Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die opstanding: geskiedenis en/of geloof?

Johan Steyn

Een van die groot rewolusies in menslike denke was toe mense histories begin dink het. Dit hou onder meer in dat gegewens soos die uitsprake van mense, asook hulle dade, nŠ die tydperk waarin hulle geleef het en nŠ hulle omstandighede begin verstaan is.

Hierdie manier van denke, die historiese, het onder meer ontstaan toe mense bewus geword het van die groot afstand tussen hulleself en mense wat in die eeue voor hulle geleef het. Want die mens is nie oral dieselfde nie. Wie dit betwyfel, hoef net JH van den Berg se boek Metabletica te lees. Daarin lees ons dat selfs binne wat ons die moderne tyd noem, mense van een eeu baie verskillend blyk te gewees het van mense wat ’n eeu of wat vroeŽr gelewe het.

Natuurlik is daar vrae wat mense as mense gemeen het. Dit blyk daaruit dat een van die eerste dinge wat die mens gevra het toe hy tot bewussyn gekom het, die vraag was na wat mťťr as sy bestaan is. Dit is ’n vraag wat ons ook nog besig hou.

Maar ons moet die gemeenskaplike nie gebruik om die groot verskille tussen een tydperk en ’n ander te verdoesel nie. Ons leef in die postmoderne of nawetenskaplike era. Dit onderskei ons van die premoderne of voorwetenskaplike ťn die moderne of wetenskaplike tyd. ’n Lewensbeskouing van vyftig jaar gelede doen daarom soms al vreemd aan.

Maar ek wil nie in die abstrakte bly steek nie. Ons kyk dan nou van naderby na die opstanding van Jesus van Nasaret.

Hoe sal ’n historikus na die verhale in die Nuwe Testament kyk? In die eerste plek sal hy vasstel dat hierdie verhale uit die premoderne tyd afkomstig is, naamlik uit die eerste eeue van ons jaartelling. Vra hy homself dan af hoe die mense van daardie eeue gedink het, dan sal hy in aanmerking neem dat mense in daardie voorwetenskaplike tyd feitlik sonder uitsondering mitologies gedink het. Dit, die vasstel van mitologiese denke, is egter nie as sodanig reeds ’n diskwalifikasie van menslike getuienis nie. Die historikus stel slegs vas dat hy ’n ander denkwyse as sy eie in sy ondersoek moet verreken. Die tyd is immers al lankal verby dat mitologies dieselfde as onwaar beteken het. In hierdie verband kan ons byvoorbeeld na Jung verwys. Hy het mites as van die allergrootste belang geag in sy poging om die mens in sy bewustelike en onderbewustelike bestaan te verstaan. Maar dan moet die mite na sy eiesoortige betekenis bevra word. In hierdie sin was Jung al byna ’n eeu gelede ’n postmoderne mens. Hy het naamlik bo die uitsluitlik wetenskaplike denke probeer uitgaan. Hy het die klem op wetenskap alleen as armlik beskou. Maar die gewetensvolle historikus sal die getuienis oor die opstanding ook nie terstond verwerp omdat dit uit ’n mitologies denkende tydperk kom nie. Hy sal vra na die gebeure waarna op ’n mitologiese wyse verwys word. Om die gebeure te probeer agterhaal, het hy as historikus egter niks anders nie as die tekste van die Nuwe Testament. Diť sal hy dus bevra.

Een van die eerste vrae wat die historikus dan sal probeer beantwoord, is diť na die geloofwaardigheid van die verskillende getuies wat na die opstanding verwys. Hy sal ook vasstel dat die opstanding soms eksplisiet genoem word en soms as ’n vanselfsprekende aanname van die Nuwe-Testamentiese getuies funksioneer. Om hier weer nie te abstrak te raak nie, laat ons heel eerste kyk na die vroegste getuie wat ons in die Nuwe Testament het, naamlik Paulus. Al sy briewe was immers al geskrywe voordat enigeen van die Evangelies ontstaan het. Wat in die Evangelies betuig word, was toe nog net in mondelinge oorlewering bekend. Hoe sal die historikus nou hierdie eerste getuie wat ons ken, beoordeel? Voordat hy oordeel, sal hy die geskrifte wat volgens wetenskaplike konsensus wel van Paulus afkomstig is, noukeurig bestudeer. Dit sluit die volgende sewe briewe in: Romeine, 1 en 2 KorintiŽrs, GalasiŽrs, 1 Tessalonisense, Filippense en Filemon. Om egter selfs net die sewe sogenaamd egte briewe hier volledig na te gaan, sal ons te ver voer. Ek wil my hier daarom beperk tot sy langste argumentering oor hierdie saak, naamlik 1 KorintiŽrs 15.

Dit moet as vanselfsprekend geld dat heel eerste na die teksuitgawe se gehalte gekyk sal word. Is dit ’n kritiese teksuitgawe of is dit sommer haastig uit ’n paar manuskripte vasgestel? Watter manuskripte word deur die wetenskaplike gemeenskap as meer en minder betroubaar beoordeel? As ’n mens die teks nagaan, sal jy vind dat die teksvariante min is en dat die paar wat daar is, geen wesenlike verskil maak nie. Word nou vervolgens na die aard van die teks gevra, is die eerste saak wat jy opmerk, die feit dat dit ’n argumentatiewe teks is en nie ’n verhaal of ’n gelykenis nie.

Laat ons dan die argumentering, vir sover dit in ’n kort bespreking moontlik is, nagaan. Die hoofstuk bestaan uit drie dele, soos ook in die Nuwe Vertaling gesien kan word. Die eerste deel (1-11) gaan oor die opstanding van Christus, die tweede deel (12-34) oor die opwekking van die dooies, die derde deel (35-58) oor die opstandingsliggaam. Die drie dele hang nou saam; ons gaan dus al drie bespreek.

Bevra ons nou Paulus as getuie, dan moet ons in die eerste plek in aanmerking neem dat ons hier, soos ook eksplisiet gesÍ word in verse 8-9, na die argumentering van ’n bekeerling luister. Die psigologie van bekering is ’n boeiende saak. William James het in sy boek The Varieties of Religious Experience twee hoofstukke daaraan gewy. Paulus se bekeringservaring, soos ons in dit in Handelinge en in GalasiŽrs beskrywe vind, kom ooreen met die wat ons by skielike bekerings deur al die eeue heen vind. Daar word onder meer ook vertel van visioene en stemme wat gehoor word. James maak ’n onderskeid tussen die gesonde siel en die siek siel. Wat die siek siel mis, is eenheid van denke en ervaring. Die bekeerling is die siek siel wat tot gesondheid, tot heling en eenheid moet kom. Wat ook opmerklik is, is die energie wat dikwels deur so ’n bekering vrygestel word. Die bekeerling word ’n yweraar, soms vir dieselfde saak, maar dikwels ook vir ’n heel nuwe saak. So was Paulus en so onder meer ook Luther.

Wat die historikus nie kan ontken nie, is dus die feit dat Paulus ’n ervaring gehad het waarna die rigting van sy lewe dramaties verander het. Sy lewe bestaan eintlik uit twee dele: die van vervolger en die van lid en leier van die Christelike gemeente. Die eerste deel van sy lewe, toe hy vervolger van die Christelike gemeente was, word vanuit die tweede, die nuwe deel van sy lewe, buitengewoon negatief beskryf: Paulus kenskets homself as ’n misgeboorte. Sy onbekeerde staat bly hom altyd by. Hy sÍ ook dat hy nie geskik is om ’n apostel genoem te word nie. Die tweede deel van sy lewe word egter presies teenoorgesteld beskryf: hy het harder gewerk as al die ander apostels. Hierdie tweede deel van sy lewe kan nie ontken word nie, hoofsaaklik as gevolg van die resultate wat hy bereik het: oor land en see het hy sy evangelie verkondig en baie het deur sy prediking tot geloof gekom. Paulus se invloed is tot vandag toe nog baie sterk te bemerk in die voortdra van sy leer, veral in die Protestantse teologie. Die vrugte van sy bekering kan dus objektief vasgestel word.

Wat hy nou hier in sy argumentering stel, is dat die kern van sy boodskap is dat Christus gesterf het vir ons sondes, dat hy begrawe is en dat Hy op die derde dag opgewek is uit die dood. Daarvoor voer hy as bewys aan dat Christus ook aan ander voor hom verskyn het. Hoeveel gewig dra hierdie bewys? Daar word blykbaar van visioene gepraat. Wat die historikus erken, is dat daar ’n verandering in die lewe van hierdie getuies plaasgevind het, van die enkelinge Petrus en Jakobus af tot by die vyf honderd (broers) wat saam was. Soos Paulus is hulle meteens bekeer. Ons moet dus aanneem dat daar by hulle ook die verdeeldheid van gemoed bestaan het waarvan Paulus getuig en dat daar eensklaps by hulle heelheid ingetree het. Maar wat maak die historikus van die betekenis wat hierdie mense aan hulle visioene gegee het?

Die historikus is as historikus nie ’n gelowige of ongelowige nie. Natuurlik het hy ook sekere vooronderstellings oor wat as historiese gegewens erken kan word en wat nie. Maar sy vooronderstellings is altyd oop vir gesprek, vir kritiese beoordeling en vir falsifikasie deur tydgenootlike historici. Hoe oordeel die historikus as mens van sy eie tyd, hier die postmoderne tyd, oor die inhoud en betekenis wat mense aan hulle visioene gegee het? Dit is ’n baie belangrike en ’n baie moeilike vraag. Hy stel vas dat sy bron van sekere aannames uitgaan wat vir die outeur daarvan vanselfsprekend gegeld het. Die aannames hier is in die eerste plek die bestaan van God, asook die nouste verband tussen Christus en God, want Jesus word verderaan in die hoofstuk die Seun van God genoem. Hierdie aannames berus op wat gelowiges as gebeure sal beskrywe en hierdie gebeure is niks anders nie as die opwekking van Christus uit die dood. Die gelowige heg waarde aan die sterf en begrawe word, maar die betekenis van die sterf en begrawe word hang af van die betekenis van die opstanding. Sonder opstanding is die sterwe en begrawe word van Christus sonder betekenis. Die sentrale argument van die gelowige is die opstanding en die historikus het geen ander keuse as om hiervan ernstig kennis te neem nie. Die sterf en begrawe word kan hy geredelik as historiese gebeure aanvaar. Geen gelowige gaan sonder rede die sterwe van sy objek van geloof as die dood van ’n godsdienstige en staatlike misdadiger beskryf nie. Maar hierdie gegewe is vir die gelowige leeg sonder die opstanding.

Die historikus word hier dus in die noute gedryf. Hy ken en erken die vrug van hierdie geloof, naamlik die buitengewone invloed wat die Christelike geloof deur die eeue gehad het. Maar hy het moeite met die opstanding self. Hy kan - en dit word dikwels gedoen - die saak afmaak as deel van die mitologiese denke van die premoderne tyd. Dit het nie net historici nie, maar ook geleerdes uit Christelike kringe gedoen. Ek het hier bo aangedui dat ’n mite as sodanig nie sinloos is nie. Maar selfs dit is miskien wegskram van die argument. Die historisiteit van die opstanding bly onbeantwoord.

Is daar ’n antwoord van ’n historikus moontlik? Sommige dapper mense van Christelike oortuiging het die opstanding as historiese feit probeer bewys. Die bewyse wat ek gelees het, oortuig egter nie. Wat dikwels gedoen word, is om na die opstanding as unieke gebeure te verwys. Daar is in die geskiedenis unieke gebeure, maar ook die unieke gebeure moet so hanteer word dat dit bly oopstaan vir bespreking. Die historikus werk met waarskynlikheid wat van die sagte nie onwaarskynlik nie tot feitlik seker kan wissel.

Dit bring ons terug by die beginpunt: die historikus hanteer ’n teks waarin die getuie sÍ dat hy ’n visioen gesien en ’n stem gehoor het. Hieraan heg die getuie die betekenis dat die opgestane Christus aan hom verskyn het. Watter ander betekenis sou aan die visioene gegee kan word? Dit is te maklik om dit net as wensvervulling te sien. Baie mense het dit so hanteer, ook gelowige Christene. Die argument is dan dat die dissipels ’n skuldgevoel teenoor Jesus gehad het omdat hulle Hom in sy swaarste oomblikke in die steek gelaat het. Maar die vraag is dan hoekom almal hierdie visioen gehad het en nie ’n ander een nie. Waarom het hulle dit deur die bank as verskyning van die opgestane Christus interpreteer en nie byvoorbeeld, soos in die Ou Testament soms gebeur, dat iemand wat dood is, opgeneem word in die gemeenskap van God nie? Waarom die sprake van verskynings van die opgestane Christus? Waarom die ooreenstemming in die kern ten spyte van groot verskille in die vertelwyse, verskille tussen die Evangelies onderling en tussen diť van Paulus en die Evangelies?

Die historikus kan daarna verwys dat ander mense ook heilige oortuigings gehad het en dat daardie heilige oortuigings agterna as fiksie uitgewys is. Dit is vir ons nie onverstaanbaar nie, soos die soort bloednasionalisme wat Hitler gehad het en die dogma van die intrinsieke meerderwaardigheid van die wit man teenoor die swart man ons onlangs nog as oortuigend voorgekom het. Die vraag sal dan wees hoe ’n mens een ideologie van ’n ander kan onderskei. Die antwoord is dat die historikus hier ook net van relatiewe waarheid en onwaarheid na alle kante toe kan praat. Alle absolutismes is verdag.

Dit is hier dat ons moet aanstoot na die tweede deel van die argument in KorintiŽrs. Wat hier eerste opval, is dat Paulus hier juis in terme van absolute teenstellings redeneer. Dit is ůf Ö ůf: ůf Christus is uit die dood opgewek en die wat in Hom glo word opgewek, ůf Christus is nie opgewek nie en dan word die gelowiges ook nie uit die dood opgewek nie. Net een van die twee kan waar wees. Paulus is hier so oortuig van sy saak dat hy alles op die spel plaas, dit wil sÍ die hele evangelie wat hy met groot persoonlike toewyding en opoffering verkondig het. As Christus nie opgewek is nie, is sy prediking tevergeefs en sy lesers se geloof is tevergeefs. As ondersteunende argument bring hy dan in dat as Christus nie opgewek is nie, hy en sy lesers valse getuies voor God bevind sal word. Hy bring ’n konsekwensie na vore: sonder opstanding is geloof tevergeefs. Dan bly ’n mens in die teenswoordige gevange. Dit reken Paulus as bejammerenswaardig. Sy argument is dus na die mens se kant toe dat lewe sonder die geloof in die opstanding leeg is. Jy kon net so wel ook ’n misgeboorte gewees het.

Wat maak die historikus van hierdie opmerkings? Hier het hy dit makliker. Hy kan daarna verwys dat elke groot godsdienstige profeet gemeen het dat mense sonder sy waarheid verlore is. Daar is egter miljoene mense wat nie Paulus se geloof het nie, wat ’n ander, of geen geloof het nie en wat hulleself nie om hierdie rede as bejammerenswaardig beleef nie. Daar is die hemel van uitspattige genieting in die Islamitiese godsdiens en daar is die ontsnapping uit die kringloop van geboortes en sterwes deur die opgaan, in hierdie lewe al, in die nirvana, die salige niks van die Boeddhisme. Die konsekwensie van sinloosheid wat Paulus trek, is dus nie algemeen geldend nie.

Paulus argumenteer van hier af verder op grond van wat hy as onbetwisbaar beskou. Hy begin spekuleer. Hy praat van Adam en Christus. Sy logika loop so dat almal deur die eerste mens die dood ontvang en almal deur die tweede mens, Christus, lewend gemaak word. Hy redeneer verder dat daar ’n volgorde is: Christus is die eersteling, Christus is die eerste mens met wie dit nie tevergeefs was met sy dood nie. Hiermee word alle vorige lewes uit die dood afgeskryf, onder meer ook Elia se hemelvaart met vurige wa en perde en Moses wat deur God begrawe is en, soos blyk uit die Evangelies, daarna met Elia as opgestane gesien is. Vir Paulus is die volgorde egter eerste Christus, daarna sy gelowiges. Wat van die ander mense word, word nie gesÍ nie.

’n Baie merkwaardige stukkie redenering word hier ingevoeg. Wanneer die einde kom, sal Christus die koningskap aan God die Vader oordra. Hy heers as koning totdat Hy al sy vyande, ook die dood, oorwin het. Wanneer dit gebeur het, sal Christus, die Seun, Hom ook onderwerp aan die Vader, sodat God alles in alles sal wees. Waar Paulus dusver vanuit Christus geredeneer het, redeneer hy hier vanuit God die Vader. TeoloŽ soos Van Ruler het hieruit die gevolgtrekking gemaak dat die Messias dus ’n intermezzo is, dat die einddoel die koninkryk van God, die heerskappy van God oor alles en almal is. Die historikus kom hier vra op grond waarvan Paulus hierdie dinge kan sÍ. Hoe weet hy dit? Daar kan geen ander verklaring gegee word nie as dat Paulus hom hier grond op die geloofsdokumente wat ons as die Ou Testament ken. Sy redenasie is suiwer Joods. Hy sluit hierdie deel van die argument dan ook af deur te sÍ dat wie sy evangelie nie glo nie, sonder kennis van God is.

Maar sy redenasie sluit nie daarmee af nie. Hy beroep hom op sy persoonlike lot: hy word elke dag deur die dood bedreig. Hy het in Efese soos teen wilde diere geveg. Is dit dan ook tevergeefs? Paulus maak hier gebruik van ’n redeneerwyse wat nie almal sal oortuig nie. Daar is en was baie mense wat alles vir ’n saak opgeoffer het en wat daarna moes sien hoe die saak tot niet gaan. Daar was in die geskiedenis meer as een Napoleon wat sy laaste dae op ’n Sint Helena deurgebring het. Mense maak dus ook foute en die foute het konsekwensies. Die beroep op die persoonlike ervaring kan hier dus nie deurslaggewend wees nie. Dit waarborg nie sy verkondiging van die opstanding nie. Trouens, in hierdie tweede deel van die argument word Paulus blootgestel aan die historikus wat kan sÍ dat hy die opstanding as vervulling van ’n baie diep wens, die wens van die hele mensdom, naamlik die oorwinning van die dood, voorhou. Met ander woorde, wat hy verkondig, is gerig op die algemeen menslike behoefte aan ’n antwoord op die onverbiddelikheid van die dood. En wense maak nie feite nie. Trouens, word sulke wense na vore gebring, dan tel dit teen die feitelikheid van wat iemand as getuienis na vore bring. Die wil en die wens alleen maak nie geskiedenis nie. In die tweede deel van sy argument begin verswak Paulus dus dit wat hy in die eerste deel gesÍ het.

Die derde deel van Paulus se argument besorg die historikus die grootste probleem. In vers 51 sÍ hy dan ook self dat hy sy lesers ’n geheimenis, in die Grieks ’n misterie, bekendmaak. Ons kan nie aan die indruk ontkom dat ons hier nog meer met spekulasie te make het nie. Waarby hy wil uitkom, is om sy lesers die versekering te gee dat hulle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. Daarom kan hulle standvastig, onwankelbaar, oorvloedig in die werk van die Here wees. Dit kan ’n konsekwensie wees van die eerste deel van die argument, maar dit volg nie uit die derde deel nie. Hier redeneer Paulus uit ’n wÍreld wat die historiese leser vreemd vind. Paulus bevind hom dan ook self in ’n probleem. Vir sy argument van ’n nuwe liggaam uit die oue moet hy hom tot swak redenasies wend soos dat aangesien daar ’n natuurlike liggaam is, daar ook ’n geestelike liggaam moet wees.

Hierby kan ons die argument van Paulus vir eers laat. Wat moet die historikus nou van die hele argument maak?

Dit is redelik duidelik dat hy aan die eerste deel die meeste ernstige aandag sal gee, minder aan die tweede deel en die minste aan die derde deel. Dit kan nie anders nie as dat die konklusie wat ten laaste gemaak word, naamlik dat die dood vernietig word, oor die hele argumentering uitgebrei word. Dit sal beteken dat die hele argument dan op ’n vurige wens berus, die wens om ’n antwoord op die swaar vraag van die dood. Maar wense, weer eens, maak nie historiese feite nie.

Hoe staan dit hierna nou met die saak van geskiedenis en/of geloof? Is die twee altyd onversoenbaar? Dit hang af van watter soort getuienis voorgelÍ word en hoe betroubaar die getuie van die getuienis beskou kan word. Dit hang ook af van hoeveel sekerheid ’n mens aan watter soort getuienis wil heg. Wat die saak van die opstanding betref, sal ’n historikus, as hy net hierdie een getuie gehad het, tot die besluit kon kom dat ons hier nie geskiedenis het nie, maar ’n geloof se antwoord op die vraag van alle mense aangaande die dood. Die gebruik van absolute teenstellings sluit gesprek, en daarmee die moontlikheid van wedersydse korreksie, uit. Die verval van die argument van ’n poging tot feitelikheid na ’n argumentasie wat uit die aard van die saak net spekulasie kan wees, laat die historikus met ’n onbeantwoorde vraag: wat was eerste, die opstanding wat tot konsekwensies lei of die wens om die dood te oorwin? Hierdie wens verstaan die historikus wat Írens ook mens is maar al te goed, maar wense en behoeftes kan nie die beoordeling van geloofwaardigheid bepaal nie.

Wat dan hierdie eerste stuk ondersoek van die saak van die opstanding betref, sal die historikus en die gelowige in verskillende - let wel, nie noodwendig teenoorgestelde nie - rigtings uitgaan. Voordat tot ’n besluit gekom kan word, sal ander bronne ook betrek moet word. Wat wel tot hier toe vasgestel kon word (om hier maar te herhaal) is dat as hierdie hoofstuk die enigste getuienis was, die opstanding as ’n historiese gebeure nie baie simpatiek beoordeel sou word nie. In sy ywer om bewyse aan te voer, het die apostel gaandeweg sy saak al hoe meer skade aangedoen.

Hoe die saak daarenteen vir die gelowige sou uitval, daaroor hoef vir gelowiges nie veel gesÍ te word nie. Die gelowige Middeleeue het vir byna duisend jaar beskawend ingewerk op mense. Die moderne tyd het ’n soort vryheid, maar daarmee saam ook ’n sekere verarming gebring. In die postmoderne tyd word - die aansienlike afstand van die premoderne ten spyt - nog steeds positiewe vrugte van hierdie eerste-eeuse geloof gesien. Maar dit is so dat die gelowige hierdie versekerings nie nodig het nie. Die ware geloof wil geloof wees - dit wil ’n kompleks van gebeure, of dit nou as feite of mites of simbole verklaar word, onvoorwaardelik aanvaar. In hierdie naÔwiteit lÍ die klassieke geloof se saligheid. En uiteindelik is dit dan ook hierdie saligheid wat die historikus as historikus moet verreken.

Maar laat ons ter wille van ’n vollediger insig nou eers na die vertellings van die vier Evangelies kyk. Ter verfrissing van die geheue moet weer daaraan herinner word dat die Evangelies almal nŠ Paulus se briewe ontstaan het. Die oudste Evangelie is die van Markus. Matteus en Lukas het van Markus gebruik gemaak asook van ’n ander bron wat gewoonlik as Q aangedui word (na aanleiding van die Duitse woord Quelle). Daarbenewens bevat Matteus en Lukas ook eie stof. Die Evangelie van Johannes word gewoonlik, vanweŽ sy uitsonderlike aard, afsonderlik bestudeer. Maar kom ons kyk nou na die opstandingsverhale in hierdie vier bronne. Ons begin met Markus.

Die eerste saak waarmee ons besig moet wees, is die begrafnis van Jesus. Dit is immers die Jesus wat werklik gesterf het van wie getuig word dat Hy opgestaan het. Volgens Markus het Josef van Arimatea Jesus se liggaam van Pilatus gevra en Hom in ’n graf wat uit rots gekap is, gaan neerlÍ. Wat ook belangrik is, is dat Josef ’n klip voor die ingang van die graf gerol het. Twee getuies van die gebeure word genoem: Maria Magdalena en Maria, die ma van Joses. Matteus volg Markus op die voet. Maar hy voeg ook ’n ander verhaal by oor die bewaking van die graf op versoek van die priesterhoofde en die FariseŽrs. Die klip voor die graf is verseŽl en daar het ’n wag by die graf gebly. Lukas volg Markus ook in sy vertelling van die begrafnis van Jesus, maar sÍ niks oor die verseŽling van die klip voor die graf of van ’n wag by die graf nie. Sonder dat die vroue wat getuies is van die begrafnis by name genoem word, vertel ook Lukas van vroue wat teenwoordig was.

Tot hier toe is daar dus geen probleem wat die getuienis oor die begrafnis van Jesus betref nie. Die skrywers stem ooreen. Maar die saak verander wanneer ons by Johannes kom. Hy voeg naamlik by dat Nikodemus saam met Josef vir Jesus begrawe het. Opmerklik is ook die groot hoeveelheid van die mengsel waarmee Jesus se liggaam versorg is volgens die gebruik van die Jode: vyftig liter! Maar ’n sekere oordaad in die beriggewing van Johannes is kenmerkend van sy hele geskrif. Hierdie enkele besonderheid hoef ons egter nie te hinder nie. Dat Nikodemus ook getuie van die begrafnis was, bly egter ’n nuwe gegewe. Aangesien getuies noodsaaklik is vir die egtheid van gebeure, is dit verbasend dat die ander Evangelies Nikodemus nie noem nie. Vir Johannes gee die vertelling egter ’n sekere afronding aan die vroeŽre verhaal van Nikodemus se besoek aan Jesus en sy heimlike geloof in Hom. Maar dit as sodanig waarborg nog nie die historisiteit van hierdie gegewe nie.

Wanneer ons nou by die opstandingsgebeure kom, is die eerste saak wat aandag vra, die teks wat ons gaan volg. Volgens die beste manuskripte eindig Markus met 16:1-8. Verse 9-20 is ’n latere toevoeging. Volgens Markus het drie vroue (Maria Magdalena, Maria, die ma van Jakobus en Salome) die dag nŠ die sabbat graf toe gegaan om met reukolie Jesus se liggaam te balsem. Hulle probleem was egter die klip voor die graf wat hier beskryf word as baie groot. Volgens die ander Evangelies kon hierdie klip egter deur een man of twee (as ons Johannes volg) voor die graf gerol word. Daar is drie vroue. Waarom kan hulle die steen wat uiters twee man kon hanteer, nie weer wegrol nie? Die klip is skielik egter weggerol; deur wie, word nie genoem nie. Binne die graf sien hulle ’n jongman met lang wit klere aan wat vir hulle sÍ dat Jesus opgewek is uit die dood. Hulle kry die opdrag om in die besonder vir Petrus te gaan sÍ dat Jesus voor die dissipels uit na Galilea toe gaan. Onthou hierdie bestemming.

Volgens Matteus was daar ’n aardbewing toe ’n engel die klip weggerol het en daarop gaan sit het. Hierdie engel praat met hulle oor Jesus se opstanding, in die breŽ soos in Markus vertel. Matteus bevestig dat die vroue baie bang was, maar voeg by dat hulle bly was. Hy voeg ook by dat hulle gehardloop het om die gebeure aan die dissipels te gaan oordra. Belangriker is dat Jesus self dan aan die vroue verskyn. Hy is so werklik menslik dat hulle sy voete kan gryp. Die opgestane Jesus is dus herkenbaar. Sy opstandingsliggaam is soos van die mens wat hulle geken het. Maar dan word Matteus se verhaal inkonsistent. Hy vertel van die omkoop van die wagte (meervoud) terwyl hy vroeŽr net van een wag gepraat het. Met hierdie toevoeging wil Matteus natuurlik alle twyfel oor die werklikheid van die opstanding by ongelowiges opruim. (Dit is net Romeinse wagte en Jode wat die opstanding sal betwyfel.)

In die Evangelie volgens Lukas kry die vroue die klip reeds weggerol van die graf af. As hulle ingaan, sien hulle twee manne (dus nie net een nie) met wit klere aan. Die name van die vroue verskil ook van die van Markus. ’n Sekere Johanna (nie Salome nie) word bygevoeg. Daar word ook vaagweg na ander naamlose vroue verwys. Maar soos Matteus, sÍ Lukas dat die vroue die gebeure aan die elf (en ander) oorgedra het. Die vroue gaan terstond na die elf (en ander) toe, maar hierdie mense beskou die verhaal as onsin. Soos algemeen in die destydse gemeenskap, word die getuienis van vroue nie geglo nie. Petrus gaan egter na die graf toe en hy vind net die doeke. Hy is vol verwondering, maar gaan ten spyte daarvan huis toe, dus nie na Galilea waarheen die dissipels beveel is om te gaan nie.

In die Evangelie van Johannes gaan net een vrou na die graf toe, Maria Magdalena. Anders as by Markus, waar die son al opgekom het, is dit nog donker. Sy hardloop na Simon Petrus en ’n ander dissipel toe om te sÍ dat Jesus se liggaam weg is uit die graf. Maar dan praat sy van “ons”: dit veronderstel meer as een persoon. Petrus en die ander dissipel gaan en vind die graf leeg. Daarna gaan hulle (soos by Lukas) huis toe.

Wat die verskynings van Jesus betref, word in Markus geeneen vertel nie. Die vroue sien net die jongman met wit klere aan en hoor hom praat. Hulle hardloop van die graf af weg terwyl hulle bewe van die skrik. Hulle vertel vir niemand anders nie (ook nie vir die dissipels nie), want hulle is bang. Volgens Matteus verskyn Jesus aan die vroue wat by die graf was. Daarna verskyn hy aan die elf. Hulle herken Jesus en aanbid Hom. Maar party twyfel. Volgens Johannes het Jesus ook eerste aan ’n vrou (enkelvoud), Maria Magdalena, verskyn. Sy het Jesus aanvanklik egter nie herken nie. By die noem van haar naam herken sy Hom egter as leermeester. Maar sy mag (in teenstelling met Matteus) sy liggaam nie aanraak nie.

Die verskyning aan die dissipels word in Matteus, Lukas en Johannes vertel. In Matteus word net gesÍ dat die dissipels Hom gesien het en Hom aanbid het, hoewel party getwyfel het. Daarna het Jesus hulle die opdrag gegee om aangaande Hom by al die mense te getuig. Volgens Lukas het die dissipels geweldig geskrik en bang geword toe Jesus aan hulle verskyn. Hulle het gedink hulle sien ’n gees. Hulle word egter uitgenooi om skerp te kyk en aan Hom te raak (wat Maria Magdalena nie mog doen nie). Merkwaardig is ook dat Jesus blykbaar nog na sy opstanding vleis en bene het. Hy eet ook ’n stuk gebakte vis. Ons moet hierdie gegewe in gedagte hou wanneer ons by die vergelyking met Paulus kom.

By Johannes vergader die dissipels agter geslote deure. Nogtans verskyn Jesus skielik aan hulle. Hy wys ook sy sy en hande aan hulle. Die opstandingsliggaam is dus dieselfde liggaam waarmee Hy gekruisig is, met die littekens van die kruisiging daaraan. Tomas is egter nie daarby nie en as die ander dissipels sÍ dat hulle Jesus gesien het, betwyfel hy dit. Jesus verskyn daarna aan Tomas en weer blyk sy liggaam diť met die tekens van die kruisiging daaraan te wees. ’n Derde maal (volgens die lang slot) verskyn Jesus aan die dissipels, by die see van Tiberias. Daar doen Jesus ook nog ’n wonder, ’n merkwaardige visvangs van die dissipels. NŠ die wonder herken die dissipel vir wie Jesus lief was, Hom. Jesus eet brood en vis saam met hulle. Daarna gee Hy opdragte aan Petrus en verwys ook na Petrus se toekomstige dood.

Naas hierdie verskynings aan die dissipels vertel Lukas alleen nog van die verskyning van Jesus aan die Emmausgangers. Jesus loop saam met hulle, maar aanvanklik herken hulle Hom nie. Op Jesus se vraag na waaroor hulle praat, verwys hulle na Hom as ’n profeet wat magtig was in woord en daad voor God en die hele volk. Jesus aanvaar daarna selfs hulle uitnodiging om by hulle te oornag. As hy die brood aan tafel breek, herken hulle Hom. Daarna verdwyn Hy uit hulle gesig.

Daar is dus, soos kortliks aangedui, heelwat ooreenkomste, maar ook belangrike verskille tussen die vier Evangelies. Wat hulle gemeenskaplik het, is dat Jesus nie meer in die graf was nie; dit beteken vir hulle dat Hy uit die dood opgestaan het. In die besonderhede is daar verskille. Sommige vertellings verskyn net in een van die Evangelies. Wat by Matteus opval, is die verhaal oor die bewaking van Jesus se graf. Wat by Johannes opval, is die menslike werklikheid van Jesus.

As ’n mens in die agterkop nog die getuienis van Paulus het, sal veral die aard van die opstandingsliggaam opval. Paulus praat van ’n geestelike liggaam teenoor die vleeslike liggaam. Die opstandingsliggaam sal dus baie verskillend wees van die huidige liggaam. Die huidige liggaam moet daarom ook verander word by die opstanding. Paulus stel selfs eksplisiet dat vleis en bloed aan die koninkryk van God nie deel kan kry nie. Paulus en die Evangelies kan dus, waar dit oor die opstandingsliggaam gaan, nie tegelykertyd aanvaar word nie. Ons kan probeer uitkom deur te sÍ dat die essensie van die boodskap dieselfde is, naamlik dat Jesus opgestaan het, maar wat is die essensie as daar nie ooreenstemming oor belangrike aspekte van ’n saak is nie? Die essensie self berus dan nie op historiese feite nie, maar reeds op geloof, terwyl Paulus en die Evangelies juis probeer aanwys dat geloof gegrond is in die feitelike opstanding van Jesus, ’n werklikheid wat Paulus as radikale verandering aandui en wat die Evangelies aandui as Jesus soos toe Hy gekruisig is.

Waar dit alles op neerkom, is dus dat opstandingsgeloof sonder historiese sekerheid sal moet klaarkom. ’n Mens kan nie geloof en daarby of daarbenewens ook nog die sekerheid van geskiedenis hÍ nie. Wat nŠ die lees van 1 KorintiŽrs 15 nog ’n ope vraag was, naamlik geloof en/of geskiedenis?, blyk dus inderdaad nie ’n “en” te wees nie, maar ’n “of”. Ware geloof is ’n sprong, buite alle wetenskaplike bewys.

Maar hoe sal so ’n geloof dan daar uitsien? Met sprong bedoel ek nie dat ons, asof daar nooit ’n historiese kritiek was nie, kan terugspring en wat die historikus probleme gegee het, nou skielik weer voorhistories kan bevestig nie. ’n Eietydse geloof sal sonder wetenskaplike (historiese) sekerheid moet klaarkom.

Maar hoe kan so ’n geloof nou verwoord word? ’n Eietydse antwoord sal dalk soos volg verloop:

Sterwe en opstanding is iets wat enige opmerksaam lewende mens ook uit persoonlike ervaring sal ken. Wanneer ons gebore word, begin hierdie proses al. Ons moet die geborgenheid van die moederskoot afsterf om as ’n afsonderlike kind gebore te word. Dan moet ons weer die kindwees afsterf om adolessent te word. Dieselfde geld van volwassenheid en van die ouderdom: dit is telkens ’n sterwe en ’n opstanding. Binne die lewe self is daar egter ook soms gebeure wat op sigself die betekenis van doodgaan en opstaan het. Ek bedoel elke traumatiese belewing wat ons radikaal verander. Daar is in ’n mens se lewe soms ’n gebeure wat nie beter beskryf kan word nie as om dit ’n Getsemane-ervaring te noem. ’n Mens beleef soms self die God-verlatenheid van die woorde: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” Daarna is ’n mens nie meer dieselfde nie. Die mens wat jy was, het gesterwe en ’n nuwe mens het, as jy daardie gebeure oorleef het, opgestaan. ’n Mens beleef dit as ’n wonder dat daar nuwe lewe na so ’n skuddende gebeurtenis kan wees.

Maar wat nou van die dood, daardie sterwe wat tog nog anders as die sterf en opstaan tydens kritieke gebeure in die lewe is, die finale gebeure in die natuurlik menslike bestaan?

Om daarop te antwoord, stel ek die gemiddelde eietydse gelowige voluit aan die woord. Hy/sy maak net ťťn aaname: die geloof in God. Wat hierdie saak betref, vind hy/sy hom/haar eens met die antwoord wat Jung op sy oudag gegee het toe hy gevra is of hy in God glo. Hy het geantwoord: “Ek glo nie, ek weet.” Daarmee het hy gesÍ dat hy ’n persoonlike Krag ken waarteenoor geen weerstand bestand is nie. In eietydse geloof spreek ook ’n woord uit Prediker sterk mee: “God is in die hemel en jy is op die aarde; daarom moet jou woorde min wees.” Dieselfde beskeidenheid was ook by die vroeŽ Barth, wat gesÍ het dat teologie net die knypie spesery by die dis behoort te wees. Later het hy egter ongeveer 11 000 bladsye oor God geskryf. Dit vind ’n mens ietwat onbeskaafd, ’n oorskryding van die perke waarbinne mense oor God durf praat.

Maar totale swye is ook weer ongesond. Daar is ’n onvermydelike antwoord van die mens teenoor die God deur wie hy hom aangespreek weet. Waar hierdie appŤl vandaan kom, is maklik verwoord: in die eerste en fundamentele sin in die geskrifte wat ons as die Ou en Nuwe Testament ken. Maar in die tweede en ondergeskikte plek (want die getuienis van die Bybel is ruimer en ryker) ken ’n mens God ook uit sy/haar persoonlike geskiedenis met Hom. ’n Mens kan jou lewe met sy groot oomblikke, maar ook in die klein dinge, sien as ’n opvoedingsproses waarin jy met God betrokke is. In hierdie lig sien die eietydse gelowige ook die traumas van die lewe. Ons moet telkens weer afskeid neem van die vanselfsprekende. Ons word opnuut deur God bevra en moet ’n nuwe antwoord gee. Dit is een rede waarom ons nie daaraan glo dat ons ons geloof altyd net verbatim met die woorde van mense in die eerste of die sestiende eeu moet uitdruk nie. Ons moet ook as verantwoordelike volwassenes voor God durf staan, in outentieke taal antwoord op sy woorde en sy dade.

Dit geld van ons hoop op God in die alledaagse, maar ook in die groot gebeure van die dood. Die evangelie, so sÍ ons eietydse gelowige, is naas ’n paar ander dinge ’n antwoord op die vraag van die dood. Dit is waar wat Paulus sÍ: sonder ’n antwoord op die dood is geloof tevergeefs. Dit is ’n ongesonde tweespalt om God in alle ander sake te vertrou, maar dan hierdie vertroue op te skort wanneer ons teenoor die dood te staan kom. Maar ons kan nie in die hier en nou mťťr weet as dat ons in ons dood, soos in ons lewe, nie van God se goedheid en genade geskei is nie. In hierdie sin benader ons eietydse gelowige dan ook die opstandingsverhale in die Nuwe Testament. Om hulle histories te bevra, is om net een van baie moontlike vrae aan die skrywers te vra. NŠ die historiese vraag vra ’n mens dus ook watter betekenis hierdie mitologie het.

Dit is verhale wat ons hoop op God, ook in die oomblik van ons dood, wil bevestig. Die God van lewe sal ons in die uur van ons sterwe nie in die steek laat nie. Hy het immers die ewigheid in ons hart gelÍ. Dit sou Hy nie gedoen het om ons te mislei nie. Van Hom is die verlange na wat meer as die hier en nou is. Hy sal die vertroue wat Hy in ons geskep het, nie verbreek nie. Dit is vir ons genoeg. Wat meer as dit wil wees, is spekulasie, hoe vroom ook al uitgedruk. Aldus die eietydse gelowige.

Hierdie antwoord sal egter nůg die klassiek gelowige nůg die gewetensvolle historikus bevredig. Want wat daarin skreeuend ontbreek, is konkreetheid. Selfs ’n kursoriese lees van die Nuwe Testament sal die leser kan oortuig dat dit daarin om ’n nuwe kennis van God deur die konkrete mens, Jesus van Nasaret, gaan. Die kern van sy woorde en dade is dat ’n nuwe en ander oriŽntasie op God noodsaaklik geword het. Ter wille van hierdie nuwe oriŽntasie op God het Jesus alles op die spel geplaas, uiteindelik ook sy eie lewe met die dood aan die kruis. Die vraag is dan watter betekenis aan hierdie kruisdood geheg kan word. Is dit dalk net die einde van ’n fanatikus wat sy lewe gewaag het vir sy oortuiging? Dan is Jesus net ťťn in ’n ry van persone, van profete en ketters en agnostici, wat dieselfde gedoen het.

Of sit daar ook ’n ander betekenis in? Teenoor die eietydse gelowige wil ek hier weer vir Paulus aan die woord laat kom. Die kruisdood van Jesus is vir die Jood, die tradisioneel gelowige mens, ’n struikelblok en vir die Griek, die krities denkende mens, ’n dwaasheid. Is daar ’n derde moontlikheid? Dit is hier waar die opstanding weer ter sprake kom. Die opstanding beteken, in een sinnetjie saamgevat, dat Jesus se lewe en sterwe deur God gelegitimeer word. Maar wat hou hierdie legitimasie, hierdie goddelike aanvaarding en singewing in? Ons kan dit die beste verklaar deur te wys op wat alles sonder die opstanding verval. Volgens Paulus is dit alles, maar waaruit bestaan hierdie alles? Dieselfde Paulus vat dit saam deur vir die KorintiŽrs te sÍ: As Christus nie opgewek is nie, is julle nog in julle sonde. Daarmee het ons by die begrip uitgekom wat vir die eietydse mens die afstootlikste is. Vir hierdie mens is daar niks wat soveel teensin wek as die klassiek Christelike gedagte van die mens as sondaar nie. Het ons dan nie psigologie, filosofie en antropologie wat alles beter verklaar nie?

Is die kensketsing van die mens as sondaar, as iemand wat in skuld staan, egter so vergesog? Kom ons neem dit van die gewoon sekulÍre kant af. Dan sal ’n mens moet toegee dat as daar ’n lysie gemaak word van al die kere dat ons volgens die liefde opgetree het en ook ’n lysie van al die kere dat ons liefdeloos opgetree het, die balans negatief sal wees. Die mens is vir die mens ’n wolf. Daarmee kom ’n mens ook by Sartre se uitspraak uit, naamlik dat die hel die ander is. Baie van ons vergrype teen ons medemens kan weer goedgemaak word. Daar is egter ook ’n surplus van liefdeloosheid wat vanweŽ allerlei faktore, maar op die definitiefste deur die dood van die verontregte, nie goedgemaak kan word nie. Wat nou daarmee gemaak? Die lafhartigste sou wees om net die skouers op te trek en dit as afgedaan te beskou - so is die lewe nou maar. Die gewetensvolle mens, daarenteen, sal bly soek na ’n weg waarlangs ’n beter vrede gevind kan word. Die vraag is net hoe? En waar?

Dit is hier waar die evangeliese begrip van plaasvervanging, diť begrip wat die eietydse gelowige vermy om nie aanstoot te gee nie, weer sin begin kry. Waartoe ons nie of nie meer in staat is nie, moet deur ’n ander vir ons gedoen word. Maar watter ander mens is daartoe in staat? Dit verg ’n bomenslike daad. Die Nuwe Testament bevestig dit wanneer dit getuig dat hierdie daad die kruisiging van Jesus is. Die Gekruisigde word onder meer die Lam van God wat die sonde van die wÍreld wegdra, genoem. Maar hierdie betekenis van Jesus se kruisdood verval as daar nie ’n opstanding is as ’n bevestiging van God se kant nie. “Dan is julle nog in julle sonde.”

Ons sou nog van baie ander kante af kon redeneer. Ek wou maar op twee begrippe af aandui dat die hele evangelie waardeloos en leeg is sonder die opstanding. Ek bly daarby: histories kan dit nie met integriteit as ’n vasstaande feit gehandhaaf word nie. Eksistensieel sal ’n volledige mens egter die prys moet bereken. Kan jy hierdie troos versaak, die verlies absorbeer? Of moet ons uiteindelik maar soos Goethe sÍ: “Troos is ’n absurde woord, wie nie kan vertwyfel nie, diť moet nie lewe nie?”

Johan Steyn was voorheen verbonde aan die Departement Nuwe Testament, UNISA. Uit sy pen het twee digbundels verskyn: Verweer en Olyfwoestyn. Laasgenoemde is ’n vertaling van moderne Hebreeuse gedigte, in samewerking met die moderne Hebreeuse digter, Israel Ben-Yosef.
Lesing gelewer by die Filosofiekafee, Cafť Riche op Kerkplein in Pretoria.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.