Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

"Maar, wie de hel dink die kerk is die kerk?" 41

Hendrik Venter

was eers betrokke in die koerantwese, toe prokureur en tans 'n adviseur vir Livinsure wat hul beywer vir die regmatige verdeling van boedelbates onder veral minderbevoorregtes. Van sy bydraes oor godsdiens het verskyn in Die omstrede God.
  Hendrik Venter

Kan ek by die kerk leer om te vergewe?

Die derde Bybelgedeelte waarna die Heidelbergse Kategismus (HK) in Sondag 31 verwys is Matteus se vertelling van Jesus se boodskap oor vergewing, sewentig maal sewe.

Matteus 18:15-17 lees:

As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen. Maar as hy nie luister nie, neem nog een of twee met jou saam, sodat alles wat gesÍ word, deur die woord van twee of drie getuies bevestig kan word. En as hy na hulle nie luister nie, sÍ dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel.

Van die vyf gedeeltes van die Bybel op sterkte waarvan die HK die kerk se reg tot tug opeis, is hierdie verse oŽnskynlik die sterkste.

Ons weet die opskrifte in die Bybel is bloot 'n nagedagte van die vertaler, maar dit help my om die gedeeltes te kry wat ek soek. In die NAV begin vers 15 met die opskrif "'n Broer wat sondig" en vers 21 as die volgende perikoop met "Die plig om te vergewe". In die OAV is die opskrif van vers 15 tot 35 as een perikoop, "Die vergifnis. Gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser."

Bybelverklaarders hanteer die gedeelte onder opskrifte soos "reconciling" en "restoration".

Sabourin (1982:721) vergelyk hierdie verse met Lev 19:17 en sÍ:

In Leviticus the legislation concerns personal hostility and is intended to prevent sin by bringing the matter out in the open, while in Mt the purpose of the initiative is to win back the brother who sinned by making him more conscious of his fault. The role of the church is not to rebuke or condemn but to help the disciple obtain the repentence (sic) of his brother.

Lev 19:17 in die NAV lees:

17Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie, maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie. 18Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself. Ek is die Here.

Of in die OAV:

17Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie. Jy moet jou naaste vrymoedig berispe, sodat jy om sy ontwil geen sonde op jou laai nie. 18Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself. Ek is die HERE.

Deur die bymekaar bring van die Ou en Nuwe Testament op 'n manier soos hierdie sien mens weer iets van die ongelooflike ineenloop maar tegelyk ook uiteengaan daarvan.

Sabourin se gebruik van fault en repentance skep ongelukkig die indruk dat hy berou deur die een wat "gesondig" het as voorvereiste stel vir versoening. Behoort berou nie eerder 'n gevolg as 'n voorvereiste wees nie?

In die Matteus-verse kry ons een van Jesus se langer antwoorde in die Bybel wat begin in Matt 18:3 in reaksie op die vraag: "Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?" in Matt 18:1. Jesus begin dat ons soos kinders moet wees, en dan vertel Hy oor die blydskap van die een skaap wat gevind is, en dan praat Hy oor die broer wat gesondig het en sluit af met die plig om te vergewe, sewentig maal sewe.

Carter (2000:368) sÍ:

Jesus associates with tax collectors (Matt) (9:9, 10-13; 11:19). He benefits Gentiles (Matt) (8:5-13; 12:18, 21; 15:21-28).

En

Gentiles and tax collectors are objects of mission, people to be won over to the community of disciples. The three efforts to reconcile the person outlined in (Matt) 18:15-17 do not finish the process. Though unspecified, restorative efforts continue.

Kan ek iets soos die volgende vir myself uit die Bybel lees? As ons onthou wat Jesus in Matt 6 gesÍ het - dat ons moet vergewe - maar Jesus het seker geweet dat ek dit nie altyd gaan regkry nie, en wanneer ek dit nie regkry nie, dan word hierdie goed hang-ups of grudges of aggressie, en soos Levitikus sÍ, dan word ek wraakgierig of haatdraend, en dan verloor ek die liefde en dan, soos Levitikus ook sÍ, sondig ek oor iets wat 'n ander gedoen het. En lyk my die boodskap van die Bybel is: voordat dit gebeur, moet ek eerder met die ander een gaan praat.

En as ek die ander een is, die een wat benadeel het, wat moet ek doen? Luister, net luister, die een wat benadeel voel, uitluister. Lyk my die benadeelde tyd gee om te praat. Seker om aan die een kant nie die een 'n ignore te gooi, soos wat ons doen, of aan die ander kant die een aanval om myself te verdedig nie. Met ander woorde, net luister, in liefde. En lyk my as ek die een gaan uitluister, gaan ek liefde toon en gaan diť een nie die liefde verloor nie. En dan het ek weer iets van die liefde geleer. Dit lyk my nie eers ek hoef te sÍ ek is jammer nie, en snaaks, dit lyk my nege uit die tien kere gaan ek vergeet of nie eers weet ek het die een te na gekom of "gesondig" nie.

En as ek nie wil luister nie? As ek myself wil regverdig of verdedig, myself wil handhaaf? Dan lyk my verstaan ek nie van die liefde nie, en as ek nie van die liefde verstaan nie, dan gedra ek my soos 'n heiden, iemand wat van God vergeet het, en dan behoort ek seker bly te wees dat twee of drie my kom vertel van die liefde; en as ek steeds nie wil luister nie, dan verstaan ek seker nie meer van God se liefde ook vir 'n ander een nie, en as ek nie van God verstaan nie, word ek van nuuts af vertel. En wanneer ons na mekaar luister, leer ons iets daarvan dat ons die manier het om mekaar te benadeel, bewustelik of onbewustelik, en dan kan ek dit mŰre onthou en probeer om dit nie weer te doen nie.

En as diť wat ek voel my benadeel het, nou weet hoe ek voel en nie na my wou luister nie, is ek, lyk my, nou nie klaar met hulle soos ek heidene en tollenaars afskryf nie, want ek het hulle mos nou attent gemaak, en het Jesus ook 'n boodskap vir my In Matt 5:23-24 toe Hy gesÍ het:

As jy dus jou gawe na die altaar toe bring en dit jou daar byval dat jou broer iets teen jou het, laat staan jou gawe daar by die altaar en gaan maak eers vrede met jou broer en kom dan en bring jou gawe.

En die teenkant, as ek die een is wat benadeel voel: lyk my ek kan niks meer verwag nie as om net uitgeluister te word en dit is al klaar iets van die liefde.

Ja, dit lyk my dis maar half makliker om van meet af aan te vergewe en klaar te kry - bygesÍ: as ek kan. En lyk my mens kŠn nogal. Anders is hier 'n eienaardige oor en weer geskuif van die sondelas, net omdat ek nie aanvanklik kon vergewe nie. En soos wat ek Jesus se woorde verstaan, lyk dit my nie ek gaan daarvan wegkom om te vergewe nie.

Iemand het eendag gesÍ "time heals everything", maar as ek in my eie lewe en rondom my kyk, is dit maar 'n gevaarlike pad om te loop en dis nie 'n manier van vergewe nie, maar 'n manier om te probeer vergeet.

En in dit alles moet ek onthou dat in hierdie verse wat die HK gebruik as gesag, Jesus vertel het dat: 1) die Koninkryk vir hulle is wat soos kinders is; 2) ons nie die oorsaak moet wees van 'n ander se probleem nie; 3) Hy nie wil hÍ een moet verlore gaan nie; en 4) ons moet vergewe en nie soos die ondankbare slaaf wees nie. Is dit wat Sondag 31 van die HK sÍ?

Many people apply this Scripture verse in a different attitude from the one Jesus is intending. If they have been hurt, they will go and confront the offender in a spirit of revenge and anger. They use this verse as justification to condemn the one who has hurt them. But they are missing the whole reason Jesus instructed us to go to one another. It is not for condemnation but for reconciliation. He does not want us to tell our brother how rotten he has been to us. We are to go to remove the breach preventing the restoration of our relationship (Bevere 1997:169).

Verwag ek nie van mense om te sÍ hulle is jammer voordat ek hulle vergewe nie? Verwag ek nie van hulle dat hulle na my vermaninge moet luister omdat ek dink hulle het my benadeel nie? Verwag ek nie dat hulle getug moet word deur my oorvertel van hul verkeerd doen nie? Verwag ek nie van ander om hulself aan my te bewys nie? En is 'n verwagting nie die projeksie van die eie onvermoŽ nie? As ek dit van ander verwag, gaan ek verwag dat hulle dit ook van my gaan verwag, en dan is ek te bang om te luister, want ek verwag dat ek my berou moet bewys? Is dit wat ek by die kerk leer?

Wanneer die kerk se Belydenisskrif sÍ ek is eers weer aanvaarbaar wanneer ek werklike verbetering beloof en bewys het, predik die kerk dat ek dit voor God ook moet doen? Dat ek my voor God moet gaan bewys? KŠn die mens dit doen? Můťt ons dit doen? Is dŪt wat God van ons vra? As dit waar sou wees, wat 'n godverlate pad. Het die kerk van Jesus se doen vergeet? Is dit waar ons manier vandaan kom dat ek moet, ek moet, ja ek moet? En dan dink ek aan die girls op skool wat, altyd wanneer hulle oefen, gerym het "I must, I must develop my bust", maar ek weet nie of dit daarvoor werk nie.

Om niematerieel te "moet", sien ons in die ESS2-spiraal as om gedrewe (driven) te wees. Dit is wanneer die spiraal uitkeŽl na bo, waar in 'n meer emosionele bestaan die bron van interne energie is, 'n stootkrag weg van die onderpunt van die spiraal. En om so te doen is ongelooflik menslik. Is dit waarom 'n boek met 'n titel van iets soos Purpose-driven life so in aanvraag is? Maar dit is seker net so ongelooflik menslik dat voor ons ons oŽ uitvee, die gedrewenheid die doel sal verbygaan want dit is "I must, I must" wat die spanwydte van gedrag vergroot. En die dag as die "must" mooi ontwikkel het en dit "bust", dan is dit die dag dat ek my risiko van gedrag vir die wÍreld wys. Dit is dan wanneer my onderrok uithang, sonder dat ek wou.

Wanneer die spiraal begin inkŽel na bo, begin die spirituele wil waar die interne energie 'n trekkrag na die bopunt van die spiraal is, om meer "called" (geroepe) te wees. Dit is dan wanneer die spanwydte en risiko van gedrag verklein.

Leer ons nie ook in die natuurwetenskap iets daarvan dat 'n trekkrag gemakliker is as 'n stootkrag nie? Is dit waarom een van die motorvervaardigers - was dit Audi? - begin het met motors wat met hul voorwiele trek? Wonder nog altyd waarom Mercedes en BMW dit nie doen nie. Wat ek wel weet, is as jy 'n vloer vee kry jy dit skoner as jy die besem trek as wanneer jy dit stoot.

Om gedrewe te wees is om emosioneel haastig en angstig te wees; om geroepe te wees is om emosioneel rustig en kalm te wees. "Die psigiater Carl Jung het gesÍ: 'Haas is nie van die duiwel nie, dit is die duiwel self.' En die teoloog Karl Barth het gesÍ: 'God lei ons, die duiwel jaag ons aan'" (Le Roux 1993:41).

In die ESS-model sal die werking iets wees van:

  • Wanneer ek dan emosionele bagasie bymekaar gemaak het, wanneer ek om welke rede ook al negatiewe ervarings in my onbekende gebÍre het, wanneer ek met hang-ups of grudges of aggressie sit, wanneer ek my spanwydte van gedrag vergroot het Ö dan gaan ek nie 'n gelukkige mens wees nie, dan gaan ek nie geestelik gesond wees nie. En om so te leef is sleg, want dit is ongelooflik oorgelewerd. In populÍre sielkunde praat hulle van 'n victim. Dit is 'n manier om verantwoordelikheid te ontduik.

  • Wanneer ek dan deur die nagaan van my spirituele geheue agterkom wie die een is waar die negatiewe energie vandaan gekom het, en ek kry nog steeds nie reg om dit positief te maak deur die deel van God wat deel is van my nie, dan gaan ek met die een in gesprek en raak ontslae van die negatiewe energie.

  • En as die een nie na my kŠn (soos in: is dood of is weg) of wŪl luister nie? In 'n sekere sin hou die model hier op. Want dit gaan daarom om verantwoordelikheid te aanvaar vir my eie spirituele gesondheid, om die negatiewe in myself, en nie diť van 'n ander nie, uit te haal. Maar as die een nie na my kan of wil luister nie, gaan ek nie van my negatiewe energie ontslae raak nie, trouens die nieluister behoort op sigself groter negatiewe energie te wees.

  • Maar snaaks, dit sal juis die nuwe negatiewe energie wees wat my gaan help. Want as die een nie na my wil luister nie, gaan ek dit nie verstaan nie. Veral as die een beweer dat hy/sy 'n Christen is. Want in so 'n gesprek maak ek my siel oop vir iemand wat my te na gekom het. En as die een my nie uitluister nie, is dit negatief, ongelooflik negatief. Maar tegelyk ook 'n ongelooflike geleentheid vir my siel om spiritueel te reageer deur te sien hier gebeur iets wat ek nie verstaan nie, my eie onbekende te verken en dan saam met my Gees vertikaal in die spiraal deur die verskillende kwadrante te beweeg en my spanwydte van gedrag te verklein deur te verstaan wat gebeur.
  • Ja, is dit moontlik dat die Jesus van die Bybel so prakties is vir geestelike gesondheid?

    Mens kry die indruk dat dit wat op die individu van toepassing is, ook kollektief in 'n groep werk. Iemand het gesÍ die geskiedenis herhaal homself. Miskien is dit 'n groep se onvermoŽ om van die negatiewe wat ontvang is, ontslae te raak wat die kiem is van die groep se eie negatiewe manier van doen.

    Is dit dan nie die versuim om oor die verlede te luister en te praat, en iets daaruit te leer, wat veroorsaak dat die geskiedenis hom herhaal nie? Iets van: as ek nie my eie verlede ken nie, sal ek nie leer nie en herhaal ek dieselfde foute.

    En as die groep wat 'n ander benadeel het, daarop aanspraak maak om 'n Christelik groep te wees? Dan lyk my is dit die regte ding om te luister, of die ander groep nou Christene is of nie, anders gedra jy jou maar net soos die heidene waarvan die Bybel praat. En lyk my dan het niemand iets geleer nie en gaan niemand ook iets leer nie. En seker is dit alles relevant, want op een of ander manier was die kerk daarby betrokke.

  • En miskien het ons min geleer as ons nie verstaan nie dat dit wat nou in iets soos die Islam-wÍreld gebeur, 'n stuk haat teen die Christendom is, maar dieselfde haat is as wat die Christendom 600 jaar gelede teen Islam gehad het. Het die Christendom ooit geluister hoe Islam daaroor gevoel het en iets gedemonstreer van die liefde waarvan Jesus ons kom leer het? Doen ons nou met wysheid? Ek weet nie, want as ons het, sou ons seker nie nuwe haat in Irak gaan soek het nie. Of het ons vergeet wat Jesus vir Petrus gesÍ het van 'n swaard vir 'n swaard, ůf ons moet eerlik wees en sÍ die Jesus van die Bybel (en as Jesus dan God is, God) moet nou eers opsy staan, want ons as mense hou daarvan om ons magsbasis te vergroot en dan is dit ons saak en nie God s'n nie.

  • En miskien het ons ook min geleer as mens nie iets verstaan van wat nou in Zimbabwe gebeur nie. Was Brittanje se koning Henry VIII so 600 jaar terug nie maar net so 'n despoot soos Robert Mugabe nie? En dan is ons reg met 'n antwoord: "Wys net hoe barbaars is Afrika nog." Het die Weste wat sÍ hulle is Christelik, al geluister hoe Afrika voel oor kolonialisme en Afrika iets geleer van Christelike liefde, al glo die Weste hulle het niks verkeerd gedoen nie? Doen ons met wysheid? Ek weet nie. En waar sou Afrika dan geleer het van God se liefde, soos die Bybel ons vertel, wat per se onbarbaars is as die Christene hulle nie geleer het nie? Of ons moet eerlik wees en sÍ die Jesus van die Bybel (en as Jesus dan God is, God) moet nou eers opsy staan, want ons as mense hou daarvan om beter as ander te wees.

  • Naby die huis is daar seker nog 'n voorbeeld dat my versuim om die negatiewe wat aan my gedoen is uit myself te haal, gaan maak dat ek negatief doen.
  • My mense, diť wat Afrikaans praat, die Afrikaners, die Boere, wat jy hulle ook al wil noem, was blootgestel aan seker een van die grusaamste slagtings van die onlangse verlede. 'n Slagting waar iets soos tussen 60 en 70 persent van ons kinders dood is. Die ding wat party van ons die Boereoorlog noem en party van ons die Engelse Oorlog of die Suid-Afrikaanse Oorlog. En ons het nie daaroor gepraat nie, want ons wou nie, ůf is nie toegelaat nie. Ja, en dit lyk ook nie of iemand na ons wou luister nie. En miskien was dit nie baie gesond nie.

    My ouma, wat aan die suidekant van die Oranjerivier grootgeword het, wat as jong meisie van sewentien, agtien in 'n konsentrasiekamp gesit het en oorlede is toe ek agt/nege was, wou nie met my daaroor praat nie want het sy gesÍ dit was te sleg. En wat het ons daaruit geleer? Lyk my nie veel nie.

    Ja, ek weet dit kan 'n veralgemening wees want daar was joiners en bittereinders en Natte en Sappe. En ons kan sÍ dat die kinders wat oorleef het, was die meerderheid joiners se kinders wat nie in die kampe dood is nie, en dan is daar diť van die Kaap wat, gelukkig vir hulle, nie deel hoef te gewees het van die hele ding nie, en ook dat dit die swakker gene is wat in die kamp dood is en diť wat oortuig is dat hulle die beter gene is wat oorleef het, of dat Kruger, wat wou baklei, eintlik verkeerd was en Joubert, wat nie wou nie, eintlik reg was, of andersom, en dat De Wet, wat laaste ingekom het en laaste uit is, en De la Rey, wat nie gevestigde belange gehad het nie, eintlik diť was na wie geluister moes word; en dan is daar nog die agterosse van Nederland of Duitsland of van waar ook al, wat na die oorlog verafrikaans het - ja, ons behoort dan ook te verstaan waarom ons mense nooit kan saamstaan nie, en miskien is dit ons redding. Maar dit alles gaan oor wie was reg en wie nie en miskien vat dit ons nÍrens heen nie.

    En seker is dit nie menslik moontlik om te bepaal presies wie, van waar af, wat ook al na hierdie oorlog gedoen het nie. So kom ons aanvaar verantwoordelikheid en sÍ dit was ons.

    En dan dink mens aan Totius se "Vergewe en Vergeet", wat hy skynbaar geskryf het na aanleiding van hierdie oorlog. En as predikant het hy dalk vir sy mense gesÍ, gedagtig aan Deut 4, onthou wat julle gesien het en onthou God se voorskrifte.

    Vergewe en vergeet

    Dat gij niet vergeet de dingen die uwe ogen gezien hebben. (Deut 4:9).

    Daar het 'n doringboompie
    vlak by die pad gestaan,
    waar lange ossespanne
    met sware vragte gaan.
    En eendag kom daarlanges
    'n ossewa verby
    wat met sy sware wiele
    dwars-oor die boompie ry.

    "Jy het mos, doringstruikie,
    my ander dag gekrap;
    en daarom het my wiele
    jou kroontjie platgetrap."

    Die ossewa verdwyn weer
    agter 'n heuweltop,
    en langsaam buig die boompie
    sy stammetjie weer op.

    Sy skoonheid was geskonde;
    sy bassies was geskeur;
    op een plek was die stammetjie
    so amper middeldeur.

    Maar tog het daardie boompie
    weer stadig reggekom,
    want oor sy wonde druppel
    die salf van eie gom.

    Ook het die loop van jare
    die wonde weggewis -
    net een plek bly 'n teken
    wat onuitwisbaar is.

    Die wonde word gesond weer
    as jare kom en gaan,
    maar daardie merk word groter
    en groei maar aldeur aan.

    En toe gaan ons wat die nageslag was van hulle wat hierdie slagting oorleef het en bou met seker die beste bedoelings in die wÍreld 'n sisteem wat bedoel was vir orde en goeie naasbestaan. So bietjie van 'n mensgemaakte hemel op aarde. En soos dit mos maar gaan, wat vir die een bietjie van 'n hemel word moet vir die ander een bietjie van 'n hel wees. Leef ons in Suid-Afrika nou in die omgekeerde daarvan?

    Ja, dit lyk of die bedoelings goed was, baie goed:

    - In 1911 sÍ pres Steyn: "De voogdijschap ons opgelegd over de zwarten: verstaan wij wat dat betekent?" en "wij de blanke mannen moeten hem optrekken ... naar 't heldere licht van 't Evangelie en van de beschaving" (Scholtz 1964:132).

    - In 1921 sÍ die NG Kerk: "Sedert de oorlog [Eerste WÍreldoorlog] vooral is daar een nationaal zelfbewustzijn bij het Bantu-ras in Zuid-Afrika ontwaakt. Zij beginnen hun eigen idealen hoorbaar uit te spreken ... zij zijn begonnen hun eigen bestemmng op politiek en sociaal gebied willen uitwerken." En "Zij eisen beter voorziening voor het onderwijs ... rechtvaardiger ekonomiese omstandigheden Ö groter zeggenschap in het bestier hunnen eigen zaken en minder inmenging van de zijde der blanken in hun zaken ... en het zou laakbare dwaasheid zijn het te willen ignoreren" (Scholtz 1964:44).

    - Ook in 1921 sÍ genl Hertzog tov swartes: "Jy kan 'n volk sy politieke regte nie onthou nie." En in dieselfde jaar sÍ dr DF Malan: "Als burgers van de Unie kunnen wij hem (die Bantoe) niet voor altijd onthouden de rechten en bevoegdheden van een burger" (Scholtz 1964:132).

    - En in 1923 hou die NG Kerk 'n kongres en besluit: "Hierdie kongres beskou dat die tyd aangebreek het dat die staat masjinerie in die lewe moet roep om aan die naturelle seggenskap te gee in die beheer van hul eie sake en dat in antwoord op die regmatige eise wat deur die naturelle-afgevaardigdes gestel is, 'n begin gemaak word ... deur die oprigting van naturelle-rade" (Scholtz 1964:122).

    - En in 1950 sÍ dr Verwoerd: "Die huidige Regering glo aan die heerskappy (baasskap) van die blanke in sy eie gebied, maar hy glo eweseer aan die heerskappy (baasskap) van die Bantoe in sy gebied" (Scholtz 1964:138).

    En wat alles gebeur het in die veertig jaar tussen 1911 en 1950, is nie nou ter sake nie, maar die manier wat hulle gesien het om te doen wat hulle gesÍ het, was om mense uitmekaar te hou. Reg of verkeerd. En as jy nalees, is die indruk ook dat daar eenstemmigheid was dat die uitmekaar hou tydelik was.

    So goed was hul bedoeling dat die kerk met die Bybel onder die arm die regering ondersteun het. En miskien as die kerk onaantasbaar is en die kerk ondersteun my, dan het ek oordrewe selfvertroue en hoef ek nie verantwoording te doen van my optrede nie, want dit kom dan deur die kerk van God af.

    Maar Írens het iets fout gegaan. Is dit moontlik dat die mense, vir wie hierdie woordvoerders leiers was, toe hulle in beheer voel die negatiewe waaraan hulle blootgestel was en waarvan hulle nie vroeŽr ontslae geraak het nie, uitgehaal het op die wat hulle as hul mindere gesien het? En toe 'n ding met die naam apartheid gemaak het?

    Verwoerd het as minister van "Naturellesake" bekend geword as die argitek van apartheid. Is dit waar wat Piet Cilliť gesÍ het, dat Verwoerd iets ontwerp het sonder inagneming van die mens se donker kant (Giliomee 2003:520)? En enige een wat met Cilliť paaie gekruis het, sal weet dat hy 'n besonderse waarnemingsvermoŽ gehad het.

    Was Verwoerd as "genaturaliseerde" eerstegeslag-Afrikaner dalk onbekend met die Afrikaner se onverwerkte negatiewe emosies? En was sy regterhand, die sekretaris van die destydse departement van "Naturellesake", dr WMM Eiselen, nie moontlik in dieselfde bootjie nie?

    Is dit moontlik dat ons probeer vergeet het wat aan ons gedoen is want ons wou nie vergewe nie? Want is dit nie so dat as ek vergewe, gaan ek onbevange onthou en het ek iets geleer, maar as ek nie wil vergewe nie, gaan ek probeer vergeet en dan het ek nie geleer nie?

    En die dag toe die ding uitmekaar val, toe sÍ ons nou straf God ons.

    Maar dit is 'n ander onderwerp.

    En het ons in Suid Afrika nou iets geleer? Is dit waar wat gesÍ word?

    Many voices of this country were long silent, unheard, often unheeded before they spoke, in their own tongues, at the microphones of South Africa's Truth Commission. The Voices of ordinary people have entered the public discourse and shape the passage of history. They speak here to all who care to listen" (Krog 1998:viii)

    Is ons nou eers klaar gepraat?

    Ek dink dit is goed om saam met 'n Maleier-vriend deur wat oor is van Distrik Ses te ry en te luister as hy jou vertel van die bitterheid wat hy ervaar het toe hulle daar weggevat is.

    Ek dink dit is goed om te luister, net te luister, as 'n swart vriendin wat professioneel gekwalifiseer is, en ook haar suster en ouers, jou vertel hoe die sisteem haar behandel het.

    En ek dink dit is goed om na 'n vriend te luister en saam te lag as hy jou vertel van die grappe en die hartseer wat hulle op Robbeneiland gehad het.

    En so ook is dit goed, ook seker vir die owerheid van die dag, om na elkeen te luister wat die slagoffer was van 'n verkragting of kaping of 'n plaasaanval of watter misdaad ook al.

    En ek dink dit is wonderlik as jy saam met 'n swart vriend in jou motor ry en jy sit die radio aan en dit is op Radio Pretoria en hy luister na jou as jy sÍ jy dink dit sal 'n fout wees as dit toegemaak word want dan praat en luister ons nie meer nie.

  • Maar dit lyk my daar is ook 'n ander kollektiewe voorbeeld wat sÍ dit bly jou eie verantwoordelikheid om die negatiewe uit jouself te haal. Al luister die hele "gemeente", die een wat jou benadeel het inkluis, na jou as jy vertel hoe jy benadeel is. Al sÍ die een wat benadeel het oor en oor "ek is jammer", en al word die een vir jare gestraf, lyk dit my nie dit gaan jou, wat benadeel voel, in 'n beter posisie plaas nie. Dit lyk my nie dit gaan jou geestelik of spiritueel gesond maak nie, tensy jy dit wat negatief was, positief maak of soos wat Jesus gesÍ het, vergewe.
  • As ek dit nie mis het nie, betaal Duitsland nog steeds oorlogskuld. Word die Duitsers nie nog gereeld herinner aan die holocaust nie? In rolprente, boeke en televisieprogramme.

    Is die indruk verkeerd dat die gemiddelde Duitser in Duitsland vandag beter daaraan toe is as die gemiddelde Jood in Israel? Ek dink ek slaap baie eerder in Duitsland as in Israel. Het die Jode al die Duitsers vergewe? Ek dink nie so nie. Maar ons kan ook aan die hand van die bekende alternatief sÍ hulle hoef nie want hulle is immers nie Christene nie maar die uitverkorenes. En iets van hierdie bevoorregte houding as die uitverkorenes sien ons ook onder ons eie mense, hetsy uit 'n historiese of gevoelsoortuiging. Mag mens wonder waarvoor ly ons? Om in hierdie lewe te ly en nie later nie? Is dit lyding wat my toekoms bepaal of wat ek met die lyding maak? En as die Islamiet wat ook daar rond is ook ly?

    Is dit moontlik dat die Christelike geloof so prakties is vir die lewe op aarde? En tegelyk individueel en kollektief besig is met God se wil en God se koninkryk? Is dit 'n manier om Matt 28:19 te doen?





    1 Die bronnelys verskyn in die eerste aflewering van die reeks.
    2 Emosionele-spirituele spiraal. Die model word kortliks bespreek in African Sun Media se boek Die omstrede God. 'n Meer volledige boek oor die gebruik van die model word deur die skrywer in die vooruitsig gestel.



    LitNet: 09 Desember 2004

    terug    /     boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.