Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Ope brief aan die kerk

Lambert Visser

Eens op ’n tyd het ek geglo aan Paasfees, Kersfees, Sinterklaas, die Opstanding, Hemelvaart, die paashaas, Superman, Batman en talle ander dingetjies. Ek het ook geglo aan Sondag en die Sabbat en die rede hoekom ek dit moet heilig. Ek was vas oortuig van die egtheid en eerlikheid van Die Bybel en dat elke woord daarin die absolute waarheid is. Ek kan onthou dat ek menige dag op Paasdag gehuil het omdat Jesus vir my sondes aan die kruis gesterf het en om die mens te red van totale ondergang deur ’n God wat alles voor sy aangesig wou uitdelg (as dit nie vir Jesus was nie). Ek het sy pyn gevoel. Hemelvaart was vir my ’n absoluut heilige dag en toe kom ons eie Suid-Afrikaanse regering en besluit dat Hemelvaart nie meer ’n vakansiedag en/of ’n heilige dag is nie en nou is dit maar ’n dag soos enige ander. Nou wonder ek: Is dit nie meer ’n heilige dag nie?

My geloof het begin toe ek as sesjarige in die Sondagskool na die onderwyseres geluister het toe sy vertel het hoe ’n vreeslike godheid/mens/wese/entiteit/persoonlikheid/man/vrou ens God eintlik is. Ek mag nie sondig nie, want Hy sou my sondes vir altyd onthou en dit selfs eendag op my agter-agter-agter-kleinkinders uithaal. Sy het ges dit staan in Die Bybel. Ek sou in die toekoms twee keer elke Sondag moes kerk toe gaan, bid om van my sondes verlos te word en hoop vir die beste.

Later jare sou ek agterkom dat dit die manier is hoe die kerk so groot en magtig geword het. Die vreesfaktor. Ons moes God vrees, ons mog skaars mens wees, al het Hy ons mensdom met Sy eie hande geskape. Daar was die Inkwisisietydperk van jare gelede toe duisende der duisende mense deur die kerk vervolg, gemartel, geteister, vermoor is — alles in die naam van ’n nuwe geloof wat hulle probeer vestig het.

Die vrees wat die mense destyds vir die kerk gehad het, toe hulle deur middel van geweld geforseer is om ’n vreemde geloof aan te hang, is nou vervang deur die sielkundige vrees vir God waardeur my geloof afgedwing word. Geweld kan nie meer ’n rol speel nie. Ons het mos almal vryheid van keuse, of hoe? Maar nou moet ek God vrees. Ons almal moet godvresend wees om eendag in die hemel te kom, anders gaan ons vir ewig en ewig en ewig in die hel sit en swoeg van die hitte en die nimmereindigende vuur. Ons sal deur die duiwel geteister word, bloot omdat ons nie na die kerk geluister het toe hulle ons van ons vrees vir God bewus gemaak het nie. Ek moet vir God bang wees en elke Sondag in die kerk sit en deur middel van my bydraes tot hulle kollektes die kerk aan die gang hou.

So het ek in Die Bybel gelees van die man wat wou keer dat die Verbondsark val toe die draers daarvan in hulle tog deur die woestyn gestruikel het. Hy het sy hand daarna uitgesteek om dit te stabiliseer en ons God het hom onmiddellik doodgemaak. Nee, ek weet nie waar dit in Die Bybel staan nie en ek gaan dit ook nie soek nie, omdat Die Bybel ’n dik en lywige boek is. Die geleerdes sal wel weet waarvan ek praat.

My God? Het my God dit gedoen? Die God wat ek aanbid? Ek het dit jare lank geglo en so het die vreesfaktor my in die kerk gehou. Moes die arme man toegelaat het dat die Ark val en dan het God hom daarvoor k doodgemaak? Wou hy miskien net uit blote aanbidding aan die Ark geraak het, soos ons tieners mal raak oor die Michael Jacksons van die wreld? Of het God gedink die man wil iets anders doen? Maar dit sou beteken dat God nie geweet het wat die man beoog nie en dit sal beteken dat God nie alles weet soos ons geleer is nie. As jongeling het ek s daaroor geredeneer: As God nie alles weet nie, kan ek maar iewers gaan waar hy nie weet waar ek is nie en dan maar my sondes pleeg. Al wat ek moet doen is om in my kamer te gaan sit met die deur en vensters en gordyne dig toe sodat hy nie kan loer wat ek alles aanvang nie. Godvresend — dis hoe ons grootgemaak is.

In teenstelling hiermee die doek oor die kansel: God is Liefde. (?)

Ek sou eers later besef dat my (geloofs-) opvoeding in die verkeerde hande was.

My geloof het begin wankel toe ek die eerste keer ’n godsdienstige vraag stel: God het Adam en Eva geskape. Hulle het twee seuns gehad. Kain het vir arme Abel vermoor, toe is hulle net drie. Toe gee God aan Kain ’n merk op sy hoof sodat waar hy gaan, die mense hom nie sal doodmaak nie. Wie? Watter mense? Adam en Eva? Hoekom sou hulle hom agtervolg nadat hy deur God van hulle af weggestuur is? Of was daar dalk, net dalk, nog mense wat God in die geheim gemaak het? Hulle moes darem vinnig aangeteel het dat die aarde so vol was, want waar Kain ook al gegaan het, was daar mense. As Adam en Eva se tydgenote dieselfde tyd as hulle gemaak is, het hulle darem baie vinnig begin woeker en dan was dit nie net Eva wat skuldig was aan daardie gure, onsmaaklike daad nie 

Die antwoord wat ek op hierdie, en later ook ander vrae by dominees en ander leraars gekry het, was dat ’n mens nie Die Bybel mag bevraagteken nie. Daar mag geen vrae gestel word nie. Dit is uit die bose. Gaan sit in die hoekie, Visser, en dank God jy lewe nog. Toe ek dit later nie meer kon verduur nie en ek my antwoordverskaffers met argumente uit Die Bybel begin saboteer het, het daar die mees fantastiese antwoorde opgeduik waaraan mens kan dink: “Dit is nie hoe dit bedoel is nie. Jy lees dit verkeerd, jy verstaan dit verkeerd, die ander mense was nie van dieselfde postuur (lees grootte), taal, geslag nie,” ens, ens. Vra maar jou vrae, geagte leser, jy sal dit self agterkom. Hoe hulle di dinge weet as dit nie in Die Bybel is nie, verstaan ek ook nie. Die slotsom was dat geen vrae gestel mag word nie.

My geloof was getoets toe ek en my oudste broer op ’n dag oor alles en wat gesit en praat het. Toe laat hy sommer so terloops val dat ons jaartelling verkeerd is. Hy het dit iewers gelees. Snert! Ons tel al jare lank. Selfs ek kan tel van Jesus af. Dit is die vr Jesus wat my probleme gee, want dan minus jy die jare en dit is daarmee wat ek deurmekaar raak. Ek was nog nooit wiskundig aangel nie. Ek was toe al diaken in die kerk en ek het toe sommer skoon buite verband aan wyle Pa gedink wat rondgeval het van die een kerk na die ander in die hoop dat hy die rgte kerk gaan vind: Apostolie, AGS, Presbiteriaans, NG, Anglikaans, Metodiste, Jehovas, ens ens en dan begin die kringloop weer en hy het menige leraar uit ons huis gejaag wanneer di hom nie kon antwoord op sy vrae aangaande Die Bybel nie. Pa het ’n enquiring mind gehad en as hy nie ’n antwoord kon vind nie, moes die dominees spore maak. Pa het nooit die regte kerk gevind nie en hy het my ook nooit vertel van die Moslems, die Hindoes, die Jode, die Boeddhiste ens nie. Ek het maar salig in my onkunde geglo dat ons almal een God en een Jesus aanbid.

Ek het begin lees, eers net oor die jaartelling en toe later sommer meer, want toe begin ek sekere dinge leer (die kerk sal s ek het verkeerde dinge geleer) en toe lees ek van die arme Dionysius Exeguus wat nie kon tel nie. Hy het ook nie geweet wanneer Jesus gebore is nie. Dit is blykbaar ’n geheim. Die wetenskaplikes van daardie tyd, toe wetenskap nie meer ’n sonde was nie, het glo lank reeds geweet dat ’n jaar 365 en ’n kwartdag lank was. Di moes gebalanseer word. Twaalf maande per jaar, 52 weke per jaar, vier weke per maand, sewe dae per week ens. Toe doen hy dit. Elke jaar verloor ons ’n kwartdag en dus las ons elke vierde jaar ’n hele dag by die jaar. Toe stel hulle hierdie kalender in werking en toe is daar chaos. Hulle het ’n hele aantal dae uitgesny uit die ou kalender en toe is daar mense wat daardie jaar nie verjaar het nie. Bly hulle nou dieselfde ouderdom vir nog ’n jaar? Wat van die verlies aan geskenke? Wat van die babas wat gebore is? Beteken dit hulle was toe nooit gebore nie? Wat van die mense wat dood is? Beteken dit hulle is nie meer dood nie?

Deel van die kalender was natuurlik die chaos met Jesus se geboorte. Di was onbekend. Dionysius besluit toe sommer op ’n datum en s Jesus is gebore op 25 Desember, en basta met alles en almal wat anders glo (hieroor later meer). Die geboortejaar word toe 1 vC. Hoe dit vC is terwyl Jesus reeds daar is, is moeilik om te verstaan. Hy maak toe ses dae later ’n nuwe jaar en noem dit toe sommer 1 nC. Hoe ’n mens kan tel van 1 minus na 1 plus is natuurlik ’n wiskundige onmoontlikheid, maar die monnik het dit gedoen. Jesus word toe sommer twee in plaas van een jaar oud. (Seker waar die uitdrukking “oud voor jou tyd” vandaan kom.) Dis natuurlik nie alles Dionysius se skuld nie, omdat wiskundiges as uit die bose gesien is (sien verderaan). Hy kan dus nie beskuldig word dat hy wiskundiges geraadpleeg het nie. Sy probleem was natuurlik dat hy hierdie joppie in die sesde eeu nC gedoen het nadat hulle alle rekords vernietig het (sien hier onder) en dus was hy gebonde aan ’n bietjie duimsuiery.

Deel van die doel van die (nuwe) kalender was natuurlik om die geskiedenis so ’n bietjie te dokter. En dit was gedoen in samewerking met die kerk. Hoekom anders is die kalender deur ’n monnik opgestel en nie deur, s maar, ’n wiskundige nie? Hoekom was daar ’n pertinente poging om Jesus se geboortedatum op kalender te h as dit nie ’n kerklike poging was nie? My vraag is aan die kerke en die towenaars ens. Hoe is dit moontlik dat ’n persoon wat s ’n belangrike rol in die geskiedenis gespeel het, nie ’n vasgestelde (korrekte) geboortedatum het nie? Hoekom gaan ons voort om sy geboorte op die verkeerde datum te herdenk? Dit is ook ’n feit dat die Christelike geloof eers in die volgende eeu n Jesus sy beslag gekry het. Is dit omdat daar eers ba-a-a-ie later besluit is om ’n nuwe geloof op die been te bring met Jesus as die grootste rolspeler?

Dionysius se grootste probleem sou eers later kom toe die wreld begin vrae stel. Almal het geweet dat Jesus en Herodes (amper) tydgenote was, maar dat Herodes in die jaar 1 nC alreeds minstens vier jaar lank dood was. Ons moet dus nog eintlik ’n paar jaar by ons huidige jaartelling voeg om die korrekte datum te kry. Die gemiddelde berekening is tussen vier en agt jaar. Ons is dus nou eintlik in die jaar 2007-2011 nC as ons wetenskaplik wil wees.

My geloof was heeltemal onder my uitgeruk toe ek ontdek dat ek nog al die jare Jesus se geboorte op ’n verkeerde dag herdenk en dat die kerke my dit nooit vertel het nie. Hoekom nie? Is hulle skaam omdat hulle nie weet wanneer hulle saligmaker gebore is nie? Of is dit ’n geheim?

Terug na die kalender: Hulle skep toe sewe dae per week en gee aan elke dag ’n naam. Maar toe is daar sonaanbidders wat beswaar aanteken dat daar nie vir ’n dag vir hulle god voorsiening gemaak is nie. Daaraan word toe gehoor gegee en hulle noem die dag Son-dag, dit is die son se dag. Nou word dit natuurlik as een woord gespel. Hoekom aanbid ek dan nou my God op ’n afgod se dag? En hoekom het die kerke so besluit? Hoekom is daar nou ’n Sabbat op ’n afgod se dag? Is dit toeval?

Toe vind ek uit van die Moslems.

Wi? Wat is dit? Seker maar mense uit die ou dae. Nee, dit is ’n geloof — Islam. Hulle gedenk elke jaar hulle “kersfees” op ’n ander datum. Hulle Sabbat is op ’n Vrydag. Toe vind ek uit van die Jode. Die Jode is Israeliete en hulle is mos God se uitverkore volk. Die Jode se Sabbat is op ’n Saterdag. Ek is skoon gekonfoes. As die Here se uitverkore volk op ’n Saterdag aanbid, hoekom is ons dan anders? Toe leer ek dat die Jode nie vir Jesus as die Messias ag nie en toe skrik ek my boeglam. Die uitverkore volk se Messias moet nog kom. Die Jode s God het op die sewende dag gerus en daardie dag is ’n Saterdag. Die Christene s dit is alles nonsens. Ons erken hy het op die sewende dag gerus, maar dit is ’n Sondag. Hoekom het my kerk nie hiervan vertel sodat ek later jare voorbereid vir die skokke sou wees nie? Is die uitverkore volk dan nie korrek in hulle interpretasie van gebeure nie?

Maar nou het ek ’n groter probleem: As die Christene reg is oor hulle “wraakgierige” God en Jesus s: “Niemand kom by die Vader behalwe deur my nie,” is daar miljarde mense wat eendag in die hel gaan braai — die arme Jode, die Boeddhiste, die Moslems, die Hindoes. Shame, wat van al die mense wat onskuldig daardie gelowe aanhang of nog nie van die “regte” godsdiens gehoor het nie? Of wat oortuig is dat hlle geloof die korrekte een is? Gaan God dit teen hulle hou? Dit is iets vreesliks.

En toe hoor ek dat die maagdelike geboorte geen nuwe uitvindsel is nie. Ons het mos almal op skool geleer van Alexander die Grote en die dinge wat hy gedoen het, of hoe? Nou ja, wat hulle ons nie op die skool- of kerkbanke geleer het nie, is vreeslik interessant. Dit laat my wonder hoe die kerke en skole dit kon gemis het. Het hulle dit nie geweet nie? Alexander se moeder was die Griekse prinses Olympias. Olympias was maar ’n wilde entjie mens wat haar voorsate kon terugspoor na, en ’n direkte afstammeling is van, die Griekse God Achilles. Sy was deurmekaar met vreemde gelowe en rituele. So byvoorbeeld was daar seksuele rituele en orgie waarin slange ’n groot rol gespeel het. In elk geval, s Olympias, sy was op haar huweliksnag met Philip deur die duo-gode Zeus en Ammon bevrug toe ’n weerligstraal afkomstig van hierdie twee owerspelige en rammetjie-uitnek-gode haar baarmoeder binnegedring en haar bevrug het. Wat Philip van hierdie storie gedink het, is nie bekend nie. Ek sou natuurlik die ouens soek en met hulle raas omdat hulle geen respek vir my op ’n huweliksnag het nie, sou dit met my en my vrou moes gebeur. Alexander is dus, volgens sy moeder, die seun van god (of dan wel, twee gode as ons wiskundig korrek wil wees). Die titel “seun van god” is k nie nuut nie. So was daar Osiris, Adonis, Mithras en Dionysos, wat almal gesterf en weer opgestaan het. Klink dit bekend?

Maar in elk geval, ons almal weet dat Alexander op 21-jarige ouderdom die leisels by Philip oorgeneem het toe di gesterf het. Toe Olympias hom op sy eerste oorlogsending stuur, het sy aan hom die wonder van sy goddelike geboorte en vaders bekend gemaak. Of dit as gevolg daarvan was, weet ons natuurlik nie, maar ons weet dat Alexander uiters suksesvol in sy lewe was. Twaalf jaar nadat hy die troon in 336 vC bestyg het, is hy aan ’n geheimsinnige koorssiekte oorlede. Van al die bekende “seun van god”-titelhouers is hy die enigste wat nie die dood oorwin het nie. Alexander was vas oortuig van sy goddelike geboorte en het sy hele (kort) lewe lank daarop gesteun.

Om hierdie storie van die gode en seuns van god te voltooi, nog net die volgende, omdat dit ons by die volgende vraag bring: Die godin van die lug, Nut, en die god van die aarde, Geb, het vier kinders gehad, waarvan Osiris die oudste was. Daarna het sy broer Seth, en sy twee susters Nephtys en Isis gevolg. Ons almal onthou mos nou van die godin van die lug en die god van die aarde wat mevrou dominee Swart nou so onlangs weer aan die openbaar bekend gestel het? Osiris het met sy suster Isis getrou, maar Seth het hom uit pure jaloesie vermoor en sy liggaamsdele oor die hele aarde versprei. Isis het dit gesoek, alles behalwe die fallus gevind, en Osiris tydens een of ander ritueel weer aan die lewe gekry. Sy het ’n fallus vervaardig, dit aangeheg en met Osiris gemeenskap gehad. Uit hierdie bloedskendige daad is die latere god, Horus, gebore. Hier het ons ook ’n opstanding n dood. Klink dit bekend? Ons sien dit in die Christelike geloof n Jesus se afsterwe aan die kruis. Verder lees ons ook dat Maria n Jesus nog kinders gehad het, maar dit word deur die Christelike kerke verswyg. Hoekom? Sal dit haar heiligheid in die gedrang bring? Sal ons respek vir haar verloor wanneer ons agterkom dat sy ook maar mens was en op die gewone manier bevrug is? Of sal dit die dogma van die hele maagdelike geboorte waarop die Christelike geloof gebaseer is, vernietig? Word hierdie dinge verswyg sodat ons kan dink dat Jesus se geskiedenis uniek in die heelal is? Seun van God en opstanding n dood, Goddelike bevrugting?

Maar Die Bybel gaan voort en s dat ons geen ander gode voor God se aangesig mag dien nie. Mag ons van ander gode kennis neem? Die predikantsvrou veroorsaak ’n hele tameletjie vir die kerk in hierdie verband wanneer sy erkenning gee aan die bestaan van Nut en Geb en die kerke bly doodstil, sprak g’n sprook. Mevrou Swart praat van die nimmereindigende (seksuele) gemeenskap tussen hierdie twee gode en word deur haar dominee-man in haar siening gesteun. Ng bly die kerke stil. Erken hulle by implikasie dat daar ander gode ook is en dat ons daarvan kennis mag neem? Hulle skors ds Swart, maar op heeltemal ander gronde as die uitlating van sy vrou. Gaan ons die waarheid hoor? Is hulle geloof gebaseer op ou Egiptiese gelowe soos hier bo genoem? Gaan hulle ooit eendag die waarheid bekend maak? Of dan ten minste erkenning verleen aan hierdie feite?

Die kerke het jare gelede met ’n stelselmatige poging begin om die wreld te verlos van die ander gelowe wat nie met hulle dogma versoen kon word nie. In 391 nC het keiser Theodosius ’n bevel uitgevaardig wat Christene magtig om ander gelowe se tempels te vernietig en die geloof self te onderdruk. Saam hiermee het egter geval — onvermydelik wil ek beklemtoon — die vernietiging van die rekords en geskrifte van hierdie geloofvorms. Die vernietiging en plundering het hoogty gevier, en ek moet weer op die Inkwisisietydperk wys. Die Osiriaanse geloof het di van die Christene met minstens 3 000 jaar voorafgegaan en vir minstens drie of vier eeue n Jesus gelyk met Christenskap bestaan. Maar in 415 nC maak Christene skande in Alexandria toe hulle die goedtoegeruste biblioteek so vernietig en verniel dat daar absoluut niks oorgebly het nie. Navorsers vandag stem saam dat dit die bes ingerigte biblioteek was wat ooit in hierdie wreld gesien is, beide wat materiaal en volume betref. Die skade wat die Christene in die naam van hulle geloof veroorsaak het, die verlies aan kennis en materiaal met die vernietiging van hierdie onskatbare versameling boeke, manuskripte, rolle, portrette, ens kan nie in geldwaarde geskat word nie. Dit is jare en eeue se kennis en rekords wat vir ewig verlore is.

En dit laat my wonder: Was dit ’n daad van vandalisme? Of was dit ’n berekende daad om alle rekords van ooreenstemmende gelowe, karakters, geboortes ens uit te wis? Dit laat die Christene vry om hulle eie geskiedenis te skryf, soos hulle wel gedoen het, sonder enige vrees vir teenspraak of breuk van kopiereg uit die geskiedenis van die ou Egiptiese en ander gelowe waaruit hulle so weldadig geput het. Was dit ’n doelbewuste poging tot ’n kommunistiesagtige poging tot wreldoorheersing? Onthou, die keisers, heersers en konings van die tyd was almal onder die invloed van die destydse Pous, wat ook al aan die bewind was. Daar was maar’n handjievol mense wat die moed van hul oortuiging gehad het om die kerk van destyds teen te staan, maar hulle is sonder enige gewete genadeloos uit die weg geruim. Die latere ontstaan van die politiek het in ’n mate ’n einde aan kerklike oorheersing gebring, maar die kerk bly ’n goeie alternatief vir wanneer die politiek faal 

Tydens die hoogtepunt van die 415 nC-orgie deur die Christelike kerk is die eerste vrou-wiskundige, Hypatia, deur Christene na ’n kerk gesleep, waar haar vlees met gebreekte perlemoenskulpe van haar liggaam gestroop is — alles in die naam van hulle geloof, die nuwe geloof wat hulle wil vestig, die Christelike kerk. Haar euwel was dat sy ’n wiskundige was. Is dit alles gedoen om die fiksie van die Christelike geloof te beskerm?

Die geskiedenis soos opgeteken deur die kerk kon egter nie die toets van die tyd deurstaan nie. Geleidelik het geskrifte opgeduik wat al die elemente bevat om ’n einde aan die Christelike geloof te bring. Een hiervan was die feit dat Jesus se verkose geboortedatum ooreenstem met di van ’n ander “seun van god” wat die dood oorwin en weer opgestaan het, Mithras, wie se geboorte herdenk word op 25 Desember en wie se kultus reeds in die jaar 30 vC in Alexandria gevestig was. Gaan die kerk ons antwoord?

Ek het destyds geglo aan die “drie-benige” god, omdat ek tot vandag toe sweer dat dit is hoe die Sondagskoolonderwyseres van Hom gepraat het. Ek het as sesjarige eendag ’n diens vir my maatjies gehou toe my pa verbystap terwyl ek van hierdie driebenige god gepraat het. My pa het my sinneloos geslaan (sommige lesers sal waarskynlik voel hy moes my doodgeslaan het). Dit was Ma, seker maar met die instink van ’n moeder, wat wou weet hoekom ek op hierdie manier na God verwys. Ek het aan haar verduidelik en sy het dit vreeslik snaaks gevind: God die Vader, die Seun, en die Heilige Spook.

En terwyl ek nou hier sit en skryf, vind ek dit weer heel aangrypend as ek dink aan die modus operandi van die Christelike kerk. Alles, woord of daad, wat nie met hulle dogma ooreenstem of vergelykbaar gevind word nie, is godslasterlik, verkeerd en sonde. Soos Pa toentertyd my woorde godslasterlik gevind het, het die kerk deur die eeue hulle eie dogma gevestig en alle nder onderdruk. Gedurende die Apartheidsjare hier in ons eie Suid-Afrika het die kerk die regering van die dag gesteun, en het die regering van die dag die kerk gesteun. Die kerk het morele goedkeuring verleen aan alles wat die regering gedoen het. In ruil daarvoor het hulle wat ontvang? Onthou u, geagte leser? ’n Wet teen godslastering waarmee almal wat maar, byvoorbeeld, bloot die woord “God” buite verband in die openbaar sou noem, gekap is. Hulle dogma word deur wette afgedwing ten einde hulle voortbestaan te verseker. Toe die NP-bewind se einde voorsien kon word, swaai die kerk om en verklaar ewe skielik die boosheid van ’n verskeidenheid wette. Hulle maak later verskoning by di wat hulle te na gekom het, en speel nou weer voetjie-voetjie met die huidige regering. Kan ons wonder wat hulle hieruit gaan baat? Was u al ooit in een van ons howe, geagte leser? Dit is waar ons sweer om die waarheid te praat en waar ons die eed eindig met “So help my God.” Is dit weer die vreesfaktor in werking? As ek in God se naam sweer, sal ek mos nie lieg nie, omdat God my vreeslik sal straf.

Die argument wat ek hiermee stel, is die feit dat die kerk hulle oral ingegrawe het. ’n Mens se blote woord is nie goed genoeg nie. Sweer die Moslems en Boeddhiste en die Hindoes ook om die waarheid te praat? Die Jehovas? Of s hulle bloot “Ek belowe om die waarheid te praat”? Hoe lewer ’n ongelowige sy getuienis? Hy sweer nie om die waarheid te praat nie, omdat die Eed nie vir hom van enige betekenis is nie. Sodanige mense bevestig dat hulle die waarheid sal praat. Hoekom die verskil tussen die ongelowige en die gelowige? Dit is die mens se ingehamerde vrees wat die verskil in hofprosedures maak, soos voorgeskryf deur die Christelike geloof. Meineed word immers met tronkstraf of kwaai boetes gestraf en die straf vir beide bevestigende getuienis en getuienis onder eed is dieselfde. My vrees vir wreldse straf moet die oorredende faktor wees en my vrees vir God moet nie in hierdie verband misbruik word nie, maar dit is tiperend van die kerklike dogma.

Miskien is ek te sinies en sal die toekomstige geskiedenis aantoon dat my skeptisisme teenoor die kerk oordrewe was. Hulle doen wel baie goeie dinge, maar ek dink die man op straat doen meer vir liefdadigheid as wat die kerke doen. Dink maar aan al die fondinsamelings deur onafhanklike instansies en hoe ons mildelik daartoe bydra. Die kerk gebruik hulle fondse om oningeligtes in ingeligtes te verander om nuwe lidmate te werf en daardeur dus nuwe onontginde goudmyne en gepaardgaande bydraes vir die kerk te verseker.

Die Bybel s ook jy mag jou nie met toordery en spoke en dergelike dinge ophou nie, dit is uit die bose. By implikasie word die bestaan daarvan dus erken en dit beteken dat daar meer aan die lewe self is as waaraan ons gemaak glo is. Ons is gendoktrineer, gebreinspoel, as u wil, om God te vrees, om net op ’n sekere manier te glo, net op ’n sekere manier te aanbid, en ons moet sidder by die gedagte dat ons Hom eendag gaan ontmoet. Is dit hoekom die meeste mense bang is om eendag dood te gaan? Dit is wat die kerke aan ons gedoen het.

Ek glo nie. Ek glo nie ek moet my God vrees nie. Ek moet Hom respekteer en bewonder en Hom liefh. My God maak nie mense dood omdat hulle ’n helpende hand uitsteek nie. My God is Liefde. Hy dwing nie Sy bestaan op mense af nie, omdat dit elke dag daar is vir ieder en ’n elk om te sien, vir di wat wl sien. Soos gesien kan word in die wonder van die mens se eie bestaan, die blommetjies en die diertjies van die veld. In die manier hoe my liggaam aanmekaar gesit is: my hart, longe, niere, brein, are, bloed, selle, senuwees, pankreas, o, ore en elkeen se eie, unieke funksie om die mens se voortbestaan te verseker. En daarvoor het ek nie ’n dwaalleer of ’n kerk nodig om my aandag daarop te vestig nie. Daar hoef nie aan my ges te word dat ek God moet vrees en in die hel gaan brand as ek dit nie doen nie. Of die mens deur natuurlike seleksie ontstaan het, of deur evolusie, of die direkte vervaardiging uit stof deur God self, ek is die resultaat van sy handewerk. Selfs evolusie is Sy handewerk en dit kan nie ontken word nie. My God is nie ’n wraakgierige, teisterende, tierende God wat dit nie kan verdra dat ek mens is nie, omdat Hy my deur Sy direkte ingryping geskep het. Dit is hoekom ek met die grootste vrymoedigheid saam met Hom kan lag, my grootste geheime met Hom kan deel, met Hom die draak steek en selfs aan hom grappe kan vertel, omdat hy my verstaan. Ek het nie die kerk nodig om my te wys op die verkeerde dinge wat ek doen nie — ons almal weet wanneer ons stout is. Ek het ook nie een of ander subkultuur of kultus nodig om my op die regte pad te help nie. Die pad is daar, reguit en breed. Ons moet dit net loop.

Wat die kerk wl vir my kan doen, is om die vrae hierin genoem te beantwoord of te verduidelik. Wat hulle kn doen is om te s hoekom hulle swyg wanneer hulle moet praat. Om te swyg wanneer ’n verduideliking nodig is, is bedrog, en daarvan is ons (kerklike) geskiedenis oorvol. Ek verkondig nie hier die bestaan of die ontstaan van ’n nuwe geloof nie, nog minder probeer ek een vestig, maar ons is antwoorde aan ons kinders se kinders verskuldig. Ons moet darem minstens ons nageslag korrek en op die regte manier opvoed en grootmaak. Ek kan nie eendag vir hulle boeke in die hand stop en s lees en besluit self nie, want teen die tyd dat hulle kan lees en verstaan en eie besluite neem, het die een of ander oortuiging reeds deur oorlewering by hulle posgevat en dan skrik hulle hulle ook oorhoeks wanneer hulle meteens deur onbekende feite oorweldig word. Ons moet aan ons kinders ’n gebalanseerde siening van die lewe gee en nie een wat op bedrog gebaseer is nie.

Persoonlik gesproke gee ek nie om wie van wie gesteel het en of dit alles blote toeval is nie, solank die kerk in gedagte hou dat daar duisende ooreenkomste tussen hulle geloof en die ander, ou gelowe van die wreld bestaan wat ’n bietjie dik vir ’n daalder is om die ingeligte mens te oortuig. Die vrae in hierdie brief vervat is maar ’n druppel in die emmer. Of die Christelike geloof gebaseer is op ’n ander, of selfs, andere, gaan nie daarop aan nie. Wat saak maak, is die regstelling van die feite.

Te veel (vrae) gevra?

Een vraag?

Die vraag van my kinderjare?

Kain en Abel?

Of moet ek nie vrae stel nie?

Nog ’n vraag?

Die vreesfaktor: Hoekom? Glo die kerk werklik daaraan? (Sien, een vraag lei tot ’n ander en die antwoord op een maak ’n bynes oop. Is dit die kerk se probleem — dat daar te veel vrae is waarop hulle nie kan antwoord nie omdat hulle nie daaraan gedink het toe hulle die geskiedenis probeer herskryf het nie?)

Vriendelike groete

Lambert Visser (Goodwood)



7 Januarie 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.