Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

In die stoeisale van Teheran

Fanie Vermaak*


Iran is om verskeie redes fassinerend: die land speel ’n baie groot rol in die geskrifte van die Bybel en baie Jode het ook na die ballingskap daar agtergebly, gefloreer en die grootste deel van die ekonomie tot 1978 beheer.

Dit het ’n besonderse landskap, ’n geoloog se droom. Die landskap verander so elke vyftig kilometer. Die huidige mense is baie gasvry en ek was bevoorreg om ’n hele paar keer ingenooi te word in privaat huise met hulle pragtige Persiese matte. Hulle het innemende persoonlikhede. Alle IraniŽrs is mal oor amateurstoei, waarvoor ek ook voorliefde het.

Dit hang glad nie af met watter fokus jy Iran toe gaan nie — jy sal verrykend terugkeer na jou vaderland, met baie herinneringe van die land van die konings van die Mede en die Perse, die sjah’s en die ajatollas.

Die mense van Iran beskou hulleself nie as deel van die Arabiese Midde-Ooste nie, maar eerder as deel van die Indo-Europese AriŽrs. Hulle taal is Persies (Farsi), al ken hulle plek-plek Arabies, maar hulle gebruik wel die Arabiese skryfwyse. Hulle kultuur is van hoogstaande gehalte en hulle is trots op hulle Elamitiese, Mediese en Persiese afkoms.

Iran het vir my ’n unieke betekenis. Die sport waarvoor ek ’n passie het, amateurstoei, oftewel Olimpiese stoei, is hulle nasionale sport. Dis nou nie die rofstoei-sirkus wat ’n mens gereeld op televisie as WWF sien nie. Dit lyk ook nie of die IraniŽrs al ’n rugby-bal of selfs ’n krieketkolf ontdek het nie. Sokker is wel daar, maar hulle maak nie eintlik hond haar-af daarmee nie, as ’n mens hulle prestasies in hierdie verband volg.

Ons het toe as Suid-Afrikaanse span na die hoofstad Teheran gekom om aan ’n wÍreldstoeikampioenskappe deel te neem.

Vir iemand wat bykans veertig jaar aktief op die stoeimat was, is ’n toernooi in die stoeimal Iran iets spesiaals. Die voorreg het my te beurt geval toe ek ook aan die stoeikampioenskappe hier kom deelneem het. Vir die IraniŽrs draai sport rondom stoei, soos elke landjie maar sy gunsteling-sportjie het en diť kleim in die wÍreld probeer behou. Hulle Olimpiese kampioene in stoei het sterstatus, word oor gepraat en tree in televisie-advertensies op, ens.

Ek loop een middag net by ’n klein Iraanse kafeetjie by Teheran in, waar hulle ook groot plat brode so by die vuur aan die kant van die oonde bak. Eintlik net om deur die Persiese koerante te blaai wat moontlik iets oor die toernooi kon berig. Groot is my verbasing toe ek sien al ses koerante wat ek deurblaai, staan elkeen meer as drie bladsye aan die stoeitoernooi af, met foto’s en al. So was dit ook elke dag daarna. Net aksiefoto’s waar jy kyk, artikels en rubrieke. Hulle lyk almal soos ons Suid-Afrikaanse Sondagkoerante na Saterdae se oorwinnings en neerlae in rugby, krieket of sokker.

Die stoeiers in Iran is groot helde. Jadidi, Khadem en Heydari van Iran is soos Joost van der Westhuizen na die 1995-wÍreldbekerkampioenskap in Suid-Afrika. Hoewel die jong meisies nie by die stoeilokaal toegelaat word nie, ken hulle die stoeiers soos die televisiesterre wat gereeld in advertensies optree.

So beland drie van ons Suid-Afrikaanse stoeiers in ’n ses-verdieping-gebou van ’n afdelingswinkel in Teheran: Wimpie, ons afrigter, Jo en ek. Die meisies is in rep en roer toe hulle hoor ons is stoeiers uit Suid-Afrika. Hulle soek net handtekeninge en adresse. Die storie van ons stoeiers versprei so van die een verdieping na die ander. Party agtervolg ons, van een hoek na die volgende afdeling. Ek deel maar in die onverwagse glorie, maar die meisies is eintlik meer agter die veel jonger Wimpie en Jo aan. Hulle geniet die vreemde roem, so twee dae voor die toernooi in Teheran.

Voor die stoeisessies hardloop en stamp die toeskouers mekaar om ’n goeie sitplekkie te kry in ’n saal wat omtrent twintig duisend sitplekke het. Dit lyk soos ’n Loftus- of Ellispark-stadion in ’n kleiner formaat, wat toegebou is. Diť wat nie ’n sitplek kry nie, peul so by die vensters uit aan die bokant. Daar is natuurlik geen vrou in die saal nie, hulle is verbied — dis ’n manswÍreld hierdie.

Die elektriese atmosfeer in die skare is nie net aanvoelbaar nie, maar ook duidelik hoorbaar. Hulle maak musiek, blaas trompette, ramshorings en fluitjies. Daar is so elke vyftig meter ’n man of twee wat voor aan die onderkant van die skare staan en die spul aan die gang hou, gelukkig darem nie in die stoei-area nie. Trouens, die podium en area rondom die stoeimatte is met Persiese matte uitgelÍ met ’n persgalery van so ongeveer honderd kameramanne. Die geraas word nie eintlik soos deur ’n dirigent saam georkestreer nie. Dit is ’n deurmekaar geraas.

Behoede die man van watter land ook al wat teen ’n IraniŽr moet stoei. Dis nag vir hom. Die skare ken hulle stoeireŽls. Elke punt wat deur ’n IraniŽr aangeteken word, word met groot geluid hoorbaar gemaak. As ’n IraniŽr ’n punt afstaan, is dit ’n doodse stilte. As ’n IraniŽr die wedstryd wen, is dit groot makietie. As ’n IraniŽr verloor, is dit soos begrafnis.

Die skeidsregter durf nie ’n misstap begaan teen ’n IraniŽr nie — hy word uitgejou. Selfs as hy te gou of te stadig ’n beslissing neem, het hy die skare teen hom. Die deelname aan stoei in Iran is vir enige stoeier, van watter land ook al, byna ’n emosionele belewenis. Die skare het ’n passie vir die sport, al is daar ook twee stoeiers van ander lande op die matte teen mekaar. Hulle geniet en waardeer elke beweging.

Toe dit uiteindelik by die inweeg kom, kon een Suid-Afrikaner nie sy massa haal nie; dis hoeka Wimpie, in wie die meisies so belang gestel het. Dit was ’n groot slag vir Suid-Afrika: ons kom ver en is baie hartseer vir Wimpie wat nie kan deelneem nie. (Hierdie tragiese gebeurtenis, wat byna soos ’n begrafnis gevoel het, het egter vir baie ligter oomblikke gesorg waarvoor ons daardie tyd nie kon lag nie. )

Die dag met die akkreditasie en die inweeg van die deelnemers loop alles nie wel nie. Die spanbestuurder is die heeltyd tussen die ringkoppe van die ander lande en stel nie eintlik in ons stoeiers belang nie. Die afrigter Jo moes instaan vir hom en die amptelike kursusse bywoon. Ek was kaptein van die span en moes na die res omsien, al het ek eintlik gekom om self ook te stoei.

Die busse pendel die heeltyd tussen die hotel en die stoeilokale, waar die manne nog gewig probeer afskut. Die sauna en die inweeg is by ander sale. Wimpie is vier uur voor die amptelike inweeg al vooruit om ekstra saunas voor die groot inweeg in te kry — hy was nog ver van sy limiet. Die bus waarmee hy daar weg is, raak iewers in die strate van Teheran weg of verdwaal en kom gevolglik nooit by die regte sale uit nie. Ons ander stoeiers moes ook later afbeweeg inweeglokale toe vir die amptelike inweeg, maar Wimpie is weg. Hy word hot en haar gesoek, en ’n paar stoeiers van ander lande is ook weg.

Hulle was toe by ’n verkeerde plek afgelaai, maar Wimpie word darem ’n uur voor die inweeg gevind. Sy massa is nie naastenby by die limiet nie. Hy en Jo is in en uit die sauna. Gelukkig is die inweeg nie op tyd nie en ekstra tyd word gegun. Sy massa kom maar stadig af; daar is min vet aan hom; dit sukkel maar. Hy kom so een of twee honderd gram op ’n keer af, die tyd begin uitloop. Ons vermoed Wimpie steel so ’n bietjie van die sauna se water, sy massa bly soms dieselfde.

Die laaste veertig minute begin die sports eintlik. Elke tien minute kom Jo met Wimpie uit die sauna gehardloop, met net ’n handdoek om Wimpie se onderlyf. Dan is hy kaalgat op die skaal, met alleenlik so 100 tot 200 gram minder. Met diť neem drie professionele TV-kameramanne die hele inwegery af, hulle gebruik sulke groot 15-20 cm-lense. Wimpie en Jo steel toe al vroeg-vroeg die kollig. Dan vryf Jo weer Wimpie se kaallyf met die handdoek om elke greintjie gram uit hom uit te kry.

In Iran mag die stoeisterre met wie onderhoud gevoer word, nie eens sonder ’n t-hemp, of selfs in sy stoeikostuum verskyn nie. Dit kan blykbaar vrouens aanwakker. Maar nou bly die kameramanne ironies genoeg heeltyd op Wimpie se kroonjuwele fokus. Dit het vir my so half oordadig gelyk om sulke groot lense te gebruik om hierdie onderdele van ons jongste en ligste stoeier af te neem. Dit lyk nie of daar ooit op sy gesig gefokus word nie.

Maar ek mag nie lag nie, dis ’n ernstige besigheid hierdie, ons manne gaan deur diep waters.

Vir meer as ’n halfuur is ons Suid-Afrikaners die fokus van belangstelling — nou nie dat ons hieroor gevlei is nie.

Met die finale inweeg is Wimpie nog 200 gram kort. Die beampte sÍ net, sorry, die inweeg is verby. Hierdie oomblik is baie aandoenlik, trane vloei by die Suid-Afrikaners. Met diť trauma vergeet hulle toe heeltemal van die handdoek. Daar word nou sommer net kaalgat op die grond gelÍ, met groot hartseer. Vir die kameramanne is die seremonie nog nie verby nie, hulle kry hulle laaste shots in. Daar is genoeg tyd om die ontblote kroonjuwele volledig van alle kante af te video. Een kameraman verloor heeltemal sy balans, val agteroor en verongeluk byna Wimpie se hele toekoms, met kamera en al.

Van die volgende dag af herken almal ons in die strate, meisies ook. Met hulle Persiese aksent en gebroke Engels, sÍ hulle net: “O, yes, hello, 48 kg.” Die res van die sinsnedes gaan dan verder voort in Persies. Ek is heel verbaas dat hulle Wimpie se gesig so goed onthou. Ek kan glad nie onthou dat die kameramanne eers een keer op sy gesig gefokus het nie. Ons weet nou nog nie wat presies hulle op televisie vertoon het nie. Almal, selfs die taxi-bestuurders, herken ons. Wimpie en Jo is nou famous in Iran. Ek loop heeltyd saam met hulle, geniet die gesamentlike aandag. Maar al claim to fame wat ek gehad het, is dat ek die oudste deelnemer op die toernooi was; die naaste een van Kanada was twee jaar jonger as ek.

Direk na hierdie toernooi is die internasionale stoeireŽls vir inweeg by die skale verander. Waar deelnemers altyd kaal of met onderklere kon inweeg, word hulle nou verplig om ’n stoeikostuum aan te hÍ by die inweegskale. Hiervoor moet stoeiers nou nog ’n ekstra 200 gram voortaan begroot wanneer hulle gewig afbring voor die inweeg — dis omtrent die gewig van ’n stoeikostuum.

Die Suid-Afrikaners het nou nie eintlik die toernooi oorheers nie, om dit sagkens te stel. Maar hulle het wel die kalklig in die dagblaaie en televisiekanale gesteel en selfs die internasionale stoeireŽls laat verander.


*Fanie Vermaak is tans professor in Ou Nabye-Oosterse Tale en Kulture aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy onderneem jaarliks opvoedkundige toere na die Bybellande, hoofsaaklik gemik op studente in die Ou Nabye-Oosterse kultuur en ander belangstellendes in die agtergrond van die Bybel. Die hooffokus van die toere is die antieke beskawings in die Bybellande soos Egipte, EtiopiŽ, SiriŽ, Libanon, JordaniŽ, Iran (Ou PersiŽ), Irak (ou MesopotamiŽ) en Israel, met relevansie vir die Bybel.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.