Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Hoekom praat die predikante nie hieroor nie?

Dewald Hatting

Wonder jy ook soms?

Dit gebeur seker met elkeen van ons dat ons soms wonder oor wat ons in die Bybel lees of van die kansel af hoor. Dikwels het ons vrae waarop ons nooit regtig antwoorde kry nie. Vra ons ons predikante, kry ons ook dikwels onbevredigende antwoorde. Het die tyd nie aangebreek dat ons meer openhartig oor sekere kwelvrae praat nie? Of is ons dalk so gekondisioneer dat ons nie durf waag om enigiets in verband met ons godsdiens te bevraagteken nie? Glo ons blindelings omdat ons van mening is dat die gesag vir outoriteit waarmee ons groot geword het, nooit versteur moet word nie? Nietemin het daar al heelwat veranderinge in die kerklike tradisie plaasgevind. Vrouens dra nie meer hoede in die kerk nie en mag in die kerk praat. Ook glo ons nie meer dat die aarde die middelpunt van die heelal is nie ... Die son het nie stilgestaan nie en die hemel is nie noodwendig bokant ons nie!.. Homoseksuele word nie meer veroordeel nie.

Tog het Ruda Landman se stelling dat die moderne mens nie meer letterlik in Adam en Eva of Jona en die vis glo, nie onverwagte reaksie uitgelok. Ek wil aanneem dat almal nie meer alles in die Bybel letterlik aanvaar, byvoorbeeld die sonstilstand,.soos in die Bybel beskryf nie. Waarom sou ’n mens dan enkele dinge nie letterlik aanvaar nie, maar onwrikbaar daarby staan dat die res letterlik aanvaar moet word? Erger nog: as daar onder die teologiese akademici soveel onsekerheid bestaan oor wat histories korrek is in die Bybel — dit wil sÍ feitelik korrek is, oftewel letterlik opgeneem kan word — waarom sou die oningewyde so sterk staan op ’n fundamentele benadering?

Hiermee wil ek onomwonde stel dat ek met Ruda saamstem dat alles wat in die Bybel staan, nie meer letterlik opgeneem kan word nie. Ek is van oortuiging dat die meeste lidmate in die postmoderne samelewing ook so voel. Verder wil ek saam met Julius Muller (Rapport) die stelling maak dat predikante nie altyd heeltemal eerlik is oor probleme soos diť wat Ruda Landman aanroer nie.

Die boek is dan ook ’n poging om daardie vrae te stel waarop daar nie altyd antwoorde gekry word nie, ten einde ’n bespreking daarvan uit te lok sodat die godsdiens meer aktueel kan word vir die tyd waarin ons leef.

Miskien sal daardeur voorkom word dat ons ons godsdiens en alledaagse lewe in verskillende kompartemente hou. Inderdaad beteken dit om in verskillende wÍrelde te leef.

Daar kan dan ook gevra word of so ’n verwydering tussen godsdienswÍreld en tegnologies-georiŽnteerde leefwÍreld nie bydra tot die afvalligheid van die kerk, veral wat ons jonger lidmate betref nie. Dit is so dat die jeug nie meer blindelings volg wat deur outoritÍre figure voorgehou word nie. Hulle word reeds op skool geleer om krities te staan teenoor inligting waarmee hulle gekonfronteer word. Daarom sou hulle ook vrae wil vra wanneer hulle skynbare of werklike teenstrydighede teŽkom.

Op hierdie stadium kan ook gevra word of ’n bewustelike kennisname van teenstrydighede in die Bybel nie sal bydra tot ’n vertwyfeling of selfs afwysing van die geloof nie. Hierteenoor moet gestel word dat ’n geslote houding ten opsigte van die godsdiens ’n eerlike openhartige beoefening moontlik kan kortwiek. ’n Aanvoelbare gevaar is juis dat die Godheid as ’n oorbekendheid beleef kan word. Die misterie van die geweldigheid van die skepping en daarmee die onbegrypbaarheid van die almagtige God neig om sodoende verlore te raak. Die teenstrydighede in die Bybel dui juis op die totale onbegrypbaarheid van God. Die mate waarmee erns met die godsdiens gemaak word, sal ook nou saamhang met die diepte van die bedinking daaroor. Soos Willem de Klerk tereg sÍ, is God ’n vreemde God.

Sit ’n gelowige in elk geval met onbeantwoorde vrae opgeskeep, kan dit net sowel tot vertwyfeling lei as ’n bespreking daarvan. Dit is dan nog nie te sÍ dat teenstrydighede tot vertwyfeling gaan lei nie. Min mense sal daarvan oortuig kan word dat daar lidmate van kerke is wat nie een of ander kwelvraag in sy binneste ronddra nie. Sodanige twisvrae roep uit tot ’n bespreking daarvan. Kan daar dan enige heil daarin sit om kwelvrae te onderdruk? Sou dit so ’n groot waagstuk vir predikante wees om.die onveilige terrein van probleme wat lidmate ondervind, te betree? Is dit reg om uit geselekteerde gedeeltes van die Bybel te verkondig en die res te vermy? Moet dogma voorrang kry bo die volledige Bybelwoord?

Waaroor kan daar alles vrae gestel word?

Daar bestaan ’n menigte teenstrydighede wat in die Bybel self voorkom waaroor die lidmaat vir homself klarigheid moet kry. ’n Ander terrein wat dikwels probleme oplewer is die bevindinge van die wetenskap teenoor uitsprake van die Bybel. Ook kan vanuit die filosofie vrae oor die Bybel gestel word wat tot ernstige nadenke lei. ’n Nuwe beskouing van die Bybel spruit voort uit ’n histories-kritiese benadering van die Bybelboeke. Selfs ’n letterkundige ontleding van Bybelverhale bring nuwe insigte wat problematies beleef kan word. Laastens is daar akademici wie se uitlatinge ietwat vreemd kan aandoen teenoor die tradisionele siening van gelowiges. So sou Bultman se teologie waarmee predikante bekend is en wat onder sommige akademici groot aanhang geniet, vir sommige konvensionele lidmate te radikaal voorkom.

1. Teenstrydighede in die bybeltekste self

Om die Bybel letterlik te vertolk blyk onsinnig in die lig van die feit dat teenstrydighede in die Bybel voorkom. Word die Bybel nie letterlik vertolk nie, doen die teenstrydighede nie werklik afbreek aan geloof nie. Sulke teenstrydighede kom voor in die Ou en Nuwe Testament. Dit is nie die doel van hierdie boek om al die teenstrydighede uit te wys nie, en daar word met enkele voorbeelde volstaan.

Die twee skeppingsverhale in Genesis is oorbekend en word net genoem.

Samuel sÍ vir Saul dat God spyt gekry het omdat Hy hom as koning laat salf het en beweer verderaan dat God nie kan spyt kry nie. Op een plek in die Bybel leer Saul Dawid ken omdat ’n bose gees vir Saul pla en die musiek wat Dawid maak, die gees verdryf. Op ’n ander plek verneem Saul wie Dawid is tydens die oorlog teen die Filistyne. Goliat word deur Dawid gedood en dan weer deur Elhanon (Jos 8:3 teenoor Jos 8:12; Jos 15:63 teenoor Rig 1:8; 1 Sam 16:14-23 teenoor 1 Sam 17:55-58; 1 Sam 17:1, 49 teenoor 2 Sam 21:18, 19 teenoor 1 Kron 20:5; 2 Kron 26:16, 18 teenoor 2 Kron 33:12, 20; vergelyk Boshoff P B).

Uitsprake soos “God slaap nie” en dan weer, “God staan vroeg op”, word in die Psalms gevind (Ps 121:4 teenoor Ps 44:23). Tydens die verandering van die lot van Juda en Jerusalem volgens Jesaja, moet van swaarde pikke en van spiese snoeimesse gemaak word. In JoŽl is die opdrag “Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese” (Jes 2:4 teenoor JoŽl 3:10).

In die Nuwe Testament word Judas se dood daaraan toegeskryf dat hy homself opgehang het. Op ’n ander plek sÍ die Bybel dat hy vooroor geval en oopgebars het (Mat 27:5 teenoor Hand 1:18). Maria se verskyning alleen by die graf van Jesus teenoor die verskyning saam met ander (vergelyk Mattheus met Johannes).

Wat die meeste kontroversie veroorsaak het, is die stellings ten opsigte van die uitverkiesing. “Die besluit van God is gegrond op uitverkiesing: dit hang dus nie af van wat ’n mens doen nie, maar van hom wat jou roep” (Rom :13-18). “Dit hang dus nie af van ’n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is. Dit is inderdaad so dat God hom ontferm oor wie hy wil, en dat hy verhard wie hy wil” (Rom 9:16); teenoor “Elkeen wat die naam van die Here aanroep sal gered word.” Hieruit volg verskillende interpretasies van die Predestinasieleer teenoor die vryheid van die mens. Dit is egter ook ’n onderwerp waaroor predikante nie dikwels (of kan ’n mens maar sÍ nie graag) praat of preek nie. Tog skep dit vir baie lidmate ’n probleem.

2. Die Bybel vanuit die wetenskap beskou

Die eerste ernstige botsing tussen die wetenskap en die destydse siening van die Bybel het plaasgevind toe Galileo beweer het dat die aarde nie die middelpunt van die sonnestelsel is nie, maar dat die aarde om die son wentel.
Vandag word nie meer geglo dat die aarde slegs 6 000 jaar oud is nie. Darwin se evolusieteorie het verdere vertwyfeling gebring. Van Dyk kan steeds nie sien dat die evolusieteorie met die Bybel versoenbaar is nie (HTS, Maart 1993). Die geweldige grootheid van die skepping laat mense selfs wonder of ons die enigste intelligente skepsels van God is. ’n Ietwat absurde gedagte is dat God ’n persoonlike verhouding met alle vreemde wesens sou hÍ en sistematiese besoeke aflÍ om op elke lewensonderhoudende planeet aan die kruis te sterf.

Die stellings deur wetenskaplikes wat vervolgens bespreek gaan word klink heelwaarskynlik onaanvaarbaar, maar vra tereg om bespreek te word.

2.1 Einstein

Einstein kon ook nie die Bybelse God vereenselwig met sy siening van God nie. Vir hom was daar ’n kontradiksie in die Bybelse vryheid van die mens met gepaardgaande verantwoordelikheid teenoor ’n almagtige God wat in die geheel vir sy skepping instaan. Dis totaal onmoontlik vir die mens om sy sogenaamde Godgegewe vryheid te misbruik. Einstein het nie geglo dat God ten opsigte van sy skepping met ’n dobbelsteentjie speel nie. Die hele skeppingsproses is gedetermineerd, dws dit is ’n kettingreeks van oorsaak en gevolg.

2.2 Tydruimte

’n Redelik algemene standpunt wat deur wetenskaplikes in die natuurwetenskappe ingeneem word, is dat God tydruimte moes geskep het en dus self buite die tydruimte moes gestaan het. (Tyd en ruimte word gekoppel omdat Einstein tyd as ’n vierde dimensie gesien het.) Anders gestel, God moet ’n ruimtelose God wees, anders moes hy homself geskep het. Tog moet ons aflei dat God binne tydruimte moet wees om by ons te wees.

Nog ’n probleem wat deur wetenskaplikes geopper word, is dat God alomteenwoordig is en tog op geen plek is nie. Hoe moet die gewone lidmaat begryp dat God as persoon op verskillende plekke gelyktydig teenwoordig kan wees?

2.3 Is God ’n veranderlike God?

Davies beklemtoon die volgende gedagtes wat in verskeie van sy boeke voorkom. Wat volg is my eie vertolking van sy woorde.

God is volgens die Bybel veranderlik ťn onveranderlik. God onderneem om Agab te dood, maar as Agab berou kry, verander hy van plan (1 Kon 21:19-29). Dit beteken dat indien Agab berou kry, sal God sy plan verander, andersinds volhard hy met sy straf. Aangesien verandering slegs binne tyd kan plaasvind, beteken dit dat God tegelyk ewig en tydelik is. ’n Ewige tydlose God kan nie verander nie. ’n Ruimtelose God kan ook nie aktief optree in ’n empiriese wÍreld nie. Net so sinloos is dit vir ’n almagtige alwetende God om ’n wil te hÍ, aangesien hy reeds vooraf weet wat gaan gebeur en in sy almag nie nodig het om keuses te maak nie. ’n Keuse maak jy slegs as jy nie seker is wat die uitslag gaan wees nie. ’n Wil het jy as jy ’n keuse moet maak. God kan nie tegelyk oneindig en onveranderlik wees en terselfdertyd beÔnvloed word deur alles wat in sy skepping aangaan nie. ’n almagtige God kan nie ’n gevangene wees in ’n tydruimtelike wÍreld nie.

As skepper en onderhouer moet God ’n tydelike verhouding met die skepping hÍ. As ons die stelling wil maak dat God aktief in die wÍreld is, dan is dit net so goed as om te sÍ dat God ’n tydelike wese is. As God ’n persoonlike wese is met medelye, vergifnis, woede en spyt dan word veronderstel dat God tydelik is. Maar as God tyd geskep het, moet hy onafhanklik daarvan wees. Hy kan nie bestaan in wat hy geskep het nie. Hy is onveranderlik in sy beloftes aan ons. Tog is hy veranderlik as ons bid en vra en hy verhoor ons gebede.

Tydloosheid kan nie verander nie, tydelikheid kan. Nogeens: om die skepping te onderhou moet God tydelik wees. ’n God wat in tyd is, is onderworpe aan verandering en daarmee ondergeskik aan die fisiese wette van die heelal. Dit sou beteken dat die oorspronlike oorsaak van die skepping self verander. Weliswaar vereis diť gevolgtrekking van sommige wetenskaplikes nadere toeligting.

2.4 Die segwaarde van die kwantumteorie vir die godsdiens

Die spontane gebeure in die kwantum-meganika laat die moontlikheid van toevalligheid in die skepping. (Die kwantum-meganika wys op die onvoorspelbaarheid van die plek en spoed van onder andere elektrone — hieruit spruit die onsekerheidsbeginsel.) Die toekoms is dus oop en nie gedetermineerd nie. Wat God betref is die toekoms dan ook oop en nie beslis of finaal nie.

So ’n standpunt skep ’n menigte probleme met die tradisionele siening van God en vra om verdere verduideliking. Sommige wetenskaplikes wil na aanleiding hiervan beweer dat God wel met die dobbelsteen speel ten opsigte van sy skepping. Dit is dan strydig met Einstein se siening.

Die stelling sal nie vir alle kerkgangers aanvaarbaar wees nie. Immers dit is nog ’n terrein wat botsing kan veroorsaak en om klarigheid vra. Kan predikante hulle hieraan waag?

2.5 Oor vrye wil en determinisme

’n Volgende vraag wat deur onder andere Davies gevra word, is dat as God deterministies te werk gaan, hoekom hy nie skep asof sy plan reeds voltooi is nie. Hoekom moet daar so ’n langsame lydensweg of proses gekies word? As God se plan indeterministies is, is God se almag beperk, omdat hy dan nie kan weet wat die uitkoms sal wees nie. Daar is ’n logiese probleem as God van sy almag afstaan aan die vryheid van mens of Satan wat die uitkoms kan beÔnvloed van enige plan.

Die almag van God is ook problematies indien ons sou aanneem dat God goed is. Die skepping of toelating van euwel is onversoenbaar met ’n God wat ’n welbehae in die mens het en almagtig is. As God ’n God is wat ’n welbehae in die mens het, is hy nie almagtig nie. Skep God euwel, het hy nie ’n welbehae in die mens nie.

Vryheid van keuse is tydelik. Is daar sin in om ’n keuse te maak vir altyd? As God reeds die toekoms ken, watse sin maak ’n kosmiese plan? Ons het vryheid van keuse omdat ons nie weet wat die toekoms inhou nie. Daarteenoor weet God wat die toekoms inhou. Omdat hy alwetend en keuseloos is, hoef hy nie planne te maak nie. Verlos van die gevangenskap van die hede het God geen behoefte aan ’n vrye wil nie. Hy weet tog wat mŰre gaan gebeur, daarom hoef hy nie ’n keuse uit te oefen nie.

Wat die vryheid van die mens betref is daar reeds op gewys dat God nie vir die mens kan kies as hy ’n vrye keuse het nie. God kan hom dan hoogstens uitnooi tot ’n positiewe keuse. God en die mens kan nie tegelyk kies nie.

2.6 Oor die Hiernamaals

Volgens die Bybel sal mense mekaar herken in die Hiernamaals. Daar moet dus ’n identiteit wees waaraan die opgestane mens herken kan word. Sou dit sy persoonlikheid wees, dan moet dit deur ’n geheue ondersteun word. Volgens die kennis van die wetenskaplikes word die geheue deur ’n fisiese liggaam gedra of neuronebane in die brein. Dit is ook algemene kennis dat ongelukke wat die brein beskadig, ’n persoonlikheidsverandering teweeg kan bring. Die liggaam en gees is dus nou verbind en vorm inderdaad ’n holistiese geheel.
Dit is dus onsinnig om van ’n gees te praat, los van die liggaam. Om die dualisme te oorkom word gepraat van die opstanding van die vlees of van ’n verheerlikte liggaam wat dan die gees sou dra. Op watter wyse die identiteit oorgedra gaan word, bly nog ’n misterie. Soveel so dat dit onbillik sou wees om te verwag dat predikante hierop lig sou kon werp.

3 ’n Histories-kritiese benadering tot die bybel

Met ’n historiese benadering word net bedoel dat die Bybelboeke aan dieselfde metodes van studie onderwerp word as die wetenskaplike vak Geskiedenis en daarom ook krities beskou word. Daarmee word ook bedoel dat alle skrywe nie sonder meer aanvaar word nie.

Moderne Bybelkundiges het na ’n deeglike studie van die Bybelboeke, asook die niekanonieke boeke en ander papirusgeskrifte wat opgespoor, tot die volgende algemene gevolgtrekkings gekom:

  • Die oorspronklike skrywers van die boeke het nie hulle eie name gebruik nie, maar ’n belangrike persoon oor wie die boek eintlik handel. So het die apostel Mattheus nie die boek Mattheus geskryf nie. Die Pentateug is ook nie deur een persoon (naamlik Moses), geskryf nie, maar deur verskeie outeurs.

  • Die boeke is hersien en aangevul deur latere outeurs omdat hulle gemeen het hulle ’n betoog of storie beter kon toelig. Soms is twee verhale saam gevoeg.

  • Van die verhale in die Bybel toon ’n groot ooreenkoms met verhale uit die Babiloniese ryk of uit ander buurtes. So is die verhaal van Jona nie heeltemal oorspronklik nie. Selfs die verhaal van Adam en Eva toon ’n ooreenkoms met ’n verhaal uit Egipte.

  • Van die profete het hulle toekomsvoorspellinge vanuit die verlede gedoen. Hulle het dan die geskiedenis so beskryf as sou hulle die toekoms voorspel. Die profesieŽ van DaniŽl is so ’n geval.

  • Die Evangelies van Mattheus, Markus en Lukas het van ’n Q-bron (onbekende skrywer) gebruik gemaak. Die rede hoekom die Evangelies soms woordeliks ooreenkom, is dat hulle van Markus as oorspronklike boek afgeskryf het.

  • Die Nuwe-Testamentiese boeke is eers ’n eeu na Christus geskryf. Die eerste moontlik sestig jaar na Christus. Die vroegste gemeentes het die dade en leringe van Christus mondelings oorgedra.

  • Daar was groot verskille tussen die vroegste gemeentes tov die leringe en dade van Christus, ook wat die opstanding van Christus betref. Party gemeentes het net die leringe van Christus verkondig en nie soseer die kruisiging en opstanding bely nie. Party gemeentes het mites geskep om hul gemeentes meer voortreflik te laat voorkom.

  • Wonderwerke het algemeen voorgekom in geskrifte van daardie tyd. Dit was vir die kulture van daardie tyd ’n wyse om gebeure te sien en beskryf.

  • Baie van die gewoontes wat as eie aan die ou Israeliete beskou is, het ook by naburige nasies voorgekom. ’n God wat die uitslag van hulle oorloŽ bepaal, is ook deur ander nasies beskryf.

  • Die Bybelboeke is geskryf vir mense met verskillende godsdienste.

  • Bybelboeke kan nie sonder meer met mekaar in verband gebring word nie.

    Dit moet ook in ag geneem word dat die Bybel nie oorspronklik een boek was nie, maar uit verskillende geskrifte saamgestel is waarvan sommige in Hebreeus en sommige in Grieks geskryf is. Heelwat van die geskrifte wat op papirus geskryf is, het verlore geraak, sodat ’n vergelyking met oorspronklike geskrifte nie altyd moontlik is nie. Ook word in sommige boeke duidelike tekens van die beÔnvloeding van die Griekse kultuur en filosofie gesien.

    Al die bogenoemde bevindinge uit die histories-kritiese benadering hoef nie noodwendig probleme te skep nie. Vir diegene met ’n fundamentalistiese benadering tot die Bybel sal dit wel probleme skep.

    Dikwels word uit die oog verloor dat die kanonieke boeke, dws boeke wat in die Bybel opgeneem is, uitgekies is uit ’n verskeidenheid. In werklikheid verskil die Katolieke, Protestantse en Joodse Bybels van mekaar. Dit bring die vraag na die wyse van inspirasie deur die Heilige Gees ten tye van die skryf van die boeke ter sprake.

    Dieselfde geld vir die samestelling van die boeke om die Bybel daar te stel. Verg Isak Spangenberg se noem van die moontlikheid dat oor God geskryf is in plaas van onder sy leiding nie bespreking nie? Dit is immers nie so dat die woorde van die boeke in die outeurs se ore gefluister is nie.

    Sonder om disrespekvol te wees kan die moontlikheid van ’n bloot menslike bydrae nie uitgesluit word nie. Inspirasie hoef nie te beteken dat outeurs deur God voorgesÍ is nie. Inspirasie kan egter beteken dat God eksistensieel beleef word. So ’n belewing verskil van ’n direkte voorskrywing en is uniek aan die outeur soos ook vir die komponis.

    to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.