Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

"Maar wie de hel dink die kerk is die kerk?" Deel 21

Hendrik Venter

was eers betrokke in die koerantwese, toe prokureur en tans 'n adviseur vir Livinsure wat hul beywer vir die regmatige verdeling van boedelbates onder veral minderbevoorregtes. Van sy bydraes oor godsdiens het verskyn in Die omstrede God.
  Hendrik Venter

Gee Johannes die kerk die reg om namens God te vergewe of nie te vergewe nie?

Hendrik Venter

Die eerste Bybelgedeelte waarna Sondag 31 van die Heidelbergse Kategismus (HK), wat oor kerklike tug handel, verwys is, is die woorde in Johannes, wat Jesus aan sy dissipels gesÍ het na sy opstanding.

Johannes 20:21-23 lees:

(21) "Vrede vir julle!" sÍ Hy weer vir hulle. "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook." (22) Nadat Hy dit gesÍ het, blaas Hy oor hulle en sÍ: "Ontvang die Heilige Gees! (23) As julle vir mense hulle sondes vergewe, word dit hulle deur God vergewe; as julle dit nie vergewe nie, word dit nie deur God vergewe nie."

OŽnskynlik eis die HK die reg tot tug op, op sterkte van vers 23.

  • Dit is interessant dat die woord "God" nie in vers 23 in die OAV (die ou Afrikaanse vertaling van die Bybel, 1953-uitgawe) voorkom nie en ook nie in die vertalings van onder andere die KJV (King James Version), NIV (New International Version) en die State Bybel (Nederlandse vertaling) nie. 'n Vinnige kyk laat die indruk dat die byvoeging van "God" in die betrokke vers vanaf Die Lewende Woord in 1982 by Afrikaanse Bybels voorkom.
  • Die OAV lees: "As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou."
  • Kan ons vra: Wie word nie deur God vergewe nie? Teen wie word dit gehou?

Wanneer dit by die boek Johannes kom, is dit goed om te onthou dat dit anders is as die ander evangelies. En seker was die skrywers van die HK ook bewus daarvan dat Johannes anders is. Mens kry ook die indruk dat die leser van Johannes op een van twee maniere reageer: ůf dit gee my meer regte ůf dit vat van my regte weg. Maak Johannes my nederig of stel dit my bo ander aan? Pas ek dit wat ek in Johannes lees toe op myself of op ander? En miskien is die vraag: Hoe het die HK-skrywers Johannes gelees?

Dat die Johannes-evangelie gelaai is met bagasie en aktueel kontroversieel is, blyk duidelik uit die werk van die hoŽprofiel-teologie van die Jesus Seminar.

Blomberg (2001:17) verwys krities na Maurice Casey wat tot die gevolgtrekking kom dat die Johannes-evangelie

... is profoundly untrue. It consists to a large extent of inaccurate stories and words wrongly attributed to people. It is anti-Jewish, and as holy scripture it has been used to legitimate outbreaks of Christian anti-Semitism.

Volgens Blomberg loop hierdie benadering van Casey deur die werk van die Jesus Seminar, want volgens hulle is slegs drie van die aanhalings van Jesus in Johannes moontlik die woorde van Jesus, naamlik Joh 4:442 (Funk 1993:412), Joh 12:24-253 (Funk 1993:441) en Joh 13:204 (Funk 1993:445). En dan word Jesus maar net nog 'n (Joodse) wysgeer of wysheidsleraar en ook nie noodwendig baie oorspronklik nie.

As Casey dan korrek is dat die boek Johannes anti-Joods is, is die vraag of die wegwys van Johannes nodig is om 'n meer pro-Joodse klimaat te skep. Sou dit waar wees, dan kan verstaan word waarom JudaÔsme aanklank vind by die werk van die Jesus Seminar (soos al op hul webbladsye gerapporteer), want sodra Jesus net nog 'n besonderse mens gemaak word, neem dit JudaÔsme se slaaplose nagte weg.

Tot die mate dat Johannes dan wel anti-Semities is, slaan dit seker nie op die persůůn van die Semiet nie - of dit nou Jood of Arabier is - maar op die Semitiese godsdienste wat sÍ jy kan jou eie verlossing bewerkstellig hetsy deur die Tora - Moses se wette - of deur die Koran.

Iets van die andersheid van Johannes sien ons in die woorde van Spangenberg:

Die uitspraak "Ek is die weg, die waarheid en die lewe" kom in die Johannes-evangelie voor (Joh 14:6) en is nie deur die historiese Jesus uitgespreek nie. Die skrywer van die Johannnes-evangelie het dit in Jesus se mond gelÍ om daardeur te beklemtoon dat die Christene wat nou uit die sinagoges verdryf word nie meer die Wet as oriŽnteringspunt gebruik nie. Die wet is nie meer vir hulle die weg, die waarheid en die lewe nie, maar Jesus is dit vir hulle Ö Die Jesus van die Johannes-evangelie is 'n Jesus met totaal ander karaktertrekke as die Jesus van die sinoptiese evangelies.

Op die oog af klink hierdie aanhaling in lyn met postmoderne denke, wat hoog loop, maar die onderstaande in dieselfde artikel laat 'n vraagteken, want al is Johannes anders, is dit nie juis die bymekaar bring en nie die afskeiding van die vier evangelies wat postmodern sou kon wees nie?

Wanneer mens oor Jesus se goddelikheid wil skryf, is daar twee benaderingswyses. (1) Mens kan dit "van bo" benader en 'n verhewe Christologie daarstel. (2) Mens kan dit "van benede" benader en 'n aardse Christologie daarstel. Hierdie twee benaderings het hulle wortels in die Nuwe Testament self. Die skrywers van die sinoptiese evangelies werk met 'n benadering "van benede", terwyl die skrywer van die Johannes-evangelie en Paulus met 'n benadering "van bo" werk (Ö) So werk die "nuwe hervormers" met 'n aardse Christologie ('n Christologie van onder).

Moontlik dra hierdie metodiek, om met die Bybel om te gaan deur dit sů in histories materiŽle konteks te lees (van onder, aards, tydelike - wat was die fisiese omgewing tydens die terwoordstelling?) daartoe by dat die histories spirituele konteks (van bo, verhewe, ewige - wat was die geestelike omgewing tydens die terwoordstelling?) verlore gaan. En is dit miskien ook iets van die verskil om histories te dink en histories te beleef.

En ironies genoeg kan die vraag seker gevra word of die Johannes-teologie van die tradisionalisme, en diť van die Jesus Seminar, dogmaties dan nie in dieselfde sirkel beweeg nie? Is dit 'n geveg oor wie is reg en wie nie? Is die Jesus Seminar se wegwysing van Johannes nie 'n noodwendige aardse reaksie op die tradisionaliste se aardse toepassing daarvan nie? Is dit hier in Suid-Afrika iets soos 'n binnegeveg tussen die nuwe uitverkorenes en die nuwe hervormers?

Om Johannes se geloofwaardigheid al dan nie te wil bepaal aan die hand van die historiese gemeenskaplikhede met die ander evangelies mag moontlik didakties korrek wees in die wetenskap, maar met 'n geestelike bril is dit moontlik 'n poging om appels en pere te vergelyk.

Met ander woorde, as ek met Jesus op 'n aardse manier omgaan, gaan dit oor feite, en as daar een feit is wat seker waar is, dan is dit dat ons weet feite het die manier om te verskil, nie net vir die oomblik nie, maar veral ook oor tyd. (En as ek dit nie wil erken nie, dan het ek nog nie geleef nie of is ek oneerlik met myself.) En om voor te gee dat die feite wat ons nou verstaan, noodwendig die toets van die tyd gaan deurstaan, is seker domastrant. En omdat feite verskil, is dit uitsluitend tot mekaar en dan moet die een se wins die ander een se verlies wees en dan trek ons tou - en dit lyk my nie is postmodern nie.

Met ander woorde, hoekom wil ek Jesus verklaarbaar maak? Het ek nodig om Jesus te verklaar om hom tot my voordeel te kan gebruik? En as ek dit gedoen het, gaan ek noodwendig iemand anders benadeel en dan sal my verklaring noodwendig bevraagteken moet word.

Met ander woorde, en oordrewe ordentlikheid maak dit nou langdradig: Sou die tradisionalisme gedoen het wat al gedoen is in die naam van Jesus en die kerk as die boodskap van Johannes nederig gelees is?

Bly die vraag nie: "Waar loop ek vir Jesus raak?" nie? In die onbekende van die verlede wat ek (en as ek daar was, kan ek dit nie onthou nie) moet probeer verklaar om te kan verstaan? Of in die bekende nou van my eie lewe wat ek nie hoef te verklaar nie maar verstaan want ek het dit beleef?

Dit is interessant om te sien wat iemand soos Calvyn oor Johannes te sÍ gehad het:

... maar de leer, die ons de kracht en de vrucht van Christus' komst laat zien, komt toch in dit Evangelie veel klaarder te voorschijn dan in de anderen. En waar aller gemeenschappelijk doel is ons Christus voor te stellen, daar brengen die eersten, als ik 't zoo zeggen mag, meer het lichaam en Johannes meer de ziel op den voorgrond. Daarom zeg ik gewoonlijk, dat dit Evangelie de sleutel is om de deur te openen tot recht verstand der anderen.

Calvyn het nie 'n antwoord waarom Johannes dan die laaste van die vier Evangelies is nie, maar sÍ:

... oorzaak wel gehad hebben in den tijd, waarin hij geschreven had, maar bij het lezen is de tegenovergestelde orde nuttiger, opdat wij, alvorens bij Mattheus en den anderen te lezen, dat Christus ons van den Vader gegeven is, uit Johannes leeren tot welke doel Hij ons geopenbaard is (1553:9).

En terloops, as dit van belang sou wees: ek is nie noodwendig die grootste naloper van Calvyn wat rondloop nie - allermins. En as ek nou meer van die teologie geweet het en tyd gehad het, sou mens dalk iets kon skryf soos: "Is Calvyn die grootste teoloog sedert die Hervorming?" want mens staan verstom tot welke mate die kerk tot vandag nog Calvyn se goedkeuring soek. Miskien, gedagtig daaraan dat hy eerstens 'n juris was, wil Calvyn moontlik net "die grootste regsgeleerde van die kerk sedert die Hervorming" wees. En miskien is dit 'n manier om sy Institusie te lees. Want die taal wat hy hier bo gebruik en die taal wat hy in die Institusie gebruik, is diť van twee wÍrelde.

Anders as Calvyn is Blomberg (2001:283 ev) van mening dat Johannes 'n voortbouing van die ander evangelies is, gerig op 'n bepaalde gehoor. Blomberg aanvaar die leser se voorkennis van die ander evangelies vir 'n verstaan van Johannes.

Ja, mens kry die indruk dat die Evangelie volgens Johannes die siel van die evangelies is. Mens kry die indruk dat Johannes nie werklik betekenis het as jy dit nie met jou siel lees nie. En dit is moeilik om te verduidelik, en dit kan miskien uitsluitend, aanmatigend ("ek's reg en jy's verkeerd") ervaar word, maar dit is nie, tensy die individualiteit van die menslike siel ontken word.

Om Johannes met jou siel te lees hou verband met die benadering wat gevolg is met die tuisbring van die verskillende evangelies in die psigiese kwadrant waar jy jou godsdiens ervaar, soos bespreek in "Kom ek vertel jou meer van my God" in die gedeelte onder die opskrif "Christelike perspektief" op God@LitNet, (http://www.mweb.co.za/litnet/god/venter04.asp)

Miskien is daar is 'n stuk mistiek in Johannes wat nie van buite ervaar kan word nie.

Calvyn (1553:836-839) eis nie op sterkte van hierdie Bybelgedeelte enige reg tot mag vir die kerk op nie, en ook maak hy dit nie van toepassing om te onderskei tussen lidmate van die kerk nie. Aan die eenkant sÍ hy dat die vergiffenis die kern van die Evangelie saamvat en aan die anderkant oor die veroordeling "dat de ongeloovigen aan den eeuwigen dood vervallen".

Boice (1979:311 ev) is van mening dat juis die verskillende hantering van die betrokke vers deur die Roomse en Protestantse tradisies 'n grondliggende verskil tussen die twee is, want dit is op sterkte van hierdie vers dat die Roomse dogma van "absolution of sin" sekere regte aan bepaalde Roomse priesters toeken.

Moet mens nie dalk wat Jesus hier in Joh 20:23 sÍ, lees met iets soos Job 35:6-8 en Matt 6:14-15 in gedagte nie?

Elihu sÍ in Job 35:5-8: "Kyk op, kyk na die hemel, kyk na die wolke hoog bokant jou: as jy sondig, wat doen dit aan God, as jy baie keer oortree, hoe raak dit Hom, as jy sonder sonde is, wat baat dit Hom, wat kry Hy van jou? Jou sonde raak jou medemens en jou onskuld raak jou medemens." En ons kry die indruk dat wat Elihu sÍ, God se goedkeuring wegdra. Sien "Is dit moontlik dat daar net een God is?" op God@LitNet.

En Jesus sÍ in Matt 6:14-15: "As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie."

Miskien kan die boodskap van hierdie gedeeltes van die Bybel wees:

  • Elihu sÍ ons verkeerd doen (sonde) raak mekaar, en dan sÍ Jesus die bal is in die een wat benadeel is se hand om ůf te vergewe ůf nie te vergewe nie. En ook sÍ Jesus dat as die een dan nie vergewe nie, sal die nievergewing diť een - wat benadeel is - te laste val.
  • En nou wat doen ek as Christen indien ek die Bybel naloop? Ek vergewe die een. En as ek dan nou nie die een kan of wil vergewe nie, of as ek dit teen die een "hou" soos die Ou Vertaling sÍ, benadeel ek myself, want my nievergewing word (teen my) gehou. En dit benadeel net myself. Is dit 'n moontlikheid van wat Jesus sÍ?

En wat dan nou van die een wat my benadeel het? Wat moet diť een doen? Afhangend van my uitgangspunt kan dit seker iets van die volgende wees:

  • ek weet mos nou nie of God nie reeds diť een vergewe het nie, want dit is immers tussen God en daardie een; en/of
  • daar is geen veroordeling vir diť wat in God is nie; en/of
  • ons sonde raak God nie; en/of
  • God sal diť een straf; en/of
  • ek moet nie oordeel nie, ens - maar meer daaroor later.

En vir 'n oomblik, gedagtig aan wat nou in die kerk gebeur, wonder mens of die kerk nie nou die las dra van selfbenadeling deur diť se onvermoŽ om te vergewe - deur lidmate se sondes teen hulle te hou - deur een of ander sanksie nie. Die kerk se onvermoŽ om dit te doen wat sy van haar lidmate verwag.

Of ons dit bewustelik doen of onbewustelik, uitdruklik of by implikasie, weet ek nie, en of dit die gees van die HK in Sondag 31 is, weet ek ook nie, maar lyk my dit is die mens se aard. Gee dit wat Jesus in Joh 20:21-23 sÍ vir my die reg om namens God ander te vergewe of nie, of gee dit my die verantwoordelikheid om God se vergewing aan my aan ander uit te leef?

En lyk my hoe verder God die pad met my loop, hoe meer word Jesus gekruisig en ek al minder, en hoe meer gaan my onvoorwaardelike aanvaarding van Jesus se verlossing word, en hoe meer gaan ek besef waarvoor ek vergewe is en hoe meer gaan ek ander wil vergewe.

Waarvoor het die Vader Jesus gestuur, soos wat Jesus sÍ Hy ons stuur? Het die Vader Jesus gestuur om te vergewe of om nie te vergewe nie? Leer die kerk nie dat Jesus sy lewe gegee het om die wÍreld se sondes te vergewe nie? En Jesus het ook hier die Heilige Gees gegee vir diť wat Hy sÍ Hy stuur, want dit lyk my ons moet nogals weet van die Heilige Gees om te kan vergewe. Om nie te vergewe nie, lyk my doen ons sommer sigselwers. En miskien, ja, moet ek dan maar meer die Gees daarvoor gebruik as om ander bang te maak.

Volgens die ESS-model5 sal die werking iets van die volgende wees:

Iemand doen iets aan my wat ek voel my benadeel, wat ek as negatief ervaar. Omdat dit negatiewe energie is, gaan my siel horisontaal na 'n diagonale kwadrant (my eie onbekende) en is ek uit balans en kan ek op een van twee maniere weer in balans kom:

  • Ek (my siel) kan my eie onbekende vermy (onbewuste gedrag) en horisontaal reaktief reageer en doen wat ek emosioneel moet, en:
    • Onordentlik wees (my spanwydte van gedrag en onvoorspelbaarheid dieselfde hou), risiko van gedrag openbaar, en sÍ vat so, en van die negatiewe energie ontslae raak deur dit net terug te stuur en ek is gelukkig want ek voel weer in balans. En die energie bly negatief; dit lÍ nou net terug vanwaar dit gekom het, maar dit is nie my probleem nie. En om so te doen, as dit is hoe ek myself (bewustelik) in stand wil hou, is sekerlik nie altyd onnodig nie, want dit kan 'n manier wees om op 'n gesonde manier grense te trek.

      Of:
    • Oorordentlik wees (my spanwydte van gedrag en onvoorspelbaarheid vergroot), glimlag asof niks gebeur het nie (maar snaaks, my oŽ gaan nie saamspeel nie) en die negatiewe energie in my eie onbekende bÍre en stuk-stuk daarvan ontslae raak - die hang-ups of grudges of aggressie, of wat mens dit ook al noem - om weer in balans te voel, gewoonlik teenoor die siele wat sal of moet verstaan dat ek nie altyd wil glimlag nie - hulle wat die naaste aan ons is. En die energie bly negatief.
  • Ek (my siel) kan spiritueel doen deur te sien hier gebeur iets wat ek nie verstaan nie, my eie onbekende verken (bewuste gedrag) en dan saam met my Gees (die Gees van God wat in my is) vertikaal in die spiraal deur die verskillende kwadrante beweeg (my spanwydte van gedrag en onvoorspelbaarheid verklein) en dan leer ek weer iets, en ek verstaan wat gebeur en dan stuur ek positiewe energie uit, en omdat wat ek uitstuur, anders is as wat ek ontvang het, is ek proaktief.

Om spiritueel of geestelik te reageer is, lyk my, wat ek deur die woorde van Jesus oor vergewing in die Bybel lees. As ek die sonde aan my gedoen (negatiewe) bymekaar maak en nie vergewe nie, bly dit negatief en my spanwydte van gedrag word vergroot en ek benadeel net myself en God (die lewe) gaan my met nievergewing (negatief) hanteer. Maar as ek die sonde vergewe (positief) word my spanwydte van gedrag verklein en lyk my gaan God (die lewe) my met vergewing (positief) hanteer.

Is dit moontlik dat die Jesus van die Bybel so prakties is vir geestelike gesondheid of harmonie of balans of positiewe energie of wat mens dit ook al wil noem? Of mag mens nie so prakties met die Bybel omgaan nie? Of was dit nie waarvoor Jesus aarde toegekom het nie? Of was die mens Jesus maar net 'n naÔewe idealis? En meteens haak ons by Jesus vas. Maar Jesus is 'n ander onderwerp.

Moontlik is die Belydenisskrif se toepassing van Joh 20:21-23 'n bedekte nalatenskap van 'n ou Roomse invloed. Iets van: wat volgens die Roomse Kerk die reg van sekere priesters was om die sonde te vergewe, nou die reg is van enige een in die kerk wat daarop aanspraak maak. Ek weet nie of dŪt Jesus se boodskap was nie.








1 Die bronnelys verskyn in die eerste aflewering van die reeks.
2 Hy (Jesus) het self verklaar dat 'n profeet nie in sy eie land geŽer word nie.
3 DŪt verseker Ek (Jesus) julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterwe nie, bly hy net een; maar as hy sterwe, bring hy 'n groot oes in. Wie sy lewe bo My liefhet, verloor dit; en wie sy lewe in hierdie wÍreld nie bo My liefhet nie, sal dit vir die ewige lewe behou.
4 Dit verseker Ek (Jesus) julle: Wie iemand ontvang wat Ek stuur, ontvang My; en wie My ontvang, ontvang Hom wat My gestuur het.
5 Emosionele-spirituele spiraal. Die model word kortliks bespreek in LitNet se boek Die omstrede God (uitgewers African Sun Media). 'n Meer volledige boek oor die gebruik van die model word deur die skrywer in die vooruitsig gestel.



LitNet: 27 September 2004

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.