Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Parallelle tussen die Christelike geloof en die godsdienste van die oudheid

Dewald Hattingh

Hoewel dit moeilik is om in alle opsigte 'n verklaring te gee vir die ontstaan van die bekende godsdienste, is dit opvallend dat sekere elemente in mindere of meerdere mate in verskillende godsdienste voorkom. Hierdie parallelle/elemente het volgens sekere navorsers (oa Freke en Candy, Acharya, Price en Doherty) 'n gemeenskaplike oorsprong. Elemente soos opstanding (lewe na die dood), hemelvaart (opstyg of opvaar na die hemel), doop (inisiasie, wassinge), nagmaal (rituele maaltye) en offerandes vir sondes het byvoorbeeld 'n baie vroeŽ oorsprong. Dit is hoogs onwaarskynlik dat enige godsdiens in 'n vakuum ontstaan het, hoewel daar in alle godsdienste nuwe elemente aanwesig is wat nie volledig vergelykbaar met ander is nie. Vernuwing tree dikwels na vore wanneer daar nuwe behoeftes of 'n onbehae met die oue ontstaan. Natuurlik het daar in die verlede dikwels ook vermenging van of versmelting tussen godsdienste plaasgevind.

In wat hier onder volg, sal eerstens kortliks gewys word op verklarings vir die ontstaan van sekere elemente waarmee die tema slegs aangeraak word, terwyl daarop gewys moet word dat daar meermale 'n verskeidenheid verklarings vir die oorsprong van sekere elemente gegee word. Die skrywer wil nogtans nie hiermee die "misterie van gelowig wees" of die erns daarvan minimaliseer nie, maar is eweneens van oortuiging dat 'n mens nie die opsigtelike parallelle kan ignoreer of sonder goeie rede behoort te verbloem nie.

Dikwels het godsdienste hulle oorsprong te danke aan natuurverskynsels waarvoor die betrokke aanbidders nie 'n logiese verklaring gehad het nie, sodat sodanige verskynsels vergoddelik of aan 'n god toegeskryf is. So, byvoorbeeld, het weerlig vir die Noorse nasies die god Thor geword en die son vir die Egiptenaars die god Ra.

Interpretasies van sekere natuurverskynsels moet deur die vroeŽre samelewings as volkome logies beskou gewees het. So het die Egiptenaars die vreemde verskynsel dat die son verdwyn en dan weer verskyn, verstaan as die doodgaan en weer lewend word van die son. Die son het vir hulle dus as 't ware telkens daagliks uit die dood opgestaan en as die lig van die wÍreld opgevaar na die hemel.

Nog ander van die vroeŽ volke het geglo dat die grond magiese krag het, wat die rede is waarom saad opkom. (Let ook op die ooreenkoms met die son wat uit die aarde opstyg.) Om dieselfde rede sou 'n liggaam wat begrawe word, weer opstaan uit die dood en daarom is verskeie outeurs/navorsers van oordeel dat die ontstaan van die geloof in die lewe na die dood hier gesoek moet word. Vergelyk ook die Bybelse verhaal van die dodebesweerder van Endor wat in opdrag van Saul vir Samuel uit die onderwÍreld opgeroep het: sy het hom uit die aarde laat opstyg (1 Samuel 28).

So word ook die ontstaan van die offerpraktyke toegeskryf aan die oortuigings by primitiewe samelewings dat hulle die gode moes paai wat, soos geglo is, die mense oor hul sondes gestraf het met donderweer, oorstromings en ander natuurrampe. Hiervoor is gebruik gemaak van allerlei gawes en offers van vrugte, groente, graan, diere en selfs mense, kinders ingeslote. Diere en mense wat geoffer is, se bloed is in sommige gevalle selfs gedrink om versoening met die gode te bewerkstellig. Soms, so word beweer, is bloed met wyn vermeng en later is slegs wyn gedrink.

Een van die gebruike wat aanleiding tot die doop kon gee, is besprinkeling met bloed. Daar dien op gelet te word dat water as rituele reiniging by bepaalde seremonies ook as 'n voorloper van die hedendaagse doop beskou kan word. Mithras-aanbidders in die vroeŽ westerse lande het die bloed van 'n bul gebruik. In diť verband kan ook gewys word op Moses wat die bloed van die verbond oor die volk "gegooi" het (Eks 24:6-8). (Vergelyk ook Heb 12:24 en 1 Pet 1:2, waar besprinkeling met bloed ter sprake is.) Die vroegste vorme van "doop" het verskillende betekenisse gehad. Soms was dit ter reiniging van sondes, soms as inisiasie, en selfs as 'n simbool van deelgenootskap of eenwording met die gode.

In die voorgaande is enkele opmerkings gemaak oor die redes vir die ontstaan van sekere godsdienstige oortuigings en die kultiese uitdrukking daarvan. In wat hierna volg, gaan ek wys op 'n paar van die opvallendste parallelle wat daar tussen bepaalde godsdienste uit die antieke periode en die Christendom aan te wys is.

Gewoonlik neem mense nie na behore in ag watter vrye beweging van mense, goedere en idees daar in antieke tye tussen lande rondom die Middellandse See was nie. Dat daar as gevolg hiervan wedersydse beÔnvloeding plaasgevind het tussen die godsdienste van verskillende volke, is seker en te verstane. So is die meeste godsdienste nie alleen die resultaat van 'n proses van ontwikkeling nie, maar is dit om hierdie rede ook sinkretisties van aard. Dikwels het daar selfs binne dieselfde volksverband verskillende godsdienste of strominge van dieselfde godsdiens bestaan.

Spore van 'n geloof in 'n hemel en 'n hel kan by die vroegste volkere gekry word. Wat die Grieke betref, beskryf Homeros in sy Ilias en Odusseus hoe Odusseus na die verre weste, waar die son ondergaan, moes reis om by die onderwÍreld uit te kom. Hier kon hy tot 'n nuwe liggaam reÔnkarneer deur uit die Letherivier te drink. In hierdie onderwÍreld was daar Tartaros, waar sondaars gestraf en gemartel is. Daar was volgens Homeros ook Elisiom, 'n hemel, net vir mans. Hier kon hulle die geselskap van mooi vrouens, asook lekker kos geniet. Sekere Moslemfaksies glo vandag nog dat daar vir die man wat sy lewe vir Allah opoffer, 'n hemel wag met maagde wat net vir hom bestem is.

Herakles wat na die hemel opgevaar het, is gebore uit 'n maagd, Alkmene, en goddelik verwek deur die god Zeus. Hy is ook beskou as die redder van die wÍreld en profete het voor sy geboorte voorspel dat hy 'n koning sou wees. Daarom wou sekere heersers hom as baba doodmaak. Hy was bekend as die seun van god en het op 'n keer die koninkryke van die wÍreld beskou vanaf 'n hoŽ berg. Hy het ook op water geloop. Voor sy dood het hy vir sy ma gesÍ om nie te huil nie, aangesien hy na die hemel toe gaan, en by geleentheid van sy dood was daar oral aardbewings en duisternis.

Asklepios uit die Griekse mitologie was 'n wondergeneser wat siekes gesond gemaak en dooies opgewek het. Hy is vereer as die god van genesing en is beskou as die seun van die god Apollo en 'n sterfling Koronis. As hy hulle aangeraak het, kon verlamdes weer loop, blindes sien en dowes hoor.

Dionusos word ook beskryf as die seun van Zeus, gebore uit 'n maagd, Semele. Hy het ook op 'n donkie gery, siekes gesond gemaak en wonderwerke verrig, onder andere om goeie wyn uit water te maak. Hy is doodgemaak, het weer opgestaan en het onsterflik geword. Sy volgelinge het ook 'n heilige maal genuttig om onsterflikheid na die dood te bereik. Sy dood was ook 'n offer om die mensdom te red. Hy was die god van vrugbaarheid en wyn, maar sy beeld is vermeng met 'n god uit Thrake (hedendaagse Turkye) wat heelwaarskynlik die misteriegodsdienste in die Weste ingelui het.

Seker die opvallendste ooreenkomste met Christus vind ons by Mitra. Hy was ook aan die BabiloniŽrs bekend. Mitra is van besondere belang omdat hy reeds 2 000 jaar voor Christus aanbid is en dus 'n moontlike voorloper is van sekere elemente wat ons by Christusbeskrywings vind. Mitra was van oorsprong 'n Persiese god wat later in IndiŽ as Mithra bekend geword het. Vanuit PersiŽ het die godsdiens oos na AsiŽ versprei en later vanaf Vedik IndiŽ na die Grieks-Romeinse ryk. Mitra, wat as die songod vereer is, was moontlik die hoofinvloed op die oorsprong van die Boeddhisme en HindoeÔsme en word deur Acharya (Suns of God: Khrisna, Buddha and Christ Unveiled) ook met die Bybelse Baal in verband gebring. In die vroeŽre Weste (Rome en Griekeland) is die Mithras-godsdiens in die geheim beoefen en het daar derhalwe ook as 'n misteriegodsdiens bekend gestaan. Mitra is beskou as die oorspronklike lig van die wÍreld, die tussenganger tussen god en mens, gebore op 25 Desember uit 'n maagd en die ontvanger van geskenke van plaaslike herders by geboorte. Hy het 'n groot invloed op die BabiloniŽrs gehad, vanwaar elemente van sy verering moontlik oorgedra is na die Israeliete. Ook hy het twaalf dissipels gehad met wie hy, nadat sy werk op aarde voltooi was, vir 'n laaste maaltyd bymekaar gekom het, waarna hy na die hemel toe opgevaar het. Op die oordeelsdag sou hy weer verskyn om die lewendes en dooies te oordeel: die regverdiges sou hemel toe gaan en die sondaars sou brand in 'n groot vuur. Die hemel is beskou as 'n plek bo die aarde, terwyl die hel voorgestel is as 'n donker plek met duiwels. Sy volgelinge, die broeders, het ook gedoop, geglo in die wedergeboorte, en 'n heilige maaltyd genuttig waar bloed en vleis simbolies geŽet is. Na die opstanding sal die finale konflik tussen goed en kwaad plaasvind en sal die bestaande orde vernietig word sodat lig oor duisternis kan triomfeer.

Latere Christelike outeurs (600 nC) het die verleentheid wat die opvallende ooreenkomste tussen Christus en Mitras veroorsaak het, probeer wegredeneer. So het van die vroeŽre Katolieke beweer dat die bestaan van Mithra wat Christus vooruit geloop het, die toedoen van die duiwel was. Ander Katolieke weer het beweer dat die latere Mitras slegs 'n kopie van Christus was. Hierteenoor beweer Archarya en verskeie ander skrywers dat die situasie juis andersom was. Archarya poog om met 'n omvattende bewysvoering aan te toon dat die latere Mitrasgodsdiens nie deur die Christendom beÔnvloed is nie, maar voortgevloei het uit baie ou godsdiensrituele wat eeue voor Christus se koms reeds bestaan het. Hierdie baie vroeŽ godsdiensrituele sou al die elemente bevat wat later in die Christelike godsdiens voorkom.

Terwyl die ooreenkomste tussen veral die Mitrasgodsdiens en die Christendom nie te ontken is nie, bly dit nogtans 'n kontroversiŽle aangeleentheid. Dit is duidelik dat daar meer lig vanuit die oosterse godsdiensbeoefening op die saak gewerp sal moet word. Dit sou ook 'n oorvereenvoudiging wees om die MitraÔsme as die enigste voorganger van die Christendom te beskou. Benewens Mitras en Christus was daar verskillende gode soos Osiris, Tammuz, Adonis, Balder, Attis en Dionusos wat na hulle dood weer opgestaan het. Ander weer, soos Herakles, Perseus en Teseus, is gebore uit 'n maagd wat deur 'n god bevrug is. Tereg wys Doherty (The Jesus puzzle) daarop dat kultusse nie oornag gevorm word nie. Godsdienselemente het oor eeue ontwikkel. Weliswaar het daar baie samevoegings en vermenging tussen godsdienste plaasgevind, maar daar het ook ontwikkeling plaasgevind.

Uit dit alles blyk duidelik dat daar oor die historiese verloop van die Christendom wyd bespiegel kan word. Die ontwikkelingsverloop verklaar in elk geval ten dele waarom daar so 'n ryke verskeidenheid van interpretasies oor die Godheid bestaan.

Interessante boeke om in diť verband te lees is diť van Freke en Candy, waaronder The Jesus Mysteries.



LitNet: 20 Januarie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.