Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Knig raak my aan, en sit my pot mis: 'n resensie

Rudi Buys

Wat is reg? Weet iemand dalk?
Deur Adrio Knig
Lux Verbi.BM, Wellington
2005.
(Slapband, 383 bladsye, ISBN 0 7963 0255 3, R129.95.)

Die geskiedenis en bestaansomgewing van alle mense en instellings in Suid-Afrika het sedert 1994 radikaal en ingrypend verander.

'n Verandering wat aan die begin van my lewe plaasgevind het. Nie in die middel daarvan of aan die einde daarvan soos die geval is vir die ouer generasies nie - daardie geslagte wat meesal geestelike literatuur soortgelyk aan di boek van Knig te voorskyn bring.

'n Waterskeiding in ons geskiedenis. Ook tussen generasies.

Ek is 31 jaar oud. Ek is 'n man. Suid-Afrikaans, Afrikaan en Afrikaner. My werklikheid verander elke dag. Mens sou byna kon s dat my werklikheid in elke oomblik verder moet aanpas; dat ek moet leer hoe om verskillende werklikhede in dieselfde situasie te hanteer.

Di belewenis impakteer direk op my behoefte aan die tipe geestelike insette in 'n gesprek oor enige kwessie. Watter tipe vrae vind ek sinvol? Watter styl van en tipe argumente behou my aandag? Waarop sou ek klem l in 'n gesprek oor 'n kwessie?

Die antwoorde op di vrae sal ooglopend verskil vir iemand wat nou reeds naby aan aftrede is - die Ooms en Tannies van my wreld.

Verskillende werklikhede
Wanneer enige "oom Teoloog" dus poog om riglyne neer te l vir my, die "jongeling", se daaglikse werklikheid, benader ek, en sou ek my verstout om selfs te s vele van my generasie, s teks met agterdog en 'n algemeen ho bloeddruk.

Ons wrelde verskil nou eenmaal net te veel.

Dit bring mee dat ek besonder waarderend is wanneer oom Teoloog daarin slaag om vanuit sy wysheid en ander werklikheid my wreld met sinvolle bydraes te betree.

Dit bring ook mee dat ek sommer ongeskik-ongeduldig raak wanneer oom Teoloog daarin slaag om die pot in my wreld heeltemal mis te sit.

Met oom Adrio se Wat is reg? Weet iemand dalk? is ek besonder waarderend n ongeskik-ongeduldig.

Ek is waarderend teenoor die moeite van die boek om eerlik om te gaan met baie mense in die tradisionele Afrikaanse kerke (insluitende die leierskap) se onsekerheid oor vele kwessies. Ek het ook besondere waardering daarvoor dat die boek daarop roem dat dit niks meer as voorstelle vir gesprek op die tafel l nie. Dit moedig die leser aan om self te dink en met ander mense in gesprek te tree. Die boek help die leser veral in di verband. Dit gee ten opsigte van die meeste kwessies onder bespreking 'n bondige uiteensetting van die heersende en mees algemene argumente daaroor.

Knig en Boesak
Dit is waarskynlik veral vir di bydrae van die boek waarvoor dr Boesak in sy resensie in April (Die Burger en LitNet) ook waardering gehad het. Ek sou akkoord gaan met dr Boesak se analise dat hier nie klinkklare antwoorde te vinde is nie, maar dat dit eerder ondersoekend is. Dat dit nie dogmaties is nie, maar eerder nederig en verkennend.

Ek meen dr Boesak was egter andersins ruimhartig met sy positiewe beoordeling.

Slegs by enkele geleentheid verwys Knig na Afrika as konteks. Di kant van die tradisionele kerke se identiteit is in die verlede nagelaat, en dit is te verwagte dat enige teks oor ons spiritualiteit dit nou meer ooglopend moet verreken. Helaas nie in di geval nie.

Voorts is dit algemeen dat teolo min die "klein mensies" aan die woord stel. Knig maak ruim gebruik van sketse as voorbeelde, maar dit gaan mank aan die geloofwaardigheid van 'n storie vertel deur iemand uit daardie gemeenskappe self. Dit is nie genoeg om bloot die beginsel van sorg vir die weduwee te stel nie. Waarom nie die arme vir haarself laat praat nie?

Di twee ankers behoort na my mening aan die hart te l van enige geestelike of teologiese skrywe in Suid-Afrika vandag. Veral wanneer 'n boek daarop roem om denkende gesprekke onder tradisionele Afrikaanse gelowiges te vestig.

'n Waterskeiding tussen generasies?

Die gesprekke
Oom Adrio verdeel di reeks van 20 gesprekke in drie: gesprekke oor die huwelik en seksualiteit, gesprekke oor algemeen morele kwessies, en gesprekke oor die Bybel en die kerk. In al drie die afdelings beleef ons hoogtepunt en laagtepunte.

Vyf gesprekke (uit die 20 hoofstukke) wat aangevoer word, verdien luide applous. Dit is die gesprekke oor die gelykheid van vroue (1), rykdom en lewenswaardes (7), die verband tussen God en lyding in die wreld (13), die ontmaskering van die "Nuwe Hervorming" (16) en die doop (17 en 18).

Di prels behou mens se aandag en waardering met 'n deeglike en op-die-spits-tipe hantering van die kwessies. Die klem word telkens geplaas op dele van die gesprek wat in pas is met werklike debat in die wreld, en die analise van Bybeltekste sluit goed by die bespreking aan.

Die orige gesprekke sorteer ek sommer vir myself in twee reekse: reeks A, waarin die agtergrondsinligting van hoogstaande gehalte is, maar die vrae wat beklemtoon word en die aksente wat in die gesprek gevolg word, bloot onbevredigend is, en reeks B, waaroor mens sommer ongeskik-ongeduldig en moerig raak.

Die gedeelde kenmerk van reeks A is dat mens midde-in die gesprek dink: ai, oom Teoloog, nou praat jy weg van my wreld af. Jy beantwoord nie die vrae waaroor ons dit het nie. Maar jou inligting help my darem om self in my wreld te begin dink ... sonder Oom se verdere insette, asseblief!

Hier sluit ek die gesprekke in oor egskeiding (3), aborsie (4), homoseksualiteit (5) en voorhuwelikse seks (6). Ook die gesprekke oor evolusie (9), die Bybel (14 en 15), verandering in die kerk (19), kerklidmaatskap (20) en Jesus as enigste Verlosser (12) bied goeie inligting, maar slaag nie daarin om die aksente te plaas wat toepaslik is vir ons jongere denkende debat nie. So byvoorbeeld stel die argument dat die misterie van God bloot vertrou moet word by die onverklaarbare dele van die Bybel, nie tevrede nie. En die sydelingse hantering van gemeenskap en diens as temas vir die kerk om weer "ingang te kry by mense" verswak die argument dat die kerk voortdurend moet verander.

Die gesprekke in reeks B het die gedeelde kenmerk dat dit ingewikkelde kwessies wat 'n ho emosionele waarde dra, oorvereenvoudig en byna lighartig hanteer. Mens dink: maggies Oom, moet jy nie hieroor nog 'n ent verder gaan werk nie?

Hier sluit ek die gesprekke in oor die huwelik (2), bedelaars (8), Apartheid (10) en die doodstraf (11). Geeneen van di gesprekke slaag daarin om die kompleksiteit van die kwessie onder bespreking aan te spreek nie.

Die gesprek oor die huwelik gaan oor veel meer as oor watter eggenoot die "CEO van die verhouding" is; dit is verbysterend dat 'n hele gesprek aan die onreg en nalatenskap van Apartheid gewy word, net om teen die einde daarvan die sinvolheid van regstellende aksie te kritiseer. Net so verbysterend is dit om 'n hoofstuk oor bedelaars te wy aan voorstelle oor hoe om di mense te hanteer, sonder om enigsins die sosiaal-maatskaplike verweefdheid van armoede aan te raak. Om nie eens te praat nie van 'n beredenering van die herinstelling van die doodstraf op grond van wat ooglopend die mees algemeen aanvaarbare mening skyn te wees.

'n Naslaanwerk
Ek is 31 jaar oud. Ek is 'n man. Suid-Afrikaans, Afrikaan en Afrikaner. My werklikheid verander elke dag.

Wat is reg? Weet iemand dalk? raak soms my werklikheid aan. Dit is soms heeltemal ontoepaslik.

Maar dit sal wl altyd vir naslaanwerk op my rak bly staan.

Want in my wreld is dit inligting wat leef.



LitNet: 28 Junie 2005

Wil jy reageer op hierdie resensie? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SNet, ons interaktiewe meningsruimte.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.