Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Godsdiens en geloof

Gawie Smit

Gawie Smit het grootgeword in die Swartland. Hy het ’n BSc-graad op Stellenbosch behaal voor hy hom bekwaam het as sielkundige; hy praktiseer nou in Bellville.

Ek was nog ’n kind toe ek vir die eerste keer begin wonder het oor die verskil tussen godsdiens en geloof. Al kon ek my vrae toe nog nie behoorlik geformuleer het nie, was ek bewus daarvan dat ek dinge ervaar het wat my verwar het. Ek het met die NG Kerk grootgeword — die een ander kerk op die dorp was Apostolies, en hulle het hande geklap, wat sonde was — en my hele jeug het in die teken van Calvinistiese voorskriftelikheid verloop.

Maar nie alles het geklop nie. Een voorbeeld was die verskil tussen my twee oupas. Een oupa was ’n toonbeeld van Christenskap in woord en daad, baie betrokke by die kerk. Wat die ander oupa se geloofsoortuigings was, het ek nooit presies geweet nie, omdat ek nooit gesien of gehoor het dat hy kerk toe gaan nie. Baie jare later het ek verneem hy was altyd sterk gelowig, maar het weggebly van die kerk omdat hy met die predikant ’n geskil gehad het.

Dit het my baie laat twyfel. Die dogma het gesÍ kerkbywoning is ’n teken van hoe sterk ’n mens se geloof is; hoe kon hierdie oupa dan ’n gelowige wees? Maar vrae daaroor kon ek nie vra nie.

By ons was dit nie toelaatbaar om sommer enige tyd by die kerk daar in te kom en daar te gaan sit nie. Toe ons as gesin egter met vakansie Mosambiek toe gegaan het en as ’n besienswaardigheid ’n Rooms-Katolieke kerk besoek het, het ek gedink dat ek ook partykeer — soos die mense daar — sommer in die week vir ’n rukkie in die kerk sou wou gaan sit het. En eintlik sou ek ook graag ’n beeld van Jesus in ons kerk wou gehad het, en soms daarvoor wou kniel. Maar in my kinderlikheid kon ek dit nie sÍ nie.

Noudat ek ’n volwassene is, en moontlik spesifiek ook omdat ek ’n sielkundige is en die mens se psige beter begryp, kan ek sien waar my verwarring destyds begin het. En my mening is dat dit eintlik lank voor my tyd begin het, toe Jan van Riebeeck meer as drie eeue gelede hier voet aan wal gesit het.

’n Nuwe land is betree; daar was baie onkunde oor die land, en baie risiko’s verbonde aan die ontdek van hierdie land. Daar was konflik tussen die inboorlinge en die nuwe aankomelinge omdat almal hulleself wou beskerm. Godsdiens was ’n manier van beveiliging, veral vir die Voortrekkers. Dit het ’n manier van oorlewing geword; ’n geloof dat ons sal oorleef, buig of bars. Dit was ’n oortuiging uit nood gebore, nie altyd ’n diep innerlike oortuiging van wat reg was nie. En dit het min ruimte gelaat vir vernuwing en verandering.

Ek dink aan ’n vorige staatshoof wat met sy vinger in die lug geswaai het en verklaar het dat ons ’n godvresende nasie is. Ek het daaroor gewonder. As ons ’n godvresende nasie is, wie en hoe is God dan? ’n Outokratiese Wese, vir wie ons moes vrees? Ek het uiteindelik tot die besef gekom dat ek wel met ontsag en eerbied aan God dink — maar nie met vrees nie.

“Godvresend” is egter vir my beskrywend van die sterk outokratiese, konserwatiewe manier waarop die meerderheid Afrikaners grootgemaak is. Vrees vir God is dikwels in die vroeŽre era misbruik as ’n manier om mense te weerhou van sekere dinge wat nie volgens hulle godsdiens aanvaarbaar was nie. Hierdie vrees vir God het ook gehelp om ’n eensydige gewete aan te kweek, die soort gewete wat net skuldgevoelens kan produseer.

As mens gaan kyk na die etiologie van die woord gewete (Engels conscience) beteken dit eintlik “met kennis”. VroeŽr jare is dit egter dikwels nie so ingesien nie. Dit het daartoe meegewerk dat godsdiens deur baie mense amper as iets losstaande van die gewone lewe gesien is. Tog kan dit nie so werk nie; godsdiens is soos ’n stuk gereedskap wat jy nie kan gebruik as dit nie in jou hand is nie.

Daar was baie dinge in my kinderjare wat dubbele standaarde uitgedruk het en my laat twyfel het. Vandag weet ek egter dat vertwyfeling ’n baie nuttige ervaring kan wees in die sielkunde, want in ’n oomblik van vertwyfeling is jy vry van vooropgestelde idees en meer ontvanklik om iets nuuts te probeer. Ek besef dat ek baie gebaat het by die twyfel wat by my geskep was, want dit het my gemotiveer om dinge te ondersoek, en veral godsdiensbeoefening.

Waaroor ek egter nooit getwyfel het nie, was my gevoel vir mense, wat ek van kleins af ervaar het. Vandag besef ek dat ek as ’n jong kind reeds baie omgegee het vir mense. My pa was ’n geneesheer op die platteland. Ons het dikwels saam met hom gegaan as hy plase besoek het, en ek het baie blootstelling gekry aan die lief en leed van verskillende mense, van verskillende kulture. My ma is, nes my pa, ’n tipiese voorbeeld van iemand wat baie humanisties ingestel is. Sy is baie ruimhartig, en vandag eers besef ek hoe baie sy eintlik gesÍ het deur die vertroue wat sy gestel het in die vroue wat vir ons gewerk het.

Wanneer ons by ’n huis sou instap en daar lÍ ’n siek of beseerde mens, het ek altyd baie meegevoel ervaar. Een spesifieke insident uit daardie jare onthou ek baie goed: Ons huis was reg op die grens van die dorp, met ’n plaas langsaan. Saterdae het die plaasmense geleentheid gehad om dorp toe te gaan en inkopies te doen. Eendag het ek saam met ’n klompie kinders staan en kyk hoe die plaasmense verby ons loop, op pad terug plaas toe. Van die ander kinders in ons groepie het die honde aangehits om die mense te jaag. Een man se bottel drank het uit sy hande geval omdat hy wou keer vir die honde, en soos die drank oor die grond geloop het, het my trane ook begin loop. Ek moes dit net terugbyt, want ek was die jongste en ek wou nie gehad het die ander moes dit sien nie, want hulle sou my verseker gespot het.

Op veertien het ek ’n ervaring gehad wat aan die een kant traumaties was, maar aan die ander kant ook baie groei vir my meegebring het. Tydens ’n rugbywedstryd het ek ’n hou op my sy gekry wat my regternier laat bars het. Dit is in ’n noodoperasie verwyder wat ek, in retrospek, as ’n nabye-doodservaring beleef het. Juis in daardie vroeŽ adolessente stadium wanneer mense baie vrae vra oor lewe en godsdiens, is ek gekonfronteer met my eie sterflikheid. Ek glo dat my geloof my baie gehelp het om die besering fisiek en emosioneel te kon oorleef. Dit het ’n proses van nadenke by my aan die gang gesit oor wat die lewe is en wat werklik belangrik is. Dit was vir my ook ’n bevestiging van die bestaan van God, en die besef dat God vir my ook ’n vader is, hoewel ’n Hemelse Vader; en die Skepper van my as mens. Net so bewus as wat ek geword het van my feilbaarheid en sterflikheid as mens, net so bewus het ek geword van die ewigheid en wat dit vir my in terme van geloof beteken.

Op daardie tydstip het ek aan die Christelike skoolorganisasie die ACSV behoort. Kort na die besering en die operasie het ek ’n CSV-kamp bygewoon waar ek ’n ervaring gehad het wat ek vandag sou kon beskryf as ’n bekering, of ’n wedergeboorte. Bekering is egter nie vir my heeltemal die regte woord nie, omdat dit so ’n Calvinistiese gevoel het van gedurig vir alles wil keer. Wedergeboorte was destyds in NG-geledere nie so ’n aanvaarbare konsep nie, nes groot doop. Tog kan ek verstaan waarom baie mense ten gunste is van groot doop, want dis ’n konkrete ritueel om aan hulleself te bevestig dat hulle gelowiges is. Vir my was die nabye-doodservaring die seremonie wat ťk nodig gehad het.

As volwassene verstaan ek dat die rigiditeit van die Calvinisme geregverdig was vir die tye en omstandighede waarin die vroeŽ Afrikaners geleef het; dit was vir hulle die beste manier om die lewe aan te pak. Dit het my verwar, ja, en beperk, maar tog was dit ’n goeie hoeksteen, want ek het nog altyd waarde geput uit leer op die moeilike manier. Uiteindelik voel ek bevry van Calvinisme, maar ek voel ook dat ek bevoordeel is daardeur, en dat my menswees daardeur bevorder is.

Ware geloofsoortuiging en -uitlewing beteken vir my om volgens God se wil jou eie mens te wees en jou eie identiteit te hÍ; om te wees wat jy regtig is, en nie wat van jou gemaak is of wat van jou verwag word nie.

My vroeŽ ervarings van die pyn van ander mense en van my eie sterflikheid het my geprikkel om baie vrae te vra oor die aard van die mens en sy soeke na homself. Ek het besef hoe belangrik dit vir my was om getrou te wees aan myself. Ek wou byvoorbeeld beslis ’n beroep kies waarin ek my sou kon uitleef, en daarvoor was dit nodig dat ek myself sou ken, want ek kon my tog nie uitleef as ek nie geweet het wie ek was nie. Ek het vroeg reeds besef dat ek met mense wou werk, na die voorbeeld van my pa wat ’n geneesheer is. Destyds was daar egter net enkele opsies as jy mense jou loopbaan wou maak: jy kon dokter, predikant of onderwyser word. Min het ek geweet dat ek uiteindelik my roeping sou vind in die sielkunde.

Ek het nog altyd gehou van die filosofie van “Life is a journey, not a destination.” Net soos die mens psigies voortdurend ontwikkel en nooit kan ophou om dit te doen nie, is dit ook nodig dat ons geloof moet ontwikkel van die godsdiens wat ons as kinders geleer het. Geen “journey” is veronderstel om altyd maklik te wees nie. My eie lewe weerspieŽl dit, en vandag is ek bly daaroor. My beroep was op die ou end nie net die beste manier om myself verder te ontdek en te ontwikkel nie, maar ook om my passie vir selfontdekking te bevredig deur ander mense te help om dit te doen. Daardeur dien ek as ’n fasiliteerder vir ander om hulleself te ontdek en geloof in hulleself te ontwikkel. En “geloof in jouself” beteken vir my twee dinge: die geloof in die Heilige Gees in jou (as ’n selfstandige naamwoord), en geloof in die voortdurende proses van ontwikkeling in jou (as ’n werkwoord).

As iemand ’n sielkundige besoek, is dit omdat hy bevryding soek van beperkinge wat vir hom pyn veroorsaak. Baiekeer kan hy dit nie op sy eie doen nie, want daar is sekere dinge wat hom onbewustelik strem. Ek sien die rol van psigoterapie as middel om daardie persoon te help met sy bevryding. En soos die persoon se gees bevry word om ontwikkel te word in terme van persoonlikheid, word dit ook bevry om ontwikkel te word in terme van geloof.

Die riglyne van die NG Kerk waarmee ek grootgeword het, was dat jy jou moes bepaal by die bekende. Jy mag nie vrae gevra het oor die onbekende nie, want dit was gevaarlik. Vandag besef ek dat die implikasie was dat jy eintlik nie toegerus was om gevaar te trotseer nie; dit was ’n mosie van wantroue wat in jou gestel is.

Dit was ’n groot bevryding toe ek vir myself uitgemaak het dat juis omdat my geloof sterk is, ek die onbekende kon ingaan, en meer kon leer van ander denominasies, gelowe en filosofieŽ. Uiteindelik het ek baie geleer uit die Oosterse filosofieŽ en spesifiek sekere beginsels van Zen. Soos ’n dr Suzuki Zen beskryf het: “Zen in its essence is the art of seeing into the nature of one’s being, and it points the way from bondage to freedom.” Hierdie beginsel ondersteun die idee dat elke mens ’n geloof van sy eie mag hÍ, wat uniek is aan homself. Elke mens het byvoorbeeld ’n unieke verhouding met sy vader — selfs broers en susters in een gesin — en as jy dit wil neem as ’n voorbeeld van die verhouding tussen mens en God, sal dit tog ook uniek wees.

Omdat my geloofsbasis gevestig is, kan ek leer uit ander se sienswyses en dit as aanvullend tot my basis gebruik. Ek glo nie dat jy ůf ’n Oosterse ůf ’n Westerse inslag moet hÍ nie; jy kan iets ontwikkel wat heeltemal jou eie is.

As sielkundige en burger van Suid-Afrika beskou ek dit as my taak om ons land met al sy wonderlike natuur- en menslike bronne te help bewaar en uit te bou, tot elke individu in harmonie met hom- of haarself sowel as met mekaar en die natuur kan saamleef.

Vir my is Suid-Afrika nie net ’n land met ryk hulpbronne en ’n ryk geskiedenis nie, maar ook met ’n potensieel ryke toekoms. Op alle vlakke is daar baie woelinge in die huidige Suid-Afrika, onder andere erge misdaad, maar ek beskou dit as deel van die proses van revolusie binne die evolusieproses. Daar is baie uitdagings op die gebied van innoverende idees, kreatiwiteit en entrepreneurskap. Ek glo dat groot vooruitgang moontlik is mits ons die gevegte van die verlede kan beŽindig, ons prioriteite kan verander en kan besin waaroor die lewe eintlik gaan. As ons dit kan regkry, glo ek dat die inherente goedheid wat in elke mens is, ons in staat sal stel om ’n samelewing van harmonie en medemenslikheid te skep. Natuurlik sal so ’n proses baie tyd en moeite verg; baie mense sal moet leer hoe om deel te wees daarvan, en ek wil graag bydra tot hierdie proses.

As ’n gelowige glo ek dat geluk en vreugde in jouself lÍ; daarom maak dit nie saak na watter plek jy trek nie, dis steeds in jouself waar jy geluk moet gaan soek. As sielkundige weet ek dat dit nie net vir elke mens belangrik is om innerlike sekuriteit te ervaar nie, maar dat hierdie sekuriteit ook geanker word deur uiterlike wortels. Vir my sal emigrasie net ’n manier wees om vrese te probeer besweer, ’n onbevredigende kompensasie. Ek vind dat ek my geloof kan gebruik om vrese te besweer, en daardeur groei ek.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.