Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Wanneer teoloŽ probeer dokter-dokter speel

Gerrit Brand

Hendrik Venter vra in sy bespreking van die “nuwe hervorming” op God@LitNet: “Is dit nie die teoloŽ wat die kerk moet help om diť se kom en gaan te formuleer nie?” As halfteoloog spreek die vraag my aan en daarom deel ek graag die gedagtes wat dit by my losgemaak het.

Hendrik se retoriese vraag kan op twee maniere verstaan word. Miskien bedoel hy dat teoloŽ die kerk moet help om haar geloof sistematies en duidelik te verwoord, om krities daarop te besin en om aanpassing en vernuwing daarin te oorweeg waar dit nodig mag blyk. Met so ’n opvatting van die teologie kan ek my heelhartig vereenselwig.

Maar miskien bedoel hy iets heel anders, naamlik dat teoloŽ, as “geestelike deskundiges”, die weg moet wys wat die kerk moet bewandel. Die teoloog is dan die dokter en die kerk die pasiŽnt en laasgenoemde moet eersgenoemde se voorskrif getrou volg as sy gesond wil wees.

Dit is blykbaar ’n populÍre opvatting. Onlangs skryf JR Kriel byvoorbeeld (ook op God@LitNet):

As social institutions, medicine and Christianity differ markedly in the nature of the relationship between the scientific and the practice domains. Theological research and theorising take place without the clear aim of the insights being applied in church practice. There does not seem to be any paradigmatic congruence between theological science and church practice either  ... The medical profession has developed many mechanisms to ensure the rapid transfer of knowledge from medical research to clinical practice. They are not relevant to this article. However, the popular press plays a significant role. Many patients in first world countries confront clinicians with knowledge that they have gained from popular journals and magazines. Continuous professional development and recertification have become an integral part of professional medical practice. This places the responsibility on the practitioner to remain in touch with developments in medical science. I am not aware of any organised professional process for the transfer of knowledge from theological science to ecclesiastical practice.

Daar is ’n paar probleme met hierdie soort siening van die ideale verhouding tussen kerk en teologie.

In die eerste plek is die mediese teorie-praktyk-voorbeeld wat as model voorgehou word, op sigself aanvegbaar. Die idee dat mediese wetenskaplikes objektiewe kennis genereer wat dan alleen nog maar na die kliniese praktyk oorgedra moet word — “the rapid transfer of knowledge from medical research to clinical practice” — is darem te simplisties. Dit reduseer die probleem van die teorie-praktyk-verhouding in die mediese wetenskap tot ’n blote kommunikasie-uitdaging: die min weet en die baie moet uitvind.

Dit is ’n opvatting wat wetenskaplikes graag koester, omdat dit die kennis wat hulle genereer, van bevraagtekening deur sg “leke” vrywaar. Verby is die dae van die tweede opinie. Immers, in die wÍreld van “kennis-oordrag” sal dokter B dieselfde as dokter A sÍ, want albei lees dieselfde brosjures. Dit beteken dat mense se liggaamlike gesondheid hoe langer hoe meer uit hul hande geneem word — dit is nie meer hul verantwoordelikheid nie, maar die dokter s’n. Of beter: die mediese-industriŽle kompleks s’n, want die dokter het self ook verander in ’n “rep” (of “pusher”?) vir die farmaseutiese bedrywe — op wie se “inligting” hy/sy hom/haar altyd kan beroep om aan toerekeningsvatbaarheid te ontkom. Waar die pasiŽnt van die dokter verskil, daar geld die spreuk: “The customer is never right.” Vandaar dat, in ’n land soos Amerika, meer en meer deur die staat en die howe ingegryp word om mense te dwing om hul dokters se bevele uit te voer, ook al meen die burger dat dit nie in sy/haar beste belang is nie.

As kennis so onaanvegbaar word, word die genereerders en bewakers daarvan ’n soort broederskap wat met ’n verenigde front na buite die gewone mense terroriseer. En omdat niemand buite die broederskap spreekreg het nie, waag niemand dit om uit te roep “Die keiser is kaal!” nie. Of so hoop die “broeders” ...

Omdat dit egter so ’n rigiede, simplistiese en totalitÍre model is, vind dit al hoe minder aanklank by die verbruikers van gesondheidsdienste. Vandaar dat alternatiewe medisynes — homeopatie, neuropatie, akupunktuur, chiropraktyk, sangomas ens — toenemend (en tot die groot ergernis van die meeste dokters) weer vertroue inboesem onder die publiek. Dit bedoel ek geensins afwysend nie. Elkeen van hierdie alternatiewe tradisies omvat ’n skatkamer van waardevolle insigte oor die instandhouding en herstel van gesondheid. Ek wil juis die “leek” se reg om self te kies watter raad hy/sy wil volg, beklemtoon — nie alleen omdat mense die reg moet hÍ om verkeerde keuses te maak nie, maar ook omdat hulle dikwels die regte keuses blyk te maak juis deur hul dokter se raad te verontagsaam (en die van ’n “kwak” te volg).

Dit is naamlik so dat die mediese wetenskap, soos alle wetenskap, feilbaar is. Die gedagte dat daar ’n versameling mediese feite bestaan wat vir eens en vir altyd as die waarheid bewys is, hou eenvoudig nie water nie. Veel eerder kan ons praat van hipoteses (dws raaie) wat nog nie verkeerd bewys is nie en wat in die praktyk ’n mate van sukses skyn op te lewer. En van paradigmas wat met mekaar wedywer. Feit is, ook wetenskaplikes verskil van mekaar. En dikwels is dit juis op die gebiede waar die grootste konsensus bestaan dat hulle agterna verkeerd blyk te wees. Daarom moet pasiŽnte wel na die raad van deskundiges luister — omdat hulle jou waarskynlik die een en ander kan vertel wat jy nie weet nie — maar daarna moet hulle self ’n besluit neem. “Mondigheid” word dit genoem.

In die verhouding tussen kerk en teologie is dit nog meer die geval. Anders as in die mediese wetenskap, kan teologiese teorieŽ nie dmv eksperimente getoets word nie. Die naaste wat ’n mens daaraan kan kom, is om op basis van sulke “teorieŽ” te leef en dan te kyk of dit vir jou “werk”: help dit jou om sinvol te lewe, om die eise van die lewe toereikend tegemoet te gaan? Maar in hierdie soort “toetsing” is dit juis die “leek” wat die leiding moet neem. Geen teoloog kan vir jou vertel wat vir jou moet werk nie.

Sommige onder die “nuwe hervormers” sal hierdie punt bestry. Hulle sal verwys na die kontroleerbare geskiedkundige navorsing wat deur gerespekteerde Bybel-wetenskaplikes gedoen is, byvoorbeeld insake die historiese Jesus. En hulle het gedeeltelik gelyk. ’n Christelike lewensbeskouing veronderstel — soos enige lewensbeskouing — bepaalde feitelike gegewens wat, afhangende van die beskikbare getuienis, met ’n mate van kontroleerbaarheid nagegaan kan word: Het daar regtig iemand soos Jesus geleef? Is hy in Bethlehem gebore? Is hy gekruisig? Die probleem is net: ’n ja- of nee-antwoord op hierdie soort vrae is op sigself nog nie geloof of ongeloof nie. Ek ken baie mense wat al hierdie dinge glo, maar geen gelowiges is nie.

En dan is daar nog dinge wat moeilik gekontroleer kan word. Was Maria ’n maagd toe Jesus gebore is? Het Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan? Het hy tydens sy aardse lewe blindes laat sien, dowes laat hoor, water in wyn verander ens? Die oomblik as ons oor hierdie soort sake ’n oordeel vel, speel ons eie vooringenome opvattings oor wat wel of nie moontlik is nie, onmiddellik ’n rol. En daardie opvattings — byvoorbeeld dat God “nie die natuurwette breek nie” (of dit juis wel kan doen) — is self nie empiries, dws sintuiglik, kontroleerbaar nie. As lede van die Jesus Seminaar dan “bevind” dat die maagdelike geboorte, die opstanding en die wonderwerke van Jesus nie regtig plaasgevind het nie, dan is dit met goeie reg dat baie “gewone” gelowiges hul “bevindings” met ’n mate van wantroue bejeŽn. Die vraag ontstaan naamlik of die selfaangestelde deskundiges nie met sulke “bevindinge” die kompetensie van hul vakgebied oorskry nie.

Moet my nie verkeerd verstaan nie. Die “nuwe hervormers” is net so geregtig soos enige iemand anders om ’n mening te vorm oor hierdie sake. Waar hulle die pad byster raak, is as hulle die status van wetenskaplikheid aan daardie menings verleen en so poog om dit “verpligtend” vir almal te maak — amper soos die soort dokter wat nie die teŽspraak van leke kan duld nie. Net erger.

’n Verstandige “leek” se skeptisisme neem net toe as die “nuwe hervormers” van tyd tot tyd ’n ernstige gebrek aan logiese denkvermoŽns openbaar, byvoorbeeld wanneer hulle konstateer dat iets nie histories kontroleerbaar is nie en dus nie geglo kan word nie. Wonders en ander Goddelike ingrype, byvoorbeeld, kan nie histories-wetenskaplik waar of vals bewys word nie, maar daaruit volg nog nie dat dit nie geglo (of ontken) kan word nie. Om te dink dat dit wel volg, grens aan die idiotiese.

Geen menselewe is moontlik sonder om bepaalde dinge te veronderstel wat nie getoets of andersins sintuiglik gekontroleer kan word nie. Is dit irrasioneel om daarna te streef om jou persoonlike potensiaal te realiseer, net omdat jy nie reeds vooraf kan bewys dat daardie potensiaal “bestaan” nie? Is dit verkeerd om in ’n liefdesverhouding betrokke te raak net omdat jy nie in ’n laboratorium kan toets of jou geliefde jou waarlik liefhet nie? Of om op ’n stoel te sit sonder dat jy kan bewys dat die oŽnskynlike daar-wees daarvan geen illusie is nie? Of om met mense om te gaan in die veronderstelling dat hulle, soos jy, gevoelens en gedagtes, bedoelings en dryfvere het?

In die teÔstiese gelowe (Christendom, Jodedom, Islam) gaan mense daarvan uit dat daar ’n persoonlike God is wat in die wÍreld handel, dat daardie God met mense in verhouding wil tree en dat in daardie verhouding — die amicitia Dei: vriendskap met God — die lewe sinvol word. In die Christelike tradisie word verder daarvan uitgegaan dat Jesus van Nasaret “’n menselewe deur God geteken” is (om ’n teoloog aan te haal). So weet ons wie die God is met wie ons in verhouding kan tree, maar ook wie ons moet wees in daardie verhouding. In die verdere uitwerking hiervan het ’n hele samehangende netwerk van leerstellinge ontwikkel: dat Christus waarlik God en waarlik mens is, dat Hy gevolglik reeds voor sy geboorte geleef het, dat hy na sy kruisiging nog leef, dat ons ook na die dood met Hom kan voortleef, dat God drie-enig is, ens. Nie een van hierdie leerstellinge kan empiries gekontroleer word nie, maar almal vervul ’n belangrike funksie as voorveronderstellings wat die Christelike lewenswyse in sy tradisionele vorm medekonstitueer.

’n Mens kan ’n sinvolle gesprek of argument hÍ oor die meriete van hierdie lewensvorm. ’n Mens kan vra of die opvattinge waarop dit gebaseer is, verstaanbaar en intern konsistent is, of hulle logies met mekaar saamhang (mekaar nie weerspreek nie), of dit te rym is met ander dinge wat ons as waar aanvaar, of dit iets te sÍ het vir die uitdagings en probleme waarmee ons te kampe het, of dit ons help om toereikend met daardie eise om te gaan, ens. Daar bestaan geen klinkklare antwoorde op vrae soos hierdie nie. Maar dit beteken nie dat ’n gesprek daaroor onmoontlik is nie. Ons kan tog aan mekaar probeer duidelik maak — vanuit ons persoonlike insig en ervaring — hoekom ons sekere antwoorde oortuigend vind of nie. Die punt is net, Bybel-wetenskaplikes is nie in ’n beter posisie as ander mense om antwoorde op hierdie vrae te soek nie. Die antwoorde wat hulle verkies, is nie meer “wetenskaplik” as myne en joune nie. Dit is maar net hulle antwoorde.

Daarom sou dit ook onredelik wees om die antwoorde van teoloŽ — of dit nou Bybel-wetenskaplikes, kerkhistorici, dogmatici of wie ook al is — as objektiewe teologiese “kennis” te behandel wat na die kerklike praktyk “oorgedra” moet word. Dit sou nog meer onredelik wees as om so ’n ideaal in die mediese domein na te streef. Uiteindelik moet ons elkeen ons “mind opmaak” oor wat ons kan glo en hoe ons ons lewens wil lei. TeoloŽ kan adviseer, maar die kerk (dws gelowiges) moet die beslissing vel.

Toegegee, ons wil graag met ander assosieer, ook in ons (on)geloof. So word ons eie identiteit as (on)gelowiges bevestig en verdiep. Ons kan byvoorbeeld leer by mekaar. Selfs by teoloŽ val die een en ander te leer. Hulle weet iets oor wat deur die eeue in die kerk geglo is. Hulle weet watter argumente in die tallose debatte oor hierdie sake deur die eeue ’n rol gespeel het, hoe die debatte ontwikkel het, hoe ons gekom het waar ons vandag is. Hulle het al dikwels intens nagedink oor heersende opvattings in die kerk en verskeie hedendaagse kollegas se menings daaroor. In diť sin beskik hulle oor ’n hele klomp waardevolle kennis wat hulle vir die kerk — en vir die breŽr samelewing — kan aanbied as moontlike middele om mee sin van die lewe te maak.

Maar dit is ’n ander soort kennis as die “kennis” waarop die “nuwe hervormers” soms aanspraak maak, naamlik kennis van wat jy en ek en elke redelike mens behoort te glo (of nie mag glo nie) aangaande God en God se betrokkenheid by ons. Lg is ’n pseudokennis, ’n virtuele kennis waarop niemand met reg kan aanspraak maak nie — nog minder as die laaste woord in medisyne — maar wat sommige “nuwe hervormers” graag wil dat mense aan hulle toeskryf. En daarmee bewys hulle hul ontoereikendheid as teologiese gidse vir kerk en samelewing; bewys hulle dat hulle, soos ’n slegte dokter, nie gesond kan maak nie.

In die (uiters leesbare) artikel van JR Kriel wat ek reeds vermeld het, skryf hy met verwysing na die kontras tussen geloof en wetenskap: “Theological and biblical research has developed a body of knowledge and a paradigm which is very different from the paradigm on which the church’s teaching and preaching is based.” Dit bedoel hy as kritiek op die kerk wat nie die verworwe kennis na die praktyk oorbring nie: “The insights of theological science are ignored, or even purposely kept at bay by the administrative bodies that control the churches.” Ek wil egter vra of die afstand tussen kerk en teologie nie ten minste ewe veel te wyte is aan die tekortkominge van die “body of knowledge” wat deur teoloŽ as heilige spys opgedis word nie.

Hier het ek dit spesifiek oor die meer liberale tendense in die teologie waarvoor Kriel ’n lansie wil breek. TeoloŽ in diť tradisie is geneig om hul konklusies as objektief en onaanvegbaar, as gebaseer op wetenskaplike “bevindinge”, voor te hou. As sodanig is dit “die waarheid” en daarom nie verder beoordeelbaar nie. Daar is geen poging om aansluiting te vind by die bestaande taalspel van gelowiges, die figerende grammatika van die kerk se geloofspraktyk, nie. Die eise waarmee gelowiges in hul alledaagse lewe gekonfronteer word, word geheel en al buite rekening gelaat, behalwe vir sover diť eise ooreenkom met die van ’n middelklas-, Westerse Bybel-navorser. Weerstand teen hul “bevindinge” word summier as irrasioneel en fundamentalisties van die hand gewys — redelikheid beteken om met hulle saam te stem. Moeilike filosofiese vraagstukke, soos oor die status van “natuurwette”, die betekenis van menslike vryheid, die bestaan en attribute van God, ens, word op ’n goedkoop en maklike manier beantwoord, altyd (heel onfilosofies) ten gunste van die heersende denkpatrone in die kringe waar die “nuwe hervormers” beweeg. Van kultuurkritiek is daar geen sprake nie, in elk geval nie sover dit die eie kultuur betref nie. Inteendeel, die elitÍre kultuur van ’n bepaalde Westerse “lifestyle enclave” — ’n subsektor van die moderne burgerlike kultuur (naamlik die van ivoortoringbewoners) — word tot absolute norm vir die geloof (en daarmee tot geloof) verhef.

Daarom is Christina Landman reg om te wonder of die “nuwe hervorming” kan genees. En om in plaas daarvan liewer kers op te steek by swart vroue wat onder doringbome in die oop veld kerk hou. Daar is teoloŽ met hulle oor op daardie grond. Hulle teologie is radikaal, rewolusionÍr, kultuur-krities op ’n manier wat die “nuwe hervorming”, met sy selfingenome intellektualisme, nooit kan wees nie.

Daarom kan die teoloŽ van die “nuwe hervorming”, vir sover my kritiese beskrywing hulle pas, gerus ag slaan op ’n spreekwoord wat Jesus aanhaal (histories of te not): “Dokter, genees jouself.”

En intussen kan die leke hul “bevindinge” steeds met die nodige — gesonde — skeptisisme bejeŽn.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.