Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

“Ek is nog nooit beskou as 'n goeie seun van die NG Kerk wat mooi in my spoor trap nie”

Rudi Buys stel 15 uitdagende vrae aan Adrio König

Wat is reg? Weet iemand dalk?
Deur Adrio Knig
Lux Verbi.BM, Wellington
2005.
(Slapband, 383 bladsye, ISBN 0 7963 0255 3, R129.95.)


Vraag 1
Alhoewel Wat is reg? Weet iemand dalk? nie reg of verkeerd aandui nie, neem u stellig standpunt oor die meeste sake in, of suggereer bepaalde antwoorde. Op watter wyse verteenwoordig u hantering van die kwessies 'n "moderner" benadering?

Ek is nie seker ek wil juis graag meer "modern" wees nie. Dit sal baie afhang van wat 'n mens daarmee bedoel. Ek het probeer om minder dogmaties te wees, en eerder die verskillende standpunte te verduidelik, sodat mense wat gewoonlik reeds standpunt ingeneem het, beter ingelig aan gesprekke kan deelneem. Maar uiteindelik neem ek in die meeste gevalle tog self ook 'n standpunt in.

Vraag 2
Sonder dat u die kwessies direk so verklaar, ontbloot u tog die groot rol van kulturele invloede op die kerk en geloof. Hoe vorder die Afrikaanse kerke daarmee om kulturele bepaaldheid aan te spreek?

Swak.

Vraag 3
Watter potensiaal het die gereformeerde kerk in Afrika om aanpassings in gereformeerde teologie te maak, en watter bydrae dink u het Afrika-kerke reeds in di verband gelewer?

Die een groot fout wat ons maak, is om te dink die NG Kerk is 'n homogene teologiese groep. Daar is minstens twee sterk groepe: die gereformeerde groep, en die Evangeliese groep( Andrew Murray, CSV, Pinksterbidure, Hallelujaliedere, sending) - nie 'n charismatiese groep nie. Dis uit onkunde dat mense van 'n charismatiese groep in die NG Kerk praat. Die Evangeliese groep is meer aanpasbaar as die gereformeerdes en het in die huidige vernuwingsbeweging in die NG Kerk al geweldige vordering gemaak om nuwe lewenslus in gemeentes aan die gang te kry. Die strenger gereformeerde tradisie het nie baie lewenskrag nie. Die gereformeerde kerke het ook sedert die Kerkhervorming die minste gegroei van alle groepe. Dis 'n besonder suiwer leer, maar met min entoesiastiese spiritualiteit.

Dis nie duidelik wat u met "Afrika-kerke" bedoel nie.

Vraag 4
Watter rol speel liggaamlike integriteit van mense in die gesprek oor aborsie?

Ek meen in die wetgewing speel dit 'n groot rol. Die gesprek is baie wyd, maar ek meen dit behoort 'n groot rol te speel, die integriteit van sowel die moeder as van die fetus/baba.

Vraag 5
Wat weerhou u self daarvan om tot 'n gevolgtrekking te kom oor homoseksualiteit?

Niks. Ek het reeds in artikels in Beeld en elders duidelik standpunt ingeneem dat twee selfdegeslag-persone wat aan mekaar getrou is, nie deur hulle seks iets onbehoorliks doen omdat hulle van dieselfde geslag is nie.

Vraag 6
Op watter manier kan gelowiges nuut dink oor armoede en armes?

Dis 'n baie bre vraag. Ek is nie seker ek kan in hierdie stadium nog meer besonderhede gee as wat ek reeds in Wat is Reg? geskryf het nie.

Vraag 7
Wat is die verband tussen u uitleg van die onreg van Apartheid en u bevraagtekening van regstellende aksie?

Ek meen dat ek doelbewus en uitgesproke nie die beginsel van regstellende aksie bevraagteken het nie - inteendeel! - maar wel die wyse waarop dit in sommige gevalle toegepas word.

Vraag 8
Dit wil voorkom of u die herinstelling van die doodstraf beredeneer op grond van die funksionaliteit daarvan? Hoe sluit dit aan by die waardegedrewe benadering wat u volg ten opsigte van ander kwessies?

Ek meen ek het dit nie gedoen ter wille van die funksionaliteit daarvan nie, maar ter wille van die waarde van die lewens wat deur die misdadigers geneem is. Dit is ook 'n waarde-oordeel. Ek meen iemand verbeur die reg op lewe deur 'n ander lewe te neem. My werklike huiwering oor die doodstraf is die moontlikheid dat die hof 'n verkeerde oordeel kan vel.

Vraag 9
Is dit nie 'n sirkelargument en daarom logies foutief om Jesus as enigste verlosser te verdedig op grond van die Bybel as enigste bron nie? Hoe kan die argument dan op meer waarheid staatmaak as iemand wat op grond van die Quran redeneer dat Allah die ware God is?

Ja, ek gee toe dat dit iets van 'n sirkelredenasie in. Daar is egter geen objektiewe buite-instansie waarop 'n mens jou kan beroep nie. Geloof soek natuurlik ook nie eintlik so iets nie. Ek meen wel dat die geloofwaardigheid van die Bybel hor is as di van ander godsdienstige bronne. Ek het in my boek Ek glo die Bybel heelwat aandag hieraan gegee.

Vraag 10
Watter kante waaroor gelowiges behoort te dink is daar aan sending benewens die evangelisasietaak van die kerk?

Woorde kan in verskillende betekenisse gebruik word. Sending word soms in 'n ruimer betekenis as evangelisasie gebruik, en dui dan op die kerstening van die samelewingstrukture, wat 'n baie ruim, omvattende taak is.

Vraag 11
Hoe slaag die argument dat mense in die misterie van God moet vertrou wanneer dit by onverklaarbare dele van die Bybel kom, daarin om standhoudende troos te bied?

Die vraagsin loop nie heeltemal lekker nie. Ek dink nie ek "vertrou in die misterie van God" nie. Ek dink ek vertrou in God, ondanks die feit dat ek nie alles kan verstaan nie. Vertroue is ook nie heeltemal van verstaan afhanklik nie. Maar ek vertrou wel dat daar nie donker dieptes in God is waaruit daar demone kan spring nie. Ek het dit by Jesus geleer dat God tot in sy diepste wese liefde is, ondanks sy sterk oordeel oor sonde.

Vraag 12
Wat is die kernkwessies oor interkerklike samewerking of ekumene? Hoe kan algemene gelowiges betrokke raak in gesprekke daaroor?

Die uitgangspunt behoort te wees dat alle Christene bymekaar hoort, en eers hulle probleme moet hanteer wanneer hulle bymekaar is. Dis verkeerd om eers die probleme te probeer oplos en dn bymekaar te kom. Gewone gelowiges moet uit hul pad gaan om kontak te maak en programme aan te pak met gelowiges uit ander denominasies.

Vraag 13
Wie is die leser wat u in gedagte het met die boek?

Ek is nie seker dat ek 'n spesifieke leser in gedagte het nie. Miskien belangstellende mense wat aan gesprekke oor aktuele sake deelneem, Christene of mense van ander geloofsoortuigings.

Vraag 14
Watter kerklike taboes kon u met u mening nie in di boek aanspreek nie?

Geen. Ek is nog nooit beskou as 'n goeie seun van die NG Kerk wat mooi in my spoor trap nie. Die saak van 'n tweede doop n die Christelike doop wat breedvoerig in hierdie boek bespreek word, is 'n goeie voorbeeld.

Vraag 15
Op watter wyse, indien enige, impakteer die generasie waarvan mense deel is, jou lees van kwessies?

Seker geweldig baie. Maar nie noodwendig nie. Daar is mense wat "uitbreek" en selfstandig dink, al word hulle natuurlik in 'n ander sin ook benvloed deur hulle eie tyd. Daar is gelukkig ook die verlede en die toekoms wat 'n rol kan speel in mense se denke. Verder kan verskillende mense natuurlik ook dieselfde situasie verskillend interpreteer.



LitNet: 19 Julie 2005

terug    /     boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.