Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Babilon

Annelie Ferreira

Ek kon nog nooit besluit presies hoekom die liedere so ’n uitwerking op my het nie. Baie van hulle bevat tog begrippe waaraan ek lankal nie meer glo nie, soos erfsonde, straf, redding. So - hoekom is daar soveel gesange en veral Kersliedere (om nie te praat van KJA- of Hallelujaliedjies nie) wat ek nie kan sing sonder om tranerig te raak nie?

Miskien bring dit bloot herinneringe terug aan my eerste ervaring van gesamentlike aanbidding: ’n ongemaklike kerkhoedjie, houtbanke wat n ’n uur rrig hard was, orrelmusiek en - altyd ’n halfnootjie of so agterna - gemeentesang. Daar was ’n sekere geborgenheid aan hierdie rituele; jy het geweet dat al was die wreld ook groot en vreesaanjaend, grootmense en God saam in beheer was. En as die grootmense gefaal het, was daar nog altyd God.

Dalk is dit hierdie onskuld waarna ek terugverlang wanneer ek die liedere van my kindertyd hoor. Of miskien bevestig dit bloot ’n heidense geneigdheid aan moederskant om musiek te verkies bo preke. Selfs my ouma, vir wie kritiek op jou dominee gegrens het aan godslastering, het eenkeer erken dat ’n lied haar eintlik meer troos as ’n preek.

Vandag is daar verskeie studies oor die terapeutiese uitwerking van musiek wat daarop dui dat my ouma in haar eenvoud heeltemal reg was. Baie mense sweer byvoorbeeld by Barokmusiek om jou breingolwe nommerpas te kry vir makliker leer, vinniger idees kry en meer melk produseer - dis nou as jy ’n koei is. Daar is boerderye waar dit gedoen word, ja, waar die wetenskap kreatief ingespan word vir beter melkproduksie. Die melkmanne het die idee tien teen een gekry onder die invloed van ’n bietjie Mozart

’n Vriendin wat werk met kinders met leerprobleme wys my egter daarop dat Barokmusiek sommige van hierdie kinders nog meer onrustig maak. Rap werk blykbaar beter vir hulle.

Onder die verskillende teorie oor die ontstaan van musiek is daar veral een wat ek onthou. Dit lui so: Toe die mens sy eerste rituele ontwikkel het rondom belangrike gebeure soos geboorte en dood, die aanvang van die plantseisoen, jagekspedisies en so meer, het woorde ’n belangrike deel van elke ritueel gevorm. Die regte woorde moes die betekenis van enige besprinkeling of verbranding of beweging anker. En wanneer jy woorde sing, onthou jy hulle makliker. Die eerste vorm van sang was moontlik “chanting”, wat geleidelik ontwikkel het tot skeppings van groter melodieuse omvang en ook met die klank van primitiewe musiekinstrumente gekombineer is.

Ek luister nou die aand na my nuwe CD van die Gregorian Masters of Chant. Een van hulle snitte is “Babylon”, die liriek die woorde van Psalm 137:1, waarin die psalmskrywer die verlange van die weggevoerde Israeliete na hul land so roerend uitdruk.

Terwyl ek sit en luister, onthou ek skielik ’n ervaring van enkele jare gelede wat ek saam met ’n paar ander in my geheue weggebre het omdat dit, wel, te vreemd is vir woorde (selfs wanneer dit gesing word ). Daar is van my vriende van wie ek dit sal verwag, ja, by di wat van geboorte af al ander goeters sien en hoor as gewone mense. Maar wanneer dit met ’n verstandige persoon soos ek gebeur, kan dit net verbeelding wees - op die meeste ’n “waking dream” waardeur jou onderbewuste jou hulpvaardig van ’n paar simbole voorsien.

Dit was tydens ’n meditasie-en-genesing-werkwinkel. Die leier van ons groepie het ges dat hy ’n meditasie met ons gaan doen waarin hy van 20 tot 1 sal terugtel en wanneer hy by “een” kom, sal ons di insident onthou wat die grootste probleme in ons lewens veroorsaak het.

Gaaf, dag ek. Hier is nou n spook wat ek beslis wil ontmoet om te groet.

Die leier begin tel: “Twintig, nentien ” Dis of ek kyk na ’n video wat besig is om terug te draai. Ek gaan vinnig verby die geboorte van my kinders en huwelik, adolessensie, dood van my pa, begin van skool  Die Oomblik moet seker nou naby wees, dink ek, amper opgewonde selfs in my rustige meditatiewe toestand. Maar nee - voorskools, baba, baarmoeder, vr konsepsie. Ek staan op die grens tussen twee wrelde. Dis tyd vir my om aarde toe te kom. Ek kyk vir oulaas om, na die ongelooflike lig en liefde wat ek gaan verlaat, omdat ek ’n taak het om uit te voer, soos elke ander mens op aarde. Ek tree vorentoe.

En in die werkwinkel begin ek huil asof ek twintig Kersliedere na mekaar moet sing.

By the rivers, the rivers of Babylon,

sing die Masters of Chant,


we sat down and wept, and wept for Zion.
We remember, we remember, we remember Zion.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.