Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoe lees ’n mens Die Bybel vandag?

Christina Landman

Lesing gelewer by Die Burger se lesingsreeks, KKNK 2001

Ons vraag vandag is, “Hoe lees ’n mens Die Bybel vandag?” Maar ek gaan die vraag ’n ietsie anders vra, en dit is, “Hoe vertel die dominee en die pastoor Die Bybel vandag?” En hoe het hulle die mense geleer om vandag Die Bybel te hoor?

I     Hoe vertel ons Die Bybel vandag?

Kom ek noem ’n paar voorbeelde.

  • Iemand (wie sou sy wees?) s daar is duisende — eintlik miljoene — vroue vandag in Afrika wat daarvoor kies om by ’n reeds bestaande gesin aan te sluit in vennootskap met die man en vrou of vroue wat reeds in die verhouding is. En sy sou wonder of di moontlikheid nie ook vir wit vroue moet oop wees nie. Want sy sien elke dag vroue wat uit hulle huwelike en deur die samelewing uitgeskop is sonder die vooruitsig op nuwe verhoudings. Sy praat nie van Dawid en di ouens se tyd toe vroue soos verbruiksgoedere aangeskaf is om die man se vrugbaarheid te bewys nie. Nee, hierdie is keuses wat deur vroue in vennootskap met mans uitgeoefen word.

    Maar dis nie wat die dominee en die pastoor en die samelewing hoor nie. Hulle hoor hier word nou verkondig — oftewel ’n uitspraak gemaak — dat mans nou net soveel vroue kan h as wat hulle wil. En dit, s hulle, is teen Die Bybel, al s Die Bybel nou ook wat.

  • Nog ’n voorbeeld. Iemand (wie sou dit wees?) sou s vroue het die reg om, voordat hulle trou, op seksuele gebied te weet waar hulle met die man staan. Immers sien sy ook daagliks vroue wat na hulle huwelik seksuele verrassings kry waarvan hulle nooit weer herstel nie. Beter is dit tog om kinders op te voed tot verantwoordelike seksuele gedrag, eerder as om dit weg te bre tot die geheime deel van ’n huwelik, wat soos dit is, al genoeg aanpassing vra.

    Maar dit is weer eens nie wat die dominees en die pastore hoor nie. Hulle hoor net hier word ges — oftewel ’n uitspraak gemaak — dat seks voor die huwelik verpligtend moet wees. En hulle spring in hulle bakkies, nog so met die rugbyfluitjie om die nek, en in hulle Mercedesse, nog met die sekretaresse daarin, en jaag na die konsistorie om hierdie ding te gaan besweer. Sonder, natuurlik, om met haar in gesprek te tree oor wat nou eintlik ges is. Tipiese patriargale gedrag. Of is dit dalk ’n jaloesie, ’n vrees dat hulle hulle lewe lank met hulle fout moes saamleef nadat hulle weens seks moes trou, en s nou net dit was alles onnodig? Dis alles teen Die Bybel s hulle, al kan hulle moeilik uit Die Bybel aanhaal om hulleself te bewys.

  • En nog ’n voorbeeld. Iemand (wie sou dit wees?) s van die preekstoel af (sy staan net daar omdat die kerk so vol is en niemand haar sal sien as sy daaronder staan nie) dat verbale geweld ’n verskriklike geheime ding is wat vroue in hulle verhoudings vernietig. Sy gee ’n voorbeeld van die man wat sy vrou, wat ’n bedryfsingenieur is, ’n dom doos noem. Sy noem talle voorbeelde uit Die Bybel waar verbale geweld tussen paartjies plaasgevind het, soos tussen Adam en Eva, en Dawid en Mikal — en ook vele voorbeelde waar mans en vroue hulle verhouding met mekaar bevestig het juis deur die goeie woorde wat hulle vir mekaar ges het, soos die man en vrou in Hooglied, en Rut en Boas.

    Weer eens is dit nie hoe die dominees en pastore, en die pers, dit aan die mense oorvertel nie. Nee, hier het ons ’n vrou wat van die preekstoel af vloek, en Die Bybel s dit mag nie.

  • My vierde en laaste voorbeeld in hierdie verband: Iemand (wie sou dit wees?) praat al lankal van Vennootskapsteologie in hierdie land. Feministiese teologie, so word ges, is te eensydig gehoor en word nou aangebied as ’n vennootskapsteologie waarin mans en vroue saampraat oor teologie. Die klem is egter op vroue se regmatige stem in hierdie gesprek.

    Onlangs stuur ’n kerk ’n vrou na die Wreldbond van Gereformeerde Kerke. En daar maak sy ’n geweldige ontdekking. Sy ontdek Vennootskapteologie. Sy het skynbaar nog nooit gehoor dat verskeie vroue-teolo in Suid-Afrika al lankal daaroor praat nie, en selfs daaroor gepraat het op ’n onlangse vroue-predikante-konferensie wat deur haarself gerel is. Nou bied sy egter met haar nuutgevonde vennootskapsteologie ’n ander interpretasie daarvan aan. Vroue laat die teologie net met een vlerk vlieg, en mans is nodig om die vol in volle vlug te sit. Anders kom ons nie van die grond af nie. Ons het dit aanvanklik tog anders ingesien, dat patriargale teologie die vol van geen vlerke voorsien het en dat die vroue nou die nodige balans gebring het. Die vol het nou twee vlerke, waarvan die een nie manlik en die ander vroulik is nie. Die vol het twee vennootskapvlerke. Maar dit lyk vir my of die hooftruuk van patriargale teologie juis is om vroue daarvoor te skaak, sodat hulle nie erkenning aan mekaar gee nie en patriargale teologie nog steeds as die standaardteologie sien.

    Ek vra u nou, menere en me’e, hoe is dat in Suid-Afrika feministiese diskoerse soos hierbo genoem, dadelik vir die patriargaat geskaak word en in oermanlike terme oorvertel word? En hoe is dit dat Die Bybel telkens gebruik word om hierdie patriargale diskoerse in stand te hou terwyl Die Bybel telkens nie hierdie inhoude bevat nie en selfs die teenoorgestelde s?

    Die punt is dat die Suid-Afrikaanse samelewing deur ’n paar groot godsdienstige diskoerse beheer word (wat ek nou-nou sal noem) en wat deur dominees en pastore (dikwels van beide geslagte) ondersteun word met hulle spesifieke lees — oftewel vertel — van Die Bybel wat hulle vergoddelik het.

      Voor ek die diskoerse op die naam wil noem, wil ek net gou kyk wat gebeur in ’n samelewing wanneer die dominee of pastoor sy of haar vertel van Die Bybel vergoddelik, en dit aanbied as God se woord, en Die Bybel derhalwe tot towerspreuke reduseer.

    II     Die invloed van die dominee/pastoor op menslike gedrag

    Of Die Bybel nou God of mens se woord is, die punt hier is dat die dominee of pastoor se oorvertel van Die Bybel ’n geweldige invloed in die samelewing op mense se gedrag het. Hierdie invloed kan goed wees, en mense gesond maak, of dit kan sleg wees en mense tot afwykende gedrag aanspoor. Ons praat deesdae van “spiritual abuse” — geestelike geweld — waar die dominee of pastoor vir mense gedrag voorskryf wat mense siek maak terwyl dit mag aan die dominee of pastoor gee.

    Ek noem graag voorbeelde hiervan:

  • ’n Ma se tienerdogter word deur die ma se broer verkrag. Die pastoor s dit is omdat die dogter stywe klere dra. Die Bybel s jy moet jou kind tugtig as sy nie volgens Die Bybel lewe nie. Die ma slaan derhalwe die (verkragte) meisie so erg met ’n sambok dat die skool haar by die polisie gaan aangee.

  • ’n Moslem-vrou word deur haar man aangerand. Drie keer het sy ’n miskraam as gevolg hiervan. Die Imam s dat sy dit moet verdra om dat die Koran s (of dit nou so is of nie) dat ’n man sy vrou driemaal mag slaan. Sy hoor daarin dat sy die vierde maal mag terugslaan. Toe hy haar weer aanrand, steek sy hom met ’n mes.

    Ek noem di voorbeeld om hierdie soort negatiewe invloed van godsdiens op menslike gedrag nie net tot die Christendom te beperk nie.

  • Ek kan nog talle voorbeelde noem van huishoudelike geweld wat plaasvind binne die geloof dat die huwelik ’n goddelike instelling is wat verduur moet word en nie verbreek mag word nie. Dit het natuurlik aanleiding gegee tot die uitdrukking, “Die huwelik is heilig maar dis nie altyd veilig nie.”

  • My vierde en laaste voorbeeld, en seker die ergste wat ek al gesien het, is di van ’n ma wat stukke uit haar dogter se hand en arms gebyt het omdat die dogter na ’n ander kerk toe gaan en dus nou die ware weg verlaat het.

    Is godsdiens dan sleg vir ’n mens? Inteendeel, ek sien dikwels, in wit suburbia en in swart informele woongebiede, dat godsdiens die laaste stukkie hoop is waaraan mense klou. Of dit nou vir swart vroue is wat aan lewenslange armoede ly, of wit vroue op wie daar deesdae vinnig armoede afkom, baie van hulle bly aan die lewe omdat hulle glo dat God naby hulle is, die enigste persoonlike verhouding waarin hulle nog warmte en troos kan vind.

    III     Die godsdienstige diskoerse wat ons lewens beheer

    Ek wil dan nou derdens en laastens drie van hierdie godsdienstige diskoerse noem wat ons lewens beheer en voorstel hoe ons hulle kan dekonstrueer om hulle in lewegewende, heelmakende diskoerse te verander.

  • Die Bybel bevat al die antwoorde op ons lewens

    Tydens ’n onlangse navorsingsprojek het ek mense, ryk en arm, wit en swart, oud en jonk, slim en slimmer, gevra hoe godsdiens hulle alledaagse besluite benvloed (dis nou hulle morele, sosiale en politieke besluite). Hulle het dit dadelik genterpreteer as sou ek gevra het: Hoe gehoorsaam is jy aan wat die dominee of pastoor vir jou oor Die Bybel vertel en hoe jy daarvolgens moet lewe?

    As ek moet saamvat wat hulle ges het, is dit eenvoudig in twee sinne saam te vat:

    1. Die Bybel s dinge wat ’n mens nie wil hoor nie — en dit het gewoonlik met morele dinge te doen soos seks en genadedood en kinders slaan en egskeiding en TV-kyk en vir jou kinders Pokmonkaarte koop.

    2. Maar Die Bybel s dan ook genoeg dinge wat ’n mens wel wil hoor — en dit fungeer dan gewoonlik op ’n bonatuurlike vlak en het te doen met jou verlossing, nadoodse lewe en troos vir ellendes wat jou in hierdie lewe kan oorkom.

      Dit, dink ek dan, is die dominante diskoers wat daar oor Die Bybel in ons samelewing heers: dit bestaan uit morele moenies om ons daaglikse lewens te rel, en uit bonatuurlike beloftes oor toekomstige verlossing. Die interpretasie van sowel die morele moenies as die toekomstige beloftes van verlossing l natuurlik in die hande van die dominee of die pastoor en is die basis van sy of haar geestelike mag.

      Ek persoonlik is dol op Die Bybel en kan nie my hande daarvan af hou nie, nie as gelowige of as akademikus nie, al is ek nie primr ’n Bybelkundige nie maar ’n kerkhistorikus. Maar daar is twee maniere waarop ek dink ons nie Die Bybel moet hanteer nie.

           Die eerste manier is natuurlik die letterlik uitvis van versies wat dan vergoddelik word (dit is, as God se Woorde aangebied word) en as towerspreuke gebruik word om andersdenkendes se koppe mee te knak. Of hulle sal inligting wat nie in Die Bybel voorkom nie, as ’n verbod lees. Hulle sal byvoorbeeld s dat seks inherent sonde is, oftewel erger nog, die oersonde is, omdat daar nie seks in die paradys was nie en Adam vir Eva eers bewatookal het nadat hulle uit die paradys geskop is.

      Dit is die gewone manier waarop Die Bybel in ons land gebruik word. My beswaar daarteen is twerlei: eerstens, natuurlik, omdat dit mag aan die dominee of pastoor gee om mense se lewens te beheer, en tweedens die afwykende gedrag waartoe dt aanleiding gee soos ek vroer aangedui het.

           Die tweede is die histories-kritiese manier waarop Sakkie en daardie verligte ouens Die Bybel gebruik. Hulle doel is eerbaar. Hulle wil die versies wat die eerste metode tot toorversies verhef het, in hulle historiese konteks plaas en daarmee ’n oproep op mense doen om Die Bybel, ’n premodernistiese geskrif, nie verbatim op ’n post-moderne samelewing af te druk nie. Ons moet eerder bekommerd wees, s hulle, as ons lewenswyse en lewensbeskouing nog soveel met mense van 12 000 jaar gelede ooreenstem dat ons hulle beginsels nog op ons lewens kan toepas. Histories-kritiese feministe sal byvoorbeeld s dat hulle bekommerd is daaroor wanneer vroue vandag maklik met vroue in Die Bybel identifiseer, want dit sou beteken dat die diskoerse wat vroue se lewens vandag beheer, nie veel verskil van di van Bybelse vroue nie.

      Wat my egter pla van die historiese kritici is dat jy met hulle bevindinge net mooi niks kan doen nie. Hulle maak Die Bybel so outyds dat jy dit nie meer kan gebruik nie.

      Ek beskou Die Bybel egter as ’n vrugbare interteks en bly aktief daarby betrokke. Dis waar dat Die Bybel in kulture ontstaan het wat baie van ons s’n verskil — maar dis ook waar dat Die Bybel vandag mense oor baie kulture heen met mekaar saambind. As vroue in Afrika byvoorbeeld bymekaarkom om oor hulle godsdiens te praat, ken hulle almal Die Bybelse verhale ten spyte van die verskillende nature waaruit hulle kom.

      My aanpak tot Die Bybel is derhalwe nie letterlik of histories-krities nie, maar narratief. Dis moeilik om hier in ’n sin of twee te verduidelik (dis makliker om die standpunte wat jy verwerp in ’n sin of twee te verduidelik) — maar dit kom daarop neer dat verhale in Die Bybel verhaalagtig in ’n rigting gestuur word om vandag se seermaakdinge heel te maak. So sal ’n mens byvoorbeeld die hedendaagse probleem van verbale geweld aanspreek deur na die woorde te kyk wat paartjies vir mekaar in Die Bybel ges het en uit hulle stories heelmaakwoorde aflei om vandag se seermaakwoorde mee te dekonstrueer — sonder dat jy voorgee dat jou oorvertel van die storie die enigste of die waarste is.

      Hierdie metode het derhalwe ook ’n neo-apokriwiese faset. Dit wonder oor verhale wat nie in Die Bybel voorkom nie. So sou ’n mens wonder wat Noag se vrou se verhaal is, of Kain se vrou s’n — of selfs Petrus se vrou se verhaal, wat hom op sy sendingreise vergesel het. Al hierdie vroue word genoem in Die Bybel, maar sonder ’n gepaardgaande storie. ’n Narratiewe aanpak wonder oor hierdie vroue se stories en voorsien vir hulle ’n moontlike storie — een wat ander vroue kan heelmaak — sonder, weer eens, om voor te gee dat dit die finale storie is of dat dit enigsins historiese “waarheid” sou bevat.

  • Moraliteit is net moontlik in ’n samelewing wat oorheers word deur sterk, patriargale gesinne

    Suid-Afrika is, op grond van die bevindinge van sy vorige sensus, numeries die Christelikste land in die wreld. Dit is egter ook die land met die hoogste voorkoms van huishoudelike geweld, verkragting, en MIV-verspreiding. Al hierdie is “partnership crimes”, misdade wat tussen man en vrou (of dan paartjies) gebeur.

    Wanneer ek vir kerkleiers, wit en swart, vra hoeveel Christene daar in hulle gemeenskap is, dan s hulle gewoonlik tussen 70% en 100%. As ek vra wie dit dan is wat hierdie dinge doen, soos verkragting en huishoudelike geweld en die verspreiding van HIV, dan s hulle dat ’n mens moet onthou dat net omtrent die helfte van Christene ware Christene is. Ware Christene doen nie hierdie goed nie. Dis die onware Christene wat hulle vroue slaan, vroue verkrag en MIV versprei. Jy sal dan ook vind dat wanneer jy ’n vermeende verkragter in die tronk gaan besoek, die eerste ding wat hy vir jou s is dat hy aan hierdie of daardie kerk behoort.

    Daar word twee oplossings voorgestel vir hierdie situasie:

    1. Die eerste is dat moraliteit uit die godsdienste se hande geneem word, want hulle het ’n gemors daarvan gemaak. Godsdienste skryf wel streng morele wette vir mense voor, maar aan die ander kant vertel hulle vir mans dat vroue daar is vir hulle plesier en besit — en dit het aanleiding gegee tot ons huidige situasie van geweld en losbandigheid.

      Die vraag is net, as jy moraliteit uit die godsdienste se hande vat, in wie se hande gee jy dit? Die regering sit self met sy hande in sy hare oor die morele dilemma in die land, want aan die een kant het hulle alle morele wette geskrap en probeer hulle nou terugkrabbel deur kongresse te hou oor morele regenerasie, waarby hulle nou maar weer die godsdienste betrek.

    2. Die tweede oplossing is om nog meer beheer oor moraliteit vir die kerk te gee. In hierdie verband is daar al hoe meer ’n oproep van die kerke vir mense om terug te keer tot “die tradisionele gesin”. Ek sou daarvoor stem dat ons moet terugkeer tot die gesin, maar nie tot die tradisionele, patriargale gesin nie. Wreldoor kry jy hierdie oproep tot ’n terugkeer na die gesin (dink byvoorbeeld aan die Million Family March wat verlede jaar in Washington gehou is). Daar is ook wreldwyd groepe wat hulle daarvoor beywer om regerings te benvloed om die onderhoud wat hulle aan enkelmoeders en geskeide mense betaal, terug te trek. Soos julle weet, ontvang enkelmoeders en geskeide mense staatsubsidies in welsynstate soos in Wes-Europa en Nieu-Seeland. So het ek nou die dag ’n Nieu-Seelandse groep ontmoet wat die regering probeer benvloed nie net om die staatssubsidies aan enkelmoeders en geskeide vroue te onttrek nie, maar vroue wat kinders het sonder dat hulle getroud is, of mense wat skei, ekstra te belas — om sodoende mense te dwing om kinders slegs binne die huwelik groot te maak.

    3. Persoonlik dink ek dat, al kan jy moraliteit nie meer net tot godsdiens beperk nie al wil jy, die kerke erns daarvan moet maak om ’n moraliteit te verkondig wat berus op die verantwoordelikheid en respek wat beide partners in ’n verhouding (of hoeveel partners daar nou ookal in ’n verhouding is) teenoor mekaar moet h. Ons praat nie hier van verantwoordelikheid en respek in sy outydse sin nie, maar oor die verantwoordelikheid wat ons as gelykes in ’n verhouding vir mekaar se gevoelens en drome moet h, en die respek wat daarmee gepaardgaan — weer eens, tussen gelykes en vennote.

    IV     Ter afsluiting

    Menere en me’e, ek het baie simpatie met mense wat s hulle weet vandag nie meer hoe om ’n Christen in hierdie land te wees nie.

  • Aan die een kant word in ons land ’n Afrika-Renaissance bevorder wat weer ou tradisies in Afrika wil laat herleef, maar ons kry die idee dit sluit nie eintlik Volkspele in. En terwyl die Afrika-Renaissance nou voor-Christelike waardes wil ontwikkel, is die grondwet reeds al post-Christelik en laat dit die individu toe om self sy of haar eie morele waardes te vorm. Dit laat dinge soos aborsies toe wat ons in die ou tyd geleer het die hel en vuur op ons gaan laat neerdaal. Waar staan ons as kerke nou tussen die voor-Christelikheid van die Afrika-Renaissance en die post-Christelikheid van die wetgewer?

  • Aan die een kant word die mense wat Die Bybel letterlik wil gebruik, dom dose genoem deur akademici soos ek en Sakkie, maar die geskiedenis leer ons ook dat in gemeenskappe waar Die Bybel op die agtergrond geskuif word, soos sekere Europese lande, die Christendom aan die verdwyn is.

  • Aan die een kant wil ’n mens jou graag daarvoor beywer om Christene in die regering te kry, maar dit het skynbaar nie baie goed gewerk, hierdie “cosiness” tussen staat en kerk, in ’n vorige bedeling nie. Maar aan die ander kant is ons benoud dat as ons nie Christene in die regering kry nie, die regering deur ’n ander godsdiens oorgeneem kan word, en ons is nie seker hoe dit ons godsdiensregte gaan raak nie.

  • ’n Mens wil jou graag op ’n Sondag in die gemeenskap van die gelowiges bevind. Aan die een kant is die tradisionele dienste vervelig gewoon omdat dominees te bang is om alternatiewe geluide te laat hoor, weens die hoogs ontwikkelde tugsisteme van die kerk wat enige redelose vervolging in ’n oogwenk in werking kan stel, en ’n hele samelewing kan aanhits om ’n teoloog te vervolg sonder dat di ’n kans kry om hom- of haarself te verdedig (vra maar vir my en Sakkie). Aan die ander kant het die grense tussen kerk, ’n rave-konsert, en ’n aerobics-klas so vervaag dat mense soos ek nie eintlik meer weet wat die begrip “sacred space” beteken of waar om daarvoor te soek nie

    Menere en me’e, ons kan maar net klein stappies uit hierdie gemors gee. En die eerste hiervan, dink ek, is om van Die Bybel ’n vriendelike boek te maak, ’n boek wat die verhale vertel van mense soos ek en jy wat soek — ernstig soek — na ’n sinvolle verhouding met God, ons medemens — en ons eie geluk.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.