Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Tussen die fakkel en die vagevuur: Die Groot God-debat op LitNet

Etienne van Heerden

Die omstrede God word uitgegee ter viering van die webjoernaal LitNet se vyfde verjaarsdag.

LitNet het op 11 Januarie 1999 aanlyn gegaan. In daardie tyd was die opwinding oor die wÍreldwye web utopies. Die web sou vryheid van spraak en kontrakultuur bevorder. Dit sou ongekende moontlikhede bied vir onbekende skrywers, vir vrye meningswisseling, vir handeldryf en sosialisering. Lands-, gender- en rassegrense sou nie meer versperrings wees nie.

Die wÍreld sou sigself oorstyg en die nuwe digitale evangelie het grootkapitaal gemobiliseer, rykdomme geskep en die porno-industrie tot die web se mees suksesvolle sakeonderneming verhef. Die dot.bomb-ineenstortings was in die weer.

Binne hierdie klimaat word LitNet aanvanklik as literÍre elektroniese tydskrif (“die boekehuis met baie wonings”) aangebied. Dit word egter gou ’n kulturele meningsjoernaal en beweeg verder as die letterkunde en boeke, om sake soos musiek, teater, erotika, sport en spiritualiteit in te sluit. Dit brei uit na ander tale, en die hoofsaaklik Afrikaanse inhoud word binne ’n veeltalige ruimte aangebied. Xhosa, Nederlands en Engels dra by tot LitNet se inhoud.

Wanneer ’n beduidende aantal lesers gereeld soos bye om ’n heuningkoek op ’n webwerf begin saamdrom en met mekaar op die werf gesels, emansipeer ’n e-tydskrif tot aanlyngemeenskap.

Die aanlyngemeenskap het lojale en betrokke lesers wat met hul reaksies op mekaar se menings ’n interaktiewe hart skep. So word LitNet se brieweruimte, SÍNet, mettertyd LitNet se polsslag. As gunsteling van LitNet se ongeveer 22 000 maandelikse unieke gebruikers, publiseer SÍNet tans ongeveer 180 briewe per week. Geesdriftige lesers van SÍNet dra by tot die bykans 300 000 bladsy-afdrukke wat LitNet per maand beleef.

SÍNet is geliefd en gehaat en moes al verskeie etikette verduur: met komplimentÍre soene op die voorkop word SÍNet ’n dinkskrum of informele seminaarkamer genoem — Afrikaans se mees aktiewe dinkplek. Maar neerhalende toevoegings maak ook gewag van ’n landbouskou of kroeggeveg, ’n sirkus en ’n gedoente. ’n Bekgeveg.

SÍNet word anders hanteer as ’n konvensionele kletskamer op die web, waar deelnemers se bydraes onmiddellik (sinchronies) op skerm verskyn en aanlynoptrede moeilik gemonitor kan word. SÍNet word behartig deur ’n webmeester wat die ergste taalflaters stofsuig en liggies keur aan bydraes. Die webmeester sit tussen twee vure. Aan die een kant brand die fakkel wat spraakvryheid vier. Aan die ander kant smeul die vagevuur van laster, allerlei opsetlikhede en onverantwoordelike aanlyngedrag wat op etiese of regsgronde problematies kan wees.

Deelnemers aan die web eis groter vryheid van spraak as wat die konvensionele media sou duld. Hulle wil gewoon hul sÍ net sÍ. Die popularisering van opinies is een van die web se trotsste maar ook mees problematiese eienskappe. Regspraak en ontwikkelende wettereg rondom die kuberruim reguleer aanlyngedrag algaande meer. Grootkapitaal begin die web al meer territorialiseer. Onverantwoordelike oorskrydings van kopiereg en die aantasting van die waardigheid van mense word al minder geduld. Die www word in die bek geruk.

LitNet, en veral SÍNet, moes nog altyd sy weg vind tussen die fakkel en die vagevuur; vanaf die era van die Wilde Weste, toe die web niemandsland was, tot die huidige stelselmatige makmaak en regulering van die web. Wat dus gister op SÍNet geduld is, word vandag omsigtiger bekyk. Aan die een kant gaan drif en impulsiwiteit verlore; aan die ander kant word met groter verantwoordelikheid gewerk.

Aanvanklik het ondergetekende SÍNet hanteer. Latere SÍNet-webmeesters was Izak de Vries en Naomi Maartens, wat met ’n magisterstudie oor SÍNet as postmodernistiese, achroniese meningsruimte op die web met onderskeiding aan die Universiteit van Kaapstad geslaag het. Tydens die debat wat in hierdie boek weergegee word, die groot God-gesprek, was Erns Grundling die SÍNet-webmeester, en die briewe hierin vervat het daagliks deur sy hande gegaan. Die huidige SÍNet-webmeester, Deborah Steinmar, vind dat die God-debat steeds sporadies opvlam — veral na die onlangse verskyning van Koos Kombuis se The Secret Diary of God.

Dis hierdie omstrede ruimte wat God tot debatspunt neem.

Die God-debat moet ook teen ’n ander agtergrond geplaas word: diť van groter gesprek onder Afrikaanssprekendes nŠ die magsoorgang in die vroeŽ jare negentig. In die polities-kultureel onsekere tye weerskante van die eeuwending word SÍNet draer van verskeie warm debatte: die Boetman-debat, wat die gramskap van ’n jonger generasie teenoor die politieke en kulturele vaders en sake soos tweedegenerasie-skuld blootlÍ; die hewige gesprek oor Afrikaanse rock, wat die musiekwÍreld skud en waaraan Johannes Kerkorrel tot kort voor sy selfmoord ’n ontstelde deelnemer was. Ook die taaldebat, wat die posisie van Afrikaans binne ’n multikulturele ruimte ťn binne die konteks van Engels as uitdyende wÍreldtaal ondersoek, vind ’n natuurlike broeiplek op LitNet. Daar is ook die bly-of-gly-debat, wat Suid-Afrikaanse trekswawels plaas binne ’n wÍreld van volkere-emigrasies oor grense heen, ingegee deur politieke en ekonomiese omstandighede. Die groot aanlyn-skrywersberaad van die jaar 2000 bring 43 van Afrikaans se voorste skrywers en denkers rondom kulturele sake byeen, en word bestendig in die bundel referate Briewe deur die lug (Tafelberg, 2001). Met die ter perse gaan van Die omstrede God woed die gay-debat op LitNet se onderskeie ruimtes.

Al hierdie debatte — ook die gesprek oor God — is kenmerkend van die ontbondeling van die Afrikaanse leefwÍreld — ’n oopmaak van die dink, ’n verburgering van die gesprek oor kultuur en taal, oor musiek en letterkunde, oor kerk en staat, oor lyf en liefde. Dit gaan oor debatte wat vroeŽr deur ’n politieke, kulturele of intellektuele (in die geval van hierdie boek: kerklike) elite gevoer is, maar nou in die mond van ’n breŽr publiek geneem word. Hierdie demokratiseringsproses verteenwoordig ’n nuwe bereidwilligheid om buite gevestigde strukture om te debatteer.

Daar is dikwels in die proses ’n vervlakking te bespeur in die wyse waarop met sake omgegaan word — ’n mens sou selfs van die nuwe oppervlakkigheid kon praat. Maar terselfdertyd is daar ’n viering van die krag van meningswisseling, van kultuurbelewing en Afrikaanswees wat weer ander voordele bring.

Geen ander meningsruimte in die media het met soortgelyke meelewing as LitNet se brieweruimte draer geword van die nuwe gesprek nie. Dit bevestig opnuut Afrikaanssprekendes se ingesteldheid op gesprek, op wat in Engfrikaans “issues” sou heet. Watter ander leefwÍreld in Suid-Afrika is so voortdurend ingestel op die een of ander tameletjie? Hierdie koffiekangesprekke skep sonderlinge energie, maar — weer eens — dra ook die gevare van ingeteeldheid en vervlakking daarmee saam. Die gesprek maak selde oop om ander taalgroepe en leefwÍrelde in te sluit; dis nog veelal ’n debat in der minne.

Die groot God-debat was en is steeds een van die groot gesprekke op LitNet. Dit begin met die woorde: “Dis beter om te glo as om nie te glo nie.” Hierdie terloopse stelling in ’n brief wat op 14 November 2002 op SÍNet gepubliseer is, het ’n onstuimige debat ingegee wat bykans vyf maande hoogty gevier het en ten tye van die publikasie van hierdie boek steeds sporadies opvlam.

Meer as 3 000 briewe oor allerlei onderwerpe stroom in diť vyf maande na LitNet, maar dis veral die gesprek oor God wat sorg vir ongekende energie en omstredenheid. Omdat bekende persoonlikhede soos die sangers Steve Hofmeyr en Dozi, die geestelike Terblanche Jordaan, die joernalis George Claassen, die Londense kultuurnyweraar Maryna Blomerus en die teoloog Sakkie Spangenberg aan die gesprek deelneem, spoel die debat oor in koerante, na die radio en televisie, en na die kansel en kroeg.

Die gesprek handel oor God se bestaan al dan nie, oor die aard van geloof, oor die kerk se geloofwaardigheid, oor die Bybel se legitimiteit — kortom, dis ’n debat so wyd soos die Heer se genade, waarin gelowiges, agnostici en ateÔste vrye teuels neem. Tot gevolg is ’n boek wat soms erg oppervlakkig, maar ander kere weer diepgaande, kyk na die mens en God.

Voorgaande dui daarop dat hierdie boek anders is as die konvensionele Afrikaanse boek wat ’n godsdienstige onderwerp tot tema neem. Dis ’n boek oor twyfel en geloof, en dis ’n boek wat die waters roer. Dis nie ’n boek wat seker is van sy teologiese begronding nie; dis ’n boek vol flaters en emosies, maar dis ’n hels eerlike boek wat geen doekies omdraai nie.

Terwyl die LitNet-redaksie nog oor die moontlikhede van ’n boek oor die God-debat bespiegel het, het ’n jong Afrikaanse expat, Thomas Mollett, vanuit Taiwan laat weet dat sy dienspligtyd as trekswawel tot ’n einde kom en dat hy met LitNet wil gesels oor die moontlikhede van ’n boek oor die gesprek oor geestelike sake op LitNet. Van meet af aan was hy die dryfkrag agter hierdie boek, en het hy ook die grootste inset gelewer.

Die samestellers bring hiermee ’n keuse van ongeveer 400 briewe byeen. Daar is met groot sorg gepoog om die nodige toestemmings tot papierplasing te kry. In oorleg met die uitgewers is besluit om, teen die agtergrond van die aard van webgesprekke, nie stilisties streng in te gryp in die bydraes nie. Stylpurisme sou die rou eerlikheid, die dikwels ondeurdagte argumentering, maar veral die drif van die ingesonde briewe temper. Dis ’n boek so uit die era van die web; digitale energie wat op papier bestendigheid soek. Die omstrede God bied geen klinkklare antwoorde nie, en as die leser na ’n preutse parafrasering van Bybelgedeeltes soek, moet hy eerder elders heen gaan. Dis ’n versameling alternatiewe, kontemporÍre sendbriewe; ’n twyfel- en geloofsboek, en daarom ’n tydsdokument wat die temperatuur van ’n geestelike lewe meet. Dit is ook ’n werkboek, met kruisverwysings en genoeg pitkos om tot self- of groepstudie te lei.

Dit is, glo die samestellers, beter om oor die twyfel te praat as om dit te verswyg.

Omdat die samestellers hoop dat die gesprek sal voortduur, word lesers van hierdie boek genooi om hul reaksies aan LitNet se brieweforum te stuur by webvoet@yahoo.com.

  • Bestel jou kopie nou by African Sun Media per e-pos by africansunmedia@sun.ac.za, of skakel (021) 808 2610/11/12 (navrae). Per faks: (021) 808 2626. (LitNet hanteer geen bestellings nie.)
  • Lees Die Burger se resensie van Die omstrede God
  • Lees Theo Geyser se resensie van Die Omstrede God
  • Beeld oor godsdiensstorm op LitNet



    LitNet:15 Desember 2003

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.