Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Nuwe Hervorming (2)

Kan die Nuwe Hervorming die wat ontredder is, heel?

Hendrik Venter

In ’n vorige aflewering het die klem meer geval op die proses om gesond te word vir die wat in sigbare nood is. Jy kan sien die een kry swaar of hul optrede sÍ “Ek het hulp nodig” (die wat nie kos of klere het nie, of wat elke aand in vrees gaan slaap sonder ’n deur wat kan sluit, sonder diefwering, sonder ’n alarm, of wat opsigtelik eensaam en alleen is, of wat slaan en geslaan word, verkrag of steel). Die wat hieroor siek/ongesond/uit balans is. Dit is ’n meer onbewuste proses wat begin met die erkenning: “Ek kan nie verder so aangaan nie” (die in die onderste gedeeltes van Maslow se piramide).

In hierdie gedeelte gaan dit meer oor die proses van die wat oŽnskynlik alles het, maar verwar of ontredder is. Die wat nie vloek of drink of hul gades aanrand of iemand verneuk of iets doen wat hulself of ’n ander te na kom nie, dus nie onbehoorlik lewe nie. (Amper soos om nie ’n fout te maak nie.) Maar ten spyte van dit alles is daar iets wat kort, iets van ’n onvergenoegdheid. Hier gaan dit meer oor die wat nie selfgenoegsaam is nie en dŠŠrom siek/ongesond/uit balans is. Dit is ’n meer bewuste proses van “Ek wil nie verder so aangaan nie” (die in die boonste deel van dieselfde piramide).

(Nota: Maslow se hiŽrargie van behoeftes word nie gebruik as absolute ondersteuning van sy proses tot geestesgesondheid nie, want hy beperk die inherente dinamika van die siel om gesond te wil wees, en daar is sekerlik genoeg voorbeelde om aan te toon dat dit nie noodwendig lewensgetrou is nie. Dit word bloot gebruik as ’n handige, bekende wyse vir die benoeming en identifisering van ’n min of meer homogene groep.)

Is dit nie die ergste graad van nood, om ontredder te wees nie? Jy het alles gedoen wat ’n goeie of respektabele mens kan doen. Jy het alles probeer wat jy gedink het jou vrede sal gee, maar jy is steeds nie daar nie. En is dit nie moeiliker om hierdie soort nood aan te spreek nie? Dit is immers makliker om iemand tien rand of ’n bord kos in die hand te stop en so die nood te verlig as wat dit is om iemand wat alles het, troos vir die siel te bied.

Is hoe dit dan alles begin, nie minder belangrik as waar dit eindig nie? En is die einde nie maar een en dieselfde ding nie? Om uit balans te wees. Om uit balans te bly.

Dit is opvallend dat van die deelnemers aan die gesprek (oor die vraag of die Nuwe Hervorming ons kan gesond maak) sterk onderskei tussen bietjie siek wees en baie siek wees. Is dit nodig om dit te doen? Is dit nodig om met etikette die spontane aanklop om gesond word (’n erkenning dat iets nie lekker is nie) te inhibeer met ’n voorafgaande proses van selfminagting? En is dit nie weer die begin vir selfverwyte en skuldgevoelens nie, dit wat die potensiaal het tot ontkenning? (“Ek was gisteraand dronk en het my vrou geslaan — hoe siek is ek, kan ek dit vir iemand vertel?”; of: “Ek het geen materiŽle tekorte nie en ’n wonderlike gesin, maar ek is onvergenoeg — hoe ondankbaar is ek nie, kan ek dit vir iemand vertel?”) Waar kom dit alles vandaan; waar het ons dit geleer?

Maak dit nie die lewe vir ons en die rondom ons baie makliker wanneer ons erken dat ons ’n siekte het of nie in balans is nie, watter graad daarvan ook al? Die tragedie is dat indien ons versuim om dit te erken, ontneem ons onsself die voorreg om ’n spirituele reis te onderneem om die pad na balans te leer ken.

Is daar nie ongelooflik baie uit die Christelike tradisie wat meer en meer hierdie ontreddering ervaar nie? En waarheen gaan hulle? Nie na ’n spirituele tuiste waar ’n emosionele gevoel oorheers nie (charismaties); nee, na ’n spirituele belewenis waar die mistiek oorheers — daar waar die Oosterse godsdienste tradisioneel is. En is dit nie waar dat statistiek toon dat die Boeddhisme al meer die geloof van die “denkende Christene” word nie? (Nie dat daar nie ook Christelike kerke is wat sterk klem plaas op die mistiek van God nie, byvoorbeeld die Lutherse Kerk en die Roomse Kerk.)

Die argument raak langdradig. Die feit is, daar is baie wat die hoogste sport in vele opsigte bereik het maar diť een ding ontbreek: vrede van die siel. Is dit nie ’n spirituele siekte nie? ’n Siekte waar die siel ontuis voel.

En wat kan hierdie siel doen om selfgenoegsaam te wees, om die pad om in balans te wees te verken? Dit bly ’n reis na binne. En as dit ’n bewuste proses is, gaan daar nie baie meer energie wees nie? En skep energie nie meer weerstand nie? En gaan daar dan nie baie meer miskenning van sinkretisme wees nie? En maak dit nie die reis baie moeiliker nie?

En as jy dan na die Nuwe Hervorming gaan kyk? Kan dit jou kop help om jou siel gesond te maak?

Hoe lyk die Nuwe Hervorming, veral in Suid-Afrika?

As ons kyk na die enkele onderstaande aanhalings uit die webblad van die Nuwe Hervorming, laat dit ’n bepaalde kleur.

  • Is daar nie ’n bepaalde hardvogtigheid in die teregwysende en berispende taal van die Nuwe Hervormers nie?

    Hierin hoor mens die versugting na sinvolle riglyne vir die lewe, maar sy pleidooi val terug op twee uitgediende denkskemas wat van ’n pa, in die naam van godsdiens, ’n monster maak. Aan die een kant berus dit op die vreesskeppende en manipulerende dogma oor die hel en aan die ander kant, die idee dat daar ’n lys voorskrifte beskikbaar is oor hoe om te leef en wat om te doen (veral wat betref seks). (Craffert)
    http://www.nuwe-hervorming.org.za/Arg/reply-1.html#pfc4.

    Of

    Die een tema wat in meer as een artikel voorkom is die aanklag dat mense op voetsoolvlak verwar word. Die erkenning van ’n veelvoud van perspektiewe is slegs bedreigend vir diegene wat glo hulle verwoording is die enigste en korrekte. Nuwe insigte lei dikwels tot verwarring — veral as mense hul hele lewe aan een siening opgehang het of glo dat hulle siening die alfa en die omega is. (Craffert)
    http://www.nuwe-hervorming.org.za/Arg/reply-1.html#pfc2.

  • Is daar ook nie iets van ’n meerderwaardigheid wat bykans aan arrogansie grens nie?

    Dr Isak Burger, president van die AGS, maak in die Algemene Kerkbode, (Beeld 8-10 Aug 2002), ’n ongekende aanval op die Nuwe Hervorming. Hierdie artikel behoort verpligte leesstof te wees in enige kursus oor logika of retoriek. Waarskynlik bevat dit die meeste drogredenasies per vierkante sentimeter wat ooit oor hierdie onderwerp geskryf is. (Wolmarans)
    http://www.nuwe-hervorming.org.za/Arg/reply-1.html#hw1.

    Of

    Die “dwaalleer” wat hiermee afgewys is, was bekend as die dosetisme wat gereken het Jesus was eintlik ’n god, maar het net in die gedaante van ’n mens verskyn. Om beide sy mensheid en goddelikheid vas te hou, is toe gesÍ hy was “ware god” en “ware mens”. Ek wag nog dat iemand hierdie formulering vir my verduidelik, want ek weet van geen so ’n soort figuur nie. (Craffert)
    http://www.nuwe-hervorming.org.za/nh-2.html#J1.

  • Selfregverdiging wat onnodig is van iemand wat in liefde hul oortuiging oordra.

    In ’n gesprek na die “nuwe Hervorming”-bespreking op Aardklop was professor Landman nogal positief oor die boek oor die onderwerp wat by die geleentheid bekend gestel is en wat sy toe reeds gelees het. Hoekom die diskrepansie tussen wat in die openbaar en in ’n private gesprek met die skrywers gesÍ is? Wat is ten slotte die oogmerk met so ’n bydrae? Om iets sensasioneels op te dis? Om vir mense wat nie vir hulle self lees nie te sÍ waar hulle hulle moet skaar? ’n Mens kan maar net wonder. (Jacobs)
    www.nuwe-hervorming.org.za/Arg/reply-1.html#mj1.

    In die algemeen is daar ook ander kenmerke wat uitstaan:

  • Is die inhoud van hul webbladsy, deur die afwesigheid van krities strydige standpunte, nie half eensydig nie en beperk dit nie ’n ope gesprek nie?

  • Is daar nie ’n half oordrewe angstigheid in die oordra van hul kennis/oortuiging nie?

  • Daar is ’n stuk ongelooflike hartseer in die feit dat begrippe soos “liefde” en “siel” of “gees” uiters selde gehoor word:

  • In Funk en Hoover se The Five Gospels (1993) word dieselfde tendens gevind soos met die meeste Bybel-vertalings na die Tweede WÍreldoorlog, waar “siel” uitvertaal word. (Met ’n enkele uitsondering presies dieselfde as die Nuwe Afrikaanse Vertaling van die Bybel.)

  • Gee die Nuwe Hervorming nie meer (finale) antwoorde as wat vrae gevra word nie?
  • Van die agt is die laaste drie, maar veral die laaste een, moontlik die ontstellendste.

    Gedagtig aan die voorgaande wil dit nie lyk of die Nuwe Hervorming noodwendig nou ’n baie veilige plek is om gesond te word nie.

    Sou mens uit ’n spirituele hoek na die Nuwe Hervormers kyk, wil dit voorkom dat hulle, hulself oorwegend op ’n spirituele plek bevind waar die denke en die openbaring van die godheid oorheers. En is dit nie dieselfde plek, met graadverskille natuurlik, waar die fundamentaliste, die dogmatici en selfs die fanatici hulself bevind nie? Van ’n emosionele gevoelentheid vir en mistieke wonder oor die godheid is daar nie veel sprake nie. En dit is moeilik om met diesulkes in gesprek te gaan, want hulle weet, ja hulle weet.

    Moet die Kerk en die Nuwe Hervorming help om mense gesond te maak?

    Tot die mate wat die Nuwe Hervorming in die openbare oog beweeg, en in hul eie verklaring, moet ons aanneem dat hulle ’n bydrae tot ’n meer sinvolle godsdiens belewing wil lewer.

  • En wanneer dit met die godsdiens te doen het, gaan dit oor mense se siele.

  • En wanneer dit oor mense se siele gaan, raak die kerk betrokke.

  • En wanneer die kerk betrokke raak, gaan dit oor lering.

  • En wanneer dit oor lering gaan, kan die teoloŽ help.
  • Wat leer die kerk? En hoe weet die kerk wat om te leer?

    Is die kerk nie veronderstel om die leer te verkondig sodat die lidmaat gered kan word nie? Gered kan word van die siekte wat troos weghou nie? En vir my om te verstaan waarvan en hoe ek gered kan word, kan dit seker van tyd tot tyd verskil?

    En is die teoloŽ nie veronderstel om die kerk hierin te help nie? En as die siele van 1517 ’n ander siekte gehad het om van gered te word as die van vandag, moet die teoloŽ en die kerk dan nie daarna kyk nie? So ook vir 1561 of 1618 of wanneer ook al.

    Wat was dan so besonder aan die tydperk tussen 1517 en 1618 dat daar toe iets op papier gesit is wat moet staan vir tyd en ewigheid? Ons reik elke nou en dan nuwe vertalings en verklarings uit van die Bybel, maar aan, as voorbeeld, die belydenisskrifte van die gereformeerde kerke word skynbaar nie gevat nie. Is ons nie maar ’n funny crowd nie en leef ons nie in ’n snaakse wÍreld nie?

    (Nota: Hierdie is nie ’n pleidooi vir die noodwendige uitgooi van die bestaande belydenisskrifte nie, want as mens soek en mooi kyk, is daar ook wonderlike goed te sien. Maar wat mens bang maak, is iets soos die volgende: Vraag 8 van die Heidelbergse Kategismus lees:

    Vraag: Is ons so verdorwe dat ons glad nie in staat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig is?
    Antwoord: Ja (a), behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word (b).
    En dit word gefondeer op: (a) Gen 8:21;6:5; Job 14:4; 15:14, 16, 35; Joh 3:6; Jes 53:6. (b) Joh 3:3, 5;1 Kor 12:3; 2 Kor 3:5.

  • In Job 15 lees ons: 1Toe sÍ Elifas die Temaniet: 2 “Kan ’n verstandige man soveel onsin praat, so vol wind wees?” En dan verder: 14 Hoe kan ’n mens rein wees? Hoe kan ’n sterfling onskuldig wees? 15 As God nie eers die hemelwesens vertrou nie en selfs die hemel nie rein is in sy oŽ nie, 16 hoeveel minder ’n onrein, verdorwe mens wat boosheid indrink soos water?

  • Nou glo ek die Kategismus en hulle bewys dit uit die Bybel met oa vers 14 en 16, want dit staan mos daar. Maar in dieselfde Bybel lees ek ook in Job 42: 7 EN nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sÍ die HERE aan …lifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

  • Die ander verse, as stawend van (a), is ook nie oortuigend nie. Maar is een so ’n voorbeeld nie genoegsaam om na alles te kyk nie?
  • Ja, dan moet daar dalk weer na die dogma gekyk word.)

    En is dit nie so dat die meeste Christene wat ’n probleem met hul geloof het, se probleem meer lÍ by die “kerk” as met Christus self nie?

    Miskien was die kerk te lank besig met die uitleef van sy dogma as met die uitleef van die Bybel en het dit blind geword vir die nood van die “denkende Christene”. En het dit nie die kerk bietjie met die broek op die knieŽ gevang nie? (Ons kan ook sÍ te sensitief oor die dogma en te onsensitief oor die Bybel.)

    En dit mag moeilik wees om ’n predikant te kry met wie mens met vrymoedigheid in gesprek kan gaan, want daar is ook ’n eerlikheid in hulle wanneer hulle gehoor moet gee aan ’n belofte aan die kerk wat hulle gemaak het. Skynbaar vereis die NGK se kerkorde in die legitimasieverklaring iets soos:

    Ek die ondergetekende ... verklaar hiermee dat ek van harte glo dat ... die Belydenisskrifte ... — ooreenkom met die Woord van God ... En ... verwerp ek alle dwalinge wat teen hierdie leer stry ... en beloof ek om ... alles in my vermoŽ te doen om dit uit die Kerk te weer ... En indien dit mag gebeur dat ek later enige beswaar of ander insig omtrent hierdie leer kry, so belowe ek dat ek dit nůg openlik nůg heimlik sal voorstaan, leer of verdedig ... alvorens ek dit aan die sinode sal openbaar om aldaar nader te ondersoek.

    Hierdie belofte moet ’n predikant terug hou om ’n openlike gesprek met so ’n ontredderde lidmaat te voer; meer nog, dit moet die prediker self demper om eie kwellinge in die reine te bring totdat die sinode die geleentheid gehad het om dit te ondersoek. En skynbaar neem dit die sinode enige iets tot agt jaar om tot so ’n punt te kom.

    Maar kan ek wanneer ek sielenood het, dit vir agt jaar op die ys hou?

    Miskien kan die kerk en die Nuwe Hervormers, wanneer hulle met meer liefde na mekaar kyk, begin om ’n sinvolle gesprek te voer.

    ’n Geloof van eksterne beheer vs ’n geloof van interne beheer

    Die oŽnskynlike beweging in die sielkunde na ’n interne lokus van kontrole (om in jou self verantwoordelikheid te aanvaar vir die verbetering van jou eie omstandighede) kan ’n wonderlike (die enigste?) begin wees om mens gesond te maak. Want is dit nie al manier om die uniekheid van die eie ek te erken nie? Ja, ’n interne verantwoordelikheid moet die ideaal wees, want “I can’t keep blaming it on my parents” of “on God” nie. (Terug by “Ek wil nie verder so aangaan nie.”)

    Maar dit is ook so dat eksterne faktore ’n katalisator kan wees om interne prosesse aan die gang te sit, byvoorbeeld: Ek is verkrag, maar nou sit ek met die gevolge. Ek kan alles wat nou verder met my gebeur, op my verkragter blameer (eksterne), of ek kan die verantwoordelikheid neem, hoe swaar en hoe moeilik ook al, om gesond te word (interne). Vat ek die laasgenoemde pad, kan ek (1) die proses verstaan en dan in die toekoms intellektueel bewustelik leef — die pad van die wetenskap van die sielkunde: ek bou voort op my kennis. Of (2) die proses deurleef en dan geestelik bewustelik leef — die pad van die godsdiens: ek is in ’n ander mould.

    Eersgenoemde is ’n pad van kennis. Laasgenoemde is meer om ’n onbekende pad met God te vat en sal daar ’n belewenis van God-in-my ervaar word.

    So is daar ’n manier van doen onder sielkundiges om iemand wat ’n slegte ervaring beleef het, ’n diktafoon in die hand te stop, hul terug te stuur na waar dit gebeur het, alles op te neem wat hulle ervaar het, terug te kom, die band uit te haal en daarop te spring totdat dit stukkend is of dit te verbrand. Of om ’n brief te skryf en diť te verbrand, ens. Ja, dit is ’n wonderlike begin, maar ’n riskante een, want dit gaan meer oor die wil van die intellek as die huidige belewing van die siel. (Daar is sekerlik niks fout met ’n goeie ritueel om die einde van ’n era te beleef nie.)

    Maar om self verantwoordelikheid te neem moet ek uit ’n belewenis-oogpunt verstaan, want dan kan ek ’n toepassing maak. Ek kan dit doen vir myself en vir ander uit my eie belewenis, anders as om net intellektueel te verstaan. Om intellektueel te verstaan bly ’n eksterne kontrole, want ek kwoteer ’n insident of geval van buite, buite my eie ervaring. (Dit is ’n kontradiksie by die aanbieding van sommige van die Nuwe Hervormers om van Jesus ’n eksterne (niebelewenis-) insident te maak en in dieselfde asem te sÍ: “Ek is nie aan God oorgelewer nie.” Want in die Christelike geloof is dit juis Jesus wat my in staat stel om ’n belewenis van God te ervaar en so eie verantwoordelikheid te neem.)

    Ons het nou al gesien dat om ontredder te wees, iets met jou diepste binneste (jou siel) te doen het. En wie van ons ken die omvang, die hoogte en diepte van die eie siel? Hoe op aarde kan ’n ander dan jou siel se omvang ken?

    En bring dit mens nie terug by die kerk nie? Bly dit nie die kerk se verantwoordelikheid om my aan God bekend te stel nie? Vir my om uit eie verantwoordelikheid die deur te kan oopmaak wanneer God aanklop.

    Mens wil huil as jy sien dat kerke nie in staat is om juis dit te doen nie. En met ’n gebed of wat en ’n opbeurende Bybelvers of twee ’n lidmaat oorlaat om op oordeel van ’n mediese fonds by ’n sielkundige of ’n psigiater alleen gesond te probeer word.

    En ook: tot dieselfde mate as wat ’n lidmaat as individu die verantwoordelikheid het om self verantwoordelikheid te neem, net so die gemeenskap en net so die kerk.

    En hoe vertel jy in ’n enkele woord, sonder om dit goedkoop te laat klink, as jy vyf, ses jaar van jou lewe goed gedoen en gesÍ het, en op plekke was waar jy nie wou wees nie. En jy het niks daarvan verstaan nie, professionele hulp ten spyt, tot op ’n dag wat jy besef: God het jou siel laat belewe dit wat jou siel nodig gehad het om jou te bring waar God jou wil hÍ.

    En is dit nie hier waar die sielkunde en die godsdiens hande vat nie? Want tot die mate wat die sielkunde begin om die uniekheid van elke mens te erken en sÍ: ek sal jou die tegniek leer om die pad te loop, tot daardie mate kan die kerk ’n eie unieke inhoud aan die pad gee deur die lidmaat se ervaring van die Gees van God. Maar die kerk kan dit slegs doen as die oorgelewerde dogma, onder andere, van die sestiende eeu nuut bekyk word. En is dit nie in hierdie proses wat die Nuwe Hervorming ’n brug kan bou nie?

    Kan die Nuwe Hervorming ons gesond maak?

    Ek glo dat indien die Nuwe Hervormers hul empiriese fase ontgroei, wanneer hulle die punt van toegepaste teologie bereik, kan hulle ’n besliste bydrae lewer om ons gesond te maak. Geen wetenskaplike bymekaarmaak van feite, hoe verhewe ook al, kan immers die finale toets van toepassing ontkom nie.

    Maar voordat die Nuwe Hervormers by die toepassing van hul teologie kom, sal hul slegs boodskappers wees, en eers die wat na hulle kom, sal die hervorming kan lei. En iemand het eendag gesÍ: “Moet nie die boodskapper doodmaak nie,” maar ek is seker iemand moes ook al gesÍ het: “Moet nie van die boodskapper die profeet maak nie.”

    Maar daar is ’n paar onbeantwoorde vrae.

  • Moet die Nuwe Hervormers nie, in liefde, hulself verhef om uit te styg bo die vlak van oppervlakkige binnegevegte nie? (Enkele voorbeelde hierbo.)

  • Moet daar nie meer verdraagsaamheid wees teenoor die spirituele plek van ander gelowiges nie? Want as jy op TV neerbuigend is teenoor die geloofsuiting van ’n Gospel-sanger, hang jou onderrok uit.

  • Moet die spirituele siklus van groei in die Christelike geloof en in ander gelowe nie ook bekyk word nie? Want as ’n Nuwe Hervormer vir my sÍ hul weet te min van die dinamika van ander godsdienste in die tyd waarin ons leef, is dit half ontstellend want dit is nie baie wetenskaplik nie.

  • Moet “’n kritiese bespreking van die drie-verdieping wÍreldbeeld en die soeke na ’n positiewe verhouding met ander godsdienste”1 nie ook impliseer dat die Bybel op sigself nie met ’n drieverdieping-bril gelees word nie?
  • Moontlik is die volgende ’n voorbeeld van hoe die Nuwe Hervormers ’n wonderlike bydrae kan lewer.

    Die Nuwe Hervormers erken die Evangelie van Thomas, wat nie deel is van ons Bybel nie.

    Ek lees in die Evangelie ’n interessante ding:

    113 Sy volgelinge het vir hom (Jesus) gevra: “Wanneer sal die koninkryk kom?” Hy het geantwoord: “’n Mens sal dit nie sien kom deur daarop te wag nie. En niemand sal sÍ: ‘Kyk, hier is dit’ of ‘Kyk, daar is dit’ nie. Die koninkryk van die vader is oor die hele aarde uitgesprei en tog sien mense dit nie.” (Evangelie van Thomas, Protea Boekhuis 2002)

    Of in Engels:

    113 His disciples said to him, “When will the kingdom come?” “It will not come by watching for it. It will not be said, ‘Look, here!’ or ‘Look, there!’ Rather, the Father’s kingdom is spread out upon the earth, and people don’t see it.”
    http://www.cresourcei.org/thomas.html

    Of ook:

    113 His disciples said to him, “When will the (Father’s) imperial rule come?” 2 “It will not come by watching for it. 3 It will not be said, ‘Look, here!’ or ‘Look, there!’ 4 Rather, the Father’s imperial rule is spread out upon the earth, and people don’t see it.” (The Five Gospels, Polebridge Press Books 1993)

    En ek sien deur die werk van ’n Nuwe Hervormer dat Lukas 17:20-21 ’n ooreenstemmende gedeelte is.

    En ek gaan lees in die Nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel:

    20 Toe die FariseŽrs vir Jesus vra wanneer die koninkryk van God dan kom, het Hy hulle geantwoord: “Die koms van die koninkryk van God kan nie uit voortekens bereken word nie. 21 Hulle sal nie kan sÍ: ‘Kyk, hier is dit!’ of: ‘Daar is dit!’ nie, want die koninkryk van God is hier by julle.”

    En ek gaan kyk in die ou vertaling van die Bybel en ek lees:

    20 EN toe Hy deur die FariseŽrs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesÍ: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie. 21 En hulle sal nie sÍ: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.

    En ek sien hier is iets van ’n verskil en ek gaan kyk na die King James Version:

    (20) The kingdom of God cometh not with observation: (21) neither shall they say, Lo here! or, lo there! for, behold, the kingdom of God is within you.

    En die Revised Standard version:

    20 Being asked by the Pharisees when the kingdom of God was coming, he answered them, “The kingdom of God is not coming with signs to be observed; 21 nor will they say, ‘Lo, here it is!’ or ‘There!’ for behold, the kingdom of God is in the midst of you.”

    En ek gaan kyk na die Amplified English Bible:

    20Asked by the Pharisees when the kingdom of God would come, He replied to them by saying, The kingdom of God does not come with signs to be observed or with visible display, 21Nor will people say, Look! Here [it is]! or, See, [it is] there! For behold, the kingdom of God is within you [in your hearts] and among you [surrounding you].

    En toe ek na ’n kommentaar of twee gaan kyk, sien ek dit beteken: “Die koninkryk was daar tussen hulle want Jesus was daar en Jesus is die koninkryk.” En een sÍ ook iets van die aard dat “die koninkryk kan tog nie in hulle wat gevra het — die FariseŽrs — wees nie want hulle is immers FariseŽrs.” En toe wonder ek oor Nikodemus. Hy was tog nie so ’n slegte ou nie en was hy nie ook ’n FariseŽr nie? En toe onthou ek: maar magtig, Paulus self het gesÍ hy is een, lank na sy Damaskus-ervaring.

    En ek lees ook van: “Maar sommige gelowiges uit die party van die FariseŽrs het opgestaan en gesÍ: Dit is noodsaaklik dat hulle besny word en bevel ontvang om die wet van Moses te onderhou.”2 En toe dink ek: ja, is daar nie maar in elkeen van ons maar ’n stuk FariseÔsme nie?

    En ek wonder waar pas Deuteronomium 30 in:

    11 Die gebod wat ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie. Dit is ook nie buite jou bereik nie. 12 Dit is nie in die hemel nie, sodat jy nie hoef te sÍ: ‘Wie sal vir ons opklim hemel toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe’ nie. 13 Dit is ook nie oorkant die see nie, sodat jy nie hoef te sÍ: ‘Wie sal vir ons oorvaar na die oorkant toe om die gebod vir ons te gaan haal en ons dit mee te deel sodat ons daarvolgens kan lewe’ nie. 14 Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.

    En as ek nou deurmekaar is, het ek iemand nodig met ’n bietjie eksegese. En miskien is daar ’n stuk vryheid in die Nuwe Hervorming om te help.

    Maar daar is ook ander kostelike goed wat die uit die Nuwe Hervorming kom, soos:

    Die gedeelte van Diek van Wyk soos aangehaal in Piet Muller se gedeelte oor “Die Postmoderne gelowige” in die Die Nuwe Hervorming, Protea Boekhuis 2002.

    Of diť aanhaling:

    Die Jabesgebed is niks anders as New Age self-help welvaartsteologie nie. Laat ons eerder bid dat ons die skerwe van mense se geloofslewe kan help aanmekaarsit wanneer hulle, nadat hulle Wilkinson se ses stappe gevolg het, nog steeds sit met gewone probleme soos ’n ernstige siekte, die daaglikse versorging van ’n siek gesinslid, ’n alkoholiese vrou, ’n man wat jou elke dag afkraak, of ’n kind met VIGS. Want gebed is meer om te luister as om te vra, meer gee, as om te kry, meer stil wees as praat. (Wolmarans)
    http://www.nuwe-hervorming.org.za/files/bk-4.html#Jabes

    Het ek en die mense saam met my in die boonste deel van Maslow se piramide ’n God nodig wat ons kan verklaar of ’n God wat ons kan beleef?

    Kan ons nie partykeer so oordrewe ernstig wees nie? En kry God nie partykeer vir ons lag nie?

    Verdomp, ek is nou nie meer lus om in balans te probeer wees nie:

    Partykeer dink ek daar is ’n paar gekke wat praat van “ons” en sÍ hulle is Nuwe Hervormers en wat redelik prominent in die hele debat is wat vir my lyk soos ’n klomp jong siele wat soos ’n wild geslane kat in ’n waenhuis rond skarrel.

    En ek gaan nou vir my ’n glasie wyn skink en rook en miskien, as ek gelukkig is, raak ek ook soos ’n wild geslane kat.

    Naskrif

    Wat ek nou wil sÍ, gaan nie reg klink nie, maar ieder geval:

    1) Op die vlak en met die inhoud van die huidige gesprek oor die Nuwe Hervorming in Suid-Afrika is dit leliewit en hoofsaaklik Afrikaanssprekende mans met ’n tipe paternalisme wat ’n luuksheid is wat ons nie nou kan bekostig nie.

    2) Deur Jesus ’n eksterne “objek” in die Christendom te maak, maw iets buite die godservaring, laat die JudaÔsme tevrede dat die Messias nog nie gekom het nie en word die geestelike in die godsdiens vervlak tot ’n genetiese uitverkiesing wat presies sÍ wat ook die volgelinge van die Israel Visie predik. Dit bring ons terug by ’n ou vraag: Wie is die ware Israel?


    Notas

    1http://www.nuwe-hervorming.org.za/nh-1.html#hw1

    2Handelinge 15:5, Die Bybel: Ou Vertaling (Suid-Afrika: Bybelgenootskap Van Suid-Afrika) 1953.

    terug    /     boontoe


    © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.