Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wat katte dink

’n Vriend stuur vir my die volgende oor die godsbegrip van honde en katte:

’n Hond let op dat jy elke dag vir hom kos en skoon water gee. Jy voorsien ’n beskutte slaapplek, streel sy kop en neem hom veearts toe as hy siek is. Die hond dink jy is God.

’n Kat let op dat jy elke dag vir hom kos en skoon water gee. Jy voorsien ’n beskutte slaapplek, streel sy kop en neem hom veearts toe as hy siek is. Die kat dink hy is God.
Voorwaar ’n knap teoloog wat hierdie waarneming gemaak het.

Nou die dag lees ek nog ’n interessante brokkie oor spiritualiteit en ’n kat ...

William Bloom is ’n holistiese terapeut van Brittanje. In sy boek The endorphin effect vertel hy dat hy kleintyd dikwels besonderse spirituele ervarings gehad het, wat hom verwar het aangesien die wetenskaplike verstaan van die wÍreld ook vir hom baie sin gemaak het. Uiteindelik besluit hy dat spiritualiteit tog die belangrikste faktor is vir geluk en goeie gesondheid.

Hy lÍ veral klem op die waarde van meditasie, en bestudeer ’n hele paar verskillende tegnieke intensief om net die beste vir sy kliŽnte te kan bied.

Eendag is hy weer besig met ’n klas. Stap vir stap lei hy hulle na die verlangde toestand van vrede, geluk en eenheid met die wÍreld. Toe hulle klaar is, vra hy op die ingewing van die oomblik of daar ooit geleenthede in hulle alledaagse lewe is wanneer hulle ’n soortgelyke gevoel ervaar as tydens meditasie.

Die groepie dink na.

“Wanneer ek my kat sit en streel op my skoot,” antwoord een vrou.

William is tegelyk verstom ťn vererg. Dis ’n ernstige klas diť, wat hierdie stomme vrou klaarblyklik nog nie gesnap het nie. Verbeel jou, ’n kat op jou skoot Ö?!

Maar ’n paar ander mense knik hul koppe: hulle verstaan presies wat sy bedoel.

Fietsry het dieselfde uitwerking op hom, sÍ iemand. Sjokolade doen dit vir haar, dra nog iemand by, en stap, en musiek luister Ö

Diť onverwagse ontdekking lei uiteindelik daartoe dat William sy hele terapeutiese benadering verander. Een van die belangrikste oefeninge wat die mense in sy klasse deesdae doen, is om ’n lysie van die vreugdes in hulle lewe te maak, in verskillende kategorieŽ ingedeel soos “plekke”, “mense”, “aktiwiteite”, “godsdienstige figure en simbole”, “peak experiences“, en so aan.

Katte kom beslis op my lysie.

Om bloot op ons kat af te kom waar sy lÍ en slaap, voorsien my al van ’n goeie dosis endorfiene. Ek sweer elke ma-kat bied “Tien onweerstaanbare slaapposisies” as verpligte les in die katjiekurrikulum aan, naas “Speel met jou kos!” en “Wonderlike wastegnieke”.

Nog endorfienryke geleenthede vir my is wanneer die kat haarself in ’n koma in knie voor sy gaan lÍ, standbeeld speel op die buffet, onder ’n kombers intonnel of jou spinnend seŽn terwyl sy teen jou bene skuur.

Eintlik loop die endorfiene vir my sterk tydens enige positiewe interaksie met ’n dier: kat, hond, perd, hamster, voŽl, bokkie — eenkeer in AustraliŽ die oulikste mak wallabie.

In sulke oomblikke gebeur iets wat reik buitekant die grense wat in ons beskaafde wÍreld uitgestippel lÍ — kontak tussen siele, dalk, of miskien bloot die ervaring van ongekompliseerde toegeneentheid.

Navorsing toon dat bejaardes wat troeteldiere het, dikwels meer positief oor die lewe voel as diť sonder viervoetige geselskap. Perdry kan terapeuties wees vir gestremde kinders, en ’n paar jaar gelede het ’n paar geharde misdadigers van die Kaap ’n sagte kant in hulself ontdek toe hulle babavoŽltjies gekry het om groot te maak.

Tog is ek nie volstrek groen nie; ek is nie liefdevol en vergewensgesind teenoor alle spesies wat ons aardbol deel nie. Onder “peak experiences“ tel ek byvoorbeeld die doodskoot van enige vlieŽ wat my persoonlike ruimte — my bord kos ingesluit — net te veel kere na mekaar geskend het. En as ek nou peakest moet definieer: om ’n muskiet reg in die middel van ’n uitgerekte zoeiiiii in die nanagure te vermorsel.

Steeds op die onderwerp van endorfiene: mens kan seker nie van besonderse ervarings praat sonder om ook spesies soos Hane, Springbokke, Leeus, Wallabies en Pumas in die prentjie te bring nie. Insiggewend is dat mense die bywoon van ’n groot sportwedstryd al met ’n intense spirituele ervaring vergelyk het.

Ek wonder wat sou katte hiervan dink?

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.