Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

"Dozi"

Gateway

Ek het alreeds uit die vertrek weg van jou rasperstem af weggestap
Tog lê die woorde wat my trane stuk-stuk uitsypel nog vlak in my emosie
En my sinusse laat my snuif-snuif rondloop
Wat eintlik maar net 'n trane wegsteek truuk is.
Tog praat my siel aaneen oor'n God wat altyd daar is
Onthou ek die Onse Vader in Zoeloe sonder dat ek geweet het dis die Onse Vader
Het jou stem my op my knieë gedwing
En het my trane vrylik beginne geloop spore langs my wange af en ek wat nie meer wegvee nie
Want die spore lê al klaar te diep
Soos wat jou woorde krap-krap deur my siel vloei
Soos die opdrifsels van eergister en gister en vroeër vandag
Nog te vars in my geheue lê en spoel
Hoor ek weer die stem en sien ek die gesig en hoor ek afgemete krashelder woorde en 'n stem
Wat weer-en-weer deur my sielsdimensie sleep en skraap en opdrifsels agterlaat
Van mymeringe en herinneringe en verlangens en onbegrip
Maar dit weet ek wel dat my God goed is
En my in Sy knieskottel beskerm oor die tye heen
En dink ek agterna dis nou maar 'n tweede song van die man wat ek hoor
En miskien
Moet ek in 'n optrede in die openbaar gaan sit en openlik huil as God deur hom
met 'n rasperstem oor my lewe heen met my bly praat en praat en praat
dankie Dozi!
En dog ek ek is klaar geskryf en hoor ek uit die sitkamer dat jy weer in zoeloe gaan sing
Staan ek op weet ek dat die mense wat so flussies vir ander redes gelag het
Nou stil-stil in hulle se binneste geword het
Want hier word gesing van Hom wat genees en van hom wat goed is en van Hom wat jou altyd omvou
En dink ek, ja, ja dit is reg so, dat tussen-in 'n TV opname vir ander redes
My God so stil-stil in 'n zoeloe rasperstem kom inkruip in my hart in
My God wat Was en wat Is en wat Sal wees
Dankie Dozi, dankie




LitNet: 08 Julie 2004

Wil jy reageer op hierdie artikel? Stuur kommentaar na webvoet@litnet.co.za om die gesprek verder te voer op SêNet, ons interaktiewe meningsruimte.

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.