Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Jou meditasiemat of my feng shui-bed?

Wilhelm Jordaan

Ons eksperiment met alternatiewe vorme van spiritualiteit

Die Burger-lesingsreeks, KKNK, April 2002

Toe ek vanmre weer die titel registreer van ons gesprek, toe wonder ek waar moet ek nou my sit— of lplek kry tussen die meditasiemat en die Feng shui-bed: Dalk op ’n baie harde, ongemaklike NG Kerk-bankie terwyl jy luister na die dominee se kategismuspreek. Of is dit dalk ’n geval dat ek ’n smal kampbedjie verkies wat jy snags onder die sterre opslaan? Om in die mre dit weer af te slaan en in die nag wat kom, weer elders onder die sterre op te slaan. Miskien juis dit: die reisende bedjie.

Gegewe die tema is ek gevra om spesifiek te praat oor die vraag of die tradisionele Afrikaanse kerke kan aanpas by ’n veranderende wreld. En ek bepaal my daarby.

Laat ek sommer dadelik s die lewer van di lesing het my baie angs en onsekerheid besorg. Ek is nie ’n teoloog nie en kan nie eens nagenoeg probeer om teologiese kwessies aan te spreek nie.

Om die waarheid te s: Ek wil nou s soos ’n angstige ou op ’n keer ges het: “If I could drop dead right now, I would be the happiest man alive.”

Soos akademici graag probeer doen, wou ek as objektiewe waarnemer die saak van buite bekyk en tot ’n paar gevolgtrekkings kom.

Maar knaend in my gemoed was daar di duidelike indruk: Jy is nie ’n buitestaander in di saak nie. Ondanks alles, wat insluit die verloopte verlope van jou eie lewe, is jy met bloeiende hart en kritiese niere verbonde aan ’n tradisionele Afrikaanse kerk en die Afrikaanse gemeenskap. Jy is onverwoesbaar binnestaander. Daarom kan ek nie anders nie as om die saak plek-plek ook vanuit ’n persoonlike ervaringshoek te bekyk.

Maar vooraf eers ’n paar kort notas oor die aard van spiritualiteit.

Heel eerste dat elke mens diep binne-in ’n spirituele, of goddelikheidsbewussyn het. Dit behoort tot jou kern, jou wesenlike aard. En jy kan daaraan gestalte gee in hoe jy omgaan met God, jouself, met alle ander mense en groepe mense, met die natuur — met alles wat is.

Selfs wanneer jy reken jy het dit verloor, is dit nog dr — soos die skrywer Anna M Louw dit vertel in haar roman Vos, van die boer Vos wat sy siel aan die duiwel verkoop het sodat dit tydens ’n droogte net op sy plaas ren: “Hy voel God in hom skop soos die ongebore lam in ’n skaapooi se pens.”

Om in kontak te wees met hierdie “kern” — hetsy godsdienstig of buitegodsdienstig ingeklee — en om van daaruit te leef, het enorme lewensvormende en bevrydende, helende krag. Wanneer hierdie “kern” leef, is dit soos ’n kristal wat elke keer met die optel daarvan nuwe konfigurasies van lig en kleur deurlaat.

Daarom praat mense wat iets van di kern ervaar, dikwels van buitengewone belewenisse: van gevoelens van verligting, ekstase, verwondering, blydskap, ’n oorgegewe liefde en deernis, ’n mistieke ervaring van eenheid met alles en ’n omhelsing van die kosmos. Dit is dn wanneer, soos die skrywer James Joyce s, die “siel van die allergewoonste dinge helder skitter”.

Om ontrou te wees aan hierdie kern — soos dit verweef raak met jou besondere menslike eienskappe, talente, vermons, lewensondervindinge — is om nie die mens te word wat jy kan wees nie. Of soos rabbi Heschel dit gestel het: Die eintlike en enigste “sonde” van die mens is om “van die merk af te wees” wat betref jou spirituele kern en die uitdrukking daarvan in jou lewe.

Ek wil die paar punte saamvat deur te s dat ware spiritualiteit, vanuit ’n Christelike raamwerk beskou, neerkom op ’n diepgaande en vrye oopstelling aan God n die wreld, en dat dit met verwondering gepaard gaan.

En sonder veroordeling of verwyt wil ek s die deursnee-Afrikaner het histories nie di soort spiritualiteit bereik nie.

Minstens vier historiese faktore waarin die tradisionele Afrikaanse kerke ’n sleutelrol gespeel het, het hiertoe aanleiding gegee. Ek praat nou van faktore wat strek van ongeveer die 1880’s tot die 1980’s:

  • Eerstens, ’n verburgerlikte godsdiens wat al voor die Anglo-Boereoorlog ontwikkel het en gekenmerk is deur die versmelting van politieke en godsdienstige denke op s ’n manier dat daar haas geen onderskeid tussen volk en kerk was nie. Hieruit het die gedagte gegroei dat die Afrikaner, ook in sy politieke strewes, God se bedreigde uitverkore volk is — soos Israel van ouds.

  • Tweedens, die toepassing van ’n “verknoeide Calvinisme” waardeur die gedagte ontstaan het dat die bedreigde Afrikaner se krag in isolasie l. Verburgerlikte godsdiens en verknoeide Calvinisme het aan die wortel gel van die latere kolos van apartheidsteologie en —praktyk.

  • Derdens, die invloed van die “Evangelie-gesindes”, ’n protestantse groep wat klem daarop gel het dat die mens se verhouding met God “reg” moet wees, maar nie die implikasies hiervan vir die mens se “horisontale” verhoudings met ander mense en volkere volledig deurdink het nie. Hulle was sterk gekant teen iets soos die sogenoemde “Social Gospel” wat eerder die horisontale-verhoudingsveld beklemtoon het.

  • Vierdens, en baie belangrik, die “verletterliking” van die betekenis van bybelgegewens, byvoorbeeld die Skeppingsverhaal, di van Adam en Eva, en Jona in en uit die vis. Die ontslag van prof Johannes du Plessis uit die NG Kerk in 1932 omdat hy s ’n letterlike lesing van die bybel teengestaan het op grond van sy studie van literatuursoorte en —funksies in die bybel, het gelei tot ’n “hermeneutiese vakuum” waardeur geslagte Afrikaners in die duister gehou is oor hoe die bybel ruimer verstaan kan word in die konteks van ons daaglikse bestaan.

    Eers in die 1970’s het die hermeneutiese wetenskap weer in beperkte kring herleef en is dit in ere herstel as ’n belangrike manier om tot begrip van die bybel te kom.

    Saam gelees, het hierdie faktore die deursnee-Afrikanermens in ’n spirituele kapsule geplaas, en word sy godsdienssin histories gekenmerk deur onder andere vrees en bewing vir dit wat vreemd, anders, nuut en bedreigend is. Saam daarmee het ’n godsdienstige resepmatigheid, wettiesheid en moralisering gekom wat — sonder indringende gesprek in kerklike geledere en die gemeenskapslewe — voorgeskryf het hoe mens moet maak om goed en soet en nie boos te wees nie.

    Die digter Louis Eksteen het di toedrag verwoord in 1967 in sy gedig Kasplant. Hy s byvoorbeeld:

    Ek weet goed, baie goed
    Hoe ek opgevoed is 
    Nou, soos ek s:
    Ek, en die ander van my geslag
    Moes bang wees vir God
    Vir ons ouers, die onderwysers,
    Die predikant, almal wat
    Oor ons gestel is; die owerheid in toto 

    En dan gaan hy voort om al die bangtes en benoudtes te beskryf. Sommige van u onthou mos seker nog al die gevare — die swart gevaar, die rooi gevaar, die geel gevaar, die Roomse gevaar (so ’n effens romerige kleurtjie), enso(gevaarsoekend)voorts. Vir sommige is daar vandag ook nog die Renboog-gevaar, om maar by die kleure te hou.

    Vanselfsprekend was hierdie dinge ook in die kerklike prediking aanwesig. Die teoloog Willie Jonker tipeer dit in 1976 s in sy boek Die Woord as Opdrag:

    Alles (in die prediking) was maar soos dit vooraf voorspel kon word: dieselfde gedagtes, dieselfde woorde, dieselfde algemeenhede wat oor mens heengaan sonder dat dit werklik tot iets verplig; dieselfde atmosfeer van lewensvreemdheid en groot woorde wat ons konkrete aardse bestaan so weinig raak.

    Veral by die jeug en jong volwassenes het daar veral sedert die 1960’s algaande ’n gestadige proses van innerlike leegheid, ontgogeling en verset teen die kerk aangebreek wat mens met die volgende gedig, Dogma, wil saamvat:

    Toe ek ’n kind was het ek gedog
    die dinge is maar so
    maar noudat ek ’n man geword het
    weet ek
    dit is dogmadinge
    wat mens doodmaak
    binne.

    Maar daar was ook pynlike losmaking van die kerk en sy leringe — tot in die hart van die gesin — op die huisaltaar:

    pappa wie is jy
    kind ek is ’n pasehaas
    wat iewers in april
    sjokolade-eiers op geheime plekke plaas
    waar julle dit kan vind
    pappa wie is jy
    kind ek is ’n krismisvader
    wat elke jaar presente om ’n boom rangskik
    vir een aand se geluk
    pappa wie is jesus
    juffrou s hy is ons meester
    ek weet nie meer nie kind
    vra vir mamma om dit uit te vind
    pappa praat met my oor jesus
    jesus kind nie vanaand nie
    pappa gaan ’n lesing hou
    dat siel en liggaam n is
    nie twee
    dis my werk my kind
    waarmee ek julle speelgoed
    kos en klere gee

    Hierdie soort reaksies is versnel deur die politieke gebeure en omwentelinge sedert 1990 waardeur die bondgenootskap tussen die Afrikaanse kerke en ’n regerende owerheid verbreek is.

    Juis die baie belangrike en baie nodige Boetman-debat het die opgedamde woede, ontgogeling, verwildering en ontreddering gedemonstreer van ’n geslag van middelarige Afrikaners wat voel dat hulle deur die “ooms” en die patriargie (dit is die “vaders”, die kerk en die staat) mislei, verneuk en dom gehou is — onder andere deur ’n teologie van vrees en bewing. Vir baie van hulle, en baie ander jongeres, het die Afrikaanse kerke geen aantrekkingskrag nie; net te veel bagasie. En vele ouer mense voel verward, half verdwaas oor al di dinge.

    Maar daar is ook ander tekens: die hoop op nuwe maniere van wees — ook in kerklike verband; dat die Afrikaanse kerke nou die geleentheid het om waarlik kerk en spirituele tuiste te wees.

    Dit bring my by die vraag watter soort aanpassing die Afrikaanse kerke kan maak. Die gedagtes wat ek hier aanroer, is nie teologiese perspektiewe nie, maar perspektiewe oor gewone mense se belewenisse rondom God en hul hunkering na ’n diepgesetelde spiritualiteit. Ek bepaal my net daarby.

    Vir sover die Afrikaanse kerke nie daarin slaag om in die prediking en pastoraat die historiese spirituele erfenis wat ek vroer beskryf het, vaarwel toe te roep nie, flikker gevaarligte vir die kerk. Daar is inderdaad tekens dat die erfenis nog met ons is — soos blyk uit briewe van gewone lidmate aan koerante oor godsdienskwessies. Dit is asof daar ’n vyandige fundamentalistiese teenreaksie is om dit wat lyk na “verdunde Evangelie” te verwerp.

    Voeg hierby die enigsins onthutsende bevindinge van ’n predikant, dr Johan Cilliers, in 1996 in sy boek Die uitwissing van God op die kansel. Hy ontleed 54 radiopreke in die konteks van die samelewingsveranderinge wat sedert 1990 plaasvind, en kom, soos Willie Jonker twintig jaar tevore, tot wesenlik dieselfde gevolgtrekking: dat die prediking oorheersend wetties/moralisties is; dat daar ’n verlies aan aktualiteit is; en dat gemeentelede die diepste troos van die Evangelie ontneem word.

    Ek weet nie hoe verteenwoordigend sy steekproef was nie, maar indien dit algemeen sou geld, is dit inderdaad ontstellend.

    Maar daar is ’n ander prentjie — miskien klein, maar dit is daar: waar die prediking en pastoraat in sommige gemeentes en in kleiner gespreksgroepe in gemeentes (soos by bybelstudies) eintlik al lankal met “aanpassings” besig is, en dat di aan ‘t groei is.

    Wesenlik kom dit daarop neer dat die prediking en pastoraat nie meer die outoritre afkondiging van onbetwisbare waarhede behels nie, maar dat daar soekend en uitnodigend te werk gegaan word, met ’n bereidwilligheid om in gesprek te tree, juis oor leerstellige dinge waaroor baie mense struikel maar nog steeds verbonde voel aan God en Christus.

    Daar is ’n nuwe respekterende houding wat s: Dit bekoor my dat jy so maklik en kinderlik glo, en ek waardeer dit dat jy my verlange om te kan glo nie minder ag as jou sekerhede nie. En daaruit kom ’n soort kreatiewe spanning tussen vaste en twyfelende geloof; en die baie soorte stemme en stemminge in mense se soeke na iets om aan vas te hou.

    Hierby kan ook gevoeg word ’n kreatiewe spanning tussen geloof in eie godsdienskring en geloof in ander godsdienste, en met soekers na spiritualiteit in buitegodsdienstige kaders.

    Ek wil graag die verandering, die aanpassing, s beskryf: Die histories-gegewe “teologie” van ontwyfelbare, en haas onkorrigeerbare sekerheid word aangevul/vervang met ’n “teologie” van verwondering en ontvouende misterie.

    Dit op sigself is nie nuut nie, maar kom sterker op die voorgrond as ’n antwoord op die honger na spiritualiteit.

    Ek bied die grondtrekke van hierdie “aanpassing” — wat op beide die predikant se prediking/pastoraat en lidmate se meelewing betrekking het — aan in die vorm van nege stellings wat ek meen spiritualiteit kan bevorder in di sin dat dit jou in verbinding bring met daardie “kern” van waaruit jy God en die wreld kan omhels.

    Maar eers ’n halfwegstasietjie: ’n Skooljuffvrou vra haar multikulturele klassie om die volgende dag iets skool toe te bring wat hulle herinner aan die spirituele kern van hul godsdiens. So ges, so gedaan:

    ’n Katolieke dogtertjie bring toe haar “rosary”, of gebedesnoertjie, en s dit is vir haar die simbool van haar verbondenheid.

    ’n Joodse seuntjie bring sy kalotjie (“yarmulka”) — die klein ronde petjie — en s iets soortgelyks.

    ’n Moslem-seuntjie bring sy gebedsmatjie en s dit is wat hom aan sy geloof herinner.

    En ’n dogtertjie van die NG Kerk bring ’n pan en s:” Juffrou, dis die pan waarmee ons die pannekoeke vir die basaar bak.”

    Miskien is daar meer waarheid hierin as wat mens vermoed — die armoede aan ryk simbole in die Afrikaanse kerke.


    Stelling 1
    Verwondering is gesetel in die vertroue dat God nog altyd in die wreld betrokke was en is — op maniere wat ons nie verstaan of raaksien nie, maar waarvan die buitelyne afgeteken word in die bybelverhaal waar God Moses geantwoord het toe di wou weet hoe God lyk. God het toe mos ges: “Kruip in daardie rotsspleet weg. Dan sal ek jou o met My hand toedruk en by jou verbygaan. As Ek verby is, sal jy My van agter sien.”

    En op die koop toe gee Hy sy naam as: “Ek is wat Ek is.”

    Volgens die werkwoordvorm van die destydse Hebreeus is dit die onvoltooid-teenwoordige tyd (in die Engels “present continuous tense”). Dit wil s, altyd hier, ontvouend in die n; nou-nog.

    En dat Jesus ’n sleutelmoment in hierdie ontvouing is deurdat God omgedraai het en sy gesig kom wys het in die gestalte en leefwyse van die Man van Nasaret.

    Daarom is ’n Kersfeesgedig oor “geboorte” moontlik:

    In swewende verlatenheid
    van niks wat is behalwe Hy wat is
    het die God van alle tye peinsend
    duim teen wysvinger gevryf
    sag soos ’n veertjie se kielie:

    Meteens die energie
    genoeg om tyd en ruimte in te plof
    en in die sproeiende ngloed
    van vermenigvuldigende stof
    kosmos, mens en aarde saam te voeg
    in tasbare verblyf

    Hy, n al die eeue nog
    vormloos en soekend
    na ontvouende gestalte:
    brandend in ’n braambos
    ontwykend agter ’n rots
    wys Hy net die rug
    as Moses pleit om die gesig
    van die afgesonderde abstrakte

    Tot Hy sy vaste vorm vind
    in die geboorte van ’n kind
    wat ruik na strooi en skaap en stof:
    God genoeg
    soos Hy
    mens genoeg
    soos ek en jy


    Stelling 2
    Verwondering veronderstel dat die “geheim” van God met agting en ontsag beleef word, soos dit gesing word in die eeue-oue kerklied, “Hoe groot is U”:

    O Heer my God, as ek in eerbied wonder
    En al U werke elke dag aanskou;
    Die son en maan, die aarde, sterre, wolke
    Hoe U dit elke dag so onderhou 


    Stelling 3
    Verwondering veronderstel dat die “ou dinge”, of dit wat as bo-natuurlik beleef is, versoenbaar is met die belewenisse van hedendaagse mense. Maar wat die “ou dinge” nuut s, word ontleed deur kritiese kennisname van literatuursoorte en —funksies in bybelse en ander gegewens, en ’n vergelyking van die wreldbeelde van t en n.

    Hierdie “nuut”-s teen die agtergrond van “ou dinge” word s verwoord in ’n gedig van Annette Snyman, “Gee my net n dag”:

    Gee my net een dag soos toenterjare,
    ’n dag vol soetwyn uit Jerusalem,
    g’n drome droom — gesigte sien —
    ’n dag wat van wind en vlamme sing!
    Maak van my so ’n nuwe Pinksterling
    dat ek die taal waarin ek gebore is,
    my eie klank, in elke geelvink en kanarie hoor;
    by tortels en by kokkewiet se kind die ABC van duisend warm woorde vind!

    In een sin s sy: Gee my weer die bekoring van die verbygegane tyd toe die Heilige Gees uitgestort is, maar n om ’n nuwe Pinksterling te wees; met eie Afrikaanse klank wat borrel in die alfabet van ’n nuwe spreekwyse oor die mens se verlange na God. Maar die oorspronklike inspirasie het nie verdwyn nie. Dit staan in die teken van die skeppende moontlikhede uit ngloed van toenterjare.


    Stelling 4
    Verwondering steun swaar op die metaforiese verstaan van geestelike dinge — soos dit byvoorbeeld in die bybel self aangetref word; byvoorbeeld God, wat oorwegend uitgebeeld word as “Vader”, maar ook as “’n Rots”, “die Lig”, “’n Skild”, “’n Lied”, “’n Fontein”, “die Dou”, “’n Moeder”, “’n Skuilte”, “ ’n Hen met haar kuikens”. Die ho frekwensie van die “Vader”-beeld in die bybel vertel bloot dat die bybelskrywers in ’n patriargale wreld gewoon het. En die ho frekwensie van die “Vader”-beeld in die Afrikaner se Godsbelewenis is ’n voortsetting hiervan, ten minste histories.

    Die skep van nuwe metafore het die bedoeling om iets nuuts in ons wakker te maak in ons ervaring van God. Soos die metafore wat ds Ronell Bezuidenhout — tot baie se ontsteltenis — so paar jaar gelede bedink het in haar dagstukkies vir hedendaagse kinders: dat God byvoorbeeld ’n “au pair” (’n versorger van kinders) is, of ’n “raver” (die ster van ’n musiekpartytjie).

    Maar wat, meer presies, doen metafore aan ons belewenisse? Mens kan dit illustreer met ’n gedig van DJ Opperman:

    God het as magtige magneet
    Sy vinger
    Deur ’n wit wolk gesteek:
    Dakke en bome en mense
    Beur en buig krom
    Soos alles ontspyker, ontwortel, ontaarde
    Na Hom.

    Sulke taal het ’n kragtige uitwerking op ’n mens se verstaan van en reaksie op dinge:

    Dit spreek jou op ’n intellektuele verbeeldingsvlak aan in di sin dat jy die ooreenstemming tussen twee of meer sake insien en begryp (God is soos ’n magneet).

    Dit kan jou emosioneel s roer dat jy die beskrewe ooreenstemmings as ’n werklikheid beleef. Jy voel hoe kragtig God as magneet alles, en jouself, na hom toe aantrek. Jy word as ‘t ware die ystervylsels in die kragveld en reikwydte van die magneet.

    Verbeelding en emosionele meevoering maak dat ook jou optrede subtiel benvloed kan word. Jy kan jou byvoorbeeld s oorgee aan die trekkrag van die “magneet” dat jy die dinge en belewenisse opsoek wat jou die trekkrag laat beleef. Daarom beur jy na die “magneet” toe.

    Terselfdertyd moet ons onthou metafore is vlugtig en raak maklik geyk sodat dit tot verstarde betekenisse lei. Daarom moet metafore gereeld “hersien” word om hulle te laat spreek. Dit moet ook begryp word dat ’n metafoor van hoe God “is”, nie die wese van God volledig kan bevat nie: Sy ontvouende misterie word nie daardeur uitgeput nie; en dat mens versigtig moet wees vir die wanpersepsies en misleidings waartoe metafore aanleiding kan gee, byvoorbeeld deur beelde soos “Vader”, “raver” en “au pair” te verletterlik en te vergeet van die woordjie “soos”.

    Ons moet onthou ons praat van ons belewenisse van God, nie van God self nie.


    Stelling 5
    Verwondering laat toe dat mense die betekenis wat Jesus vir hulle lewens vandag het, met ’n nuwe, kritiese erns bejen. Dit geskied teen die agtergrond van die vraag wat Jesus self as ’n ope uitnodiging aan sy dissipels gestel het: “Wie s die mense is die Seun van die mens?” En daarna: “Maar julle, wie s julle is Ek?”

    Daarom is elke vroere of huidige belydenisskrif, elke teologiese debat, elke gedig, elke lied, koorsang en skildery, elke biddende stameling, elke vlugtige gedagte, elke onrustige gevoel, elke bietjie verwondering, elke “Jesus-seminaar”, elke flentertjie twyfel en angsvolle buitestaanderskap, en elke geskrif en proefskrif wat bemoeienis maak met die wese en betekenis van die Man van Nasaret, ’n toelaatbare antwoord op die “ope uitnodiging” wat Jesus self gerig het.


    Stelling 6
    Verwondering bring mee dat die belofte dat die Koninkryk reeds “binne en tussen ons is” met alle erns bejen word, en dat juis dit tot die sentrum van ’n Christelike spiritualiteit behoort.

    Dit vra dat ons as ‘t ware die “evangelie” ook in die gewone lewe sal soek en ontdek. Sodat ons vanuit ons eie lewenstekste en —ervarings, en vanuit die letterkunde, die visuele kunste, fotografie, musiek, ligte liedjies, koerantberigte — kortom, die hedendaagse lewensdinge en —gebeurtenisse — kan teruggaan na die bybel en daarin ’n troostende, verhelderende, rigtinggewende weerklank vind.

    Soos mens kan maak met ’n grepie uit PG du Plessis se drama Siener in die Suburbs wat nou hier by KKNK opgevoer word. In ’n gesprek tussen Tiemie en Jakes s Tiemie: “’n Mens wil nie soos ’n hond vrek nie. Jy wil van geweet wees. O, ek wou so graag van geweet wees.”

    Soos Tiemie, het elke mens die behoefte om van “geweet” te wees; dat jy nie maar ’n toevalligheid vir ander is nie, ’n klein, onopgemerkte voetnota in die lewe nie.

    Die wesenlikheid van hierdie menslike behoefte vind weerklank in die belofte dat ons “by die naam geroep” is; dat God van ons weet en ons diepste verlangens en heimwee ken; en dat Christus hom volledig, en tot die uiterste toe, met die mens vereenselwig het; dat Hy gekom het

    om ons te ken,
    elkeen na sy naam,
    in die fynheid en die grofheid van sy grein
    en in die jaarringe van sy pyn.

    En daarom die sagte oordeel bring
    omdat Hy nader aan my is as wat ek aan myself is
    my kern ken
    verby die vel
    tot in die chemie van elke sel
    wat weet hoe diep my blindheid is;
    en my vashou
    styf teen die braille van Sy lyf.

    Wie hierdeur aangeraak word, kan hierna nie anders nie as om te weet van “die ander mens”, en na “die ander mens” te roep sonder einde — nie soos God dit doen nie, maar omdat Hy dit met ons doen.

    En wie die misterie hiervan tot konkrete lewenservaring wil bring, kan ontdek — soos in die kort film Trein na Manhattan — dat jy God se teenwoordigheid “tekom in vreemde klere en op ongewone plekke”; dat Sy teenwoordigheid ook daar is waar jy dikwels nie graag wil wees, of gesien wil wees nie; en dat Hy jou aanraak wanneer jy dit nie verwag nie.

    Oor hoe hierdie resonansie tussen lewenservaarde evangelie en bybelteks prakties verreken kan word in die prediking en pastoraat, het Willie Jonker lank gelede al di eenvoudige maar uitdagende beginsel gestel: “As ’n predikant sy preek voorberei, moet die teksvers wat hy gekies het so transparant word dat hy agter die teks die gesig van elke gemeentelid kan sien.”

    Dit veronderstel dat predikante die leefwreld van hul lidmate nie net moet begryp nie, maar ook nvoel in die klein en groot besonderhede van hul innerlike leegheid, hul lewensverslaentheid; en in hul spirituele hunkeringe. Dit vra dat mens sien deur die o van ’n ander, hoor deur die oor van ’n ander en voel deur die hart van ’n ander.


    Stelling 7
    Om met eerbied oor die geheim van God te wonder, soos die kerklied lui, vra dat mens ook met eerbied en verwondering omgaan met mense wie se geloofservarings en —oortuigings, hul eiesoortige godsdiens of spiritule hunkering anders is as joune. Dit vra verder dat mense met oortuiging di insigte van die katolieke teoloog Hans Kng sal begryp en toepas:

    The totality of faith consists in the integrity of commitment, not in entirely correct propositions. And that commitment can be entire and unreserved even though something false is said at the same time.

    Wie dit aanvaar, het die verpligting om te vra:”Getuig my lewe, my spreke en my skrywe van die integriteit van toewyding; terwyl ek weet dat ek in die proses kan mistas?” Dat ons daarom almal die ou beginsel van simul fidelis et incredulous kan bely: “Here ek glo, help my in my ongeloof.”

    Wanneer mense dit doen, kan hulle nie voortgaan om onverdraagsaam, ongeduldig, meerderwaardig en selfvoldaan te oordeel oor mekaar se “naewe geloof”, of “blinde goedgelowigheid”, of “kettery”, of “intellektualisme”, of “dromende mistiek” nie. Die verpligting is dan op elkeen om ten minste te probeer begryp waar die ander vandaan kom; om te aanvaar dat mense wisselende verstaanshorisonne het en hul verlange na ’n diepgesetelde spiritualiteit verskillend uiter.

    Dit is ’n bietjie anders as die twee Engelse predikante wat so gestry het oor hoe mens die Woord van die Here nou eintlik moet verkondig in hul gemeente. Tot dat die een ten einde laas met die voorstel kom: “From now on you can serve the Lord your way. And I will serve him His way.”


    Stelling 8
    Verwondering is ’n skuiwende horison waardeur ’n mens jou kan oopstel vir nuwe moontlikhede tot verdiepte spiritualiteit. In di verband is daar ’n magdom goedgekontroleerde studies en teorie wat, binne die raamwerk van die kwantumfisika, minstens twee belangrike dinge s:

  • Die menslike brein het l die kapasiteit om aan ’n spirituele “kern” uitdrukking te gee en daarmee jou beleweniswreld te verruim tot groot kreatiewe en helende moontlikhede in jou persoonlike lewe en in jou verhoudinge met ander. Anders ges: ons is neurologies “bedraad” en toegerus vir lewensverrykende spirituele belewenisse. Daar is inderdaad nou wetenskaplike bevestiging vir eeue-oue menslike mites en opvattinge oor spiritualiteit. Vandaar die hedendaagse boektitels soos The God Spot, Why God won’t go away en God tussen die ore.

  • Om hierdie kapasiteit te ontlok, kan die mens leer om die sintuie (sien, hoor, ruik, proe en aanraak) wat ons so gereeld aanwend vir passiewe vermaak, opnuut te ontgin en op ongewone maniere aan te wend, sodat die “prikkels” waaraan jy jou blootstel, of van uitsluit, inspeel op die brein se spirituele kapasiteit en dit ontlok. Die “prikkelbronne” is so wyd as wat jou gemoed oop, ontvanklik n krities is.

    Dit kan byvoorbeeld insluit, as dit jou keuse is, om te leer om te mediteer — soos dit al eeue lank in Oosterse filosofie en ander buitekerklike spiritualiteite beoefen word. Deur dit te doen, hoef nie te beteken jy vereenselwig jou met byvoorbeeld die Boeddhistiese “pad” nie, maar dat jy ’n manier gevind het om jou oop te stel vir God en iets van hom te ontvang. Willem Nicol het in di verband belangrike eienskappe van Christelike meditering aangeteken. Kry dit gerus in die hande.

    Stelling 9
    Kyk ek terug na die voorgaande agt stellings oor verwondering, is daar tog ’n ervaring van verlies: dat hulle op geen manier die werklike verwondering uitdruk nie. Die verwonderingsgeheel van jou of ’n ander mens is veel mr en nders as die som van mensgemaakte verwonderingsonderdele — daardie unieke spirituele geskenk wat tot jou mensheid behoort en gestalte kry, soms momenteel, en partykeer in ’n manier van leef en omgaan met alle dinge.

    Ek het heel aan die begin ges ek praat as ’n onverwoesbare binnestaander vir wie die pad na geloof steeds langs baie en vreemde paaie loop; soekend na daardie “gift” van klein en groter dinge wat van jou God se mens maak in hierdie wreld. Daarom die gedig “Gawes van die Gees”:

    Ek kan nie in tale spreek nie
    maar in die stilte
    gee ek my oor
    aan die klank van U naam
    wat saggies in my
    bly resoneer
    Jahwe!
    Wagtend op die een allesomvattende snik
    wat van agter uit my keel
    sal kom tot taal wat op skrif
    U nader
    vind
    want ek glo mos
    dieselfde Gees wat gawes aan ander gee
    l tog wel soms
    woorde in my mond
    om uit te roep met skryf
    die verlange van ’n mens wat selde
    iets van U begryp.


    Wat ek nie ges het nie, omdat die tyd (30 minute) my ingehaal het:

  • Mense wie se spirituele behoeftes in ’n kerklike konteks op hierdie manier ondervang en bevredig word, moenie verwag dat die georganiseerde kerke by wyse van Sinodale besluite hul sen daaroor sal uitspreek nie. Die huidige paradigma van gevestigde dogmas sal nog lank bly staan. Maar na analogie van Thomas Khn se werk oor “wetenskapsrevolusies” kan verwag word dat kleiner en groter “paradigmaskuiwe”, soos hulle reeds in sekere gemeentes plaasvind, steeds sal groei om mense se spirituele behoeftes aan te spreek.

  • Mag mens krities wees oor spiritualiteit — hetsy godsdienstig of buitegodsdienstig ingeklee? Die antwoord is “ja” vir so ver:

    1. dit selfverheerlikend is in di sin dat jy reken jou lig “verdonker” alle ander lig
    2. jy jou metodiek voorhou as die alleen-toegang tot die poorte van spiritualiteit
    3. dit resepmatig word, en aldus aangebied word as die maklike weg na spiritualiteit — dan is dit in beginsel niks anders nie as net ’n nuwe dogma.



    Wat dink jy van hierdie lesing? Stuur jou reaksie aan SNet by katvis22@yahoo.com.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.