Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Diť met vlerke

Dis ’n gesig waaraan ek nooit gewoond kan raak nie: die kat wat opgewonde aangedraf kom met vlerke wat weerskante van haar bek uitsteek. Die oomblik dat alarm gemaak word, los almal in die huis alles en werp hulself in ’n reddingspoging wat ’n 911-optrede sielloos laat lyk. Eers moet die kat gevang word (gelukkig hoef mens nie volledig geklee te wees daarvoor nie), dan moet katkake oopgeforseer word deur iemand wat nie baie sentimenteel voel oor ’n gelyke aantal vingers nie.

Partykeer is ons te laat. En elke keer haat ek dit om die voŽlkoppie slap in my handpalm te sien lÍ. Ek sal maar nie sÍ hoe dikwels ek al verwoed energy healing op ’n geveerde lykie gedoen het nie.

Katte se jagtersinstink is iets waarmee ek nie rekening gehou het toe ek ons onweerstaanbare kietsie ’n paar jaar gelede huis toe gebring het nie. Die dag toe ons eindelik haar ware kleure gesien het, onthou ek goed, want as jy nou al ooit ’n bewys wou gehad het dat ons self ’n multikleur-gesin is Ö

My oudste meisiekind — wat swaarkry in geen vorm kan aanskou nie — was hoogs ontsteld en wou die voŽltjie dadelik red. Kleinsus — hoewel geensins harteloos nie — was gefassineer deur hierdie vertoning van “Untamed Africa” reg in ons agterplaas. Ek, gekonfronteer deur ’n nuwe konflik tussen die hart (die arme voŽltjie!) en die kop (het die kat nie ook regte nie?) het enige kans op redding verspeel deur net tť lank te neem om te besluit.

En toe ons die storie die aand vir my man vertel, was sy reaksie: “Was dit ’n spreeu? As dit ’n spreeu was, kon die kat hom maar gevang het.”

Nou sal die skerpsinnige leser dalk al ’n klankie van huigelagtigheid in hierdie geskiedenis vermoed. Want dis nie asof daardie lekker souserige of geurig gebraaide of geroosterde hoenders wat so gereeld op ons tafel verskyn, uitgebroei word as Pick ’n Pay-braaipakke nie. En daardie ribbetjies waaroor die kinders altyd baklei, was eens op ’n tyd ’n onskuldige skapie wat rustig grassies in die veld gevreet het. Hoekom misgun ek die kat dan ’n vars kossie af en toe?

Wat meer is: in ’n land waar soveel mense terloops en koelbloedig en wreed doodgemaak word, is dit verskoonbaar om ontsteld te raak oor ’n dooie voŽltjie of twee? Moet ek nie liewer my energie gebruik om die lewe van ’n mens of twee te probeer red nie?

Dis vrae waaroor ek al baie gedink het, maar ek het nog nooit daarin geslaag om klinkklare antwoorde te kry nie. Daar is baie faktore wat lei tot ’n kultuur waarin menselewens goedkoop is. Om aandag aan hulle almal te gee, is nie eenvoudig nie.

Nadat ons kat eenkeer op ’n vreesaanjaende “killing spree” gegaan het, het ek ’n vriendin wat met diere toor, gevra wat die oorsaak kon wees.
“Dis lente, daar’s baie jong voŽls in die omgewing,” het sy gesÍ. “Of dit kan wees Ö was daar onlangs enige groot veranderinge in julle huis?”

Daar was, en ek het laas so skuldig gevoel toe my ma die boomdokter na ons huis gestuur het om ons kwynende suurlemoenboompie te kom ondersoek.

Hy het deur sy tande gefluit. “Stres,” was sy diagnose, “erge stres. Het die boom onlangs enige trauma gehad, grond opgevul by die wortels of so iets?”

Om te weet jy is iemand wat nie eens kan sien as jou boom of jou kat reg voor jou oŽ erge stres beleef nie, is nie lekker nie. Maar om nou terug te kom tot die stres in jou groter omgewing: mens hoef nie ’n groot sielkundige te wees om te weet dat trauma ook aan ’n mens se wortels geweldige skade kan aanrig nie.

Ek het toe uiteindelik ’n oplossing vir die doodmaakkwessie bedink. Engele, het ek besluit, dis wat ons nodig het — engele in baie vorme. Ek weet van engele wat tehuise vir Vigs-wesies tot stand bring, wat straatkinders onderdak gee, wat oorskietkos by plakkerskampe gaan aflaai. Daar is engele wat rolmodelle vir moedeloses is, engele wie se belangstelling in iemand die verskil kan wees tussen lewe en dood, wie se respek een mens se bestaan kan verander.

Engele van ’n bo-aardse dimensie het ons ook nodig — baie van hulle; vir wesens van suiwer liefde bied Suid-Afrika vreeslik baie geleenthede.

En dan vra ek mooi dat as daar ’n leerlingengeltjie iewers is, ene wat nog glad nie vertrou kan word met groot take nie — kan ek hom asseblief leen vir die voŽltjies in ons tuin?

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.