Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Skuldgevoelens oor dood “soos boete wat vir uitstaande boeke gehef word”

Ivor Price

Ek weet nie van lesers van diť rubriek nie, maar ek was nog nooit in die hemel nie. Ek het egter ’n sterk vermoede dit gaan dalk lyk soos die straat waarin ek die afgelope dekade of wat woon.

Daar is maar ’n paar huise aan weerskante van die straat en op die oog af lyk die meeste van die mense heel gelukkig. Aan die een kant is die gesuis van motors op die nasionale pad dag en nag hoorbaar, en aan die ander kant lÍ die rustigheid van ’n oop veld.

Soms as ek soggens wakker word, is daar al ’n gewoel. Daar is mense wat vroeg opstaan om te gaan werk en eers saans laat tuiskom. Hulle verdien hul geld op ’n eerbare manier. Ander mense knoop die hele dag lank geselsies met die bure aan, maar selfs hulle kan nie veel skade berokken nie. “’n Klomp besige mense,” sÍ sommiges wanneer hulle praat oor hoe almal hier mekaar se sake ken.

Gedurende die vakansie speel kinders tot laat in die straat, maar dit was nie Saterdag so nie. Vroegaand reeds was dit al stil en so van tienuur se kant af het die huise een vir een begin donker word. Toe ek deur my kamervenster loer, kon ek sien hoe die skerp blou lig van ’n TV wat iewers speel, teen die gordyne weerkaats.

Dit was vreemd, want Kraaifontein gaan slaap immers nooit vroeg nie. Veral nie oor naweke nie. Wanneer jy Vrydagaand reeds nŠ werk van die trein klim, sal oorverdowende hip-hop-musiek jou by die nabygeleŽ woonstelle verwelkom. En so hou dit gewoonlik aan totdat die laaste tentdiens ’n ent verder op Sondagaand geŽindig het.

’n Straatkat se oŽ het in die donker geskyn en ’n man wat laat tuisgekom het, het sy motor langs hul huis ingetrek.

Later, toe ook die mense in ons huis begin bed toe gaan, was daar skielik weer beweging in die straat. Vreemde motors se bande het oorkant die straat hardop begin skree en deure het oop en toe geklap.

Ook dit op sigself is nie ’n vreemde verskynsel nie. Elke dan en wan breek ’n argument uit en dan moet volk en vaderland help om vrede te bewerkstellig.

Maar dis gewoonlik nie aan diť kant van die straat nie.

By een van twee sjebiens breek ’n bakleiery elke nou en dan los, maar nie hier nie.

Net so skielik as wat geluide begin opklink het, het dit weer stil geword. Ek het die radio ’n bietjie sagter gesit en die kamer se lig afgeskakel.

’n Snit van die Bee Gees het gespeel. Hulle kry mos deesdae weer baie speeltyd op TV en radio Ö

Tragedy, when the feeling’s gone and you can’t go on, it’s tragedy.
When the morning cries and you don’t know why,
it’s hard to bear with no one to love you,
you’re going nowhere.

Net toe ek insluimer, hoor ek die hek voor ons deur oopgaan. Toe die vrou later die klokkie lui en ek die deur gaan oopmaak, weet ek dis doodstyding.

En toe was dit soos in die hemel.

Vroue het in japonne oor die straat gehardloop om die huilende kinders met suikerwater te probeer kalmeer, en mans het voor die huis saamgedrom en stil-stil hul simpatie betuig. Van ’n afstand kon ’n mens in die donkerte die gesin se hartseer sien.

Tragedy, when the feeling’s gone and you can’t go on, it’s tragedy.
When the morning cries and you don’t know why,
it’s hard to bear with no one to love you,
you’re going nowhere.
When the feeling’s gone and you can’t go on it’s tragedy.

’n Bygelowige buurvrou het gesÍ sy kon “vroeŽr die dag in die wolke sien iemand gaan sterf”.

Iemand anders het die onderwerp van verspilde kanse en geleenthede aangeroer en dit vergelyk met boeke wat by ’n biblioteek uitstaande is. Diť presiese dag wanneer daai briefie by jou aankom wat sÍ die boeke is laat en ’n boete word gehef.

Sy het gesÍ soveel keer in ’n mens se lewe laat jy die geleentheid verbygaan om vir iemand te sÍ hoe jy voel.

Die skuldgevoelens wat ’n mens soms nŠ die dood van ’n geliefde koester, is soos ’n boete wat jy betaal.

Saterdag sal die buurman begrawe word. Die meeste mense in die straat sal daar wees, want hy was ’n stil man met nťt goeie woorde vir ander.

Hy sal nooit weer met sy mank been in die straat kan afloop nie, of selfs gesprekke oor die wind en weer kan aanknoop met mense wat bloot hul tuin natspuit nie.

Ek was nog nooit in die hemel nie, maar ek vermoed daar waar hy nou is, lyk dit soos die straat waarin ek woon.

Daar is maar ’n paar huise en op die oog af is die mense die meeste van die tyd gelukkig.

Aan die een kant is die gesuis van motors op die nasionale pad dag en nag hoorbaar, en aan die ander kant lÍ die rustigheid van ’n oop veld.


Hierdie artikel het oorspronklik in Ivor se “Van Alle Kante”-rubriek in Die Burger van 23 Januarie 2002 verskyn, en word geplaas met vriendelike vergunning van Die Burger.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.