Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Kan ons onsself gesond maak?

Antonie van Wyk

As ek die artikel van Christina Landman getiteld “Kan die Nuwe Hervormers ons gesond maak?” reg verstaan, kom sy tot die gevolgtrekking dat die Nuwe Hervormers (en sy beperk dit klaarblyklik tot die paar teoloŽ in Suid-Afrika wat die mees verbaal is oor die onderwerp) nie ’n “oplossing” kan bied vir die bestaande godsdienstige diskoerse se onvermoŽ om mense “gesond” te maak nie. Ek neem dus aan dat sy hoofsaaklik en in breŽ terme verwys na Suid-Afrikaanse kerke binne die christelike tradisie wat faal in hierdie taak. My verwysing na “die kerk” in hierdie bespreking moet dus in dieselfde konteks verstaan word.

Ek stoei werklik daarmee om die kloutjie by die oor te bring indien ek sekere aspekte van Christina se artikel vergelyk met die gevolgtrekkings wat sy maak. Byvoorbeeld: sy sÍ dat dit haar telkens verstom hoe mense hulself gesond kan maak omdat hulle hande met God vat — dit binne die konteks van geloofsgenesing. Die implikasie van hierdie stelling is klaarblyklik dat mense self verantwoordelik is vir hul genesing met diť dat hulle begin glo dit is moontlik omdat saam met God enigiets moontlik is (of so iets).

Dit blyk egter uit die res van haar artikel dat sy verwag dat die kerk in een of ander verskyningsvorm (en sy het gehoop dat dit dalk die Nuwe Hervormers mag wees), ’n diskoers kan vestig wat mense kan gesond maak — dus ’n eksterne doepa wat mense sal genees. Ek verwys weer eens doelbewus na “die kerk”, aangesien dit nie duidelik blyk of sy die aanklag by die deur van die christelike godsdiens in sy geheel lÍ nie.

Nou maar goed. Ek neem aan dat sy glo dat “siekte” dikwels ’n manifestasie is van mense (of die samelewing) se gebrekkige en inkonsekwente morele onderbou. In hierdie sin kan mens seker praat van ’n “siek samelewing” of ’n siek “gesin”, deurdat sekere idees wat aangehang word, mense eensaam, “disembodied” en toekomsloos laat voel.

Andersyds kan “siekte” natuurlik verwys na iets liggaamlik, soos by iemand wat in ’n rystoel vasgekluister is vanweŽ een of ander besering, iemand wat die MIV/Vigs-virus onder lede het, ens.

Dis nie heeltemal duidelik uit Christina se artikel nie, maar sy neem klaarblyklik aan dat ’n siekte soos MIV/Vigs tot ’n groot mate in ieder geval ’n manifestasie is van ’n groter siekte in die samelewing, veral as mens kyk na haar opmerking in die voetnota tot die artikel.

Hiermee begewe sy haar natuurlik op ’n onstabiele swaaibrug oor die diep blou see, en ek gebruik die see spesifiek as simbool vir die emosionele aard van die betrokke vraagstuk, naamlik tot watter mate siekte ’n interne of eksterne oorsaak het.

Ek is ’n volslae leek in hierdie verband, maar dit lyk vir my asof, aan die een kant, die modernistiese siening gehuldig word in die Westerse samelewing dat (liggaamlike) siekte die oorsaak is van een of ander mikrobe, tekort of oormaat, terwyl aan die ander kant van die spektrum ’n meer postmodernistiese siening gehuldig word dat siekte bloot ’n “dis-ease” is wat teweeg gebring word deur die betrokkene se psigiese en/of emosionele ingesteldheid. Ter illustrasie kan iets eenvoudig soos hooikoors gebruik word: vanuit eersgenoemde perspektief word dit veroorsaak deur een of ander allergeen wat ’n histaminiese reaksie in die liggaam ontketen. Vanuit die laasgenoemde perspektief mag iemand wat aan hooikoors ly, “toelaat” dat sy of haar liggaam op die allergene reageer as fisiese manifestasie van een of ander psigiese of emosionele ongemak, tipies omdat so ’n persoon ’n sterk gevoel van irritasie jeens iets of iemand (en soms hom- of haarself) ervaar.

VanweŽ die sterk sielkundige implikasies wat laasgenoemde perspektief inhou, ook wat “gesondmaking” betref, is dit belangrik om vlugtig te verwys na die sielkundige konsep van ’n interne vs ’n eksterne locus van kontrole. Eersgenoemde is ’n beskrywing van ’n persoon se geneigdheid om dit wat met hom- of haarself gebeur, toe te skryf aan eie optrede. So ’n persoon is dus meer geneig om verantwoordelikheid te neem vir sy/haar omstandighede. Hierteenoor sal iemand met ’n eksterne locus van kontrole geneig wees om ’n gade, werknemer, die staat of wesens vanuit die buitenste ruimte te blameer vir alles.

Wat is die relevansie hiervan? Bloot dit: Christina blyk enersyds ’n toegewing te maak dat mense hulself kan gesond maak binne die konteks van geloofsgenesing. Dit impliseer ’n sterk psigiese/emosionele inslag tot die “siekte”, asook ’n sterk interne locus van kontrole, enersyds aangesien die betrokkene se “siekte” klaarblyklik nie bloot die oorsaak is van ’n mikrobe of oormaat of tekort nie, en andersyds omdat die “sieke” self beheer en verantwoordelikheid kan neem vir die “siekte” en “gesond” word met die krag of beweegrede wat geskep word deur te keer na God. Dit mag paradoksaal klink, maar myns insiens beteken dit nie dat die betrokke persoon aanvaar dat God die werk doen nie, alhoewel God die werk moontlik maak. Dis in ieder geval hoe ek Christina se standpunt verstaan.

Dit maak dus nie werklik saak of die “siekte” psigies, emosioneel of liggaamlik is nie, aangesien daar so ’n sterk interaksie tussen hierdie faktore is dat dit onmoontlik is om dit te skei.

As Christina hier gestop het, sou hierdie artikel waarskynlik een van opgewonde ondersteuning gewees het. Ongelukkig is die kruks van haar bespreking na my mening heeltemal in stryd hiermee. Sy aanvaar naamlik dat ’n eksterne faktor soos die kerk of die Nuwe Hervormers die geestelike medisyne moet verskaf wat mense sal gesond maak (en ek besef dat sy dit hier meer het oor ’n siek samelewing wat mense fisies siek kan laat). So ’n siening is gebaseer op die aanname dat die oorsaak van die “siekte” slegs geestelike verval is en dat die regte medisyne dus vanuit ’n vars geestelike perspektief verskaf moet word. Dit impliseer egter dat die samelewing nie interne verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir die siekheid nie, of erger nog, nie in staat is om ’n oplossing te vind nie, maar dat ’n oplossing ekstern (deur die kerk of wie ook al) verskaf moet word.

Myns insiens was hierdie houding tot op hede juis een van die bydraende faktore tot die skep van “siekte”, met die kerk se geneigdheid tot ’n vorm van geestelikheid wat veronderstel dat God nie werklik binne-in mense verkeer nie. Op een of ander manier word die feit dat die Heilige Gees, wat eintlik ook God is in mense (of is dit slegs gelowiges?), dwaal nie gelykgestel aan die goddelike bewoning van mense nie. Ek skat dit sou ’n bietjie moeilik wees vir die kerk om te propageer dat mense tegelyk menslik en goddelik kan wees. Die kerk se standpunt sluit dus die moontlikheid uit dat oplossings vir probleme of siektes gelyktydig deur mense self gevind kan word en ook ’n goddelike oorsprong kan hÍ. Konvensionele christelike geestelikheid dikteer ongelukkig ’n imitatio Christi wat behels dat mense bloedweinig kan bydra tot hul lot (behalwe om hulself te bekeer en ’n proses van geestelike lyding soortgelyk maar nooit gelykstaande aan diť van Christus nie, deur te gaan) en dat niks sonder God moontlik is nie — dus ’n eksterne oplossing vir alle menslike probleme.

Solank as wat Christina hoop dat iemand soos die Nuwe Hervormers ’n diskoers gaan bied wat sodanige gesondmaking kan teweeg bring, bevorder sy ’n diskoers wat veronderstel dat:

  • net godsdiens (as “religion” en nie “faith” nie) in een of ander verskyningsvorm gesond kan maak;

  • God ekstern is tot die mens en hierdie eksterne God eers “gevind” moet word voordat genesing kan plaasvind; en

  • mense nie verantwoordelikheid hoef te neem vir hul eie omstandighede nie, maar alles by die deur van God kan lÍ. Die enigste verantwoordelikheid binne die konteks van die tradisionele godsdiens is dan om vir of teen God te kies.

    Daarteenoor is die implikasie van Christina se stelling oor die gesondmaak van liggaamlike siektes enorm. Dit impliseer immers dat mense wat ’n verwysingsraamwerk anders as die God van die christelike geloof het, hulself ook kan gesondmaak, soos wat inderdaad gebeur. Indien dit is wat sy bedoel, is die implikasie dat enige vorm van geloofsraamwerk (en ek bedoel dit hier in die sin van James Fowler se “faith” en nie “religion” nie) genoeg van ’n “gesondmakingsplatform” kan bied waarbinne mense self verantwoordelikheid vir siekte kan neem, hetsy op geestelike of liggaamlike vlak. Geloofsgenesing word dan “faith healing” en nie “religious healing” nie.

    Ek glo dat ons die vermoŽ van die menslike psige onderskat om te soek vir iets wat kan dien as katalisator vir ’n gesondmakingsproses. Ek glo ook dat in baie gevalle mense wegskram van hierdie natuurlike soeke deur die verantwoordelikheid vir hul omstandighede op eksterne faktore te plaas, en in die proses die psige saboteer. Myns insiens dra die kerk ongelukkig by tot hierdie sabotasie deur die standpunt te huldig waarteen ek dit hier bo het. Dit skep definitief nie die ruimte vir die menslike psige om die verantwoordelikheid te neem om self te bevraagteken en te soek totdat die paslike “faith”-raamwerk gevind is nie, maar probeer klinkklare oplossings afdwing.

    Ten minste probeer die Nuwe Hervormers hierdie ruimte skep, en daarmee kan ek nie fout vind nie.

    Om Christina se eie voorbeeld te gebruik van ’n vrou wat seksueel en fisies gemolesteer word (is dit nie dieselfde ding nie?) — dalk sal so ’n vrou nie die salf vir haar siel vind in die feit dat Jesus fisies opgestaan het nie, maar moontlik daarin dat Jesus deur ’n proses van loutering gegaan en seker aspekte van sy menswees “gekruisig” het en as ’n “nuwe” mens in ’n aardse paradys kon lewe ten spyte van sy menswees en sonder dat hy hoef dood te gegaan het.

    Ek dink die tyd is ryp om weg te beweeg van ’n oordeel vel oor die meriete al dan nie van ’n spesifieke diskoers, en om eerder soveel as moontlik ruimte te skep vir mense om hulle te heg aan dit wat hulle intuÔtief, met interne goddelike beweegkrag, en op eie verantwoordelikheid, vind — dit wat hulle in hul spesifieke omstandighede nodig het om hulself “gesond” te maak.

    terug    /     boontoe


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.