Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Alsiende Oog

Joan Hambidge


Op ’n snikhete warm somersmiddag ry die vrou na die tweede herdenkingsdiens van haar kollega wat gesterf het in ’n sinnelose motorongeluk. Die hele dag al dink sy na oor die dood van hierdie merkwaardige vrou wie se dood haar so intens geraak het. ’n Dosent in klassieke tale wat heel dikwels vir haar Griekse en ander obskure verwysings vertaal het, bestaan nie meer nie. Net as ’n verwysing, ook as ’n gedig wat sy kort na haar dood geskryf het toe ’n dronk man in haar vasgejaag het. Om tien in die oggend.

Sy was van die eerste mense wat geweet het van hierdie dood, omdat sy toevallig op die Sondagoggend ’n kollega opgebel het. “Bel ons sekretaresse asseblief,” het ’n vriend en kollega versoek, “dit gaan sleg met haar en sy vra gedurig na jou.” So verneem sy eerstehands van haar dood. Blindweg genoem, ’n sinnelose dood deur ’n dronkbestuurder wat later in die hof — op ’n tegniese punt — onskuldig bewys word.

Hoe sal sy vertel van haar dood en die impak van haar dood? Net vanoggend gee sy ’n lesing in “Women’s Writing” en vertel vir die jong studente dat psigo-analise in wese storievertelling of narrasie is. Dat jy altyd ’n storie van jouself vertel en dat Freud ons bewus gemaak het van die oog wat kyk, oftewel die voyeur 

Om te kyk en gesien te word  N haar dood is haar o bemaak aan die Oogbank in Suid-Afrika en haar twee korneas geskenk aan blindes wat nou weer kon sien. Deur middel van ’n komplekse laseroperasie word die sig herstel, nie meer met spoeg en modder wat op die o geplaas word nie.

“Verskoon my,” s ’n stem agter haar. ’n Jong meisie met ’n bril kom nadergestap.”Weet u hoe om ’n selfoon te ‘unblock’?”

“Ek weet nie, maar ek kan help ” Dit geluk haar egter nie om die foon oop te kry nie en sy vra die vrou reguit: “Soek jy ’n lift?”

“Ja, asseblief  ek weet dis vermetel, maar ek moet aan die einde van Seepunt kom. More vertrek ek Israel toe en vandag het ek boonop my beursie verloor.”

“Reis jy?”

“Ja. Ek het nou vir sowat drie jaar in Sydney gewoon en ek is ’n terapeut. Ek reis letterlik van land na land waar ek dan werk vind as ’n raadgewer. Almal is in nood. Almal moet gehelp word. Waarheen is jy op pad?”

“Na ’n gedenkdiens. ’n Vriendin is twee jaar gelede dood in ’n ongeluk en daar is vanmiddag ’n erediens  die Katolieke weet hoe om iemand te onthou selfs lank na die dood.”

“Wat het gebeur?”

“’n Dronk man het in haar vasgery tienuur in die oggend. Redelik naby die plek waar ek jou gaan aflaai  die enigste voordeel is dat haar korneas bemaak is aan twee mense wat weer kan sien.”

“Dis toevallig,” s sy,” dieselfde het met my gebeur. Ek het so pas ’n kornea-oorplanting in my regteroog gehad en nou kan ek weer sien. Ek ly aan ’n genetiese siekte en ek was besig om blind te word.”

Sy sou eers later na haar asem snak, maar terwyl sy met die meisie gesels, word sy ongemaklik. Weens die toeval. “Jy sal sien,” onthou sy die gesprek met ’n medium kort na haar vriendin se dood,” dat sy altyd by jou sal wees. Sy is jou hoeder. Sy sal op vreemde maniere aan jou ‘verskyn’. Daar is niks om voor bang te wees nie  daar is lewe na die dood.” Sy het toe begin huil.

Sy laat die meisie uit Sydney agter in Seepunt (met haar besigheidskaart) en ry terug Groenpunt toe om die diens by te woon. Alhoewel dit haar derde besoek aan hierdie lieflike ou kerk is, kan sy om die dood nie die kerk vind nie. Sy bly in eenrigtingstrate vasjaag en die kerk bly haar ontglip.

In ’n tuin sien sy ’n werker staan. “Weet jy waar die kerk is? St Margaret’s  die Katolieke Kerk.”

“Ja,” s hy vriendelik. “Ek sal jou soontoe neem.” Hulle ry deur die nou strate terwyl die man, ene Welcome, vriendelik met haar gesels en haar ook uitvra na die rede vir haar besoek aan ’n kerk op hierdie warm, swoel middag.

“Dis ’n diens vir ’n vriendin. Die tweede keer na haar dood. Eers die begrafnis en nou is dit die herdenking van haar dood. Sodat ons kan onthou dat ons almal verbind is aan mekaar.” Uit dankbaarheid toe hulle die kerk vind, gee sy vir hom geld.

“Ja,” lag hy,”soos wat jy my nou help deur vir my geld te gee. Ek het nie geweet waar ek geld vandaan sal kry om vir my kos te koop nie. Dankie Mama!”

Hy omhels haar onverwags en sy stap die kerk binne: laat. Sy sien die wewenaar. Hy groet haar en kom sit langs haar. “Ek is so bly jy kon kom. Ek het vanoggend in ’n klein beriggie ’n stuk uit jou gedig aangehaal. Ek hoop nie jy gee om nie ”

“Natuurlik nie. Ek deel my gedigte graag met ander.”

’n Gedig, weet sy ook uit ervaring, het ’n lewe van sy eie. Dit kan — buite die skrywer se beheer of bedoeling — mense raak of troos. Die digter is maar net die medium vir die gedig wat dikwels n haar “gebeur”. So moes haar vriendin doodgaan sodat ander kon sien. Miskien moes sy ook doodgaan om ook

Na die diens soek sy na haar selfoon. Dis weg. Sy verdink eers die meisie, dan die swartman. Sy besef egter dat sy dit in die kerk agtergelaat het en ry terug na die kerk, wat gesluit is. Op die deur is daar ’n foonnommer. Sy hardloop na oorkant die straat. Sy klop aan die deur en ’n middeljarige vrou maak die deur oop.

“Ek is jammer om te steur, maar ek het my selfoon in die kerk vergeet ”

“Jy het nie nodig om God te bel nie. Hy hoor jou. Hy kan alles sien wat jy doen. Om die waarheid te s, daar is ook niks toevalligs aan hierdie ontmoeting nie. Dit was nodig dat jy my besoek sodat ek jou kan bewus maak van die feit dat ons ”

“Ek weet, ek weet. Maar ek het soveel nommers op daardie foon  mag ek asseblief u foon gebruik? Ek moet mense van vlees en bloed NOU bel!”

“Net solank jy weet dat jy nie nodig het om God te bel nie. Hy praat met ons op eenvoudige maniere. Dit wat ons dink toevallig is, is helaas nooit toevallig nie. Dit is ’n aanraking van Bo. Die Alsiende Oog kan alles waarneem.” Sy staan tru sodat sy die foon kan gebruik. Maar daar is geen antwoord nie.

“Miskien het jy die foon in die motor laat val,” gee sy nou meer gemoedelik raad. “Jy weet dit gebeur dikwels. ’n Mens dink jy het iets saamgevat, maar dan het jy dit juis nie saamgevat nie.”

Sy keer terug na die motor, en ja, daar l die foon onder die sitplek. Vergewe my! Vergewe my! Hoe kon ek my twee “helpers” verdink het?

Miskien was daardie meisie uit Sydney  “Miskien sien ek jou weer” kry meteens nuwe betekenis. Om die onsienbare in te gaan, die epifaniese 

Twee dae later lui haar selfoon. Toe sy antwoord, is daar niemand nie. Sy probeer kyk of sy die nommer kan opspoor. Dis egter ’n onbekende nommer. Sy sal nooit weet wie het haar probeer bel nie.


“Vraag”

Vir Margaret Rosabel Mezzabotta

Joan Hambidge

Ontydig, voortydig jou vertrek
na ’n ander onbekende oord.
Die siel, onthou ek vanoggend,
is soos ’n wyn wat stadig moet verouder.
Iets glo soos bottelskok
as dit te gou ontkurk of geskink word.
Jy sou my dadelik kon reghelp:
dit staan in die Egiptiese Boek van die Dood.
Om jou dood te begryp
is ’n hiroglief onontsyferbaar
in ’n donker gang onbegaanbaar.
Die dood keer woordordes om,
dit laat ons terugkyk, onthou, selfs gryp
na klein momente van die toeval -
soos hoe ek eenmaal jou bril skoongemaak
het, oor duister simbole met jou praat.
Vir hierdie lykwaak, groot gelykmaak,
is ek as digter onvoorbereid,
nee, eerder, onbereid.
Die sogenaamde consolatio of vertroosting
van ’n medium (Kyk, sy stuur ’n roos)
of die flikker van ’n kers,
maak niks ongedaan nie. Wat beteken ontval?
Dat jy te vinnig — na my sin -
paradyswaarts
moes gaan. Dat jou siel
onskynlik sonder voorbereiding
weggeruk is. Dat rose verwelk,
verse ophou flakker 
Ek wou nog vra:
“Wie het die een oog van Nefertiti uitgekrap
sodat sy blind moes uitkom aan die ander kant?”

“Vraag” uit: Lykdigte, Tafelberg, 2000.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.