Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

"Maar, wie de hel dink die kerk is die kerk?" Deel 31

Waar kom die idee van die kerk vandaan?

Hendrik Venter

was eers betrokke in die koerantwese, toe prokureur en tans 'n adviseur vir Livinsure wat hul beywer vir die regmatige verdeling van boedelbates onder veral minderbevoorregtes. Van sy bydraes oor godsdiens het verskyn in Die omstrede God.
  Hendrik Venter

Die tweede Bybelgedeelte waarna die Heidelbergse Kategismus (HK) in Sondag 31 verwys, is, in die woorde van Matteus, wat Jesus aan Petrus ges het nadat hy verklaar het Jesus is die Seun van God.

Matteus 16:19 lees:

Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.

Dit is interessant dat:

  • die woorde toesluit en oopsluit nie in die OAV-weergawe van die betrokke vers voorkom nie, maar wel binden ontbind. Dit is meer in ooreenstemming met Engelse vertalings van bind and loose. Die OAV lees dus: En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.
  • Vraag 84 van die HK gebruik nie bind en ontbind nie maar oopsluit en toesluit.
  • Dit is opvallend dat die teenstelling in die vers is tussen oop/toe en vas/los en nie in/uit die hemel en die alternatief daarvan nie, wat ons graag die hel noem. Dit lyk of di met wie Jesus hier praat, se oop en toe of los en vas saamgaan hemel toe; die oop en toe of los en vas gaan nie f hemel f hel toe nie.
  • Hierdie gedeelte in die Bybel is skynbaar een van die mees omstrede in die Christelike kerk, en mens kan dit nogal verstaan, want wat ek hiermee maak, gaan f vir my mag opeis, f ek gaan mag afstaan.

    Mag is 'n grondliggende ding. En ons weet dat as iets grondliggend is, het soveel mense al vir solank so baie daaroor gepraat dat daar meer vrae as antwoorde is. En dan is mens maar terug by die een vraag: Wat doen ek daarmee? Wat beleef ek as ek mag afgee? Gaan dit na God toe of gaan dit na iets anders? Of anders ges: Waarteen stry ek? Wat gebeur as ek bietjie "let go"? As ek minder teen die prikkels skop?

    In hierdie gedeelte praat Jesus met Petrus. En as ons bietjie teruglees, kry ons die indruk dat Jesus dit wat hier bo in vers 19 staan vir hom kon s want in vers 16 het Petrus geantwoord: "U is die Christus, die Seun van die lewende God"; en ook was dit nie iets wat Petrus van 'n ander mens gehoor het nie, s Jesus in vers 17, maar dis iets wat God self hom laat verstaan het.

    En dan gaan Jesus voort en s in vers 18: "En Ek s vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie."

    Mens kry die indruk dat die kerk hierdie woorde van Jesus op 'n baie sterk teologiese/testiese manier gebruik. En van 'n testiese wreldbeeld s Van Wyk: "Dit kan lei tot 'n fragmentariese, byna skisofreniese tipe verstaansraamwerk van die werklikheid wat moeilik tot 'n integrasie van hemel en aarde kan kom" (2003:65). En ons weet skisofrenie is iets van 'n verstaanstoornis van iemand wat in twee wrelde leef.

    Is daar 'n ander wreldbeeld waar die Heilige Gees al so misbruik is as di van die teste?

    Volgens Van Wyk is die vraag waarskynlik nie na 'n wreldbeeld nie, maar oor God self, en as jy bereid is om God te aanvaar, wat hy s 'n geloofstandpunt is, kan jy met enige wreldbeeld saamleef solank dit God insluit en beide sy transendensie en immanensie erken.

    Die indruk is dat daar 'n baie sterk verband is tussen die geskiedenis van die verskillende wreldbeelde en die mens se religieuse geskiedenis. Die indruk is ook dat dit eerder die daarstel van 'n nuwe wreldbeeld deur nieteolo is wat tydsaam bykans teensinnig deur die godsdiens agternageloop word in 'n religieuse verantwoording deur die daarstel van 'n geloofsraamwerk of geloofsbelydenis deur die teologie vir geloofsekerheid.

    Wat dan 'n probleem kan wees, is as my wreldbeeld, dit wat ek nodig het om te verstaan, soos deur 'n geloofsraamwerk gesanksioneer, 'n ander kan weghou daarvan om God te herken. As dit wat ek s die werklikheid is, minder is as dit wat 'n ander een daarbuite van God ervaar het. En dan moet ek, as ek die kerk is,s worstel of die een wel met God besig is. En so kry mens die indruk dat die kerk nou worstel met 'n integrale wreldbeeld. En miskien is dit die kerk se aard om by die aanvaarding van 'n nuwe die oue in 'n kamer toe te spyker. En dan veroordeel ons die belydenisse van die verlede en leer ons nie deur die geskiedenis nie.

    Miskien kan die kerk bloot s ons het tot verdere insigte gekom en nie tot nuwe insigte nie.

    Gaan ek my uit my geloof uit skrik as hier mre vreemde wesens in die straat rondloop? En as jy vir my s: "Maar jy is mal; dit sal nooit gebeur nie", dan antwoord jy my verhouding met God (geloof) met jou wreldbeeld (vreemde wesens).

    Maar mens kry ook die indruk dat daar iets van elke wreldbeeld in die Bybel is, en daarmee saam dat die Christen by elkeen aansluiting kan vind - en dan is ons terug by Van Wyk dat dit nie oor die wreldbeeld gaan nie maar oor God. Maar miskien is dit meer 'n ideaal as 'n werklikheid en miskien is dit half waaroor die gedagtes in hierdie reeks gaan.

    En miskien, as dit oor God gaan, dan gaan dit nie oor God se rd nie, maar oor "Hoe ontmoet ek God?"

    En dit is miskien die kerk se uitdaging. Hoe oud of hoe nuut my wreldbeeld ook al mag wees, is dit nie God wat aan my deur klop2 nie? Is dit waar dat hoe ouer my wreldbeeld is (soos in oud vanaf "God is nie" tot "God is nog besig om die Satan te oorwin", tot "God is hier"), hoe groter gaan my skrik wees as ek die dag die deur oopmaak en God staan daar?

    Of die aanvaarding van God noodwendig 'n geloofstandpunt is, is ek nie seker nie. Is God nie 'n groter werklikheid as 'n geloof nie? Is dit nie moontlik dat juis deur God se immanensie (die aanwesigheid van God) die aanvaarding van God 'n belewenisstandpunt kan wees nie? Of s ons dit was net vir Paulus beskore? Maar dit is 'n ander onderwerp.

    Dit lyk my as ek God se aanwesigheid ervaar het, is ek so opgewonde dat ek dit standaardiseer as antwoord op die afwesigheid van God wat jy ervaar (God se transendensie). En mens kry die indruk dat ons die aanwesigheid van God emosioneel hanteer (en 'n emosie, weet ons, is subjektief) om my sekerheid te vestig, en dan moet jy met my saamstem, en as jy nie, omdat dit jou sekerheid aantas, dan oordeel ons mekaar. En miskien daarom dat die teologie en die kerk vandag 'n manier het om God so afwesig en onverklaarbaar te maak dat God net weg is. Ja, en dit kan 'n probleem wees, want watter kant toe ook al is dit 'n manier om God vir iemand anders te verklaar. Is dit dan nie goed om met dit wat ek van God ervaar as my eie mee om te gaan nie, en as ek dit vir 'n ander wil vertel is dit uiteraard ook goed, maar dit bly maar God en my se manier met mekaar?

    Sleutels
    Iets van die testiese benadering sien ons in Barnes (1974:170) se letterlike verstaan dat Petrus die eerste individu was aan wie die sleutels gegee is. Hierdie benadering maak van die historiese Petrus die eerste van 'n bevoorregte groep wat reg voer bo ander.

    Dit lyk of hierdie benadering baie sterk deel is van Joubert se bespreking van hierdie Bybelgedeelte (1994:89). Volgens Joubert praat Jesus hier met sy dissipels wat later sy apostels geword het. Sy afwisselende gebruik van die verlede tyd en die hede en die eie maak van die (ons) dissipels en apostels dra my in na die binnekring van die twaalf wat deur Jesus aangestel is. En s hy jy word 'n navolger van Jesus wat namens Jesus optree.

    Joubert gaan verder en s: "Nog meer toegespits beteken die sleutelmag dat Petrus en die dissipels die volmag by Jesus verkry om in sy naam uitsluitsel te gee oor die korrekte verstaan van die Woord van God." So kry ons as gelowiges dan ook dieselfde volmag as Petrus. As ons aanvaar woord van God verwys ook na die Bybel, word dit 'n probleem as daar twee weergawes op my tafel l wat albei daarop aanspraak maak om die Bybel te wees. En as die dissipel-apostel Petrus verkeerd is, soos wat Paulus s in Gal 2?

    Die simboliek van sleutels in die Bybelse en Joodse omgewing was di van gesag, maar ook van verantwoordelikheid (Rig 3:25, 1 Kron 9:27 en Jes 22:22). In die Nuwe Testament sien ons in iets soos Op 1:18, 3:7, 9:1 en 20:1 dat Jesus die sleutel het. Die indruk wat ons uit hierdie verse kry, is dat Jesus in besonder (nou?) die sleutel na die dood, hades het.

    Wat Jesus vir Petrus s is: "Ek sal aan jou die sleutel van die koninkryk van die hemel gee." Ons lees nie dat Jesus ook die sleutel na die dood of hel of doderyk (hades) aan Petrus gee nie. "Keys, of course, are used to open or close ... it is tempting to understand this ... as giving to Peter the power to open hades and sharing the power of the son of man ..." (Sabourin 1982:677). Maar dit lyk nie of dit is wat Jesus gedoen het nie - om vir Petrus in Jesus se mag te laat deel nie, in Jesus se mag oor die teenkant van die hemel. Is dit geldig om te vra: Kon Jesus hier vir Petrus die sleutel na die dood gegee het, want Jesus het toe nog nie die dood oorwin nie? En as dit Petrus was wat sy sin gekry het en nie Judas nie?

    Maar as die HK s 'n kerk (mens) kan die hemel vir 'n ander toesluit, wat word van die een? Waar is die een se siel? Want soos ek die kerk verstaan, gaan my siel na een van twee plekke: f die hemel f die hel. Maar as my sleutel dan nou vir jou die hemel toegesluit het en my sleutel kan nie die hel vir jou oopsluit nie, waar is jy dan? Of s ons dat omdat 'n Petrus vir my die hemel toegesluit het, sal Jesus vir my die hel oopsluit? Is dit wat ons doen? Dink ons 'n mens kan 'n ander weghou van God se genade? En as Petrus 'n fout gemaak het, soos wat Paulus s in Gal 2:11-14? Is dit hoe belaglik ons met Jesus omgaan? En dan is ons ontstel as iemand Jesus as belaglik ervaar? Oor wat ons doen?

    En snaaks iemand het nog nie 'n dogma of tien hieroor aanmekaar gesit nie - of het iemand al? Of is dit iets soos die Roomse vagevuur of waar siele recycle word; of is dit siele wat agterbly op die plek tussen die dood op aarde en die wederkoms waar die ander f hemel f hel toe gaan?

    En as dit so is dat ek ooit daar was dat ek gedink het ek het die sleutel om die hemel vir iemand toe te sluit (en sekerlik was ek al daar, al was dit net om stil te bly toe ek moes praat of gepraat het toe ek moes stilbly, net deur my houding) wil ek nooit weer daar wees nie. Met wat ek nou weet, is dit die laaste plek waar ek wil wees.

    Maar miskien is dit maar net my probleem omdat my ego nie groot genoeg is om dit wat ek verstaan, God se verstaan te maak nie. Maar die lewe moes my leer dat God mre baie meer gaan wees as wat ek enigsins gister kon weet of dink. En lyk my hoe groter God word, hoe kleiner word my ego.

    En dan wonder ek of Jesus nie reeds na hierdie gesprek met Petrus 'n boodskap vir my het in Matt 23:13 of Luk 11:52 nie.

  • Ellende wag vir julle, skrifgeleerdes en Farisers, huigelaars! Julle sluit die deur van die koninkryk in die mense se gesig toe. Julle gaan self nie in nie, en julle verhinder di wat wel wil ingaan.

    Of

  • Ellende wag vir julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem. Self het julle nie ingegaan nie, en di wat wel wou ingaan, vir hulle het julle verhinder.
  • Bind/ontbind
    Skynbaar is daar nie eenstemmigheid onder Bybelverklaarders wat Jesus met bind of ontbind bedoel nie (Carter 2000:336).

    Volgens Smith (1989:202) verwys dit na antieke Rabbynse terme om handelinge toe te laat of te verbied. En in ooreenstemming met Smit s Barnes (moontlik gedagtig daaraan dat die rabbi tot 'n inklusiewe groep, "die volk", gepraat het): "This does not refer to persons but to things" (1974:171). Sabourin is ook van mening dat dit terug verwys na Rabbynse terme, maar is, anders as Smit en Barnes, van mening dat dit ook oor mense gaan en s hy "... the power conferred on Peter certainly includes also that of expelling from and receiving back into the community"(1982:678). En dan sien ons weer iets van meer testiese denke.

    Vanuit 'n ander hoek haal Carter vir Anderson aan wat s die bind/ontbind is "a legitimate way to loose/annul even a great commandment ... particularly Mosaic laws and even his own imperatives" (2000:336).

    Volgens die Broadman-kommentare is die korrekte Engelse weergawe van die Grieks shall have been bound en shall have been loosed en " not that the action on earth would be ratified in heaven but that it is anticipated in heaven. In other words, earth thus follows heaven, not the reverse" (1969:175).

    Moontlik beantwoord die vraag wat gebind/ontbind word - of soos die NAV s, oop- of toegesluit word - homself in wat daardeur verkry word: 'n reg of 'n verantwoordelikheid. En dit gaan nie hier oor die kousale aardse juridiese filosofie van geen reg sonder 'n gepaardgaande verantwoordelikheid nie.

    Rots
    Oor wat die rots is waarop die kerk gebou word, verwys Carter (2000:334) na Luz se identifikasie, naamlik: "(1) Peter, the representative of every Christian; (2) Peter's faith or confession in 16:16; (3) Christ; (4) Peter the model bishop." En is van mening dat: "In context Peter's confession (no 2) seems to be the most justifiable answer, though the first option should be included."

    Volgens Carter (2000:334) is die woordkeuse Petrus/rots 'n woordspel in Grieks as petros/petra (Sabourin 1982:672) in ooreenstemming met M'Niele (1915:241).

    Beide M'Niele en Sabourin neem die woordkeuse terug na Aramees, wat Jesus met sy dissipels gepraat het, en wel na kepha, wat klip of rots beteken. Volgens Sabourin sou Jesus dan ges het: "You are Kepha and upon this kepha ..." Hy is ook van mening dat die gewone Griekse vertaling van Kepha met lithos nie gebruik word nie, want "petros also existed with almost the same meaning and this could be used quite appropriately as a personal surname". Met verwysing na Cullmann en Billerbeck s hy daar is voorbeelde van Petros as 'n Armeense naam.

    'n Moontlike verdere rede waarom die Griekse skrywers petra bo lithos hier verkies het, is dat mens die indruk kry dat petra 'n meer "natuurlike klip" is terwyl lithos 'n meer "onnatuurlike klip" is. Petra is meer "dis hoe jy dit kry" teenoor lithos, "dis hoe jy dit gebruik". Petra = a rock, a ledge or shelf of rock. Lithos = a stone, a precious stone (marble), stone as a substance, opp. to wood, flesh. Iets van die verskil tussen 'n selfstandige naamwoord petra (dit is 'n rots) en 'n byvoeglike naamwoord lithos (jy is - soos - 'n rots).

    'n Oorspronklike en ander mening kry ons van Joubert (1994:88), wat s dat dit opvallend is dat in die betrokke vers die betekenis van die Griekse woord petra "belydenis" is. Gewoon omdat ek nie Grieks magtig is nie, weet ek nie of dit Joubert se interpretasie is nie en of petra ook hierdie betekenis dra nie, wat ek nie kon raak lees nie.

    Kerk
    Die gebruik van gemeente in vers 18 soos in die OAV en Nederlandse en Duitse Bybels in teenstelling met kerk soos in die NAV en Engelse Bybels is interessant gedagtig aan Carter (2000:335) se bespreking van die oorspronklike ekklesia in die Grieks in die betrokke vers. Volgens hom dui ekklesia op die mense wat Jesus bely, sy volgelinge, die "called out".

    Die benadering dat die gemeente die "geroepe mens" is, sou anders wees as die teologie wat s dat dit wat Jesus ges het, nie oor die mens gaan nie maar oor die belydenis wat Petrus gedoen het, en dat Jesus dan bedoel het dat sy kerk of gemeente op die belydenis gebou sou word. En in hierdie verskil raak ons direk aan die grondliggende manier van omgang met die Bybel as die Woord van God: konkreet p die individuele mens aan die een kant, of abstrak r die mensdom aan die anderkant. Lees ek die Bybel namens myself of lees ek die Bybel namens ander?

    Die manier om die woord kerk in die Bybel "in te vertaal" is ook interessant. En dan is dit nog interessanter as jy sien dat church in die onderhawige vers in die ouer American Standard Version "uit-vertaal" is in die nuwer World English Bible na assembly.

    Dit wil voorkom dat daar 'n verband is tussen die Latyn vir kerk, ecclesia, en die Griekse woord ekklesia. En as die oorspronklike geskrewe taal van die bekende Nuwe Testament soos wat ons dit ken, Grieks was - en skynbaar is Matteus as sodanig oorspronklik in Grieks geskryf - ontstaan die vraag, waarom het Latyn by Grieks gaan leen?

    Volgens die woordeboeke kan church in Latyn vertaal word met onder andere:

  • ecclesia
    - an assembly of the (Greek) people / assembly of the Athenian people
    - church

    of

  • aedes
    - room / chamber / apartment / temple / chapel / sanctuary / dwelling for men / house / habitation / dwelling of the gods.
  • Dit is interessant dat die vertalers van die Bybel in Latyn nie aedes gebruik het nie. Die enkele kere wat dit wel gebruik is, was dit vir die blyplek van mense soos oa in Lev 25:32, Est 2:14, Amos 1, of dan as tempel (van 'n afgod) soos in Hand 19:24.

    Dit is half jammer, want aedes is 'n mooi woord: dit s iets van "my plek", daar waar ek tuis en veilig kan wees. Maar duidelik wou die vertalers iets anders s, iets waarvoor hulle nie woorde gehad het nie.

    Ekklesia beteken:

    - an assembly of the citizens regularly summoned, the legislative assembly

    of

    - the Church, either the body or the place.

    Miskien het die Griekse skrywers hier met 'n verskynsel gesit wat hulle nie kon benoem nie en die naaste was seker om iets te gebruik wat 'n ooreenstemmende ervaring was; en gedagtig aan hul manier van leef, hul aard en hul filosofie kan mens verstaan dat hulle dit vergelyk het met 'n "assembly of the citizens / legislative assembly". Dit lyk of hul burgerskap, hul reg om deel te neem, om hul s te s, om besluite te neem, belangrik was, iets van om vry te wees. Meer so as ons onthou dat die Griekse stadstate selfs onder Romeinse bewind selfbestuur gehad het. En dit lyk of dit is wat 'n ekklesia was. Die moontlike relevansie dat ekklesia skynbaar net in Matt 16:18 en Matt 18:17 deur die Griekse skrywers in die Bybel gebruik is, is nie nagegaan nie. Moontlik is dit net akademies in die lig van die gebruik van die woord kerk in die Bybel van die dag.

    En as ons ook sou onthou dat die Grieke ook half die Westerse voorlopers was om oor die mens se onsterflikheid (die siel) te filosofeer, dink ek kan mens aanvaar dat die Griekse Bybelskrywers 'n vorm van 'n "samekoms van burgers" bedoel het, maar seker van 'n ander plek as Athene.

    Maar dit lyk of die Romeine nie noodwendig altyd baie hiervan verstaan het nie. Waar dit makliker is om een of twee Griekse filosowe in gedagte te roep, is dit weer makliker om een of twee Romeinse regeerders te onthou.

    In teenstelling met die Grieke het die Romeine gehou van die sentralisasie van mag. Hulle het gehou daarvan om te regeer, hulle het 'n wonderlike regstelsel ontwikkel. Hulle was p die aarde, hulle was r die aarde; miskien kan ons s hulle was meer aardsgebonde.

    En toe gaan leen Latyn by Grieks. En soos dit maar met leenwoorde gaan, raak die oorspronklike betekenis half verlore. En seker het Latyn deur die gebruik van ecclesia nie probeer om 'n nuwe uitverkore volk in die Grieke te skep deur te bedoel "assembly of the (Greek) people / assembly of the Athenian people" nie.

    Maar hoe bring dit ons uit by church? Ek weet nie. Skynbaar is dit iets wat hier in die Donker Eeue gebeur het.

    Miskien het hierdie verskynsel van 'n ekklesia in Grieks wat Latyn probeer verwoord het, vorm gekry, en toe dit vorm kry, gee die mens dit struktuur. En toe kry die struktuur 'n naam en deur Germaans ('n voorloper van Duits) en Saksies ('n voorloper van Engels) - maar nou is ons in die etimologie - terug na Grieks en Latyn tot by die moderne tale en meteens is die verskynsel en die struktuur dieselfde ding.

    En ironies genoeg kry mens die indruk dat soos die man op straat die slagoffer is van die Jesus Seminar se gelykstelling van die mens as die mens, so is die Jesus Seminar die slagoffer van die kerk se gelykstelling van die kerk as die kerk.

    Maar dit is opvallend dat sou church uit Germaans kom, die Duits kirche moeilik in die Bybel raak gelees word. Of altans soos wat ons kerk gebruik. Trouens, waar dit in die Luther-vertaling gebruik word, lyk dit of dit eerder na afgodetempels verwys. Is dit hoe Luther die kerk ervaar het?!

    As mens terugkyk, is die indruk dat die verklaring van beide ekklesia en ecclesia as "kerk" 'n latere byvoeging tot die woordeboek is.

    In die KJV verskyn die woord kerk iets soos 114 keer. En in die NIV iets soos 112 keer. En in die NAV iets soos 23 keer, maar nie in die OAV nie. En dan wonder mens of dit 'n Angel-Saksiese ding is om eerder van "kerk" te praat as "gemeente".

    En dan bring dit ons by die moderne taal van die Angel-Sakser: Engels. En as ek s dit is iemand se taal, het dit 'n dubbelsinnige betekenis: dit kan f bloot die woorde wees wat ek gebruik om in te kommunikeer, f dit kan die manier wees hoe ek kommunikeer. En gaan die manier waarop ek wil kommunikeer, nie die woorde maak wat ek nodig het om te kommunikeer nie? En is die gelykstelling van die verskynsel en die struktuur nie 'n manier om beheer te h nie, om mag te vestig nie? Is dit 'n Angel-Saksiese manier van doen? En gedagtig aan die geskiedenis van die KJV, die Britse vestiging van 'n staatskerk as teenvoeter vir die mag van die Pous oor die staat deur die Roomse Kerk en die invloed van die Latynse Bybel, lyk dit moontlik.

    Ons almal weet dat wanneer ek vir 'n kind vra "In watter gemeente is julle?" gaan ek 'n ander antwoord kry as wanneer ek vra "In watter kerk is julle?"

    Kom verskynsels van God en is dit mense wat strukture daarvoor bou? En dan kan ek nie help om te dink aan wat die kleine Anna ges het nie: "Sums were an invention of the Devil, they turned you away from the real God stuff of numbers and tied you up in a world of idiots" (Fynn 1974:119).

    Die dag toe Jesus vir Petrus ges het dat hy die rots van die kerk sal wees, was daar 'n kerk. En Jesus self het ook die kerk besoek. Trouens, het Jesus nie ook in die kerk gepreek nie? En daardie kerk was 'n struktuur met 'n ongelooflike stuk gesag en mag en 'n magdom rels en voorskrifte en leerstellings en sinagoges en ineengestrengel met 'n Sanhedrin. 'n Mag wat gekruisig het.

    Maar toe Jesus met Petrus gepraat het, lyk my het Hy nie di kerk in gedagte gehad nie. Het Jesus iets ander as hierdie soort kerk bedoel? Ooreenstemmend s M'Niele: "For Mt's Greek readers ekklesia was the only possible word to express the Christian body as distinct from the Jews" (1915:241).

    As ons 'n paar verse terug gelees het, kan ons ook 'n paar verse vorentoe lees, en dan skrik mens half as Jesus skaars klaar gepraat het oor Petrus as die rots van sy gemeente en dan draai Hy om en s vir die einste Petrus in vers 23: "Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil h nie, maar aan wat die mense wil h."

    Sommige Engelse Bybels gebruik "Get behind me, Satan!" in die betrokke vers en ook in Matt 10:4, toe Jesus met die Satan self3 gepraat het.

    Maar dan verstaan ons ook waarom daar 'n teologie is wat s die kerk gaan oor die belydenis en nie oor die mens nie, want dan:

  •   haal ek die mens en daarmee saam die Satan uit die kerk uit en word die kerk onaantasbaar. En dit behoort 'n teenstrydigheid te wees op die kerk se eie weergawe. Want hoe kan die kerk, wat Satan as 'n lewende werklikheid voorhou, haarself kwytskeld van die Satan se versoeking as dit met Jesus self gebeur het? Loop die kerk nie dan die risiko om Jesus-verhewe te wees nie?

  •   hoef ek wat namens die kerk praat, nie verantwoordelikheid te aanvaar dat wat ek hier doen, eendag met my gaan saamloop hemel toe nie. Ook as ek oordeel soos Water (2003:943) s: "What is conferred on Peter here is not the authority to determine who is guilty and who is innocent, but just the responsibility to announce this." En dan kyk ons meteens vas in die gesig van die nuwe uitverkorenes. En Water help ons nie om te s hoe hy dink dit werk nie.
  • En as ek dit alles gedoen het, het ek die kerk aangestel tussen God en die mens. En dan het die kerk die reg van weg voor die mens, en as ek dan nou deel is van die kerk, eis ek daardie reg ook vir my op. Die reg van weg, bo ander ... hemel toe. En soos 'n vriendin s, dis mos maar mens om te dink ek het die reg van weg, of dit op die pad is, by die werk, in die huis of waar ook al. Maar ek het die reg ... want ek is reg.

    En die kerk se ampsdraers? En as hulle die dag 'n fout maak soos ons gewone mense? En hul gades? Waar l hulle? En as jy 'n bekende emerituspredikant, wat baie goed lyk vir sy ouderdom, kirtsregop met sy baadjie oor sy skouer in 'n winkelsentrum sien stap, en sy vrou vyf tre agterna slof, want die ouderdom het haar nie so goed behandel nie? Is hy bo haar aangestel? En die liefde, ook God s'n? Of is ek nou besig om hom te kruisig omdat ek vergeet het, of hy my laat vergeet het, hy is 'n gewone mense soos ek en hy het nie nodig om gekruisig te word nie want Jesus is klaar, ook vir hom?

    Die teolo leer dat Matteus 16 'n belangrike oorgang in die evangelie is. Iets van die einde van Jesus se binnebediening aan sy dissipels in vers 20 en die begin van sy buitebediening aan die mensdom in vers 21.

    In hoofstuk 10 stuur Jesus die dissipels uit en die mense se reaksie was nie baie positief nie - Matt 11:19, 12:24, 13:57, om 'n paar te noem - en nou in hoofstuk 16 vra Hy vir hulle wat s die mense van my, en wat s julle? En wat Petrus antwoord, is anders as wat die mense s en dan s Jesus hy wat Petrus is, het dit wat hy s, by God geleer.

    Maar Petrus was nie die eerste wat ges het Jesus is die Seun van God nie. Reeds in Matt 14:33 lees ons dat die dissipels ges het: "U is waarlik die Seun van God." En ons lees nie dat Jesus daarop gereageer het nie. Moontlik is die verskil tussen wat die dissipels hier s en wat Petrus s:

    - dat Petrus byvoeg "lewende" God

    of

    - dat wat die dissipels ges het, moontlik 'n blote emosionele reaksie was nadat Jesus hulle van die storm gered het.

    Maar miskien is dit nie belangrik nie. Miskien is die verskil wat Jesus s dat God Petrus geleer het. En dan dink mens aan:

    Jesus s toe vir hulle: "Moenie so onder mekaar mor nie. Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie; en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. By een van die profete staan daar geskrywe: 'En hulle sal almal mense wees wat deur God geleer is.' Elkeen wat na die Vader geluister en van Hom geleer het, kom na My toe" (Joh 6:43-45).

    En s die Bybelvertalers die profete-gedeelte waarna verwys word kry ons in Jes 54:13:

    Al jou inwoners sal leerlinge van die Here wees, en hulle sal altyd vrede geniet.

    En dan raak Luz se kwalifikasie hier bo oor wat die rots is waarvan Jesus gepraat het, bloot akademies interessant, maar maak dit die deur oop vir een groep met meer regte om bo 'n ander aangestel te word. Miskien gaan dit nie oor wie dit is nie maar waar kom dit vandaan. En meteens is ons op dun ys, ongelooflik dun ys. Want het jy by dieselfde God as ek geleer? Het ek nie geleer (by mense?) God werk anders nie? Of het jy van mense geleer? Het God my nie anders geleer nie? Het jy van die God van die kerk geleer? Of het jy van die God van die wreld geleer?

    Moontlik kan ons s dat dit gaan oor die Petrusse wat Jesus as die Seun van God bely, nie omdat 'n mens hulle dit geleer het nie maar God self. Die mens wat tuis is by God. Di wat tuis is met God. Om veilig te wees by God. En wie is dit? Ek weet nie. Tensy ek Jesus self probeer speel en kan weet wanneer het God aan wie wat geleer.

    En dan dink ons aan wat Minear (1982:96) s: "Matthew was more interested in the fact that only God had been able to disclose to human beings the truth that this man who was bound for the cross ... was actually fulfilling his role as God's son."

    Wat moontlik hier gebeur het, is dat Jesus vir Petrus ges het: "Jy is gelukkig God het jou laat verstaan wie Ek is, en nou kan jy my help." En toe Jesus in vers 21 s hoe Hy doen, s Petrus: "Nee beslis nie." En "Peter joins the religious elite in preferring 'human precepts' to God's will (Matt 15:94)" (Carter 2000:343).

    En dan wonder mens meteens of Jesus nie geweet het nie dat die mens (Petrus) wat Jesus as Seun van God bely, soos deur God self geleer, vir wie Jesus s di is die rots waarop die kerk gebou gaan word, die volgende oomblik die Satan self gaan wees want ons dink nie aan wat God wil nie, maar aan wat die mense wil.

    En Petrus bly interessant

    • Was dit nie hy wat, voortvarend, toe Jesus op die see geloop het ook wou nie? En toe Jesus vir hom s kom en hy dit doen, sink hy omdat hy bang was (Matt 14)!

    • Was dit nie hy wat, toe Jesus na sy opstanding aan sy dissipels verskyn het en een s "Dit is die Here" sonder om te kyk, ondeurdag in die water gespring het (om vinniger by die Here te kom?) nie (Joh 21)?

    • Was dit nie hy wat, nuuskierig, wou weet wat met die ander dissipel gaan gebeur nie? En Jesus hom moes antwoord: "Dis nie jou saak nie, volg jy My" (Joh 21)?!

    • Was dit nie hy wat namens Jesus die verkeerde antwoord gegee het nie (Matt 17)?

    • Was dit nie hy wat, nadat die ryk jongman bedruk van Jesus weggestap het, 'n teenprestasie van Jesus gevra het nie (Matt 19)?
    • Mens sou selfs ook kon wonder of dit nie hy was wat die stryery begin het oor wie is die belangrikste in die koninkryk nie (Matt 17-18).
    • Was dit nie hy wat die arme Malgus se oor afgekap het toe hy wat Petrus is, dink hy beskerm Jesus nie en Jesus vir hom moes s: "Sit jou swaard terug in sy plek, want almal wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom. Of dink jy Ek kan nie my Vader om hulp vra nie? Hy sal dadelik vir My meer as twaalf legioene engele beskikbaar stel" (Matt 26:52(b)-53 en Joh 18:10-11)? (En dan hoor mens as iemand na Gandhi verwys wat in sy lydelike verset ges het dat geweld (negatief) nie met geweld (negatief) beantwoord moet word nie en dan wonder mens of Gandhi dit in die Bybel gelees het.)

    • Was dit nie hy wat vir Jesus ges het: "Al laat almal U in die steek, ek sal nie"? En ons weet hy het - nie een keer nie, maar drie (Matt 26)!

    • Was dit nie hy met wie Paulus openlik verskil het toe hy, Petrus (Sefas), wat self 'n Jood was maar nie meer soos 'n Jood geleef het nie, mense wat nie Jode was nie, wou dwing om te lewe asof hulle Jode was (Gal 2:11-14)? Sien ook Joh 1:42 NAV of Joh 1:43 OAV en ook 1 Kor 3:1-9.

    Dit bly tog vreemd dat Jesus weet, en dit s, dat Petrus hom gaan verlon (Matt 26:34) en Petrus doen dit (Matt 26:69-75). En dieselfde Jesus het in Matt 10:33 ges: "Maar hom wat My voor die mense verlon, sal Ek ook verlon voor my Vader wat in die hemel is." En dan verstaan mens verlon seker in iets soos "misken" of "ontken".

    En dit lyk of Petrus by was toe Jesus ges het wat Hy ges het in Matt 10:33, en dan laat Jesus ons weer vashaak:

    • Is hierdie nie die woorde van Jesus nie?
    • Of het Jesus toe Hy dit ges het, nie geweet wat voorl nie? En as dit so is, is Jesus God?
    • Of het Jesus Petrus vergewe omdat Petrus berou gehad het, omdat Hy God is? En Judas se berou?
    • Of het Petrus se belydenis sy latere verloning geneutraliseer? Maar Judas het dit ook al bely?
    • Of het Jesus se oorwinning van die dood die verloning onmoontlik gemaak?

    Mens weet nie. En oor elke moontlikheid, en 'n paar meer, kan mens seker duisende woorde skryf. Wat die Bybel ons vertel, is dat Jesus, nadat Hy die dood oorwin het, vir Petrus drie keer gevra het: "Het jy My lief?" (Joh 21:15-19). En die Bybel vertel ons ook dat Judas nie Jesus se opstanding beleef het nie (Matt 27:3-10) en Jesus nie vir Judas dieselfde kon vra nie.

    En dan wonder ek: Gaan dit oor wat ek doen of oor wat God doen? Of eerder: gaan dit oor ek wat eerste doen of God wat eerste doen? Wie klop eerste, ek of God? Hoor ek as God aan my deur klop? En weet ek ek is onvoorwaardelik aanvaarbaar vir God want Jesus het my so gemaak?

    En die dag wat ek goed doen en goed s en iemand kyk my so en s: "Ja, fools rush in where ", dan sien ek myself in die Petrus van die Bybel en onthou wat Jesus hom gevra het. Maar mag ek my met Petrus vergelyk? Die kerk het hom dan heilig gaan verklaar en nie vir my nie.

    Maar miskien mg ek my met Petrus vergelyk, want daar was ook 'n tyd dat Petrus ges het: "Gaan weg van my af, Here, want ek is 'n sondige mens" (Luk 5:8). En rens tussen wat Petrus hier s tot waar Petrus Jesus herken, is God op God se manier besig om my te leer.

    Maar miskien is ons nie op dun ys nie, tensy ek myself as Petrus die heilige sien. Is dit wat die kerk probeer doen? Is dit wat ek deur die kerk probeer doen?

    Is dit moontlik dat Jesus vir ons iets kon s van:

    God het jou geleer wie Ek is en nou is jy deel van 'n groep op wie die dood nie 'n invloed het nie, en ek maak die hemel vir jou oop, en dit wat jy in jou aardse lewe doen hou verband met jou lewe hierna; en nou gaan Ek jou vertel hoe Ek doen, maar as dit nie vir jou sin maak nie, moet nie in my pad staan nie, want onthou: jy verstaan nie alles van God nie.

    En dan is ons terug by die vraag: Wat beteken

    • God
    • Ek - Jesus
    • Groep - Kerk/gemeente/gemeenskap
    • Dood
    • Hierdie lewe
    • Die lewe hierna - Hemel/hel
    • Ekself - die mens
    • Die wil van God
    • My wil, die wreld se wil - Satan?

    En oor elkeen is daar 'n dogma of tien, maar dit is 'n ander onderwerp.

    Matt 16:19 is besonder mooi in The Message van Eugene H Petersen (Navpress Colorado VSA 2002).

    En terloops, al lyk dit van buite so, en al dink skrikwekkend baie mense (lyk my selfs van di wat dit verkoop), Die Boodskap onder redaksie van Jan van der Watt en Stephan Joubert (Christelike Uitgewersmaatskappy, Vereeniging 2002) is 'n Afrikaanse weergawe van The Message, blyk dit op die inhoud af nie so nie en kan mens net vertrou die ooreenstemmende buiteblaaie is seker eerder 'n toevallige vergissing as 'n bewustelike een.

    Dat die twee weergawes nie dieselfde is nie, is duidelik in die verskillende weergawes van Matt 16:19.

    The Message (p 1777):

    And that's not all. You will have complete and free access to God's kingdom, keys to open any and every door: no more barriers between heaven and earth, earth and heaven. A yes on earth is yes in heaven. A no on earth is no in heaven.

    Die Boodskap (p 1195):

    Ek gaan ook vir jou die sleutels van God se nuwe wreld gee. Jy kan nou die pad daarheen vir ander mense oopsluit en toesluit. Jy moet in my Naam vir mense s hoe om daar te kom. Op hierdie manier sluit jy dan die deur na God se koninkryk vir hulle oop. Wanneer hulle nie na jou wil luister nie, moet jy vir hulle s dat God se oordeel op hulle rus. So sluit jy dan die deur soontoe vir hulle toe.

    The Message se weergawe is 'n ongelooflike verantwoordelikheid sonder enige mag en Die Boodskap se weergawe is 'n ongelooflike reg met alle mag.

    Ja, lyk my so verskil een Bybel van 'n ander, maar dit is 'n ander onderwerp en dit bly 'n ope vraag: Word Bybelvertalers genspireer wanneer hulle doen wat hulle doen?

    En ja, hierdie gedeelte van Die Boodskap klink (gevaarlik?) baie na Sondag 31 van die HK.

    Oor Die Boodskap se weergawe van Matt 16:18, net die volgende opmerkings:

    • Ekklesia word ook genterpreteer as "kerk", soos wat reeds hier bo bespreek is.
    • Die "poorte van die doderyk" (OAV) en "magte van die doderyk" (NAV) word genterpreteer as "hel".
    • Wat lyk na 'n moontlike eerste in die Bybel is om wie of wat "Petrus die rots" verteenwoordig (gedagtig aan die oorweging hier bo), te interpreteer as "belydenis".

    Is Die Boodskap nie geskryf deur 'n bepaalde teologie vir 'n bepaalde leser nie? En wat sleg is (as dit so is): as ek daarvan verskil, dan "verskil ek van God". Ja, dit is sleg, want by wyse van spreke: as ek myself mre as Petrus ervaar, gaan stig ek my eie kerk en dan maak ek die hemel vir jou oop of toe. En lyk my ons mense dn dit; en of ander dit weet of nie, ons maak geld daaruit.

    1 Die bronnelys verskyn in die eerste aflewering van die reeks.
    2 Openbaring 3:14-22.
    3 Dit bly interessant dat ek nog nooit 'n drukgroep tegekom het wat beswaard is as mens na Satan in die manlike verwys nie.
    4 Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie.



    LitNet: 14 Oktober 2004

    terug    /     boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.