Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Dis nie my skuld nie

Dit was een van daardie oomblikke wat in enige goeie huwelik voorkom: jy voel die behoefte aan ’n bietjie afstand, vir ’n rukkie. SiberiŽ sal omtrent reg wees, net vir so ’n honderd jaar.

Ek gaan besoek ’n baie spirituele vrou wat al die knope in jou aura kan raaksien, en sommer ook die oorsake daarvan.

“Wat is dit tog wat ek en my man van mekaar moet leer?” vra ek haar omgekrap terwyl haar hande al om my besig is met las en lap.

Sy maak haar oŽ toe om anderkant die oomblik te kan sien. “Hy moet by jou leer van die emosionele en spirituele wÍreld,” sÍ sy dan, “en jy by hom van die fisieke en materiŽle wÍreld.”

Sy maak haar oŽ oop en kyk my stralend aan. “En tot dusver het julle nog niks van mekaar geleer nie!”

Sedertdien het ek besluit om die kontrak te verander. Vergeet van die fisieke en die materiŽle, ek sal maar te dankbaar wees as ek bloot van my man kan leer hoe om nie skuldig te voel nie.

Ek was amper dertig toe ek vir die eerste keer besef het daar bestaan wel mans wat soms skuldig voel. My leermeester was ’n gevoelige boekmens wat die pyn in sy lewe probeer verstaan het.

Teen daardie tyd het ek my man wel al die kuns afgevra. Hy het sy skouers opgehaal: “Jy besluit maar net wat die regte ding sal wees om in ’n situasie te doen, en dan doen jy dit. Dan hoef jy mos nie skuldig te voel nie.”

Die gedragswetenskaplikes sal hierdie verskynsel natuurlik dadelik demistifiseer tot iets soos die Myers-Briggs-persoonlikheidskaal — Mars en Venus vir jou meer populÍre siel. Die gemiddelde vrou (met apologie aan al die atipiese adams en evas) is eenvoudig meer geneig om skuldig te voel as mans; dikwels meer geneig om te voel — ook sommer namens ander — vaardiger op die terrein van emosies.

Dis ook die rede hoekom ek meen vrouens kon dalk stilletjies ingesit het by die totstandkoming van die Christelike godsdiens: die hele kwessie van die aflegging van skuld. Die een oomblik het jy dit nog, en die volgende oomblik is dit weg. Hemels!

Maar in die praktyk ...

Die konsep van skuld sal noodwendig vandag anders wees as ’n paar duisend jaar gelede. Toe, klink dit vir my, was dit ’n konsep wat onder beheer gehou is deur dosyne reŽls vir fisieke en geestelike higiŽne, en nie ingemeng het met daaglikse noodsaaklikhede soos hoenders nek omdraai, bokke keelaf sny, hande afkap wat in jou koringsakke betrap is en jou vyand se oŽ uitsteek voor hy jou tong kon afsny nie.

In die prewetenskaplike, pretegnologiese, pre-Verenigde Nasies-bestaan van destyds kon min mense dalk die luukse van ’n fyn skuldgevoeligheid bekostig het.

’n Paar millenia later lyk die wÍreld baie anders.

Een van die probleme wat baie Afrikaanse mense van my geslag en ouer het met die godsdiens waarmee hulle grootgeword het, is dat dit meer skuld geskep het as wat dit weggeneem het.

Afgesien van my navorsing in huweliksverband het ek ook op die spore van my eie skuldgevoelens teruggeloop. En prakties gevind wat sielkundiges teoreties verduidelik: dat kinders baie geneig is om verantwoordelikheid te aanvaar vir dinge wat in hul wÍreld skeefloop. Dit gee hulle op kort termyn ’n gevoel van beheer; dis vir hulle beter om te glo hulle is skuldig aan iets wat hulle nooit veroorsaak het nie.

Op lang termyn het hierdie oortuiging egter ’n prys. Jou siel ly skade, jy word ’n verknotte skadu van wat jy kon gewees het.

Nou bepleit ek geensins die afskaffing van die gewete nie. As jy besig is om jou skoonma te vergiftig of jou oupa se geld te steel, ’n obsessiewe vroueverneuker of ’n ernstige manslaner is, kan ’n paar gesonde skuldgevoelens wondere verrig. En ek sal aanhou om myself gereeld te ondersoek vir soortgelyke vergrype.

Normale mense is onvolmaakte wesens wat oor die loop van ’n lewe ’n klomp foute maak. Maar ons kan foute op verskillende maniere definieer: as simptome van ’n allesoorheersende donkerte, of ’n donkerte wat slegs die teenkant is van ’n ewe kragtige lig.

Soms het ons nodiger om in aanraking met ons onskuld gebring te word, eerder as om te hoor dat ons vergewe is vir iets wat ons dalk nie eens gedoen het nie.

Miskien het diť kwessie net soveel kante as daai appel.

boontoe / to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.