Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die Boeddha in die bad

My jongste kom sit langs my op die bed, terug van ’n hoopvolle soektog deur ons koskaste. Dis ek wat haar gestuur het: ek het vergeet om die lekker eetgoedjies vir skool môre te koop soos sy my vanoggend gevra het.

“In hierdie huis,” kondig die kind gelate aan, “is daar vreeslik baie niks.”

Haai, as ons nou ’n Boeddhistiese gesin was, sou ek sommer baie beter gevoel het. Enlightenment — en dit sonder dat ons eens probeer het! Dalk juis omdát ons nie probeer het nie …

Soos die meeste Westerse gesinne het ons nie ’n prominente plek in ons daaglikse program vir bewegingloosheid nie. Toe my kinders pas skool toe is, het altwee by verskillende geleenthede ernstig vir my gevra hoekom hulle altyd begin jeuk as dit saal is, wanneer hulle rêrig stil moet sit. En dan is die gejeuk nie op ’n beskaafde plek soos sê maar ’n handpalm nie — nee, onder ’n voet, bo-op die kop, agter tussen die blaaie.

Ek het hulle verseker dat hierdie neiging normaal is en dat hulle dit trouens van my geërf het. Wat byeenkomste en vergaderings betref, is my drempel vir vroetel geweldig laag. Voeg ’n toespraak by, en dis nag. Sou ’n spreker nou soos Harrison Ford lyk, en elke honderd woorde of so iets heldhaftigs kon doen, dan was dit ’n ander saak.

Dis ook hoekom ek ’n uiters ondergemiddelde mediteerder is. Jou niksgedagtes mag dalk fassinerend wees, maar nie myne nie, ek belowe. Ek het eenkeer met plesier geluister hoe ’n kennis vertel dat ’n baie geduldige meditasiegroep hom na ’n jaar uitgeskop het omdat hulle sy gekriewel en gekug net nie langer kon verduur nie! Eintlik was hy dankbaar, vertel hy, want hy het besef dat terwyl hulle al vir ascension geoefen het, hy nog nie eens heeltemal “descended” was nie.

Maar moet ook nou nie — soos ’n vriend sê — die Boeddha met die badwater uitgooi nie.

Ek kry onlangs ’n amusante omsendskrywe in my e-posbus. Met dankbare erkenning aan Anoniem en apologie aan die lesers wat dit dalk ook in hulle posbusse gekry het, ’n uittreksel daaruit:

Religious philosophies of the world in a nutshell

Catholicism: If shit happens, I deserve it.
Protestantism: Shit won’t happen if I work harder.
Judaism: Why does this shit always happen to me?
Buddhism: When shit happens, is it really shit?
Hinduism: This shit happened before.


En so aan.

Afgesien van die vermaaklikheidswaarde het dié e-pos my weer laat besef dat verskillende godsdienste verskillende elemente van die menslike psige beklemtoon. Ons het als van daai in onsself, ook dit waarvan ons nie so baie hou nie. En die onbekende mag juis waardevol wees.

My man was onlangs vir twee weke siek en in die bed. Ek dag eers dis net gewone griep, maar moes seker onraad vermoed het toe hy die eerste twee dae nie eens een keer sy skootrekenaar aangeskakel of sy aktetas oopgeknip het nie. Dit het nog nooit tevore gebeur nie. Dis mos net sissies wat siek by die huis bly én dan nog niks werk ook nie — dan nie?

In die loop van die volgende paar dae word longontsteking by hom gediagnoseer. Hy skakel steeds nie sy skootrekenaar aan nie, sy aktetas bly eenkant staan. Al kere wanneer hy vir ’n rukkie regop sit, is wanneer sy kop te seer is om te lê. As hy nie slaap nie, luister hy musiek.

En soos die dae verbygaan, merk ek iets ongewoons by hom op. Ek kan eers nie mooi uitmaak wat dit is nie, want ek ken dit nie. Maar dis iets kragtigs, ten spyte van sy gebrek aan aksie.

Dan besef ek wat dit is: vrede. Vir die eerste keer vandat ek my man ken, is daar niks wat hy hoef te doen, te beplan, te bedink nie; Niks. Hy is net. En ek kan die energie voel klop van ’n ou, ou plek af.

Aan die einde van die twee weke loer my ma by ons in.

“Joubert lyk so jonk,” sê sy agterna verbaas vir my.

Nou hier is dalk ’n konsep met kommersiële moontlikhede. Ek sien al die advertensie vir die Boeddhi-skoonheidshuis:

Ewige jeug is nou binne jou gerieflike bereik. Vergeet van gesigrome en duur kosmetiese operasies: Boeddhisme het die antwoord.

Op party vrae, in elk geval.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.