Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dink net, om ’n 2002 vir jouself te skep wat voldoen aan jou grootste behoeftes en begeertes Is dit moontlik? Word ons lewens deur magte van buite beheer (soos God of die noodlot), of is ons skeppers van ons eie lot?

Lees wat s:

  • Marthie Momberg (skrywer): “Boetman vs Koos.”
  • Piet Pompies (bemarker): “Deur ons gedagtes skep ons.”
  • Jelleke Wierenga (vryskutjoernalis en taalpraktisyn): “Eers onthou, dan oorgee.”
  • Ockert Meyer (predikant): “ genade kom deur kuns, en kuns kom nie maklik nie.”

    Ons vind ons pad deur te probeer

    Marthie Momberg

    Soms lyk dit maklik: as jy die tegniek reg het, kan jy die ding doen. Jabes (1 Kron 4:10) het sy eie lewe benvloed, want al het sy ma hom met smart in die wreld gebring, het God die goeie wat hy gevra het, laat gebeur. Vandag bevorder Carolyn Myss, Deepak Chopra, Neale Donald Walsch en andere die begrip dat jy jou eie energie tot voordeel van jouself en die wreld kan gebruik.

    Is dit so maklik? Self het ek begin wonder oor die mate waarin ons ons werklikheid skep toe my man siek geraak het:

    Is ons ten volle verantwoordelik om ons eie ... realiteit te skep? Hoe ver strek die individu se keuse? Kan ek op ’n klip gaan sit en wens om die president van die land te wees en dan gebeur dit ’n jaar of tien later? S nou daar is honderd mense in ’n land wat graag die president wil wees? Bring ons siekte, armoede, uitbuiting, onderdrukking, verlies en pyn oor onsself? Sover ek weet, wil nie een van ons hierdie dinge willens en wetens h nie. Inteendeel, ons het almal ander, definitiewe drome wat positiewe ervarings soos geluk, vervuldheid, gesondheid en welvaart insluit.

    As ons dan nie doelbewus negatiewe dinge vir onsself koester nie, maar tog glo dat ons ’n invloed het op ons realiteit, beteken dit daarom dat ons behoefte na sogenaamde negatiewe ervarings, soos siekte en armoede, so diep gesetel is dat ons nie eens daarvan weet nie? Want ten spyte van mense se positiewe wense vir hulleself, gebeur slegte dinge tog.

    Indien ons wel verborge, negatiewe wense het, is ons dalk uitgelewer aan ’n voorafbepaalde lewensplan waartoe ons geen insette kan lewer nie. Dit maak hiervolgens nie saak wat ons onsself toewens nie, wat moet gebeur sal gebeur. Op hierdie punt raak die hele argument so ’n bietjie belaglik, want nou bepaal die mens in alle opsigte self sy realiteit, maar hy weet nie watter gebeure hy bepaal nie en dit stem ook nie altyd ooreen met sy bewustelike keuses nie. En dan eindig ’n mens juis by die punt waar jy nie wil wees nie, naamlik dat die mens ’n passiewe reisiger deur die lewe is!

    ... In elk geval, waar pas God se wil nou eintlik in hierdie hele prentjie in? Wie skep nou eintlik die realiteit? Die mens? Omstandighede? God? ’n Kombinasie hiervan? Wie is verantwoordelik vir wat?
    (Kleure van Liefde, pp 39 — 40)


    Terwyl Derik siek was, het ek lank geglo dat as ’n mens net genoeg en op die regte manier glo, jy jou realiteit kan verander. Maar hy is dood en hierdeur is ook my lewe diep geraak. Moes ek glo dat my ontstuitbare hoop tot niks gekom het nie? En hoe moet ek n sorg dat ek kry wat ek wil h?

    Kan ons alleen ons reaksies bepaal, of inisieer ons self gebeure? Kan ons net terugwerkend verstaan hoe dinge in mekaar steek? Presies waar eindig die individu en waar begin God; dus in watter mate is ons deel van God? Hoe weet elkeen wat is reg vir hom of haar? Kry ons net wat in ooreenstemming met God se Wil is? En hoe weet ons wat Sy Wil is? Waarom is ons geskape met ’n eie wil? Hoe moet ek weet wat die hor plan vir my lewe is? Wt kan ek doen om te verseker dat my lewe in die regte rigting beweeg?

    Ek is jammer dat ek nie klinkklare antwoorde op hierdie vrae het nie. Di vrae is juis die inspirasie vir ’n nuwe boek wat nog lank nie klaar geskryf is nie. Wat ek wel weet, is dat die eerste stap daaruit bestaan om te weet WAT jy wil h, en jou nie te bekommer oor die HOE nie. Ds die deel waarmee ek hulp vra. Nog ’n ding wat ek nou raaksien, is dat hoe beter ons die gaping tussen konvensionele reaksies en ons eie, diepste behoeftes raaksien, hoe beter kan ons ons optrede kies. Dan redeneer jy nie meer in terme van wat sogenaamd “regverdig” of “goed” is nie, maar volgens jou eintlike doelwit, byvoorbeeld vrede en liefde. En jy verstaan dat niemand alles van die begin af weet of verstaan nie.

    Maar ons almal trap in slaggate.

    In Desember se Insig lees ek nog ’n woedende rubriek van die bebliksemde Chris Louw waarin hy vra waarom ons “nie analities kyk na die gevolge van onvervulde verwagtinge” van swart en wit mense nie. Dit lyk vir my of Chris wil aanhou derms uitryg en nadink oor die reuk van binnegoed.

    Niks is ooit enkelvoudig goed of sleg nie. Dit hang af hoe ’n mens daarna kyk en veral wat jy daarvan maak. Jou glas kan halfleeg of halfvol wees. ’n Mens sou ook kon kies om te s, “So lyk die derms en kom ons doen iets daaraan.” Vreeslikhede gee juis kans vir persoonlike groei.

    Toe ek die rubriek lees, het ek opnuut geweet dat Chris se werklikheid — di een van “seerkry en bitterherinneringe”, “geen begrip”, di slagoffermentaliteit — nie die enigste is nie.

    In dieselfde blad is ’n artikel deur Koos A Kombuis. Dit het nie altyd met Koos goed gegaan nie, hy het nie altyd lekker gevoel oor die lewe nie en daar was mense vir wie ook hy kwaad was. Een van hulle was sy oupa, oor wie hy s:

    Bied hierdie swaarmoedige kinderervaring die Freudiaanse sleutel tot my eie latere loopbaan? Is my oupa die rede hoekom ek, in plaas van self as jong skrywer by posie te bly, na ligte humoristiese popmusiek in Afrikaans oorgeslaan het? Is my oupa se strengheid ten opsigte van taalhandhawing die rede tot al die losgat-Anglisismes in my eie taalgebruik? Was my rebellie, en die rebellie van ons hele geslag so voorspelbaar?

    Helaas, dit klink wel na ’n baie nuttige verklaring. Maar in die werklike lewe is dinge nie so eenvoudig soos in ’n Sielkunde I-handboek nie.’

    Dan kom hy tot die slotsom dat die ervaringe met sy oupa traumaties was, maar dat hy wat Koos is, nie daarom verdoem is en nou rede het om homself met bomskerwe te skuur nie.

    Nee, s hy, dit was “(v)erskillende eras, verskillende roepings. Maar albei was ewe geldig, ewe nodig. Ewe reg. My keuses was nie ’n reaksie op sy waardes nie. Dit was ’n vervulling daarvan.”

    Dis elkeen se reg om te kies hoe hy/sy wil leef en watter boodskappe hy/sy die wreld wil instuur. Net so kan ’n mens f vir Chris kwaad wees, of raaksien dat hy ’n bepaalde rol in ons samelewing vervul. En soos hy in sy laaste Insig-rubriek s, is dit soms nodig om ’n debat oor trauma te voer sodat daar closure kan kom.

    Ons almal vind ons pad deur te probeer en weer te probeer.

    Daarom hou ek nie op om op skrif, verbaal in my stiltyd n deur elke stap van elke dag, te fokus op wat ek wil h nie. Ek glo ek sal dit kry. (En as ek van my doelwitte nie bereik nie, dat ek sal verstaan hoekom.) Maar ek gaan nie ophou probeer nie.

    Di probeerdery is eintlik ’n reis waarin ek my eintlike behoeftes beter leer ken. So weet ek nou dat die slegste ding wat nog ooit met my gebeur het, naamlik my man se dood, ook die grootste geskenk is wat ek al gekry het.

    As ek net die slaggate kon vermy.
    Marthie is die skrywer van Die kleure van liefde, waarvan ’n resensie op Boekenuus op God@LitNet verskyn.

    Ons is almal towenaars

    Piet Pompies

    You never can tell what your thoughts will do in bringing you hate or love, for thoughts are things, and their airy wings are swift as a carrier dove. They follow the law of the universe: each thing must create its kind, and they speed over the track to bring you back, whatever went out from your mind.

    My uitgangspunt is dat Bewussyn, of Suiwer Gedagte, die enigste moontlike bron is waaruit die bestaande werklikheid kon ontstaan. Alle manifestering is in wese die vergestalting van ’n skeppende gedagte. Dan moet ons eie denke ook die uitdrukking van di brongedagte wees, wat hier iets geskep het wat op sigself tot eie denke in staat is. Die vraag is: Het hierdie geskepte bewussyn van ons dieselfde skeppende vermo as die bron waaruit dit voortspruit?

    Dit maak vir my sin dat die skeppingsproses bestaan uit die voortdurende groei van die universele bewussyn wat sigself in die partikuliere uitdruk; en dat as daar in die individu ’n ekspressie van denke plaasvind, dit dieselfde tipe energie moet wees wat uit die bron voortspruit. Sou dit nie so wees nie, dan was ons robotte en die lewe bloot meganisties. Omdat ons oor ’n redenasievermo beskik, moet ons kwalitatief identies wees aan die bron.

    Deur die aard van die skeppingsproses is ons individuele bewussyn self ’n gedagte in die bron-bewussyn. Dink aan ’n groot en ’n klein spieltjie wat teenoor mekaar gestel word. Op die groot een staan “LIEFDE” en deur die wet van refleksie staan “LIEFDE” ook op die klein spieltjie. Hierdie is bloot ’n imperfekte analogie om te probeer aandui hoe ons individuele identiteit ’n gedagte in die goddelike bewussyn is. Laasgenoemde bestaan en brei sigself uit deur gedagtevloei in ’n ewigdurende proses van Self-verkenning. Wanneer mens dit insien en terselfdertyd besef dat alle eksterne toestande, met inbegrip van die liggaam, deur gedagte geproduseer word, bevind mens jouself tussen twee onmeetbaarhede: die onmeetbaarheid van bewussyn en die onmeetbaarheid van substansie.

    Uit beide hierdie twee oneindighede kan ons neem wat ons wil, en spesifieke toestande skep uit die universele substansie deur middel van die skeppingsvermo wat ons by die bronbewussyn kry. Dis belangrik om te besef dat dit nie die blote aksie van wilskrag op universele substansie is nie, maar eerder dat ons ons eie bewussyn as ’n kanaal moet inspan waardeur die universele self op substansie inwerk volgens die gedagtevorm wat ons wil beliggaam.

    Maar waarom het ons soveel probleme as ons eie gedagtes ’n ekspressie van die goddelike bewussyn is? Omdat ons meestal ons gedagtes verkeerd aanwend. Ons baseer ons denke op eksterne faktore en skep so ’n herhaling van feite van ’n soortgelyke aard. Ons stuur die skeppingskrag van ons eie gedagtes in die verkeerde rigting en veroorsaak beperking in ons eie lewens. Solank mens dit doen, hou jy aan om ’n siklus van beperking vir jouself te skep.

    Die oplossing is dat mens anders moet dink. In plaas daarvan om die eksterne as ons uitgangspunt te neem, moet ons die inherente aard van denkvermo gebruik as afspringplek. Met ander woorde, ons moet begryp, verstaan en daarvan bewus wees dat die goddelike deur en as ons manifesteer omdat ons eie bewussyn ’n ekspressie daarvan is.

    Die kwantumfisika het openbaar dat ons hele realiteit uit ’n golf/partikel dualiteit bestaan. Dit beteken dat die soliede realiteit nie regtig solied is nie, want alles verkeer in ’n staat van vibrasie, ’n swak-gedefinieerde amorfe golftoestand. Hierdie toestand verander wanneer ’n partikel waargeneem word — dan eers word dit solied en vergestalt in ’n definieerbare spasie. Dis hoe ons drie-dimensionele werklikheid uit die kwantum realiseer. (Ek vereenvoudig nou drasties ter wille van bondigheid.) Ons almal beoefen hierdie “toordery” elke dag — jy maak die lewe werklik deur dit waar te neem.

    Ons brein en ons bewussyn is ’n kwantumveld soos enige ander, wat uit triljoene partikels bestaan. Ons gedagtes is seine wat deur ’n subatomiese energieveld afgegee word. Daar is geen beperking aan die moontlikhede van gedagte nie, en die emosies wat daaruit voortspruit, is ’n vorm van energie. Hierdie dinamiese energie se uitwerking word bepaal deur die innerlike ingesteldheid van die persoon wat dit projekteer.

    Ek haal aan uit Jack Angelo se boek Spiritual Healing: Energy Medicine For Today:

    Equally destructive is the power of the mind or the emotions when turned in on ourselves. We hear the phrases: “eaten up with jealousy”, “tortured by remorse”, “locked into grief” and so on, illustrating the mind power we can unleash to destroy our lives.

    As ’n mens volhou met ’n sekere gedagtegang, goed of sleg, kan dit nie anders as om resultate op jou karakter en omstandighede te h nie. ’n Mens kan nie direk jou omstandighede kies nie, maar jy kn kies watter gedagtes jy wil dink. Ons bewussyn kan met ’n tuin vergelyk word: of dit nou mooi versorg of aan sy eie genade oorgelaat word, daar gaan dinge opkom. Elke gedagtesaad wat daar val en wortel skiet, word eindelik ’n handeling — goed of sleg na sy soort.

    Die buitewreld van omstandighede vorm sigself rondom die binnewreld van gedagtes. Ons leer deur beide vreugde en leed. Die omstandighede maak nie die mens nie — dit ontbloot mens aan jouself. Verder trek ons nie dit aan wat ons wil nie, maar dit wat ons is. Die sogenaamde “onbekende wat die noodlot bepaal” is niks anders as onsself nie. Gedagtes en die aksie wat daaruit vloei, is die twee bepalers van die noodlot.

    Wat beteken dit om teen omstandighede te stry? Niks anders nie as dat mens aanhoudend baklei teen gevolge van buite terwyl jy terselfdertyd die oorsaak in jou eie psige vertroetel. Jy gebruik die Wet van Attraksie tot jou nadeel. Hierdie wet, wat in die fisika as die Wet van Swaartekrag bekend staan, beteken dat jy die tipe dinge en ervaringe aantrek waaraan jy gereeld dink, of wat diep in jou onderbewuste gesetel is. Om die eksterne te verander, moet mens dus eers jou eie gedagtes verander. Dis wat dit beteken om “eers die koninkryk van god te soek, en al hierdie dinge sal vir jou bygevoeg word”.

    Maar watter g/God, en watter koninkryk? In haar boek Mind Magic s die sielkundige Marta Hiatt:

    No one can believe in anyone else’s God. The only God you will ever know is the one you come to personally identify with, the one that you discover through an individual, inner experience within the silence of your own heart. That is the only God that can ever exist for you, and it can never be discovered by the intellect alone. Infinity, the supreme degree of consciousness, is beyond the comprehension of our rational mind, although many people have purported to describe it. We can call this power God or Jehovah, Allah, Nature, Infinite Mind, Almighty Being, the All, or a host of other appellations, but what is important to realize is that Spirit is within us. It’s not a domineering, authoritarian, capricious, wrathful entity, as God is so often depicted by unenlightened clerics, but rather it is an active, beneficent and creative Power.

    Maar hoe kultiveer ’n mens die Numineuse in jouself? Waar kry jy die koninkryk? Die antwoord is deur meditatiewe kontemplasie, visualisering en die herhaal van bevestigings (“affirmations”).

    Ek weet nie of iemand soos “Jesus” ooit werklik bestaan het nie. Tog is daar sekere uitsprake in die Evangelies wat volgens teks-analise lyk of dit deur dieselfde persoon geuiter is. Hierdie uitsprake getuig van ’n gevorderde sielkundige insig en stem in wese ooreen met di van ander groot leermeesters soos Hermes, Zarathustra, Maitreya en Gautama.

    Wanneer Jesus s: “Ek is die waarheid, die lig en die weg,” is dit ’n bevestiging — met ander woorde ’n stelling wat hy aan homself maak om as ‘t ware die goddelike in homself op te roep. Dit word misverstaan asof dit ’n aanspraak is dat hy, die man Jesus, vir ander mense die waarheid, die lig en die weg is. Dis niks anders nie as ’n “affirmation” wat elkeen van ons vir onsself kan s. Net nie hardop in ander se teenwoordigheid nie, want hulle sal dink jy’s mal!

    ’n Doeltreffende manier om verandering in jou wese en omstandighede te bewerkstellig, is deur visualisering. As mens in die slaap wegsink, verstadig die ossilasie van jou breingolwe uit die Beta-staat (14+ per sekonde) deur die Alfa-staat (7-14 per sekonde) en die Theta-staat (3-6 per sekonde). Volgens die Fisika-Nobelpryswenner Ilya Prigogine se “Theory Of Dissipative Structures” kan enige veranderlike struktuur in sy ontspanne staat benvloed word om permanente nuwe kenmerke aan te neem. Die verstand is so ’n “dissipatiewe” struktuur. Daarom is dit so effektief om visualisering te doen as jy besig is om aan die slaap te raak of net nadat jy wakker geword het, wanneer die kragbron van jou verstand, die onderbewuste, so ontvanklik is vir die wense en begeertes van jou “bo-bewuste.”

    Kies jou gedagtes dus versigtig en toor vir jouself goeie dinge uit die kwantum uit.

    Spieltjie, spieltjie aan die wand

    Jelleke Wierenga

    Blaai vandag deur enige sogenaamde New Age-boek, en die boodskap is daar, duidelik uitgespel: Ek, jy, ons, julle, is toe werklik na Gods beeld geskape. Daardie frase wat die dominee altyd so probeer verduidelik het as synde dat ek nou al die hore aspekte van God het en die “laere” goed — die vlees en die wellus en die neiging tot die kwade — moet afsweer.

    Maar nou kom daar ’n bietjie van ’n ander “spin op die ball”, naamlik: Mens, jy is jou eie skepper. Jou gedagtes, woorde, houdings, oortuigings, dade — bewus of onbewus — skep die gebeurtenisse in jou lewe. Jou binnewreld skep jou buitewreld. Dit is die wet van oorsaak en gevolg. Die wet dat energie nooit vernietig kan word nie, maar bloot van vorm verwissel. Gedagtes en woorde is tog ook energie; geloof ook.

    Ek glo dat ek voor inkarnasie in my liggaam reeds begin skep het aan my aardse werklikheid. Ek het die voorbereiding gedoen, soos ’n skilder sy doek en olies en kwaste regkry vir die werk (durf ek dit ’n opus noem, hierdie gemors-in-skepping soos my/jou lewe dikwels voel?): ek het hulle sorgsaam uitgekies: my ouers, my gene, my eienskappe, my perversies, my omstandighede wat my “persoonlikheid” en ervarings en werklikheid sou vorm.

    My “operating system” is ingesleutel toe ek klein was met behulp van oorerwing en omgewing. Nou, wanneer ek ’n bietjie bewussyn begin kry en my ouers min of meer uit my gestel gewerk en vervloek en verwyt het, nou begin die lewenstaak: om te begin onthou dat ek hierdie “operating system” kan opgradeer, uitgooi, vervang of verfyn. Dis nou as ek ander resultate op die skerm verlang: darem ’n meer kreatiewe lewe, darem net liefde wat vir ’n slag hou, darem iets meer as net ’n bodemlose bestaan van werk en eet en slaap en werk en eet en slaap.

    Die gedagte het by my opgekom: dalk is Harry Potter so verbysterend gewild omdat dit die mensdom se geheue verfris het. Want ons kan mos almal toor. Ons wil dit glo, maar ons wil dit ook nie glo nie. Want dit is darem baie gevra om die verantwoordelikheid te dra: dat alles wat in my lewe gebeur, my eie “skuld” is.

    Dalk sal ons nog “aandadigheid” aanvaar vir die goeie dinge, maar die bose en die ongeluk wat my so uit die bloute oorval? Ons almal
    speel ewe ernstig en toegewyd saam aan hierdie bisarre toneelstuk van geheueverlies: dokters wat siektes behandel asof dt die probleem is; siekes wat glo hulle word deur God gestraf; rokers wat “vergeet” van die emfiseem of kanker wat wag; vleisvreters wat kla oor hul artritis; smetlose ouers wat hande wring oor hul “probleemkinders”; emosielose soutpilare van die samelewing wat swig onder die pyn van hul harte en die een hartomleiding na die ander kry.

    Dit is niks nuuts nie, hierdie waarheid dat ons oor bonatuurlike magte beskik. Natuurlik is dit nie “b-natuurlik” nie, maar natuurlik, maar omdat so weinig daarin glo, en nog minder dit toepas, is dit in di stadium bonatuurlik, abnormaal. Dit is beslis nie New Age nie, tensy jy die Bybel as New Age reken. Ek het lanklaas my Bybel gelees, maar ek onthou daar staan (aangepas in my woorde): As jy maar die geloof van ’n mosterdsaadjie het, kan jy letterlik berge versit. En staan daar nie rens dat ons meer gesend as die engele is nie? En dat ons dieselfde wonderwerke en selfs meer as Jesus en sy dissipels kan verrig nie?

    Soms moet ’n mens desperaat wees om anders te glo; moet jy figuurlik of letterlik soos die drankverslaafde “rock bottom” slaan voor jy in die spiel gaan kyk. Gaan kyk na die karbonkels van haat en hangpens van apatie en spatare van woede en plooie van verwyt wat ek in my lewe geskep het. Gaan ek dan nog dink: God haat my. Of gaan ek die konneksie maak: Ek haat myself.


    Maar die groewe van gewoonte en gemak in die brein is so diep, die luiheid so verleidelik, die afkeer van anders wees so skerp, die ongemak van die onbekende so ondraaglik — is daar dan tog Genade, ’n mag buite my beheer, wat ingryp in weerwil van my “ou natuur”?

    Wie sal dit kan verklaar, hierdie skielike ingrepe in ons lewens wat buite die patroon van ons eie skepping (dus ook die wette van die natuur) geskied?

    Elkeen van ons het sekerlik al sulke ingrepe gehad, ’n ware wonderlike
    wonderwerk of twee. Dat ek vandag is waar ek is — ondanks my negatiwiteit en diep geprogrammeerde oortuiging dat ek eintlik niks werd is nie, ’n mislukking, “damaged goods” — is vir my genoeg bewys van God se genade, die onverdiende genade waarvan die Bybel praat. Dalk is dit net genoeg om te glo: Soek, en jy sal vind. Klop, en vir jou sal oopgemaak word.

    Ek glo nie God sal teen ’n mens se sin ingryp nie maar wie kan ’n mens se “sin” verstaan, behalwe God? Gebed, dink ek, is wanneer jy God vra om in te gryp. Wanneer jy die beheer oorgee en s: “God, nou is ek gatvol, moedeloos, hopeloos, hulpeloos, plat teen die grond, en ek kan nou nie verder nie. My lewe voel soos een groot gemors. Dankie dat U nou oorvat en die goeie dinge in my lewe laat instroom, in weerwil van myself.” Dis dalk wanneer jy die deur oopmaak vir wonderwerke.

    Die kuns van lewe

    Ockert Meyer

    Is ons die meesters van ons eie bestemming, of is ons maar deel van die vooraf bepaalde genetiese kode van ’n veel groter skppingsbestemming? Is mre in my eie hande of is dit in God se hande?

    Hiermee het ons min of meer die twee uiterste grenslyne van die vraagstelling op die tafel geplaas.

    Met die eerste oogopslag klink dit verskriklik verwaand om te verklaar dat my lot in my eie hande is. Aan die ander kant klink dit verskriklik deterministies om te verklaar dat God alles volgens ’n oorspronklike skeppingsbedoeling presies bepaal, reguleer en bestuur.

    Kom ons begin by die laaste opvatting: dat alles deur God bepaal, gewil en bestuur word. Die logiese uitvloeisel van hierdie beskouing is dat die geskiedenis dan min of meer die verhaal van God se werking is: alles wat goed is, maar ook alles brutaal en verskriklik kan dan voor die hemel se deur gel word.

    Die uiterste konsekwensie hiervan is dat daar dus ook geen sprake kan wees van enige soort laaste oordeel nie. Die enigste een wat dan beoordeel en uiteindelik veroordeel kan word, is God self. Hy is mos immers die outeur van alles wat gebeur het.

    Aan die ander kant van die spektrum lag mense (en dan meestal mense wie se lewens min of meer netjies, voorspoedig en min of meer onder beheer verloop) dat ander so naef kan wees. Alles wat hulle het, so verkondig hulle, het hulle self verwerf deur harde werk, goeie opleiding ens.

    Tog kan ’n mens nie anders nie as om te wonder: En die goeie verstand wat hulle ontvang het, die huis waarin hulle gebore is, die feit dat hulle gesondheid goed is? Hierdie dinge speel tog ’n geweldig belangrike rol in enige mens se geluk en wat uiteindelik van jou word. Hoe kies ’n mens hiervoor? Hoe hard moet jy hiervoor werk?

    Dis hierdie vrae wat gelowiges oor die eeue heen laat gryp het na ’n woord waarvan daar vandag min begrip en nog minder dd-werklik van gesien word. Hierdie woord is “genade”.

    In die kerktaal is genade oor jare heen belas met gelowige onerns en nog meer gelowige geveinsdheid. In die kerklike n die publieke lewe het dit daartoe gelei dat genade niks anders as ’n godsdienstige clich geword het nie.

    Maar daar is ook ’n ander kant van hierdie semantiese verwering. Veral in die gereformeerde tradisie — in die wydste sin van die woord — was genade oor die eeue heen nog altyd die A van die teologiese ABC. Dit l nie aan enige leerstellige soort suiwerheid of korrektheid nie. Dit l aan die daaglikse ervaring van uitgelewer wees, blootgestel wees, die diepe besef dat ’n mens se lewe in mr as jou eie hande is. En dalk selfs nog belangriker: in die ervaring dat my eie hande so maklik die dinge wat hulle moet vertroetel, kneus of vervorm.

    Norman Maclean, die skrywer van A river runs through it, het in die pastorie van ’n Presbiteriaanse predikant grootgeword en in hierdie semi-outobiografiese werk verwoord hy iets van die diepste patos van die gereformeerde bedoeling.

    As a Scot and a Presbyterian, my father believed that man by nature was a mess and had fallen from an original state of grace. Somehow, I early developed the notion that he had done this by falling from a tree. As for my father, I never knew whether he believed God was a mathematician but he certainly believed God could count and that only by picking up God’s rhythms were we able to regain power and beauty.

    En dan verder:

    My father was very sure about certain matters pertaining to the universe. To him, all good things — trout as well as eternal salvation — come by grace and grace comes by art and art does not come easy.

    Dit is veral by hierdie interessante verbinding van “grace” en “art” wat ek wil aansluit.

    Kunstenaars is mense wat genspireerd werk ... Wat werk juis omdat hulle iets ontvang het. Wat teken omdat hulle ’n idee gekry het.

    Ek kan kwalik aan ’n beter verduideliking van die lewenskuns dink. Die lewe is harde werk, dis daagliks opstaan, weer begin, sweet en bekommerd wees. Die lewe is ook besluite, keuses — nie denkbeeldige keuses of besluite nie, maar werklike en harde keuses en besluite. Dinge waarvoor ons self moet verantwoordelikheid neem en self ook die verantwoordelikheid voor moet dra. My lewe is in my hande.

    Maar die lewe is ook meer as dit. Die lewe — nie net in die sin van die biologiese oorsprong daarvan nie, maar die lewe in sy daaglikse gestalte — is ’n geskenk, iets wat ons daagliks opnuut ontvang. Dis genade. Dit is in God se hande.

    Die een sluit nie die ander uit of staan teenoor die ander nie. Om die waarheid te s, die een kan nie sonder die Ander nie. Juis omdat my lewe in God se hande is, juis daarom kan ek dit in my eie hande neem. Juis omdat ek weet dat alles genade is, daarom en alleen daarom kan ek my eie ervarings skep.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.