Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

My gunstelingboek: ’n Geskenk van God af

Ek was die laaste twee maande deur ’n ongelooflik beproewende tydperk, om baie verskillende redes. Ek het nog nooit aan depressie gely nie — ek is heeltemal te veel van ’n optimis daarvoor en (om bietjie my eie beuel te blaas) ek dink dat ek te sterk is daarvoor — maar die laaste twee maande was van so aard gewees dat ekself begin wonder het of ek nie ook maar besig is om in die “groot donker gat” te val nie. Elke dag het ek instinktief my klein denkbeeldige checklist deur gegaan en die simptome getoets en afgemerk of doodgekrap waar van toepassing. Party dae kon ek nie eers die enetjie “ek wil dood gaan” met sekerheid dood trek nie.

Ek is ’n Christen. Ek is so groot gemaak. Ek kon nog altyd sien hoe God met my praat en baie keer kon ek ook sien hoekom Hy sekere goed oor my pad stuur, al is dit nie lekker goed nie. Ek het nog altyd geglo in die krag van gebed en dit is ook hoe ek hierdie probleem probeer oplos het.

Ongelukkig, as `n mens selfs begin twyfel aan of jy wil lewe of nie, dan gaan jy verseker begin wonder of jou gesprekke, gebede, noodroepe na Hom toe, verder as die plafon gaan. Dit was ook hoe dit was. Ek het akuut begin betwyfel en selfs begin rebelleer. “Waar is U? Hoekom kan U nie net vir ’n halfuur by my sit en vir my sÍ alles gaan reg wees nie? Hoekom voel ek dan so alleen? HOOR U MY? Het die man wat dan die “Voetspore”-storie geskryf het, rÍrig alleen geloop of het U hom gedra soos U vir hom gesÍ het? HOOR U MY? HOOR U MY? HOOR U MY?”

Party dae het dit goed gegaan, en ek kon in vrede en rustigheid net sit en bid en gesels, maar meer dae as minder was die rebellie die trant van hoe ek gepraat het. Die hele dag, met my frons tussen my oŽ, die trane vlak, het ek rond geloop en hierdie harde woorde gefluister.

Op een van my meer optimistiese aande het ek ’n afspraak met Hom gemaak. Ja, ek het geweet ek hoef nie ’n afspraak te maak nie, maar dit het net gevoel dat op hierdie manier sal ek ekslusiewe aandag kry. Ek het ’n lysie gemaak van wat ek wil hÍ (my ma het eendag gesÍ ’n mens moet spesifiek bid).

Tog, die rebellie het nie verdwyn nie.

Kersaand toe sit die hele familie voor die braaivleisvuur; ek en my tannie raak toe aan die gesels. Sy sÍ toe ook onder andere dat daar nie iets is soos toevallighede nie: as daar iets op jou pad kom wat soos ’n toevalligheid lyk, staan stil, en dink eers daaroor, want dit het ’n betekenis.

Dit was tyd vir persente oop maak. My niggietjie, wat kersvader gespeel het, het my persent van my pa en Ann vir my gebring. Dit was `n boek — ek het dit geweet want ek het spesifiek geskimp by hulle vir ’n Bybelse dagboek, ek dink nie ek kon vir ’n derde jaar weer Solly Ozrovech se Die Rykdom van Sy Genade lees nie. Saam met dit was ’n klein plat dingetjie toegedraai en ’n boksie Smarties.

Toe ek die boek oopmaak, kon ek vir ’n geruime tyd nie veel sÍ nie. Ek was uit die veld geslaan ... daar lÍ dit ... my eie halfuur se gesprek waarvoor ek so lank gewag het met die Almagtige Vader in ’n boek saam gevat ... “Here, Hoor U My?” het lewensgroot vir my terug gestaar.

Ek het die sitkamer verlaat en buite gaan staan en huil ... van vreugde ... “Dankie Vader,” is al wat ek kon sÍ. “Dankie dat U my gehoor het.”

Die klein plat dingetjie? ’n Boekmerk ... met die storie “Voetspore” daarop.

Hierdie is my gunstelingboek, omdat dit ’n kersgeskenk van God af is. ’n Geskenk van God af, via my pa en Ann. Elke aand as ek uit my gunstelingboek uit lees, weet ek dat Hy alles hoor wat ek vir Hom sÍ en wat ek vir Hom vra. Here, Hoor U My? van Nina Smit.

Aldi Geyer

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.