Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Boekenuus deur Annelie Ferreira

Net vir vroue

  • Spinnelap deur Jade Groen. Uitgegee deur Future Managers.

    Jade is ’n Afrikaanse medisynevrou wat vir haar eie genesingsproses teruggegaan het na haar Europees-paganistiese wortels. Dis ’n baie aardse spiritualiteit wat in hierdie boek gestalte kry, ’n soeke na die herstel van die vroulike beginsel in die wêreld. Dit gaan vir Jade om sowel die herstel van vroue se verhouding met hul liggame as instrumente van spiritualiteit en “majiek”, as die mens se verhouding met die aarde as oermoederlike liggaam.

    “Oerflenters wysheid” — als in eerlike Afrikaans. ’n Dapper boek.

    Prys R120. Bestel by jade@spinnerak.co.za.


    Net vir almal

  • Vryers en vennote deur Christina Landman. Uitgegee deur Struik Christelike Boeke.

    Vryers en vennoteEk skat dat hierdie boek deur meer vroue as mans gelees sal word. Christina kyk op ’n vars manier na verskillende soorte verhoudings in die Bybel — mnr en mev Lot, mnr en mev Noag, en nog vele ander — om die beginsels van gesonde verhoudings te illustreer. Haar aanslag is lig, met ’n lekker aweregse sin vir humor. (Die kommunikasie tussen Adam en Eva was byvoorbeeld maar treurig, sê sy, om nie te praat van die seks nie, ten minste terwyl die tweetjies nog in die paradys was ...)

    Maar onder die ligtheid is daar ’n egte strewe (soos by Jade, al kom die twee skryfsters van uiteenlopende hoeke) om stukkende mense te help heelmaak.

    Prys R89,95


  • Kleure van liefde deur Marthie Momberg. Uitgegee deur Hemel en See Boeke.

    Kleure van liefdeHierdie boek, oor die siekte en dood van die skryfster se man Derik, het reeds ’n jaar gelede verskyn, maar ek noem dit graag hier, omdat Marthie so eerlik en met soveel gevoel skryf oor die maniere waarop mense deel word van mekaar, en ook afskeid neem van mekaar. Die verhaal getuig van deurleefdheid (geen maklike antwoorde of uitkomste nie) en ’n geslaagde versoening van spiritualiteit en aardsheid. Die impak van ’n geliefde se terminale siekte word met openheid vertel, en word ’n ontdekkingsreis waardeur ook die leser groei.

    Prys R84


  • Wat’s die storie met die kerk? deur Andries Cilliers. Uitgegee deur Lux Verbi BM.

    Wat’s die storie met die kerkWat’s die storie met die kerk? vra, soos die titel aandui, na die rol van die kerk in die hedendaagse Afrikaanse samelewing. Dis ’n baie sinvolle vraag in die lig van die groot mate van ontnugtering wat baie mense beleef het met die kerk, en onsekerheid by ander omdat dinge te vinnig vir hul gemoedsrus verander. Andries se grootste pleidooi is om begrip vir die feit dat “die kerk” menslik is, soos alle menslike instansies foute maak, maar nie vir altyd hulle foute hoef te wees nie.

    Hy skryf met besondere deernis, humor en insig.

    Prys R49,95
    Bestel by: 0860 231 231


    Net vir slimmes

  • Why God won’t go away deur Andrew Newberg, MD, Eugene D’Aquili, MD, Ph.D en Vince Rause. Uitgegee deur The Ballantine Publishing Group.

    Darem nie só erg nie, maar dit is so dat jy sterk sal steun op jou linkerbrein wanneer jy hierdie boek oopslaan. Drr Newberg en D’Aquili het met behulp van gesofistikeerde tegnologie jare lank navorsing gedoen oor hoe spirituele ervarings soos meditasie en gebed mense se breinfunksie beïnvloed. Hul bevindings het bygedra tot die ontwikkeling van die “neuroteologie”, ’n dissipline wat die verband tussen spiritualiteit en breinfunksie ondersoek. Die godsdienstige impuls, meen hulle, is deel van die biologie van die brein — “God is hardwired into the brain.”

    Prys R230

    boontoe / to the top


  • © Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.