Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Adam se twee vrouens

Sakkie Spangenberg

Wanneer ’n mens die Bybel soos enige ander boek lees wat gister of eergister geskryf is, kan dit nogal interessante “feite” oplewer.

Neem nou maar die eerste drie hoofstukke van die Bybel (Gen 1-3). Lees ’n mens dit sommer so aaneen, kan die vraag opduik: “Maar het Adam dan twee vroue gehad?” Daar is lesers wat die standpunt inneem dat Adam eers ’n ander vrou gehad het, want volgens Gen 1 het God die mens as man en vrou gemaak en volgens Gen 2 het Adam ’n vrou met die naam Eva. Daar is ook ’n Joodse verhaal wat sÍ dat Adam se eerste vrou se naam Lilith was en dat sy ’n moeilike entjie mens was wat hom na ’n rusie verlaat het.

Bybelboeke het egter op ’n total ander manier tot stand gekom as moderne boeke. Dit is heel dikwels deur meer as een persoon geskryf en is waarskynlik ook deur meer as een persoon hersien. Ons kan dit met ’n sneeubal vergelyk. Iemand het die bal begin rol, maar mettertyd het ander ook deelgeneem. Kopiereg en plagiaat was nie begrippe waarmee hulle gewerk het nie.

Lees ons Gen 1 en Gen 2-3 in Hebreeus, is dit duidelik dat ons na regte met twee skeppingsverhale te doen het. Die tweede een staan ook bekend as die “Tuinverhaal”. Dit is in hierdie verhaal dat ons van die tuin van Eden lees en van die gebod om nie van die boom van kennis van goed en kwaad te eet nie.

Op grond waarvan weet ons dat dit twee losstaande skeppingsverhale is? Eerstens omdat beide oor die skepping van die mens, die diere en plante handel. Voorts gebruik die eerste verhaal (Gen 1:1-2:4a) die naam “Elohim” wanneer dit na God verwys, terwyl die tweede verhaal (Gen 2:4b-3:24) die naam “Jahwe Elohim” gebruik.

Die eerste skeppingsverhaal het ’n baie mooi simmetriese patroon. Die eerste drie dae en die laaste drie dae hou duidelik met mekaar verband. Ons kan dit so voorstel:

Dag 1 (lig en duisternis)
Dag 2 (water bo en onder)
Dag 3 (see en droŽ land)
Dag 4 (son, maan en sterre)
Dag 5 (visse, waterdiere en voŽls in die lug)
Dag 6 (diere en die mens)
Dag 7 (Sabbat)

In die eerste reeks (dae 1-3) skep God as ’t ware die ruimtes vir die verskillende soorte “bewoners”, en in die tweede reeks (dae 4-6) bevolk God hierdie ruimtes. As kinders het ons mos altyd Sondagskoolonderwysers probeer vasvra met die vraag: “Maar hoe kan daar lig en duisternis wees voordat daar ’n son en ’n maan is?” Wat ons in ag moet neem, is dat daardie mense nie oor die wetenskaplike kennis beskik het waaroor ons tans beskik nie. Hulle ervaringswÍreld het hulle egter ’n klomp goed geleer. Volgens hulle ervaring is dit lig nog voordat die son opkom. En dit is duister sonder die maan, of selfs nadat die maan onder is. Voorts is die lug blou en val daar reŽn uit die hemel. Daar moet dus water bo in die lug wees.

Hierdie skeppingsverhaal word ook die P-skeppingsverhaal genoem en is gedurende die Babiloniese ballingskap (586-538 vC) deur ’n priester geskryf.

Hoe weet ons dit? Die eerste skeppingsverhaal loop uit op die viering van die Sabbat. Hierdie fees is eers gedurende die Babiloniese ballingskap as ’n fees ingestel. (Die boeke 1 en 2 Samuel en 1 en 2 Konings bevat immers geen verwysing na sabbatsfeesvierings nie.) Dit was ’n skeppingsverhaal geskryf in reaksie op die Babiloniese skeppingsverhale. Die skrywer wou gelowiges verseker dat Jahweh (die God van Israel) alles gemaak het, en nie Marduk, die Babiloniese hoofgod nie. Voorts dat die son en maan skeppings is en nie gode waarvoor hulle hoef te vrees nie.

Die tweede skeppingsverhaal (Gen 2:4b-3:24) is in die tyd van Dawid en Salomo (1000-950 vC) geskryf en is dus ouer as die verhaal in Gen 1. Dit staan ook bekend as die J-skeppingsverhaal, omdat dit die eienaam Jahweh vir God gebruik. Wat opval wanneer ons die twee verhale vergelyk, is dat die tweede een nie van skepping in ses dae praat en ook geen woord oor die Sabbat rep nie. Voorts begin die tweede verhaal met die stelling dat die aarde eintlik ’n woestyn was. Daar was nog nie plante nie en God het dit nog nie laat reŽn nie en daar was ook geen mense om die aarde te bewerk nie.

Die tweede verhaal begin dus met die mens (of dan die man) en loop uit op die skepping van die vrou en die oortreding van God se gebod. Volgens die eerste verhaal is die skepping van die mens (as man en vrou) die hoogtepunt van God se skeppingswerke.

Volgens die tweede skeppingsverhaal is daar ’n baie noue verhouding tussen God en die mens en word God op ’n baie meer mensvormige manier voorgestel. God wandel byvoorbeeld in die tuin en Hy praat met Adam en Eva soos mense met mekaar praat. Ons het hier dus met antropomorfismes te doen. Die eerste skeppingsverhaal teken God baie meer verhewe. God spreek ’n woord en dit gebeur. Hy maak ook nie praatjies met die mens nie.

Op die vraag: “Het Adam twee vroue gehad?” moet ons “nee” antwoord. Mense wat Bybelboeke in vertalings lees en nie ag slaan op die verskille nie, kan sulke afleidings maak, maar dit berus eintlik op wanopvattings oor hoe Bybelboeke tot stand gekom het.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.