Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Van heinde en ver

Annelie Ferreira

Art and Symbols of the Occult: Images of Power and Wisdom
James Wasserman (redakteur)
Inner Traditions (uitgewer)

Resensie deur Piet Pompies

Hierdie boek met sy pragtige illustrasies omvat Astrologie, Kosmologie, Kabbalah, Inisiasie, Magick, Seksualiteit, Alchemie, Tarot, Simbolistiese en Visioenêre kuns.

Die toeganklike teks dien as uitstekende inleiding tot voorvermelde dissiplines en bied ’n omvattende oorsig oor al dié terreine. Baie bekende illustrasies verskyn hier vir die eerste keer in volkleur, soos Frater Achad se sneeuvlokkie, die volledige stel van 22 skilderye wat die Middeleeuse meesterstuk Splendor Solis uitmaak en Harry Smith se aangrypende werke The Tree Of Life In The Four Worlds en Eye Of The Mysteries. Kunstenaars wie se werk hier te vinde is, sluit in Urbino, Leonardo da Vinci, Hieronymus Bosch, Raphael, Rembrandt, Raymond Lull, Botticelli, Poussin, William Blake, Arnold Bocklin, Dante Gabriel Rossetti en Vincent van Gogh. My persoonlike gunsteling is Alex Grey se “Holy Fire”. Westerse, Oosterse en Egiptiese kuns kry gelyke aandag, en ’n aantal baie seldsame manuskrip-illustrasies en tarot-pakke word hier gereproduseer. Foto’s van Eliphas Lévi, Samuel Liddell MacGregor Mathers, Aleister Crowly en Helena Blavatsky gee mens ’n kykie op die vorige eeu se leiersfigure in die esoterika, en ’n waardevolle bibliografie van klassieke werke in die okkulte rond die boek af. Dis ’n pragtige en besielende lees- en naslaanwerk.

The Nag Hammadi Library In English:
The definitive new translation of the Gnostic scriptures
Translated and introduced by members of the Coptic Gnostic Library Project of the Institute for Antiquity and Christianity, Claremont, California.
3de, hersiene uitgawe.
Hoofredakteur: James M Robinson

Resensie deur Piet Pompies

Hierdie is ’n oorweldigende werk om te verteer, maar genadiglik help die inleidings tot elkeen van die 45 hoofstukke om sin te maak uit die tekste. Net soos die Dooie See-rolle werp die Nag Hammadi-dokumente welkome nuwe lig op die vormingsjare van die Christelike era.

Streng gesproke is nie alles wat hier ingesluit is, Gnostiese skriftuur nie, want die boek bevat selfs ’n gedeelte uit Plato se Republic. Daarbenewens verwys nie een van hierdie tekste na sigself as “gnosties” nie, en nie almal staan in die Christelik-Gnostiese tradisie nie. Daar is tekste met stringe vokale en towerwoorde (mantras) wat vir baie hedendaagse New Agers sin sal maak - presies dieselfde tegnieke wat deesdae gebruik word om byvoorbeeld die chakras deur middel van klankvibrasie te stimuleer.

Die uitstekende inleiding deur James M Robinson bespreek alles wat bekend is omtrent die Gnostiese groepe, die historiese agtergrond tot die dokumente, hul ontdekking in 1945 en hul teologiese belang. Werke wat ek besonder interessant vind, sluit in The Gospel of Thomas, The Gospel of Philip, The Three Steles of Seth, The Exegesis of the Soul, Zostrianos, The Thunder: Perfect Mind, The Concept of our Great Power, Asclepius 21-29 en The Apocalypse of Peter.

Hoewel daar verskillende benaderings en teenstrydighede is, kry ek die volgende breë boodskap uit die Nag Hammadi-tekste, te wete: elke individu moet die goddelike in haar-/homself vind, met ander woorde, die koninkryk van die hemele in binne-in elkeen van ons. Die nawoord deur Richard Smith: The Modern Relevance of Gnosticism, is uiters boeiend soos dit die spoor van gnostiese idees navors deur onder andere Edward Gibbon, die skrywers van die Verligting, William Blake, Herman Melville, WB Yeats, Helena Blavatsky, Carl Jung, Herman Hesse, Nicholas Roeg se film The man who fell to earth, wetenskapfiksie-skrywers soos Philip K Dick, Jack Kerouac, Allen Ginsberg ensovoorts. Die uittreksel uit Carl Jung se gedig “Abraxas” het my geïnspireer om die Jung-konneksie verder na te vors.

Indien ’n kultuur omskryf sou word deur die wrywing op sy periferie, eerder as die rustige en statiese kern, dan is hierdie tekste ’n lewende monument teen die tendens tot versmorende eenvormigheid. Hierdie boek is van enorme betekenis in die tye waarin ons leef en sal in die komende dekades in statuur toeneem. Bowendien is dit nie net van belang vir geskiedkundiges en teoloë nie, maar ook vir alle spirituele mense wat hul kennis wil verbreed.


Practical Guide to Psychic Self-Defense and Well-Being
Melita Denning en Osborne Phillips
Llewellyn (uitgewer)

Resensie deur Piet Pompies

Dis jammer mens leer nie hierdie dinge op skool nie! Met die media wat so vol negatiwiteit en geweld is, het psigiese selfverdediging noodsaaklik geword. Daar’s te veel stres in ons daaglikse lewe, reklame speel dikwels in op ons mees primitiewe emosies en die nuus fokus altyd op die sensasionele, terwyl die politieke en religieuse speelvelde meestal op skuld en vrees funksioneer. Hierdie boek leer jou hoe om geestesgesond te bly in die middel van soveel waansin.

Die maklike oefeninge verhoog mens se gevoel van welstand en voorsien waardevolle inligting oor hoe om jouself teen psigiese en fisieke aanvalle te beskerm. Daar is niks vreemds/boos of okkulties aan die oefeninge nie. Antieke tegnieke soos die “Toring van Lig” word goed uiteengesit en daar word ook nuttige ontspanningsmetodes verduidelik. Die teks word aangevul deur illustrasies, ’n woordelys en ’n indeks. Dié boek was ’n plesier om te lees en ek gebruik dit gereeld as ’n naslaanbron.

Fokus op meer as 400 vrae van gesinne wat mense die meeste pla
James Dobson, uitgegee deur Lux Verbi-BM.

Ek het ’n vriendin wat sweer dat James Dobson haar lewe as ma van kleuters gered het (en dalkies dié van die kleingoed …?) toe sy een van sy eerste boeke, Dare to discipline, raakgeloop het. Sy het hom prakties en nugter gevind en sy aanslag lekker humoristies - en sy raad het gewerk. Vir Dobson-aanhangers is hier nou ’n verwysingsgids met antwoorde oor die huwelik en gesin; Bybelgefundeerde inligting oor onderwerpe soos dissipline, die lewe saam met tieners, enkelouerskap, seksvoorligting en nog veel meer.

Prys: R109,95. Beskikbaar by Lux Verbi-winkels; kan ook direk bestel word by 0860 231 231.

Gebedeboek met liturgiese voorstelle
Johan van der Merwe (red), uitgegee deur Lux Verbi-BM.

As werkboek is hierdie bundel hoofsaaklik vir predikante bedoel, maar daar sal ook gewone mense wees wat dit nuttig mag vind, of geraak sal word deur die gebede. ’n Groot verskeidenheid gebede is opgeneem, meestal deur bekende figure, maar ook deur minder bekendes: Martin Luther, Karl Barth en Thomas Merton, byvoorbeeld Cassie Carstens en Wilhelm Jordaan, en hier en daar iemand soos “Skoolmeisie uit Afrika”. Ek mis egter ’n groter teenwoordigheid van vrouestemme …?

Daar is lang gebede en ook die kort en kragtiges, soos St Thomas More se

Here, daar is dinge waarvoor ons bid.
Gee ons ook die genade om daarvoor te werk.

’n Bruikbare boek.

Prys: R49,95. Beskibaar by Lux Verbi-winkels; kan ook direk bestel word by 0860 231 231.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.