Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Lees ook Magdaleen du Toit, Francois Smit, Gerrit Brand en Shani Grovť se menings



Het die moderne mens nog ’n verlosser nodig?

Hendrik Venter

Dis moontlik mosterd na die maal, maar omdat ek eers nou die dag dit te lees gekry het, sou ek graag ter wille van myself soos volg wou reageer oor die vraag, “Het die moderne mens ’n verlosser nodig?”

Aangesien die vraag oor ’n gekwalifiseerde mens (“modern”) gaan, noop as begin ’n identifikasie van hierdie soort mens. Is dit bloot die mens van hierdie dag, almal wat nou op aarde is? Almal wat toegang het tot dit wat nuut is? Of is daar ’n ander eienskap?

Sou die moderne mens beskryf kan word as iemand wat in snerpende koue nie hoef te sukkel om by die werk te kom nie, want die motor is warm? Iemand wat nooit sonder geselskap hoef te wees nie, want ’n selfoon of ’n internet-kletskamer is altyd beskikbaar? Iemand wat nie in die oggend uit die huis hoef te gaan om kos vir ontbyt te gaan haal nie, want die graankos staan in die kas? Iemand wat, wanneer jou hart wil gaan staan, ’n ander een kry?

Deur die kuns van tegnologie en tegniek het die mens suksesvol die gewilde resultaat bereik en wanneer hierdie resultaat daar is, word die afhanklikheid van die onvoorsienbare beperk.

Die moderne mens is dan iemand wat daarin geslaag het om die omgewing so te kontroleer dat ek altyd in beheer is; en as iets dalk gebeur dat ek nie sou wees nie, is daar ’n backup system wat ek kan laat kom.

Sou ons kon sÍ dit is die mens wat nie na die hemel hoef te kyk en wonder oor die volgende reŽn, om daaglikse oorlewing, nie? As dit dan waar is, waarom?

Is dit die mens wat ’n eie realiteit geskep het wat bestaan uit die sigbare en die tasbare? Die grondslag van ons werklikheidsbestaan. Die materie wat ons verstaan. En in hierdie wÍreld: as iets nie werk nie, dan maak ons dit werk (want ons kan mos).

Dus, as ek iets nodig het, gaan koop ek dit; en as dit iets is wat nie koopbaar is nie, soos ’n verhouding, is daar ’n kontrolelys wat ek kan toepas, en omdat die ontvanger ook kennis geneem het van die “Ten steps to ...”, werk dit.

Is dit nie veral die Westerling wat, weg van die mistiek, rasioneel met sy omgewing omgaan nie? Die beweging weg van die mistiek het noodwendig ook ’n impak op die verklaring en belewing van die ewigheid. Alles wat is en kan wees, moet rasioneel oorsaaklik verklaar en verantwoord word om enigsins betekenis te hÍ. ’n Totaal geopenbaarde wÍreld word geskep wat in alle opsigte verklaarbaar en verstaanbaar is. ’n Omgewing wat op voorsienbare/voorspelbare wyse reageer en regeer. Om dit te verstaan is intellektuele kennis nodig. Kennis van die oorsaaklike verband tussen gedrag as oorsaak en resultaat as gevolg — kousaliteit. En hierdie kennis is ’n integrale deel van die moderne mens se daaglikse bestaan en dit is deur kennis wat oorsaaklikheid toepassing vind. Dit is met hierdie kennis wat ons alles in absolute terme omskryf. Dit is die werklikheid waarin ons bestaan.

En wat doen hierdie mens wanneer lyding ervaar word? Omdat ons werklikheid bestaan uit rede, oorsaak en gevolg, glo ons ons ly omdat ons nie genoeg kennis gehad het om ons slegte omstandighede te voorkom nie. Ek het nie die intellektuele vermoŽ gehad om die gevolge van my en ander se optrede te voorsien nie. Weens my gebrekkige kennis van die wÍreld en die mens daarin beskik ek nie oor die vermoŽ om my omstandighede te beredeneer en te verklaar en te verbeter nie en ervaar ek teenspoed waardeur ek ly.

Deur meer kennis te bekom en tegnieke te leer, sal ek leer en in staat wees om ander se optrede te begryp, te voorspel en te beheer. Deur dit te doen sal ek my lyding beperk. Met ander woorde, ek moet inligting bekom en metodes aanleer om my omstandighede voorspoedig te manipuleer.

Gedagtig aan dit alles kan ek aanvaar dat daar ’n godheid, buite die rede, is vir die lewe hierna en sal ek die godsdiens wat ek die beste ken en verstaan, op die manier wat vir my sin maak, beoefen.

En wanneer ’n onvermoŽ beleef word om ’n ervaring in absolute interafhanklike terme, synde die samestellende dele of die manifestasie daarvan, te omskryf, bestaan dit nie in ons realiteit nie, omdat dit nie werklik is nie. Gevolglik, as iets nie beskryf kan word nie, dan bestaan dit nie.

Omdat die mistiek slegs in relatiewe terme bestaan en die mens onbevoeg is om dit oorsaaklik te verklaar, word die wesensbestaan daarvan gedegenereer tot niebestaan, en sekerlik die eerste ding waaroor die laaste gedink word, is die mens se geestelike bewussyn in die siel.

En wat het die moderne mens met sy siel gedoen? Dit wil voorkom dat in die poging om materie en die interaksie daarvan te bemeester, die wese van bestaan sodanig vervlak dat die materie self die bewussyn word. En in hierdie proses het die moderne mens sy siel verloor en ook die realiteitsomgewing van die siel: spiritualiteit.

Spiritualiteit kan as die teendeel van materialisme omskryf word. Wanneer iemand materieel is, weet ons dit beteken daardie een is besig met die aardse — tasbare — goed. Spiritueel as teendeel sou dan wees: om besig te wees met nie?aardse — ewige — goed.

Spiritueel en materieel kan as somtotaal van die mens se omgang met sy totale wÍreld gestel word: sÍ maar, spiritueel na bo — ewig — en materieel na onder — tydelik. As lyngrafiek sou dit noodwendig wees dat dit uitsluitend tot mekaar is en impliseer dat indien jy net spiritueel is, jy glad nie materieel kan wees nie en vice versa. Teoreties behoort halfpad in balans te wees.

Ouer vertalings van die Bybel verwys baie meer na die siel van die mens as nuwer vertalings. Daar is ’n opmerklike verskil tussen vertalings van die Bybel voor die Tweede WÍreldoorlog en daarna. So het in die ou vertaling van die Bybel in Afrikaans die woord siel meer as 390 keer verskyn, en in die nuwe vertaling, minder as veertig keer! Elke nuwe vertaling van die Bybel word sekerlik gedoen om die Woord van God in die taal en die idioom van die dag by die leser uit te bring. Was dit die vertalers wat lewe en ek en my direk eweredig gestel het aan siel,of was dit ons, die lesers? Ons woordeboeke sÍ gees en siel en lewe is een en dieselfde ding. Kan dit wees?

Hoe sal onssiel kan omskryf? Siel sou vertaal kon word as asem, persoon, persoonlikheid, lewe, emosies, ens. Dit wil ook voorkom asof daar in die meeste godsdienste, indien nie in almal nie, eenstemmigheid is dat die mens wel ’n siel het en dat die siel ewigheidswaarde het. Die siel kan tog nie gedefinieer word aan die hand van dit waaruit dit bestaan nie, ook nie volgens die meganisme waardeur dit manifesteer nie. Die siel is en die siel is vir tyd en ewigheid. En dit is al. En dit is genoeg.

As ons dan met ons kennis van oorsaak en gevolg in staat is om ons wÍreld, die realiteit wat ons geskep het, te manipuleer dat dit vir ons werk, waarvan moet ons verlos word? Ons het dan die klinkklare logiese antwoord op alles.

Dit is eers wanneer op individuele vlak persoonlike krisis ervaar word wat nie verklaar kan word nie, wanneer ’n kontrolelys of die praktiserende godsdiens van kennis nie antwoorde bied nie, eers wanneer die moderne mens troosloos is in die moderne wÍreld — dit is eers dan wanneer ’n verlosser nodig is.

Dit is eers wanneer “O God, so kan dit nie aangaan nie” werklikheid word dat ’n verlosser ter sprake kom. Maar omdat ek dan ’n groter wÍreld ingaan buite die materie, is ek nie meer ’n moderne mens nie, maar postmodern — of dalk bloot net weer mens.

Maar vir die wat nog die kultuur van die ou wÍreld saamdra om met antwoorde te oorleef (want ’n blote aanvaarding van die onverklaarbare getuig nie van kennis nie), is daar ’n skielike oorgang van intellektuele kennis na kennis van die mistiek. En dit is vir hierdie mense wat die tradisionele christelike kerke nie ’n bediening het nie. Maar dit is ’n ander onderwerp.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.