Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Maar, wie de hel dink die kerk is die kerk?” 51

Hendrik Venter

was eers betrokke in die koerantwese, toe prokureur en tans 'n adviseur vir Livinsure wat hul beywer vir die regmatige verdeling van boedelbates onder veral minderbevoorregtes. Van sy bydraes oor godsdiens het verskyn in Die omstrede God.
  Hendrik Venter

Sê Paulus vir die kerk hoe om te doen of hoe om nie te doen nie?

Die laaste twee Bybelgedeeltes waarna die Heidelbergse Kategismus (HK) in Sondag 31 verwys, kom uit Paulus se boodskap aan die gemeente van Korinte.

As Paulus vir ons belangrik is en ons daarvan hou om hom aan te haal is daar miskien ‘n paar goed wat ons van hom moet onthou.

  • Mens kry die indruk dat Paulus soms vinnig praat, half hardop dink (1 Kor 1:14-162); so as ek vir Paulus wil kwoteer, lyk my moet ek bietjie vorentoe en bietjie agtertoe lees om sy boodskap kry.

  • Paulus het goed gesê wat jou hare laat regop staan – om van Christus afgesny te wees! – (Rom 9:33), maar dit lyk of Paulus dit kón sê, want hy was skynbaar op ‘n plek dat hy nié, maak nie saak wat nie, van Christus afgesny kón word nie (Rom 8:38-394).

  • Paulus het die manier om met ‘n spesifieke gehoor te praat. En dan help dit dalk om te gaan kyk wie is die gehoor (Rom 7:15, Rom 11:13a6, 1 Kor 3:17, 1 Kor 10:158).
  • 1) 1 Kor 5:3-5 lees:

    (3–4) Wat my betref, al was ek nie persoonlik by julle nie, was ek tog in die gees daar. Asof ek werklik daar was, het ek oor die man wat so iets gedoen het, reeds in die Naam van ons Here Jesus tot ’n besluit gekom. Julle daar, en ek in die gees teenwoordig, saam met die krag van ons Here Jesus, het vergader om hierdie man aan die Satan oor te gee. (5) So sou sy sondige aard vernietig word, sodat sy gees gered kan word op die dag wanneer die Here kom.

    Mens kry die indruk dat hierdie betrokke gedeelte waar Paulus aan die woord is, gaan oor ‘n manier van doen deur dié in die kerk, ‘n manier van doen wat dié buite die kerk nie doen nie, en die kerk kyk weg van hul eie manier van doen omdat hulle verwaand is of verbeel hulle is beter. En hoe lyk dit na buite?

    Die gemeente van Korinte was skynbaar maar mense soos ons, wat op ‘n spesifieke manier gedoen het, iets wat ons vandag nog doen in kerke en gemeentes (Nicol 2000:135). Anders as vir Nicol is die indruk dat die manier van doen wyer loop as die meer charismatiese kerke.

    Maar hoe lyk dié met wie Paulus hier praat? “Maar binnekort sal ek na julle toe kom, as die Here wil, en dan sal ek self die verwaandes leer ken, nie volgens hulle praatjies nie, maar volgens wat hulle kan doen” (1 Kor 4:19). “En dan verbeel julle julle nog julle is beter as ander. Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie?” (1 Kor 5:2). “Julle selfverheffing is nie mooi nie. Weet julle nie dat ’n bietjie suurdeeg die hele deeg deurtrek nie?” ( 1 Kor 5:6).

    En as Paulus nou in 1 Kor 5:11 sê: “Wat ek geskryf het, was dat julle nie moet omgaan met iemand wat homself ’n gelowige noem, maar wat onsedelik of geldgierig of ’n afgodsdienaar of kwaadprater of dronkaard of bedrieër is nie. Met so iemand moet julle nie eens saam eet nie”, praat hy nie net dalk maar met elkeen van ons op ons eie manier nie? Want sou dit nie wees nie, sou ons dan nie kon sê dat ons die tien gebooie kan hou en die verlossing is nutteloos nie?

    Het Paulus in dit alles wat hy gesê het, dalk vergeet wat Jesus gesê het – “Laat die een van julle wat ’n skoon gewete het, eerste ’n klip op haar gooi” (Joh 8:7)? Of het Paulus vergeet dat God Dawid se sondes vergewe het (2 Sam:13) en die arme man was nog onder die Wet. Dalk het Paulus nie vergeet nie, dalk is Paulus se boodskap: “Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal” (Mat 7:5). Dalk het Paulus aangeneem die gemeente weet wat Jesus gesê het. Maar as dit so sou wees dat hoe ons Paulus hoor, anders is as wat Jesus sê, is die keuse nie veronderstel om eenvoudig te wees nie?

    Of leef ons die houding dat omdat dit wat Paulus gesê het, geskryf is voor dit wat Jesus gesê het, Paulus voorrang geniet? Of sê ons dat omdat Paulus van Jesus self (God) geleer het, ons nie ook van God (die Heilige Gees) kan leer nie? Of wat het Paulus van Jesus gelees wat ons nie vir onsself as toeganklik ag nie?

    En dit waarteen Paulus dit hier het, kan seker nie net oor “’n man en sy stiefma (wat) as man en vrou saamleef” of “onsedelikheid” gaan nie, want dit sou Paulus se boodskap betekenisloos verskraal. Dit kan seker ook gaan oor ongeduld, onvriendelikheid, afguns, grootpraterigheid, verwaandheid, onwelvoeglikheid, eie belang, om liggeraak te wees, kwaadpraat9, om met bybedoelings te doen, om nie vredeliewend te wees nie, om nie inskiklik te wees nie, onbedagsaamheid, partydigheid, om nie opreg te wees nie10, om nie meelewend te wees nie, nie goedgesind, nie sagmoedig nie, onverdraagsaamheid11, om kwaad te praat en rusie te soek12.

    Miskien sê Paulus vir ons: julle in die kerk moet julle nie aanstel nie, en pasop dat julle manier van doen nie eerder mense van die kerk af wegstoot as wat dit hulle aantrek nie.

    ‘n Interessante opmerking van Paulus in die betrokke gedeelte in vers 4 is: “om hierdie man aan die Satan oor te gee”, en die resultaat daarvan in vers 5: “sodat sy gees gered kan word”. Maar die Satan is ‘n ander onderwerp.

    2) 2 Kor 2:6-8 lees:

    Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg. Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom.

    Hoe die Belydenisskrif ook hierdie gedeelte gebruik as gesag tot die oopsluit en toesluit van die “koninkryk” deur tug, is nie duidelik nie. Die taal en die gees van die twee gedeeltes kom nie bymekaar nie en is die verwysing na broederlike vermaning maar ‘n skrale troos, want by baie lidmate, wil dit voorkom, dra dit meer die kleur van ‘n teregwysing van bo as ondersteuning van onder.

    Paulus se woorde hier word nie in eie guns gebruik in die toe-eiening van die reg om na eie oordeel die trefwydte daarvan vooraf volgens keuse te beperk tot, of toe te pas op, ‘n uitsluitende groep nie, met ander woorde wie is gered of nie, gedagtig aan gedeeltes soos Rom 3:22, Gal 3:7 gelees saam met Rom 9:7, en Joh 1:12.

    Mens wonder of die manier wat Paulus bygehaal word, nie maar ‘n ondeurdagte nagedagte was nie, soos wat mens soms die indruk kry dat die kerk aanvaarde goed, mense en standpunte byhaal om korrek te wees in die politiek van die kerk, sonder om weer te dink.



    Notas:
    1 Die bronnelys verskyn in die eerste aflewering van die reeks.
    2 “Ek dank God dat ek niemand van julle gedoop het nie, behalwe Krispus en Gaius. Niemand kan dus sê dat julle in my naam gedoop is nie. Nee, ek het ook nog die huisgesin van Stefanas gedoop, maar verder weet ek nie of ek nog iemand gedoop het nie.”
    3 “Oor my broers, my eie volksgenote. Ek sou self vervloek wou wees, afgesny van Christus, as dit tot hulle voordeel kon wees.”
    4 “Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.”
    5 “Julle weet, broers – en ek praat met mense wat op hoogte is van die wet van Moses – dat die wet gesag het oor ’n mens so lank as hy lewe.”
    6 “En nou praat ek met julle, gelowiges uit die heidennasies.”
    7 “Broers, ek kon met julle nie praat soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie; ek moes praat soos met wêreldse mense, soos met kindertjies in die geloof in Christus.” (Dit is Paulus se inleiding tot die onderhawige gedeelte en dit is nie noodwendig baie vleiend vir die aard van die gemeente nie.)
    8 “Ek praat met julle as verstandige mense. Beoordeel self wat ek sê.”
    9 1 Korintiërs 13: 4-5.
    10 Jakobus 3:17
    11 Kolossense 3:12.
    12 Titus 3:2.




    LitNet: 19 April 2005

    terug    /     boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.