aanhang van altwee ’n wollerige, ondeurdagte maar gerieflike wreldbeskouing?

    Is dit tyd — vir my altans — om die al wankelriger bestaan van god/godsdiens moedig en eerlik te beken en ’n groter volwassenheid, groter selfstandigheid en uiteindelike selfverantwoordelikheid na te streef?

    Wetenskap vs Godsdiens
    l meer mense vind dit l moeiliker om hul geloof met hul kennis van die wetenskap te versoen. Ek ook. Van my as christen in die derde millennium word steeds verwag om soos van ouds te glo — en die hele wetenskaplike vooruitgang van die afgelope eeue te ignoreer. Ons word geleer geloof is “’n geskenk”, “’n genadegawe”, dat ons nou “maar net ten dele sien, soos in ’n spiel, maar eendag sal verstaan”. En daarom behoort ons met elke ops van die geloofsbelydenis gehoorsaam “ja” te antwoord en ons o te sluit vir die hoogs betwisbare, twyfelagtig gefundeerde, uiters onwaarskynlike gegewens daarin, soos die maagdelike geboorte en die opstanding. Ons moet die belydenis aanvaar as waar, al is dit maar net saamgestel deur mense — weliswaar kerkgeleerdes en geestelikes — op grond van die insig, kennis, denkringtings en oorlewerings van byna twee duisend jaar gelede, of selfs meer millennia terug, afhangende van jou perspektief. Dt, word aan ons voorgehou, is hoe god hom aan die mensdom openbaar het.

    Daarby word daar van ons as wetenskaplikes wyd, selfs oorwegend, verwag om godsdiens as ’n bloot sosiokulturele verskynsel te beskou — een waarvan ons ons persoonlik distansieer, maar wat ons simpatiek verdra in mense wat “nog godsdiens nodig het” en om slegs dit wat as fundamentele feite bevestig kan word, te aanvaar.

    Die probleem is dat die wetenskappe ons probeer dwing om ons o te sluit vir alles wat in die streng maar eintlik baie eng (in die sin van “narrow-minded”) wetenskaplike evalueringsproses uitval, volgens die beginsel dat wat nie gemeet, geweeg en omskryf kan word nie, eenvoudig nie bestaan nie — al het ons ng die maatstawwe, meetinstrumente en maateenhede, ng kennis van die eienskappe van spiritualiteit wat ons sou wou evalueer. Dit spreek k van ’n gebrek aan integriteit.

    Dit laat ons met ’n dilemma: gelowige wetenskaplikes is deel van altwee dissiplines; elkeen het sy tekortkominge; tog eis elkeen die supreme posisie in ons verwysingsraamwerk op — die godsdienste vanuit die meerderwaardige perspektief dat hul gode, profete en later geestelikes dit direk aan hulle geopenbaar het; en die wetenskap vanuit die ewe meerderwaardige perspektief van objektiewe bewyslas.

    Tog is dit belangrik om te kies — of dan eerlik te integreer — omdat ons keuse ons denkwyse definieer en so elke ander keuse in ons lewe rig en bepaal.

    Dit is moeilik om die godsdiens onvoorwaardelik te kies, omdat ons kennis (die wetenskappe) die integriteit en geloofwaardigheid daarvan onder geweldige druk gebring het. En nie net onder wetenskaplikes nie; elke wetenskaplikbewuste mens vind die geloofwaardigheid van talle aspekte van die godsdiens verdag.

    Dit is juis hier waar ’n knoop l: ’n groot groep gelowiges (en in ’n groot mate juis die geestelike leiers) volg volstruispoltiek. Hulle probeer die debat te vermy deur f fundamentaliste f kompartementaliste te wees.

    Eersgenoemde staan eenvoudig daarop dat god supreem is, tekortkominge ten spyt, en ignoreer die wetenskappe en die wetenskaplike implikasies. Die prys wat hulle betaal, is dat hulle hul geloofwaardigheid (integriteit) inboet.

    Die kompartementaliste verkies die wollerige benadering: Sondag is god supreem; Maandag tot Vrydag die wetenskappe. Of dan meer abstrak gestel: hulle kompartementaliseer hul lewe in ’n goddeel en ’n wetenskapdeel, en pas dan ’n gerieflike blindheid vir die een wreld toe wanneer hulle in die ander wreld opereer. Vir my is die prys hiervan ’n knaende, al is dit ’n onderdrukte, ongeloof in god, ’n onvermo om onbevange ’n geestelike dimensie uit te leef. Hoe kan jy jouself immers oorgee aan iets waaraan ’n sweempie (eintlik vele sweempies) van onjuistheid kleef?

    Waar jy ook al staan, is jy as geestelik n wetenskaplik bewuste persoon verplig om kennis te neem van die diepdringende, geregverdigde implikasies van ons verworwe wetenskaplike kennis vir ons sorgvuldige, weldeurdagte en goedvasgelegde godsdienssiening in die christelike tradisie. Tensy jy ook volstruispolitiek volg, of jouself breindood verklaar ten opsigte van godsdiens, kan jy nie anders nie.

    Ek is oortuig die gevolge sl goed wees, want eers as ’n onderwerp sy eie ruimte en definisie het, kan die sin daarvan bepaal word en dit na waarde geskat word. Buitendien, as god so groot is as wat sy aanhangers verklaar, sal hy bevraagtekening kan oorleef. Of anders is hy nie so groot — en verdienstelik — as waarvoor hoog opgegee word nie.

    Vergelyk appels met appels
    Eers iets oor die vraag — wat die verwikkeldheid van die antwoorde dalk vereenvoudig.
    Daar l gter die vraag, soos baie dikwels met vrae, verskuilde lae van implikasie.
    Dit bring mee dat hierdie appel nie met ander appels vergelyk word nie, maar met die hele sagtevrugtebedryf.

    Dink aan ’n motor. Wat impliseer dit nie alles nie — ’n padnetwerk in al sy onderafdelings van Savage & Lovemore tot motordiefstalsindikate; beheerstelsels wat van satelliete tot tolpaaie insluit, aankope met van Stannic tot derdepartyversekering; en onderhoud wat van motorwerktuigkundiges tot QuickFit-agentskappe insluit. En dan is daar nog die hele ontwerp- en vervaardigingsbedryf, die advertensiebedryf en die hele petrol- en gasbedryf — en spoedkameras.

    Die een konsep, die motor, veronderstel inderdaad stelle ander konsepte outomaties. Ons dink nie daaroor nie, maar aanvaar dat die bestaan van die een elkeen van die ander impliseer en konkretiseer.

    Meer nog: in ons persoonlike persepsie is die grense tussen verskillende konsepte dikwels diffuus. So sal ons s die motor is by die garage, terwyl ons natuurlik bedoel die motorwerktuigkundige doen onderhoud en herstelwerk aan die motor. Maar as ons gou garage langs ry, gaan ons net petrol ingooi. Omdat ons lmal garage, petrolpomp en motorwerktuigkundige as omruilbare begrippe gebruik, verwar die werklike bedoeling niemand nie. Tot op ’n dag dat jy wil kla: as jy antwoorde soek, is die spesifieke, volledige, omskrywende detail nodig. Dan is ’n algemene verwysing na die garage nie goed genoeg nie: nee, jy sal moet kan s watter werktuigkundige betrokke was en waaraan gewerk is — of dalk gaan jou klagte oor die petrolprys en nie oor die garage nie, en is jou klagte totaal misplaas as jy die garage beskuldig.

    Dieselfde vanselfsprekend-veronderstelde ander konsepte en diffuusheid geld godsdiens. Ons gebruik nie net god en godsdiens (n predikant, kerkgebou, lidmate, geloofsbelydenisse, bybeltekste, ens, ens.) as ekwivalente nie, maar sien ook godsdiens en kultuur, god en natuur, en natuur en wetenskap as ewe gemaklik uitruilbaar.

    Daar is in die vraag of ons wetenskap naas godsdiens nodig het, ’n ingeboude, eon-oue ineenstrengeling opgesluit tussen eintlik afsonderlike konsepte wat deur die mens se bewuste denke van die vroegste tye tot redelik onlangs as omruilbare, hoogs diffuse entiteite gebruik is — met wye gevolge vir die mens vandag, omdat dit ons konsep van wat god is, deurmekaar gekrap het.

    Dis vanuit hierdie ineenstrengeling dat ons s god van die ou testament is wreed — terwyl ons eintlik bedoel dat die Joodse kultuur en/of algemene gebruike rondom oorlog van vier duisend jaar gelede wreed was. Of dat god groot is as ons ’n egte Karoo-donderstorm beleef — terwyl dit die kragte van die natuur is wat indrukwekkend vertoon. Of dat dit net met god se genade is dat iemand na ’n ongeluk lewend uit ’n motorwrak stap — terwyl dit te danke is aan die moderne tegnologie wat deur die ontwerpsingenieur en sy toetspoppe ingespan is.

    Natuurlik merk enige denkende mens op dat hierdie tipe karakterisering en verering van god vals en sonder meriete is  en dan betwyfel ons god, terwyl ons eintlik ons konsep van god moet betwyfel.

    Ons sien god as ‘t ware as ’n reuse-Venn-diagram van oorvleuelende sirkels van godsdiens, kultuur, natuur en wetenskap. Ons sien al die sirkels saam as god, maar inderdaad is hulle elkeen individueel en afsonderlik, met net gemeenskaplike raakpunte waar hulle herinner aan god of waar godsdiens hom uitdruk tov hierdie terreine.

    So is god deel van godsdiens en godsdiens deel van god, maar god is nie godsdiens nie, en godsdiens nie god nie — maar ons sien net die geheelbeeld en onderskei nie die grense nie en so raak hulle diffuse begrippe, sodat ons verward raak oor wat god en wat godsdiens is.

    So raak grootdoop en kleindoop, wat godsdiens is, sake wat ons oor god verwar. Godsdiens is inderdaad deurtrek met kulturele gebruike, godsdienstige gebruike  en mis selfs soms vir god geheel en al.

    Presies dieselfde geld elkeen van die ander “sirkels” in hul verwantskap met mekaar n in ons denke oor hulle.

    Ontbondel!
    Hoe kan hierdie diffuusheid en ineenstrengeling in ons denke oorbrug? Deur appels met appels te vergelyk — deur di konsepte te ontknoop. Deur te kyk wat is werklik god, werklik natuur, werklik godsdiens, werklik wetenskap — en nie alles wat goed is, op ’n botblinde manier aan god toeskryf nie, of aan die ander kant alle teenspoed voor god se deur l nie.

    En dit is juis wat tans aan ‘t gebeur is: ons is inderdaad in die interessante fase van ontbondeling, soos afgelei kan word uit die toenemende skeptisisme onder gewone mense oor godsdienste en die hewige debatte oor die skepping, oor god se almag, oor die mens se verantwoordelikheid, oor die bestaan van die hemel en hel, ens — in stede van die konformerende stilte van die vorige eeu(e).

    Dit is nie ’n maklike of gemaklike proses vir gewone mense nie. Die integriteit en gewaande sukses van elke rolspeler kom in die proses onder die loep, en soos met sakereuse, is dit dikwels die inisieerder van die ontbondeling (die wetenskappe) wat wegstap met die koningsdeel in terme van waarde en aansien.

    Dit is moontlik waarom die wetenskappe die balans tans in hulle guns het. Tog is die antwoorde wat deur die rede verskaf word, miskien nie so klinkklaar as jy die rede met ons huidige kennis tot in sy verste implikasies neem nie.

    Hoe ook al, is ontbondeling ontstellend. Net soos die ontbondeling van sakereuse hul aandelepryse benvloed omdat die magsbalans versteur is, kan hierdie nuwe ewewig jou uiters ongemaklik laat voel in jou oortuigings — of jou dalk heeltemal gerieflik pas, dankie.

    Vir my beteken dit dat my sekerhede sal verskuif — en dat nuwe maniere van dink en doen vereis sal word  en dat ons minder sal gewag kan maak van sekerhede om ons geloof op te baseer.

    Waar ons vandag staan
    Terwyl ons aanvanklik net enkele vrae self kon beantwoord en die res aan goddelike insette toegeskryf het, en terwyl ons elkeen in ons eie klein wreldjie geleef het, kon god, godsdiens, kultuur, natuur en wetenskap gelukkig saam bestaan.

    Nou nie meer nie.

    Ons kennis het ons sienings permanent verander. En dit het reeds gebeur.

    Ons kennis het die god-ekwivalent-aan-die-natuur se almag vernietig toe ons tot in fyn besonderhede die natuur begin verstaan het, toe ons met vindingryke interpretasies voorafgebeure soos natuurlike-seleksie-veranderinge kon verduidelik en met wiskundig verantwoordbare teorie soos die “Big Bang” die geboorte van ons heelal kon verklaar en met ons tegnologie die ruimte kon begin verken.

    Ons kennisname van ander kulture en godsdienste het ons persepsie dat die christelike godsdiens die enigste “ware” godsdiens is, verpletter.

    Ons kennis het verander in ’n sege oor die natuur, oor kultuur, en oor godsdiens — n daarmee saam ’n sege ook oor hierdie diffuse alles-in-een god. Sy gesag is vernietig omdat hy nie integriteit het nie, omdat hy nie wetenskaplike bevraagtekening kan oorleef nie. Daar is net eenvoudig geen rol meer vir die god/natuur/wetenskap/kultuur/godsdiens oor nie.

    En elkeen van ons weet dit en leef dit, al ontken spesifiek godsdienstiges dit. So sal ons nie meer bid dat god die ren moet weghou sodat die kerk se kermis gemaklik kan verloop nie — selfs godsdienstiges kies eerder ’n datum in die maande bekend vir minder ren. Baie sal tg op twee spore probeer loop deur te bid, maar darem ook die weerburo bel vir die weervoorspelling en relings tref, sou dit aanbeveel word. Wat dan ook al weersgewys gebeur, sal as ’n sening gesien word — wat makliker is as om te kies tussen god en wetenskap, baie soos die Romeine l die gode geer het om niemand aanstoot te gee nie!

    Maar as hulle eerlik is, het hulle optrede juis weerspiel dat hulle inderdaad wt dat die weer ongeag god cum natuur verloop.

    Die wetenskap het hierdie soort godskonsep inderdaad weggekalwe — met ontsettende implikasies vir die godsaanhangers, wat vrees dat hul god binnekort gaan verdwyn, en waarop die wetenskaplikes dalk selfs hoop, omdat hulle van bewysbare antwoorde hou.

    Hoogwater by Hartenbos
    Maar is wat ons as objektiewe wetenskaplikes dink oor ons posisie, korrek? Het ons nie eerder ’n herdefinisie beleef nie? Het ons god of ons godskonsep verander?

    Miskien is gelowiges en wetenskaplikes soos mense wat in die getysone staan en na hulle voete staar. Soos die hoogwater inkom, sien albei hoe die sandstrand onder hulle voete toespoel en uiteindelik verdwyn. By Hartenbos is dit baie ongerieflik en selfs ontstellend — met hoogwater verdwyn die hele strand immers.

    Maar wat het die hoogwater gedoen?

    Dit het net die tussengetysone weggeneem, die grens tussen land en see verskuif, skerper getrek. Die inkomende see het nie die land ingesluk nie.

    Is dieselfde nie aan die gebeur met hierdie wetenskaplike wegkalwe van die godskonsep nie? Het die wetenskap nie maar net die grense tussen god en natuur, god en godsdiens, god en kultuur verskuif nie? Het dit nie bloot die grens skerper getrek, die diffuusheid weggeneem nie? Is die ineengestrengelde sirkels nou nie net maar weggetrek van mekaar nie? En het hulle nie maar net onderskeibaar geword, elkeen met sy eie grondgebied nie?
    Maar omdat beide groeperings na hul voete staar (en ewe hard op soek is na vastighede!), sien nie een dat land en see steeds bestaan nie — dat wetenskap nie god vernietig nie, maar bloot die diffuusheid, die oorvleueling met kultuur, met natuur, met wetenskap en met godsdiens, wegkalwe.

    Ons het nou inderdaad eerliker, meer realistiese grense tussen god, godsdiens, kultuur, natuur en wetenskap, grense wat juis met integriteit die godsbegrrip staande kan hou, omdat ons nie meer god probeer vasvang in velde waarin hy net deels is nie.

    Daar is god n natuur: god is nie meer diffuus natuur ook nie; natuur is ook nie meer diffuus god nie. Onverklaarbaarhede in die natuur is nie god nie, en daarom het ons ook nie god verklein toe ons die natuur begin verklaar het nie, hoewel die natuur-deel uit die god cum natuur weggeneem is. Daar s god en natuur.

    Net so met god, godsdiens en kultuur.

    Vir my is dit ’n GROOT gebeurtenis, ’n vryheid om te vier — en potensieel ’n skoon begin vir ’n herdenke oor God.

    Implikasies van herdefinisie
    Dit is nou vir my maklik(er!!) om te onderskei tussen god- en “mens”-dinge — en so kultuurkwessies en wetenskap/natuurkwessies wat tot geloofskwessies verhef is, weer terug te sit op hul plek. So plaas kultuur-, wetenskap-, en godsdienskwessies nie voortdurend die geloofwaardigheid van so ’n godskonsep onder geweldige druk nie.

    Dink aan die 60’s: toe was jeans en lang hare en vroue sonder hoede in die kerk werklik kwessies waaroor gepreek is; of aan die 70’s, toe voorhuwelikse seks skokkend was; terwyl gays en genetiese manipulasie seker van die grootste kwessies van hierdie dekade is. In elkeen van hierdie voorbeelde het die kultuur verander. Maar wat het ons gedoen? Ons het kultuur en god ineengeklits — en dit as inbreuke op god gesien. Daarom was gelowiges daartoe gedwing om dit uit ’n godsdienstige oogpunt te veroordeel. Eers na lang geredekawel het ons die bybel begin herinterpreteer en ons menings geswaai sodat elkeen van hierdie verskynsels vandag totaal aanvaarbaar is (of weldra sal wees in die geval van gays  en ewe voorspelbaar tov elke nuwe kultuur- of wetenskap/natuurgebeurtenis).

    Dit sou makliker gewees het, en meer oortuigend van god, as ons god en kultuur apart kon hou.

    Elke keer as ons god en kultuur of god en godsdiens of god en wetenskap koppel, trap ons in hierdie tipe slagyster van verwarring, van diffuusheid. Ons verloor ons fokus en predik oor menige kulturele tradisies en godsdienstige gebruike en teen wetenskaplike bevindings onder die hofie van “god s”.

    Dis ook dan dat ons god se geloofwaardigheid aantas — juis omdat ons ns menings, ns interpretasies oor hom verskuif en dan veral by skeptici die indruk skep dat ons ’n god “herskep” (“re-invent”) of hervorm soos dit ons pas. In ’n sekere sin is skeptici reg: ons godskonsep word deur ons self aangepas — maar god is self nie daardeur verander nie.

    Daarom moet ons god losmaak van hierdie en ander gewaande voorskrifte en riglyne en gebruike en maniere van doen, hierdie oorvleueling met kultuur en natuur. Anders kyk ons daarin vas — en die god mis.

    Hierdie konsep van ’n alles-in-een god, veral die god cum natuur van wie dit veronderstel word dat hy soos ’n marionettemeester ons lewens tot in die fynste detail beheer, neem nog twee dinge van ons weg: ons vermo en wil om te kies en die verantwoordelikheid van ons keuses te dra; en ons vermo en wil om doodgewone feite in die o te kyk en daarmee saam te leef (te “cope”).

    Dis hierdie god, glo fundamentalistiese en kompartementalistiese gelowiges, wat “ons louter met beproewings”, die een wat kanker en motorongelukke oor ons bring of die uitslag van ’n toets of die weer bepaal. Dis di god se wil as ’n gestremde baba gebore word, en dis hy wat teen geboortebeperking, proefbuisbabas, die voorafkies van die geslag van babas, genetiese kloning, ens ens gekant is.

    Wanneer ons god so as god cum natuur cum wetenskap sien, l ons gewone gebeure wat deel is van die siklus van die natuur of ’n sameloop van genetika is, of gebeure waarvoor ons self verantwoordelik is, aan di god se deur. Dis dan dat ons passief dinge aanvaar as god se wil — en weier om te erken dat ons in ’n motorongeluk gekom het nadat ons of die ander bestuurder gedrink het, maar eerder ’n alsbedekkende standpunt inneem dat dit god se wil was.

    Eers as ons aanvaar god is nie natuur, wetenskap of kultuur nie, kan ons ten volle verantwoordelikheid vir ons lewens en vir ons keuses aanvaar. Eers dan kan god sinvol in ons lewens wees. Eers dan kan ons in hom die dimensie van goddelike krag, liefde en wysheid beleef wat ons onderskraag en dra en ons met liefde vul sodat ons ons lewens sinvol kan lei en so die natuurrampe kan hanteer wat oor ons pad kom die kere dat tegnologie ons in die steek laat.

    Dis dan dat ons nie daadloos en magteloos en passief, soos ’n dier of ’n plant op sy omstandighede reageer nie, maar kan intree in hierdie goddelike dimensie, daaruit kan put en daaruit toegerus kan word met wysheid en liefde. Dis eers dan dat ons kan beheer neem en kyk hoe ons tegnologie en natuur kan inspan en bestuur. Dis dan dat dit sin maak om uit god te leef.


    Die bewyse
    Die vraag wat bly haper, is of dit geregverdig is om ’n land en ’n see (god teenoor wetenskap/natuur en kultuur/godsdiens) te veronderstel? Is daar regtig ’n god buite hierdie velde? As god dan nie die krag, mag en misterie in die natuur is nie, bestaan hy? As hy nie ’n godsdienstige, kulturele idee is nie, is daar iets meer?

    Ek bly so dink. Ek het twee hoofredes.

    Die eerste is die wetenskaplikes se eie gegewe dat materie nie geskep of vernietig kan word nie, maar slegs van vorm kan verander. En al s ons dat enige iets wat beweeg, teen die kwadraat van die spoed van lig in energie omskakel (E =mc2), moet ons nog altyd begin met materie — of met energie, as ons by materie wil uitkom.

    Presies hier is die probleem met ons huidige kennis oor die heelal: ons weet die heelal is ’n voortdurende, sikliese ekspansie en inkrimping van energie en/of materie, mr dit verklaar nie die begin nie. Dis hoogs onlogies en onwetenskaplik om te s dat energie en/of materie uit niks en ’n bietjie toeval kon ontstaan het. Die wreld waarin ons onsself konkreet bevind, kon net ontstaan het as f materie f energie in die eerste plek iewers vandaan gekom het. Dt voorveronderstel ’n skepper of ’n skeppingskrag — daardie iets waarvoor die term “Skepper” of “God” dan sekerlik geregverdig is.

    Wat daarna gebeur het, is oop vir debat.

    Elkeen van ons skeppings- en godsdiensteorie — die bybelse skeppingsverhaal; die “Big Bang”; evolusie; of die jongste konsep dat godsdiens die uitvloeisel is van ’n vergrote brein met ’n voorste lob by die mens — is bloot hipoteses wat poog om meganismes van skepping of godsdiens te beskryf. Hulle neem nie een die oorspronklike iets waardeur dit begin is, weg nie.

    Die ander beweegrede om land en see te onderskei is minder konkreet, maar hou tog water, vir my altans. Die skepper, s baie, is bloot kosmiese energie. Maar is God nie mr as energie nie? Of dalk ’n “ander” soort energie?

    As jy water in ’n pot op ’n vuurtjie plaas, verander dit in stoom. Energie is toegevoeg, maar al redeneer jy wetenskaplik tot op die vlak van atome, elektrone, neutrino’s ens, is niks geskep nie — daardie oorspronklike goddelike skepping het nie plaasgevind nie. Water het met toevoeging van energie slegs van vorm verander. Dieselfde geld ’n atoombom en ’n sonnestelsel in sy kom en gaan.

    Hierdie energie is nie ekwivalent aan daardie aanvanklike skepping nie — wat die Skepper op ’n ander vlak as hierdie energie plaas, in ’n ander dimensie, in een waar aksie gaan oor mr as die fisiese, meetbare gebeure wat ons vandag uitgedruk sien as die konkrete en niekonkrete manifestasies van die heelal. Hierdie energie-uiting is heel anders as dit waarna ons verwys in die fisika — en sluit klaarblyklik k die tans onmeetbare geestelike dimensies in, soos skepping, kreatiewe denke, insig, emosionele krag en liefde.

    Dit is ook waarom ek ook nie objektief kan toegee dat hy teen di tyd dood kan wees nie, met die “Big Bang” kon heengegaan het of in die negatiewe energie van ’n “black hole”, ensovoorts, geresorbeer kon geword het — want hy opereer nie in die dimensies van die fisika nie. Hy is nie energie of materie wat van vorm kan verander nie.

    Die feit dat daar ’n skepping is, is genoeg om my te oortuig; die hoe daarvan is ’n ander vraag en bedreig nie my godsbegrip nie. Vir my s daar ’n Skepper — onomstootlik. In Moses se tyd, simbolies al dan nie, was God reeds “ek is”; en Hy “is” vandag steeds. Geen wetenskaplike kan die Skepper wegredeneer nie.

    Omdat godsaanhang oor die Skepper gaan, terwyl wetenskap die skeppingsproses naspeur, oorvleuel of vul die twee mekaar hoogstens aan. Daarom hoef ek nie verbete vas te klou aan ’n bybelse verklaring van hoe die skepping nou eintlik plaasgevind het nie — dis die werk van die wetenskap om di detail te ontrafel. Dis hoogs interessant, ja, en uit daardie kennis put ons weer ander vaardighede wat — glo ek graag — ons wreld ’n bietjie beter plek maak.

    Maar dit is nie ’n carte blanche vir godsdiens nie.

    Dit beteken nie dat godsdiens maar net kan s wat dit wil nie: godsdiens bestuur ni God nie. Daarom kn en mg hulle nie God in die wetenskap indruk en s dat God oor elke praktiese besonderheid van ons dag beskik nie. Hulle kan nie anders as om die rol te erken van natuurritmes, oorsake en gevolge, logiese gebeure, genetiese en gesondheidsfaktore, onafhanklike keuses van mense ens ens as die oorsake van ons dae se verloop nie.

    Godsdiens moet ook nie hierdie god cum wetenskap of god cum natuur in stand probeer hou in die manier waarop hulle preek en gelowiges leer nie. Vandag se ingeligte mens het God en wetenskap reeds grootliks ontbondel. Daarom laat dit hom totaal koud as godveronderstelde wonderwerke bloot wetenskaplik verklaar kan word. Hy verloor sy respek vir ’n godsdiens wat ploeg met die kalwers van natuurverskynsels en wetenskaplike vordering om hul god te verhoog of, aan die ander kant, basiese wetenskap ignoreer om hul god meer goddelik te laat lyk. Daardeur sien hy.

    Net so moet godsdienste ook nie kulturele en/of godsdienstige gebruike verhef tot goddelike voorskrifte nie, of ander se kulturele gebruike as “sonde” verklaar nie
    Godsdiens moet leer van God en s dimensie. Dt is die uitdaging vir ’n godsdiens wat vandag vir m geloofwaardig is.

    Maar kan godsdienste daarin slaag?

    Die wetenskap hervorm vanwe sy vraende aard voortdurend. Daarteenoor l die behoud van ’n godsdiens tans juis daarin dat hy nooit verander nie, of hoogstens net baie geleidelik verskuif.

    Dus: kan dit hervorm? Kan dit die geleentheid aangryp en werklik die laaste elemente van natuuraanbidding uitweer? Met ander woorde, kan dit ophou om misterie te maak en selfs te skep om God goddeliker te maak? Kan die christelike godsdiens byvoorbeeld die maagdelike geboorte en die opgestane Jesus opgee — n nog die Skeppergod erken? Kan dit by ’n eerliker godsbegrip uitkom, een wat nie regop gehou hoef te word op die krukke van kultuur en natuur nie?

    Kan die christelike godsdiens byvoorbeeld die simboliese waarde van die maagdelike geboorte erken? Kan dit na ’n eerliker begrip skuif dat Jesus besonder na aan God was en ons op ’n besonderse manier geleer het? Kan dit die opstanding en hemelvaart as simboliek sien dat Jesus se leringe altyd met ons sal wees, dat die Skeppergod altyd met ons sal wees? Dat Jesus se opstanding nie letterlik beteken dat hy weer mens was soos voorheen wat geet het ens nie, maar dat hy hoogstens in ’n ander dimensie te voorskyn gekom het? Kan dit die uitstorting van die heilige gees sien as ’n bevestiging van die geestelike dimensie van die mens, eerder as iets wat histories gebeur het, met letterlike vlammetjies bo elke ontvanger se kop?

    En kan die christelike godsdiens dit doen teen die inherente behoudendheid en tradisionele onbeweeglikheid van sy lidmate in?

    Of gaan hulle maar verstrengel voortploeter en kerm elke keer as die wetenskappe op ’n toon van die natuur-kultuur-godsdiens cum god trap?

    Miskien maak dieselfde vraag vanuit ’n ander perspektief die kwessie meer verteerbaar. Kom ons vra wat sal gebeur as hulle ni hierdie skuif maak nie? Sal hulle dan nie maar met al groter momentum afgly teen die afgrond van verlore integriteit nie — en uiteindelik die band tussen mens en Skepper skaad en selfs vernietig nie?

    Miskien kan dit gebeur — en is dit aan ‘t gebeur — baie spekulatief natuurlik — in ’n soort tweede hervorming.

    Dit sou ’n verdeling kon meebring, een waarin die spirituele dimensie sou kon skuif in drie rigtings, met as die eerste die fundamentalistiese groep, diegene wat verkies om tradisioneel en naef te glo, wat vastighede soek, wat wit en swart interpretasies verlang, wat die letterlikheid van die bybel nodig het — en dit regkry deur te s dat God baie kragtig is en dus dinge soos die maagdelike geboorte kon bewerkstellig.

    ’n Tweede groep (miskien di wat, soos ek, voel en erken dat God bestaan, maar ook nie naef kn dink nie) soek ’n herdenke, ’n gedekonstrueerde God wat lei tot sinvoller geloof as gevolg daarvan.

    Die derde groep, ook mense op soek na sekerhede en wit-en-swart interpretasies, sou dan kon wees di wat ophou glo in ’n god omdat hulle hul vastighede eerder in die natuurlike, ingeboude fundamentalisme van die wetenskappe vind.

    Leiers vir die eerste en laaste groepe is volop — maar waar is die geestelike leiers vir ons wat ’n herdenke soek?

    Waarom bly hulle stil(lerig)? Hoekom maak hulle net deelse toegewings en effense herinterpretasies, hoofsaaklik in hul eie akademiese binnekringe, in plaas daarvan om ons gewone gelowiges ’n brawe nuwe weg te wys, sonder tooisels? Waarom kom hulle nie na vore met ’n nuwe geloofsbelydenis, een waarin prontuit staan soos deur talle “nuutdenkende” gelowiges geglo word nie? Is dit nie hoog tyd, n sewentien, agtien eeue, om ons geloofsbelydenis te herformuleer nie? Is dit reg dat hulle ons soos skape los, om elkeen op ons eie rond te val op soek na sin?

    Nuwe geloofsbelydenis
    Wat sou k wou verander? Waarin sou ek, as dan ’n “nuwe” gelowige, kon glo? ’n Kenner is ek nie, maar ek weet dat die maagdelike geboorte baie wyd onder Christen-teolo nie meer erken word nie; ek weet ook dat hierdie teolo nie meer praat van ’n opstanding van die vlees nie, maar ’n opstanding van die gees. Tog word di en ander begrippe nog baie, baie wyd, en sekerlik oorwegend voorgehou aan lidmate van byvoorbeeld die NG Kerk.
    Frases wat regtig nie vir my sinvol is nie, is:

  • (Jesus Christus), Sy enigste gebore seun;
  • ontvang van die Heilige Gees;
  • gebore uit die maagd Maria;
  • ter helle neergedaal het;
  • opgevaar het na die hemel;
  • sit aan die regterhand van God (ek’s links!! En: is hy dan nie met ons nie?);
  • vanwaar hy sal kom om te oordeel tussen di wat leef en di wat reeds gesterf het; en
  • die opstanding van die vlees.

    Al hierdie frases in ons (die NG Kerk se amptelike) huidige geloofsbelydenis word reeds geherinterpreteer. Ons wt dat hulle die gevolg is van kulturele/geskiedkundige ineenstrengeling met God en/of wetenskaplike ineenstrengeling met God.Waarom dan nie maar eerlik en met integriteit s wat ons glo nie — in stede van die voetjie-voetjie-speel in ’n hou-almal-tevrede houding? Dt bevredig vir seker ng die fundamentaliste ng die wat dan ’n herdenke soek.

    Kan ons op ’n nuwe pad begin stap? Dit is tog sekerlik realisties om ’n geloofsbelydenis soos di een n 1 200 jaar te herskryf?

    Oor saamstem en instem
    Waar staan ek — intussen? Stem ek maar saam met alles wat die NG Kerk en Christelike geloof bely  die hemel, die hel en alles tussenin?

    Glo j elkeen van die advertensiepamflette en radioklingels van jou bank? Nee, maar jy gebruik die dienste — en stem so in, hoewel nie altyd saam nie.

    Soortgelyk ontstel ek my nie (te veel) oor die aandrang van die geloofsbelydenis op die maagdelike geboorte, die opgestane Jesus, die ewige lewe, of Jesus wat ter helle neergedaal het, groot doop vs kleindoop, ensovoorts, ensovoorts nie. Dit is tradisies wat in my godsdienskultuur ontstaan het; dis deel van my godsdiens se kultuur, se “tooisels”. Dit maak in werklikheid geen verskil aan die Skepper in wie ek glo nie, en ewe min verskil aan my belewenis van hom. Ek stem bewustelik in om te deel in hierdie tradisies: ek stem egter nie net bot saam met alles nie. Daarom bly ek nie juis stil nie: waar godsdiens of kultuur of wetenskap of natuur met die Skepper verwar word, dr probeer ek praat. Deur in die geloofsgemeenskap eerlik te praat oor hierdie diffuusheid en ineenstrengeling van die Skepper met alles wat Hy nie is nie, bou ons in bietjies en brokkies groter insig in God se aard, ’n groter openheid en ontvanklikheid vir hom en dus uiteindelik ’n groter nabyheid aan hom. Ons is immers as individue en as ’n godsdiens in ’n voortdurende, vernuwende dinamiek met ons God.

    Sal ek altyd so bly glo? Is dit die laaste woorde wat ek te s het?

    Soms vind ons nuwe rigtings en nuwe waarhede — en soms maak ons foute en keer dan in ’n ander koers. Maar in die geheel is die Christelike geloof die een waarbinne ek glo ek versorg my siel, waarbinne ek leer van hierdie Skeppergod, die een wat ek glo k braaf en nuut kan dink.

    Dit is hoe ek God, my godsdiens en wetenskap kan versoen. Die probleme ten spyt.

    Oor wetenskap en ander dinge

    Annelie Ferreira

    “Jou Van alle kante-stukkies gaan altyd oor verhoudings en goed,” merk ’n vriend nou die dag op. “Skryf ’n slag iets wetenskapliks.”

    Wetenskaplik is reg met my. Ek het darem self al my deeltjie bygedra ter bevordering van die wetenskaplike ondersoekmetode. Amper ’n vinger verloor ook in die proses (“Moenie naby die muisval kom nie!” het my ma gewaarsku. Maar ek wou net sien hoe hy werk ...), asook my blou nagrok (“Bly weg van vuurhoutjies!” het my pa gemaan. Maar ek dag toe as ek die stukkie papier bo-oor die toilet aansteek ...), en my gemoedsrus (“Daardie boeke is gevaarlik!” het ons gehoor. Maar ek kon nie antwoorde kry op ’n ander plek nie ...).

    En glo my, ek is innig dankbaar vir die merkwaardige dinge wat al uit die wetenskaplike kruik tot in my lewe gevloei het, soos die keisersnit waarmee ’n benoude Ousus in die wreld gebring is, my hooikoorsmedisyne, motor, elektriese stoof, telefoon, tandepasta en kleefpleisters.

    Vir ’n agie soos ek is die beste van alles amper die voorreg om soveel meer dinge te verstaan as wat ’n paar eeue gelede moontlik was. Ek kan byvoorbeeld weet watter prosesse in ’n blaar plaasvind, wat in die hemelruim aangaan, wat weerpatrone benvloed en hoe die brein werk.

    Ons sit immers nie meer aand na aand om ’n vuurtjie voor ons takskuiling en vertel vir mekaar stories oor wie al daardie kooltjies vuur oor die naghemel uitgestrooi het, en wie die maan so stukkie vir stukkie opvreet en dan weer laat uitswel nie. Ons teleskope en mikroskope het vir ons ’n ander wreld in fokus gebring om oor te praat.

    Dis verstommend wat ons alles deesdae in ’n laboratorium kan ondersoek — en bevind! In SQ: Spiritual Intelligence beskryf Danah Zohar en Ian Marshall ’n eksperiment waarin sekere dele van ’n proefkonyn se brein elektries gestimuleer is. En net daar tussen al die masjiene beleef ons proefkonyn ’n intense mistieke ervaring. Kan dit wees dat jy tot God kan simuleer in ’n laboratorium? Baie mense sal s ja, God is inderdaad “all in the mind”.

    Ek sien egter hierin ’n bevestiging van ’n natuurlike spirituele kapasiteit by die mens wat besonderse moontlikhede inhou. (“Het jy geweet,” vra Ousus onlangs grootoog vir my, “dat ’n mens net ongeveer tien persent van jou brein regtig gebruik?” “Ja,” brom Kleinsus, “veral seuns.”)

    Maar wat as ons normaalweg ook net tien persent van ons intusie gebruik, tien persent van ons kreatiwiteit, tien persent moed, tien persent soul? Wat as ons kan leer om die orige nentig persent te benut? En dis nie meer net ’n teoretiese vraag nie: loop net af en toe in ’n boekwinkel rond en jy sien hoe die stroompie boeke met titels soos The Age of Unreason, The Corporate Mystic en The Artist’s Way at Work — om maar enkeles te noem — vinnig besig is om dikker te word.

    Daar word vertel dat ’n geharde tronkvol eenkeer gevra is hoe hy op die pad van misdaad beland het. “Hoe kon ek anders?” het hy ges. “My pa was ’n alkoholis; van ek kan onthou, het hy my ma geslaan, ons kinders ook. Ons was brandarm en verwaarloos; ek het nooit ’n kans gehad nie.” Toe word ’n multimiljoenr gevra waaraan hy sy sukses toeskryf. “Hoe kon ek anders?” het hy ges. “My pa was ’n alkoholis; van ek kan onthou, het hy my ma geslaan, ons kinders ook. Ons was brandarm en verwaarloos; ek moes van vroeg af my eie kanse maak.”

    Geen medisyne is ’n wondermiddel omdat jy in ’n laboratorium kan sien hoe dit kieme doodmaak nie, maar omdat dit die gehalte van ’n mens se lewe benvloed, en indirek di van mense om hom. Dieselfde geld vir goed soos gloeilampe, treine, televisiestelle en yskaste: indrukwekkende toestelle op sigself, maar nog meer indrukwekkend as jy in ag neem hoe dit mense se lewens verander, en hoe dit die wreld verander waarin mense lewe.

    In sekere opsigte ten goede, in ander nie.

    Ons is almal sinne in ’n verhaal wat oor millennia strek. Elke sin benvloed die gang van die verhaal; presies hoe, kan ons net agterna weet, nooit met sekerheid voorspel nie. Dit bly ’n oorsaak en gevolg wat nie binne ’n formule inpas nie.

    Daarom moet ons aanhou om stories vir mekaar te vertel: van die keer toe alles om ons nag was, en hoe ons ’n enkele kooltjie vuur in die donker raakgesien het, en toe nog een, en skielik ’n paar; en van die keer toe iets ons siel stukkie vir stukkie opgevreet het, en hoe ons dit reggekry het om eindelik weer heel te raak.

    Dit maak nie saak of ons dit vertel rondom die weerkaatsing van ’n proefbuis, of voor die yl gloed van ’n rekenaarskerm, of in die skerp lig van ’n ouditorium nie.

    Net solank ons weet dis belangrik genoeg om te vertel.


    Hoe voel lesers hieroor? Lug jul mening by katvis22@yahoo.com

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.