Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lisensie verstreke

Joan Hambidge

Wat sou die droom bedui? wonder die vrou toe sy wakker ruk. Sy het pas gedroom dat terwyl sy rose natspuit in ’n klein kwekery, ontplof daar ’n vliegtuig bo haar kop. Sy is die hele dag lank omgekrap. Sy kan die droom nie begryp nie — miskien omdat sy wakker gemaak is deur ‘n klappende deur. Miskien steur die droom haar, omdat sy weet — soos Jung leer — dat die onbewuste ’n pedantiese simbolis is. En as ’n mens ophou luister na die drome, kan jy in groot moeilikheid beland.

Drome waarin ’n mens val, dui op ’n lewe wat te vinnig en ongenaakbaar gelewe word. Miskien wil die droom haar iets vertel van haar gemoedstoestand?

Die hele dag voel sy af. Asof iets verskrikliks met haar gaan gebeur. Sy kan skaars konsentreer op haar dagtaak. Sy vind dit moeilik om te dink en te artikuleer. “Net voordat ’n mens sterf, kan jy dit voel.” Sy onthou die woorde wat sy Írens gehoor of gelees het. Ook dat ‘n mens se aura verander. Dat heldersiendes beweer dat die kleur van jou urine ook anders ruik.

Die aand toe Faas dood is — dit was ongeveer elfuur die aand — het sy in haar roostuin gesit en sonder rede het die sweet haar begin aftap. Die volgende dag sou sy verneem dit was die presiese uur van sy sterfte: elfuur. Daarna sou sy die oggend van sy begrafnis wakker word met ’n afbeelding van hom teen haar muur. Dalk was dit net haar verbeelding? Totdat sy jare later sou weet dat mens kan verskyn aan ’n geliefde as die dood traumaties en onverwags was.

Ek bel jou die hele dag, terwyl ek onaardig en uit pas met myself voel. Maar daar is geen antwoord nie, behalwe dat ’n matelose gevoel van neerslagtigheid op my neerdaal. Ek laat ’n boodskap. Selfs drie.

By Faas se begrafnis sien ek ’n foto wat sy sekretaresse van hom geneem het in sy kis. Hy lyk asof hy slaap. Asof hy maar net droom. Weke voor sy dood, stap ek deur Ouro Preto in BrasiliŽ met ‘n voorgevoel dat iets met hom gaan gebeur. Ek sien selfs doodskiste teen die muur staan en ek weet: iemand na aan my gaan sterf. In die bundel Verdraaide raaisels staan daar ’n vers hieroor opgeteken. Oor die pynlike voorwete wat my net nie wou laat los nie.

Maar jy bel nie terug nie. Die dag word lank en uitputtend. Ek voel asof ek buite my liggaam beweeg. Drie-uur lui die foon. Dis nie jy nie, maar ’n vriend wat vra ek moet hom oor ’n uur na die motorhawe neem. Hy is sonder vervoer.

Natuurlik neem ek hom, en die feit dat die vertelling van ‘n derdepersoonsvertelling na ’n eerstepersoonperspektief verander het, is ’n bewys van hoeveel hierdie dag my aangetas het. Ek gaan haal hom in Seepunt en ons ry tot in Soutrivier. Gewoonlik hou ek reguit aan, maar vandag draai ek na regs.

Op die brug staan ’n rooi motor — soos myne. En die persoon lyk ook na my. Die motor is platgedruk; asof ’n vliegtuig daarop geland het.

Daardie aand bel ek jou.

“Waar was jy?”

“Ek is baie ontsteld. Ek het gehoor iemand noem jou naam_dat jy verongeluk het.”

“Wanneer?”

“Vanmiddag oor die nuus, maar toe ek later die feite kontroleer, blyk dit dat ek verkeerd gehoor het.”

“Wat het jy gehoor?”

“Dat jy op die Soutrivier-brug in ’n motorongeluk gesterf het.”

Die vrou besluit om die verhaal te onderbreek. Sy druk die “Delete”-knoppie. Iewers is die flikkerende grense tussen feit en fiksie besig om haar op te keil. Sy het weliswaar gedroom van ‘n ontploffende vliegtuig; sy het weliswaar sleg gevoel, van ’n normale roete afgewyk toe sy ’n vriend ’n geleentheid moes gee, en ja, ‘n vriendin het inderdaad verkeerdelik oor die nuus gehoor sy het gesterf. Ondertussen was dit die aankondiging van haar tweeweeklikse radioprogram, Woordvisum, oor vreemde lande en die digkuns. Om poŽsie te skryf is om dood te gaan.

Die res van die verhaal is egter ook waar. Toe sy die middag by haar rooi motor kom, vlieg daar ’n Boeing oor haar kop. En op haar motor se venster is daar ’n verkeersboete geplak:

INOMBOLO YETIKITA TICKET NO. KAARTJIE NR.

0000000000000000000000

Plek: Hier te lande

Datum: Die Ewigheid

Motor: Rooi BMW

CA 598 643

Tyd: Verstreke/Expired

Boete: ’n Ewige reis tussen tekens op papier

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.