Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Reis van gee en neem

Fanie Vermaak*


Dit gebeur by geleentheid in elke mens se lewe dat sulke ekstratjies nou na jou kant toe kom waarvoor jy nie begroot of beplan het nie. Die skynbaar onbenullige dingetjies wat, as jy jou oŽ en hart oopmaak, ’n geestelike verryking in jou lewe kom lÍ.

Soms gebeur dit ook in die vreemde, wanneer jy nie iets konstruktief in jou gedagtes beplan het nie. Mense se nood kom sit partymaal en kyk jou in die hart. Wanneer dit werklik gebeur, wonder jy altyd eers: sal jy of sal jy nie. En dan kort daarna rol ’n ander heel vreemde mens onverwags weer ’n ander soort klip uit jou pad, wat in geld gemeet eintlik baie meer werd is as die klip wat jy vir ’n ander uitgerol het. So ’n verryking kan mos eintlik nie gemeet word nie, veral nie in geld nie. Watter maatstaf gebruik jy?

Dit is van diť ekstratjies wat sommer so gou ’n kleinood word, wat jy vir altyd wil koester. Jy hoef nou wel nie in die vreemde wÍreld rond te loop om hierdie waarnemings te maak nie. Maar as dit op jou pad kom, dan kom dit.

So sit ek een aand in die bekende en kleurryke Baron-hotel in Aleppo waar Agatha Christie haar Death on the Orient Express geskryf het. Die plek val eintlik al uitmekaar; net sy naam hou hom aan die gang. In my kamer is alles ook half stukkend, al die elektriese proppe se binnegoed peul uit, die ligte lyk ook maar of hulle tien Watt is, so dof. Die beddegoed is darem skoon, maar heel verbleik, seker deur dekades se gebruik. Daardie aand neem ek afskeid van Aleppo met ’n koue biertjie onder in die kuierkroeg. Ek is glad nie ’n drinker nie, maar toets soms die lokale bier na ’n warm dag in die vreemde.

Daar is toe ook ander geselskap. Aan die duskant van die toonbank is ons drie: ’n Kanadees wat nou al drie jaar graansilo’s hier in SiriŽ oprig, ’n jong Brit wat in KaÔro Arabies gaan leer het en nou die lang pad huis toe gaan, en ek, wat argeologiese sites en kosbaarhede in museums in SiriŽ bekyk. Die kelner aan die anderkant van die toonbank is ’n trotse Koerdiese ou wat graag vertel hoe swaar sy gemeenskappie hier kry, eintlik nÍrens welkom is nie, nie in sy eie land of die naburige lande nie. Hy is nie skaam vir wat hy is nie, nie soos baie mense vandag wat altyd iets anders wil wees as wat hulle is nie. Elkeen van ons het ’n eie storie om te vertel, van waar ons kom en wat ons alles in SiriŽ aangevang het. Ons maak lang praatjies, elkeen ’n karakter op sy eie; die Koerdiese man kuier ook lekker saam.

Ek wil eers my hoofstorie hier onderbreek om iets oor die Kanadees te vertel. Van ons drie weet hy die meeste van SiriŽ en sy mense — ek sluit nie nou die Koerdiese ou in nie. Die Brit weet nie veel van wat hier aangaan nie en loop eintlik in ’n waas hier rond. Ek kom nou na die Brit terug oor wie my eintlike storie gedeeltelik gaan.

Die Kanadees, van wie ek die naam nie nou onthou nie, is met ’n Panamese vrou getroud; hulle sien mekaar net so elke ses maande vir ’n paar weke. Hy is nou haastig om huis toe te gaan; hulle wil nou na drie jaar se getroude lewe met ’n gesin begin. Hulle het nou bietjie ekstra tyd nodig. Hierdie keer gaan hy ’n paar mŠŠnde huistoe. Diť man vertel rare stories oor SiriŽ. Met die oprigting van graansilo’s oor die hele land het hy op ’n paar onbekende gesigte afgekom.

Orals in SiriŽ sien ’n mens die silo’s, maar net diť gedeeltes wat bo die grond uitsteek. Die res van die silo lÍ weggesteek in tonnels onder die grond (ek is nou onseker hoeveel meter het hy van gepraat is dit af ondertoe). Hoe dit ook al sy, hy moes gereeld in hierdie tonnels afgaan vir herstelwerk en opgraderings. Met hierdie rondbeweeg in die tonnels kom hulle gereeld op opspraakwekkende items af: grafte, heel erdekruike, miljoene potskerwe, spykerskriftablette, juwele en enige ander waardevolle artikels wat gewoonlik by sites met opgrawings gevind word. Baie van hierdie kosbare artikels is tussen twee en vier duisend jaar oud. Hy het selfs al ’n paar Romeinse soldate, nog in hulle oorspronklike outfits, daar gesien lÍ. Sodra hy ’n bietjie belangstelling hierin toon, word hy net aangesÍ om dit uit te los, die silo’s is nou belangriker.

Soms kan ’n mens dit verstaan, want dit is eintlik net in SiriŽ waar jy sommer enige plek met ’n graaf kan inspit en iets van argeologiese waarde sal kry. So, hulle het genoeg daarvan — daar moet nou eers na die silo’s gekyk word, die lewe moet aangaan en die mense moet eet.

SiriŽ is die rykste argeologiese land in die wÍreld. Die mense praat van meer as dertig duisend sites waarvan nog min opgegrawe is. ’n Hele klomp word nou toegespoel onder die nuwe El-Assad-dam: die mense moet leef. Die groot silo waarvan die Kanadees eintlik gepraat het, lÍ hoeka nie ver van Ebla af nie, so vyf kilometer. In die sewentigerjare was dit wÍreldnuus toe die Italianer, Paolo Matthiae, se argeologiese span per ongeluk twintig duisend spykerskriftablette uit 2300 vC by hierdie antieke stad Ebla ontdek het.

Hierdie Kanadees vertel toe ook van sy nagtelike motorritte tussen die verskillende silo’s in die land. Die tussenstedelike paaie weet ek is baie goed, daar is nie drade nie, geen jakkalsproewe soos ons dit ken nie. Die skape loop enige plek oor die pad met skaapherders en al. Hy het gereeld ’n vet skaap of twee gedooi so op die teerpad in die nag, maar stop kan jy nie stop nie, vertel hy heel ernstig. Veral die skaaphelders, BedoeÔene wat nie die wette ken of wil ken soos die stadsbewoners nie, sny jou sommer net daar keel-af as jy stop, na so ’n stampie teen sy skape. Vir hulle is dit ’n oog vir ’n oog. Jy moet onthou, vir hierdie mense is die skape amper soos mense: baie van hulle het name ook. Menseslag is vir hulle soos skaapslag, as jy aan hulle skape vat. Ek kon nie uitvind of hulle jou dan sommer eet ook nie.

Ek het toe eintlik maar ’n bietjie nabetragting gehou en probeer uitwerk hoeveel van die vier duisend kilometer wat ek al in die land met ’n motor afgelÍ het, gedurende die donkerte was. Vir alle praktiese doeleindes kon ek al Siriese potjiekos gewees het, want ek sou seker maar gestop het as ek ’n skaap sou tref. Genadiglik was dit my gespaar.

Die Brit, Dave, wil die volgende dag na die Turkse grens beweeg, aan die noordwestelike kant van SiriŽ. Dit is nou eintlik op my pad na Latakia toe, maar ek gaan nog eers ’n paar sites besoek, onder andere Oegarit, wat ek goed wil deurkyk. By Oegarit is heelwat Kanašnitiese eposse ontdek, uit min of meer die tyd toe die Israeliete in Kanašn ingetrek het. Ook die eerste alfabetskrif is hier ontdek, nogal in spykerskrif.

Hy begin toe ook ’n bietjie belangstel in wat ek doen. Met diť is hy die volgende oggend saam met my in die rigting van Latakia, want dit is die groot hawedorp naby Oegarit (Ras Shamra), waar jy oornagplek moet vind. Vir diť wat nie meer so mooi kan onthou nie, dit is eintlik die ou stad Laodisea waarvan Johannes in die boek Openbaring geskryf het, “Omdat julle lou is, nie warm nie en ook nie koud nie, gaan Ek julle uit my mond spoeg” (Openbaring 3:14-22). Die nuwe naam Latakia kom eintlik van die ma van een van Alexander die Grote se generaals. Dis ’n interessante geskiedenis opsigself, het ook heelwat aardbewings beleef net na die Romeinse tyd wat omtrent alles ’n paar keer vernietig het.

Dis nou hier in Latakia waar die Brit sy probleem optel, nadat ons Oegarit besoek het, in die namiddag. Sy kontant is op en hy kom nÍrens met sy kredietkaart reg nie. Selfs die vyfsterhotel neem net die kaart as jy vir die uitspattige duur kamers kan betaal, maar kontant kan jy nie trek nie. Ek ry hom orals rond, nÍrens kry hy geld nie; hy het nogal hard probeer. Latakia is nie regtig ’n toeristedorp nie; dit is seker nie ingerig hiervoor nie. Net lokale mense hou skynbaar hier vakansie.

Latakia is nie te ver van die Turkse grens af nie, maar hy moet nog ’n visum op die grens ook koop. Nou begin hy regtig stres en ek kry hom jammer, maar hy wil net na Homs toe terug, waar hy weet hy geld op die kredietkaart kan kry, maar dis seker byna drie honderd kilometer heel suidoos, skoon uit die koers uit. Ek begin sien die ding kom na my kant toe, maar hy is te trots om my geld te vra. Ek is nog onseker wat om te doen. Maar ek kan sien die man gaan nie nou regkom nie. Toe begin ek vrede maak — die Brit lÍ nou al op my gewete. Ons kry gelukkig ’n nederige blyplek vir altwee in Latakia en ek bied aan om vir hom in te staan.

Ons het toe saam heel aangenaam iewers gaan eet, op my koste. Hy bly ontsteld oor hierdie ding, ek probeer hom kalmeer, ek kon sien dis nie aansit nie, dit maak nou ook nie meer saak nie. Die man weet ook nie hoe en waar hy die volgende mŰre moet grens toe gaan nie en ook of hy nie dalk eers terug Homs toe moet foeter om meer geld in die hande te kry nie. Hy was nie vir SiriŽ voorberei nie en dis nogal ’n waagstuk in hierdie geweste as jy nie weet wat hier aangaan nie.

Die volgende oggend kon ek darem nog aantal dollar en my nuwe Rough Guide van Turkye spaar, wat hy toe kwansuis geleen het, maar ek het vrede. Hy skrywe ewe ’n skulderkentenis met ’n lelike handskrif dat hy my ’n aantal dollar en die Turkye se Rough Guide skuld. Hy belowe om dit te stuur, maar ek skryf dit af. Veel later tref dit my eers dat die bekende vers wat ons almal uit ons koppe ken, eintlik vir die mense in Laodisea (Latakia) en die omgewing geskryf is en dit kry toe vir my eers agterna ’n besondere betekenis: “Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal (sic) hou en hy saam met My” (Openbaring 3:20). Sonder om toe aan die vers te dink, was daar vir my groot vrede en het dit eers ’n paar dae daarna in Libanon vir my begin sin maak.

Na ek my motor in Damaskus afgegee het, was ek op pad Libanon toe. ’n Kontak in Damaskus neem my na die taxi-halte en hy onderhandel vir my. Dis dubbel wat hy vir my vooraf gereŽl het; ek voel so effens suur, maar aanvaar dit so vir die service-taxi, weer so ’n ou geel 123 Mercedes. Die taxi gaan direk na Baalbek toe, daardie indrukwekkende site waaroor ek elders meer gesÍ het. Ons is vyf saam met die bestuurder, die een helfte SiriŽrs, die ander Libanese en ek. Ek raak toe lekker aan die gesels met die een jong Libanees.

Die grensdeurgange loop hierdie keer alles maklik. Ek lyk hoeka op hierdie stadium meer soos ’n Filistyn. Ek het eintlik vir ’n hele paar weke in die Midde-Oosterse son rondbeweeg sonder ’n hoed en lyk nie meer heeltemal soos ’n bleekgesig nie. Die Libanees wat van Beiroet af kom, vra my ook uit wat ek betaal vir die rit met die eerste uitklim. Dit blyk ook dat hulle almal die helfte betaal van wat ek betaal het; dit maak hom effens verleŽ vir sy mense. Hy weet dit was ’n indoenery en bied my ’n gratis rit aan van Baalbek tot by Beiroet. Sy motor staan naby Baalbek en gee my ook eers kans om die ruÔnes vir twee ure lank goed te bekyk. Toe ek by die site uitkom, wag hy al vir my. Ongelukkig het ek nie kans gehad om met die smouse se koppe te werk wat egte Romeinse munte hier verkoop nie; dis algemeen daar beskikbaar, nogal teen goeie pryse.

Ek en die jong Libanees is met sy jongmensmotor op pad Beiroet toe. Soos baie jongmense het hy groot luidsprekers, al die nuwe musiek-CD’s en dan nog magnesium-(Mag-) wiele ook op sy motor. Hierdie Libanees maak alles net vir my makliker en lekkerder. Alles loop nou reg vir my, want ek kon ook nie in Baalbek geld omruil nie en nou het ek ook nie baie plaaslike kontant nodig om verder te beweeg nie.

Die pad van Baalbek af tot by Beiroet is pragtig; daar is asemrowende tonele in die Bekaa’-vallei tussen die Libanon en Anti-Libanon-gebergte.

Een van die insiggewendste geselsies vind hier in die motor plaas. Hy en sy familie is Moslems en ek word met detail op hoogte gebring wat die politieke klimaat tussen Christen en Moslem in Libanon is. ’n Paar dae later word ek weer in ’n ander gesprek op hoogte gebring oor dieselfde saak, nou van ’n Christen se kant af. Hoe lekker was dit nie om hierdie vars inligting van ’n eens oorloggeteisterde land uit die perd se bek te hoor nie. Daar word nou wel vier en twintig uur deurnagskofte gewerk om die skade van die oorlog te herstel, maar die mense aan albei kante van die lyn (Christen en Moslem) het na byna ’n dekade wat die oorlog tussen hulle gestaak is, nog nie die gate in hulle lekharte laat heelmaak nie. Solank die harte nog vol gate is, help dit nie om die mure van die geboue alleen toe te pleister nie. Van regeringskant af het hulle darem ’n paar goeie ooreenkomste tussen hulle wat hulle aanmekaar hou. Die sluimerende situasie kan seker weer enige dag ontplof as hulle nie na diť ding kyk nie. Ek kon nie help om aan ons eie situasie te dink nie en wonder nou steeds of die vraag op die nuwe sensusvorms in Suid-Afrika nie ook dieselfde situasie reflekteer nie, naamlik om te vra of jy wit of swart is.

By Beiroet aangekom, kom ek vir die eerste keer in hierdie stad in aanraking met die berugte verkeersprobleme waar daar baie meer motors as mense geregistreer is. Maar voordat jy Beiroet inkom, kom jy oor die pragtige berge. Berge met huise hoog op teen die hange — so word jy gegroet deur die asemrowende Beiroet met sy kurwes teen die kuslyn.

As gevolg van die hewige verkeer wat verhoed dat mens sommer bane kan verwissel, word ek binne trefafstand van ’n moontlike blyplek afgelaai. Met ’n lokale taxi wat al die kortpaaie ken, vind ek gou my voete ťn die regte plek. Sonder die hulp van hierdie Libanees wat op my pad gestuur is en hom oor my ontferm het, sou alles nie vir my so vlot verloop het nie.

Toe ek by die onbespreekte blyplek regkom en alles onder beheer is, het ek meteens besef dat die geld, tyd, energie en probleme wat my gespaar is van Damaskus af tot by Beiroet, baie groter is as wat ek vir die verlore Brit ’n paar dae vantevore gedoen en gegee het. Met dankbaarheid en vrede kon ek dit begryp: maak nie saak op watter reis jy ook al is nie, dis een van gee en neem. In die vreemde besef jy ook dis beter om te gee as om te neem, al moet ’n mens soms ver kom om dit weer en weer te leer.


*Fanie Vermaak is tans professor in Ou Nabye-Oosterse Tale en Kulture aan die Universiteit van Suid-Afrika. Hy onderneem jaarliks opvoedkundige toere na die Bybellande, hoofsaaklik gemik op studente in die Ou Nabye-Oosterse kultuur en ander belangstellendes in die agtergrond van die Bybel. Die hooffokus van die toere is die antieke beskawings in die Bybellande soos Egipte, EtiopiŽ, SiriŽ, Libanon, JordaniŽ, Iran (Ou PersiŽ), Irak (ou MesopotamiŽ) en Israel, met relevansie vir die Bybel.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.