Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Nuut van Lux Verbi.BM

Vir bestellings van enige van hierdie boeke skakel 0860 231 231
Stefan slaan terug
deur Hendrick Bergh
Prys R84,95
ISBN 0796304947
Redakteur: Annake Müller
(Fiksie – Jeug)

‘n Roman in uitstekende tienertaal wat die leef- en denkwêreld van die hedendaagse tiener uiters getrou weergee en die baie relevante onderwerp van dwelms en die dwelmgebruiker hanteer. Dit kyk indringend na die hedendaagse funksionering van die familiestruktuur.
        Dwelms is ‘n gegewe en die misbruik daarvan neem daagliks toe onder tieners en jong volwassenes. Belangrike inligting soos die eerste waarskuwingstekens, optredes en rehabilitasie word in ‘n bylaag deur ‘n kundige bespreek. Die roman is lekkerleesstof, die spanningslyn is goed en die taalgebruik uitstekend. Die outeur het eerstehandse kennis van dwelmgebruikers en hul leefwêreld. Wie nie die boek koop nie, gaan uitmis op baanbrekerswerk.

Die teikenmark is hoofsaaklik tieners (10-18). Ouers – en enige volwassene - kan ook baie baat daarby vind.

Besoek Lux Verbi.BM se webtuiste vir meer.

Gebedjies voor slapenstyd
deur Nina Smit
Formaat: Hardeband (pof-omslag)
ISBN: 0 7963 0385 1
Bladsye: 78
Prys: R59,95

Nina Smit se kenmerkende lewendige styl en pretensielose aanslag werk besonder goed in hierdie versameling waaruit kleintjies kan leer om self met God te gesels. Met helder, eietydse illustrasies.
       Nina Smit is ’n ouma … en geniet dit terdeë! Uit hierdie versameling kan kinders self met God leer praat oor die lief én die leed in hulle wêreld.
       Alledaagse onderwerpe wat op kinders se leefwêreld betrekking het, word aangebied: Here, ek weet; Here, baie dankie; Here, dis lekker; Here help my asseblief; Here, ek is jammer; Here, ek is hartseer; Here, ek bid vir ...

Gebedjies voor slapenstyd is 'n nuttige en leersame boek vir kinders van 3 tot 7.

God se prenteboek: Oor Jesus se gelykenisse
deur Helmut Thielicke
Formaat: Sagteband
ISBN: 0 7963 0428 9
Bladsye: 224
Prys: R99,95

Jesus het gelykenisse gebruik om die geheime van sy koninkryk oor te dra. Die gelykenisse wat Hy vertel het, was soos 'n prenteboek om die nuwe lewe wat Hy bring, aan mense te verduidelik.
      In hierdie boek word Jesus se gelykenisse 'n kinderbybel vir grootmense, 'n video met karakters waarin lesers hulle diepste swakhede sal herken, maar ook die beste nuus sal hoor.
       God se prenteboek is geskryf deur die bekende Duitse teoloog Helmut Thielicke. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het duisende mense na Thielicke gaan luister. In daardie spanningsvolle tyd het Thielicke aan die verslae en ontnugterde mense van Europa hoop gegee terwyl die bomme hulle stede verwoes het. Sy boeke is in talle tale vertaal en het die eerste keer in 1980 in Afrikaans verskyn.
       God se prenteboek lê Jesus se gelykenisse op so 'n manier uit dat die leser dit altyd sal onthou. Thielicke het die vermoë om diep Bybelse waarhede op 'n eenvoudige manier te verduidelik. In hierdie boek kry die leser die geleentheid om na die "prente" te kyk wat Jesus geskets het van hoe mense se lewens ten diepste lyk, en van die aanvaardende liefde en nuwe lewe wat Hy aanbied.

Vergifnis
deur Louise Gibson
ISBN: 0796304604
(Fiksie)

Helena belowe haar broer, generaal Gaius Maximus, om Solon na hom toe te bring voor hy sterf. Die generaal wil Solon om vergifnis vra vir die uitwissing van sy familie jare terug. Maar gaan Solon dit regkry om hierdie gruweldaad te vergewe?
       In hierdie boek sal jy meegevoer word na die Romeinse Ryk terwyl jy in die proses gaan leer wat ware vergifnis behels.

Die teikenmark is hoofsaaklik alle vroue wat van liefdesverhale hou.

  • Lees die resensies van ander Lux Verbi.BM boeke:
    Die Navolging van Christus
    Sprakeloos oor God
  • Vir meer oor ander Lux Verbi.BM boeke klik hier.




    LitNet: 12 Julie 2006

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.