Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Leerling

Tienie Swanepoel

Tienie Swanepoel is adjunkdirekteur van Grondsake in KwaZulu-Natal en skrywer van die boek My hart wil Afrika.

Ek voel soos ’n loser — ’n verloorder. As jong man van agtien jaar het ek geveg vir dit waarin ek geglo het. Maar uiteindelik het ek, en my weermag, en die mense agter hierdie weermag, die stryd verloor. Ons leiers het ons tťťn die Kommunisme en vir Christelikheid en demokrasie laat veg, en ons het verloor.

In ’n tyd van neerlaag stap ’n mens terug op jou spore en vra waar jy dan verkeerd getrap het. Verskillende mense vind uiteraard verskillende antwoorde in hierdie soeke in die verlede in. Ek weet van talle van my tydgenote wat reken dat ons net harder, meer doelgerig moes getrap het. Dit was die fout. Ons leiers het sag geraak en ons uitverkoop. Ander reken ons moes nooit geveg het nie. Ons was rassisties en onderdrukkend. Vir andere weer is die antwoorde nie so duidelik nie. Die vrae word meer, die antwoorde minder.

Deur toeval — of die noodlot — is ek in hierdie tyd van my vertwyfeling na ’n afgesonderde stamgebied in die hartjie van die Britte se kolonie Natal gestuur. Min Afrikaanssprekendes bekyk Suid-Afrika vanuit die Natalse perspektief, die koloniale perspektief. Die “Last Outpost” is ’n landstreek waar Voortrekkers 150 jaar gelede deur Britse anneksasie uitgedryf is.

Selfs nůg minder Afrikaners het die voorreg om die vraag oor wie Suid-Afrika is, dan ook vanuit swart Natal te beskryf. Die vrae waarmee ek in 1989 in die destydse Natal ingegaan het, was aanvanklik tiperend van vrae in die hoofstroom-Afrikanerdenke van die Transvaal, Vrystaat, Kaap. Ek was sleg voorbereid op die Natal-verskynsel.

Een van die eerste ontdekkings, erg ontnugterend, was dat apartheid tans as ’n gerieflike sondebok deur Engelstalige belange in Suid-Afrika voorgehou word. Deur die vinger na slegs die afgelope 40 jaar te wys, verontskuldig Engelssprekendes hulleself van die aanloop van apartheid. Engelssprekendes gaan so ver as om na die “golden era of non-racialism before apartheid” te verwys. Niks is natuurlik verder van die waarheid nie.

Hier in Engelssprekende KwaZulu-Natal bevind ek myself in die ongelukkige posisie van geweldige (Afrikaner-) skuldgvoel, omsingel deur ander wittes wat dans op die laaste 40, sonder skaamte. Maar wanneer ek teruggaan op ons spore, ons wit spore, vind ek dat die afgelope 40 veertig jaar in hierdie provinsie bittermin van die afgelope 150 jaar verskil. (Dit was 150 jaar gelede, in 1842, dat Brittanje KwaZulu-Natal geannekseer en die inwoners van hierdie landstreek begin onderdruk het, gewelddadig, maar ook ideologies.)

En ek besef dat ’n soeke, ’n herondersoek van myself deur die afgelope 40 jaar, nie die antwoorde gaan voorsien wat ons nodig het om waarlik te verstŠŠn nie. Deur slegs die laaste 40 jaar uit my siel te vee, gaan ek steeds by die Westerse beskawing en Westerse superioriteit uitkom. Imperiale en koloniale regerings voor 1948 het die rigting en die reŽls vir totale wit oorheersing neergelÍ. Wanneer ons verder soek, gaan die antwoorde dieselfde bly.

Die Hollanders voor die Britte het ook geglo dat hulle beskawing en lig na Afrika bring. Dieselfde het gegeld vir die Spanjaarde in Latyns-Amerika, die Britte in Noord-Amerika, die Franse in Indo-China, die Portugese in IndonesiŽ, die AustraliŽrs, die Nieu-Seelanders ... Oor die afgelope 500 jaar het Europa dit as sy roeping geag, sy godgegewe roeping, om die wÍreld in te vaar, te oorwin en te beskaaf.

Die oorwinningstog het met die wapen in die een hand en die Bybel in die ander plaasgevind. Ek was self ’n soldaat vir die Christelike beskawing met ’n R4 in die regterhand en ’n Bybel langs die kopkussing. In 1983, toe ons diep in Angola geveg het, het ons ’n kapelaan voltyds saam met ons op die front gehad. Die kompanie is elke oggend aangetree en die dominee het vir ons met Skriflesing en gebed geopen. Soveel as wat ons oorlog daar om politieke en ekonomiese motiewe gehandel het, net soveel het dit om geloof en ideologie gegaan. Sommige soldate wou glo — en ander was gedwing om dit te doen — dat ons stryd tot eer van God was.

In KwaZulu-Natal het ek uiteindelik besef dat ek nie net vir die apartheidsregering geveg het nie, maar ook vir die Westerse beskawing. Die Westerse beskawing wat vandag die wÍreldtoneel oorheers en daarom ook glo dat ons die hoogs ontwikkelde beskawing in die geskiedenis van die mensdom is. Ander beskawings, waaronder die Afrika-beskawing, word by geleentheid as “Derde WÍreld”, “onderontwikkeld”, “agtergeblewe”, “ontwikkelend” en selfs as “primitief” beskryf. Die Westerse beskawing ag dit sy plig om ander beskawings op te hef, te ontwikkel, te demokratiseer, kulture van menseregte te vestig en hulle te kersten.

Die onderskeid tussen “ons is die beste” en “ons God is die beste” bestaan eintlik nie. In KwaZulu-Natal, waar Engelssprekendes in nouer kontak met denkstrominge in Europa is, is dit vandag eerder ’n geval van “ons, die Westerse beskawing” as “ons, die Christelike beskawing”.

Dit is met hierdie ontnugtering, met die skokbesef dat ons oor 500 jaar ons God as ’n diepe aansporing in die najaag van eiebelang aangewend het, dat ek met landelike Zoeloesprekendes in gesprek kon tree. Ek kon honderde jare se inteling van superioriteit, ’n aanname, ’n aksioma wat ons met wapen en Bybel verdedig, eenkant op ’n klip sit en bekyk.

Vir die eerste keer kon ek met “hulle” gesels sonder dat ’n jaloerse God in my gewete blaas en aandring dat hierdie mense — en hulle God — in alle opsigte minderwaardig tot my Godheid is.

Toe ek nie meer kind van die allerhoogste beskawing was nie, was ek skielik ook nie meer kind van die allerhoogste God nie. In plaas van die verhewe mens met ’n verhewe God aan my sy, in gesprek met die heidense mens, was ek nou net mens.

Vir ’n kort tydperk in my lewe kon ek met ’n ontwaakte siel tussen twee beskawings staan en heen en weer na hulle kyk. Links van my, in die een hok, was die Westerse beskawing en regs, in die ander, Afrika. Uitgewerp uit die een hok, onwelkom in die ander, kon ek begin vra: “My God, wie is U en wie is die mens wat U voortgebring het?”

Kan ons werklik sÍ dat die Westerse mens, wit mens, aan die bopunt van ’n lang stel trappe van evolusie staan en dat sy God saam met hom daar mag staan?

Terwyl ek vervaard heen en weer staan en kyk het, het ek besef dat ek dit nie kan bewys nie. Voorheen het ek dit aggressief wou glů, ja, maar objektief bewys? Onmoontlik.

In Msinga in KwaZulu-Natal kon ek tussen die twee hokke staan en vra oor kerk, oor God, oor geloof, oor godsdiens, oor sonde, oor die huwelik, familiebande, oor werk en geld en rykdom en armoede.

Geslagsgelykheid, kinderopvoeding, omgang met die natuur, medemenslikheid, samelewingstrukture, argitektuur, die doodstraf, die regstelsel, landbou, offerande, towery, oorsake van aggressie, die waarde van grond, heilige geeste, voorouerverering ...

Wat ek gesien het, is dat beskawings groei, net soos mense. Met groeiende kennis en ervaring herrig mensegroepe progressief hulle samelewings en hulle gode om meer en meer aan dieperwordende behoeftes te voldoen. En dit is hier waar ek tot en met Msinga ’n basiese denkfout begaan het: ek het gereken my beskawing is die leerkrag en Afrika die leerling. Eers in Msinga het dit tot my deurgeskemer dat ons by Afrika kan leer, eintlik můťt leer.

Uiteindelik is dit al wat ek oor myself kan sÍ: dat ek vandag ’n leerling van Afrika is. Nie ’n Afrikaan nie. Net ’n leerling.

Langs voetpaaie en bergstrome het ons gesels. Mense se lewens het voortgegaan en hulle het die verloorder toegelaat om ’n stukkie hier en ’n stukkie daar te leer. Op reŽndae het ons verder gesels in donker, berookte hutte. Ronde hutte van grond, gras, vuur, mis en rook en die vloeiende klanke van die Zoeloe-taal het ’n denkruimte aan my onseker gemoed voorsien. Kommunikasie het deur meer as net vyf sintuie plaasgevind. Ook my hart se wande het sag en rond geword, in plaas van vierkantig en skerp.

Talle ervarings is in hierdie nuwe grond van my hart afgedruk, maar die een wat die sterkste was in Msinga in die somer van 1992, was die huwelik.

Dit was ’n droŽ jaar en die gebied se skaars hulpbronne was tot die laaste greintjie uitgemergel. Mens en natuur was tot breekpunt toe gestrek; gebeure aangaande die huwelik het uiteindelik tot breekpunt gelei. In die tyd wat ek daar gewoon het, is twee mense vermoor en die gemeenskap se verklaring aan my was dat die vermoordes tereggestel moes word omdat hulle die huwelik nie genoegsaam gerespekteer het nie.

My vraag aan hulle was: Wat is dan so kosbaar aan die huwelik dat julle die ergste vorm van sanksionering sal toepas om dit te beskerm?

Hulle antwoord was ’n verruimende ervaring, in so ’n mate dat dit al my vorige opvattings omvergewerp het. AntropoloŽ van oor die hele wÍreld word na die konsep van die gesin aangetrek, eenvoudig omdat dit een van die min verskynsels is wat sonder uitsondering by alle mensegroepe voorkom. Dit is asof die hele mens rondom die beginsel van gesin ontwerp is. Hierdie ontwerpersbeginsel het ’n kragtige invloed op die mens se insig in sy God, indien nie die kragtigste nie.

In donker hutte het vroue en mans vraend na my teruggekyk en ’n teenvraag gestel: SÍ eers waarom is poligamie ’n sonde teen God? Was die poligame godswandelaars van die Ou Testament, die mense wat as helde deur die Christelike kerk voorgehou word, dan inderdaad barbaarse heidene? Op watter gronde kan enige mens aandring dat monogamie ’n Goddelike bevel is?

Uit die Bybel kon ek hulle nie ’n teksvers gee sonder dat tien verse daartťťn roep nie. Uit die geskiedenis van die ontwikkeling van die Westerse beskawing kon ek wel helder die noodwendige ontstaan van monogamie aandui, hoe hierdie menslike ontwikkelingsproses in ons godswette ingevoer is, en hoe die “Goddellike monogame opdrag” oor die laaste 500 jaar oor die wÍreld uitgedra is. Selfs al sou ek nog fanaties graag, fundamentalisties graag my God teenoor hulle God in slagorde wou opstel en redeneer dat myne beter weet as hulle s’ n, kon ek in hierdie geval nie eers aandui waar my God kwansuis die pad van monogamie beveel het nie.

Ek was omsingel, nie deur mag of geweld nie, maar deur ’n oeroue versugting na ware menswees. My vraag oor die belangrikheid van die poligame huwelik is nie met kragtige teenargumente beantwoord nie. Hulle het geduldig gewag. Ek moes self sien. Met ’n sagte woord hier, ’n stille indruk daar, wou hulle aan my sÍ dat poligamie ’n belangrike stap in die selfaktualisering van die mens is. In die mens se ewigdurende soeke na homself, haarself, word meer inherente menslike eienskappe binne die huweliksvorm van poligamie as in monogamie geakkommodeer. By die God van poligamie is daar ’n vrede wat ontbreek by die jaloerse God.

Maar dit was moeilik om hierdie ander God te leer ken. Hy — hulle — wie ook al — is baie oud. Duisende jare ouer as my God wat homself 2 000 jaar gelede geopenbaar het. Vir die inwoners van Msinga was dit daarom intens vermoeiend om die interspel tussen hulle huweliksvorm en hulle godsbegrip aan my te probeer oordra, eenvoudig omdat Afrika te lank gelede die oorgang van monogamie na poligamie beleef het. Dit sou onregverdig wees om ’n verduideliking te eis oor die impak wat hulle oorgangsfase van monogamie na poligamie millenniums gelede op hulle godsbegrip gehad het.

Hulle het my in eensaamheid in die hut agtergelaat om verder oor hierdie saak te wonder. Ek het slegs brokkies van die God en samelewing van Afrika begin raaksien, teenoor die duideliker beeld wat ek van my eie God en samelewing in my ronddra. Ek het begin wonder hoe die God van Afrika vandag in die Westerse samelewing neerslag sou vind? Maar as Afrika my nie kon terugneem op hulle geloofspad nie, waar sou ek die antwoorde kon vind?

Een van die mans het buite by die hut se deur gebuk en gesÍ daar is ’n manier waarop ek hier kon uitkom: op my knieŽ. Slegs op my knieŽ kon ek by die hut se lae deurtjie uitkruip.

En dis hier waar ek my nou bevind. Op my knieŽ, buite in die helder lug. Maar my oŽ sukkel nog om by die lig aan te pas; ek sien nog nie.

Msinga se mense het my eerstens op die kosbaarheid van hulle poligame huweliksvorm gewys, en my tweedens daarop gewys dat ek nie ’n geldige verklaring vir die monogame Godsbevel kan verskaf nie. Onseker oor my eie standpunt, meer oortuig van hulle s’ n, moes ek begin wonder of dit nie ’n opsie is wat ons met ons God moet opneem nie? Is dit nie moontlik God se wil dat ons opnuut na sy openbaring in ons huwelike kyk nie? En hoe sou ’n poligame God vandag in die Westerse beskawing kon lyk?

Miskien sou so ’n God ons vra om sy gebooie aan te pas? Drie fyn aanpassings in die tien gebooie? Eer jou vader en jou moeder sal van die enkelvoud na die meervoud uitbrei, en tweedens gaan egbreuk pleeg en derdens die verbod op begeerte effens anders geÔnterpreteer word. Die verbiedende kring van begeerte en egbreuk sal nie meer streng om ťťn man en ťťn vrou getrek word nie. ’n Vrou wat in ’n getroude man belang stel met die oog daarop om ůůk met hom te trou, sonder om sy bestaande huwelik op te hef, gaan nie meer ’n sondares wees nie.

Die psige en mensbeeld van individue sou dienooreenkomstig verruim. Waar individue tans ’n kring van, argumentshalwe, ses “significant others” psigies moet akkommodeer — pa, ma, self en drie broers/susters — sou hierdie kring nou skielik na elf kon uitbrei, sou daar ’n derde ouer kon bykom. Kanale van interaksie vermeerder eksponensieel en dit sou groter sosiale vermoŽns in die individu skep, maar ook groter verantwoordelikhede.

Sielkundiges bestudeer lank reeds die effek van gesinne op individue se persoonlike vorming. Bevindinge sluit onder andere in dat enkelkinders meer geneig is om grootse presteerders te word. Neil Armstrong word onder andere voorgehou as ’n voorbeeld van ’n enkelkind wat diep spore in die ruimte getrap het. Kinders uit groter gesinne, daarenteen, is sosiaal beter aangepas en minder geneig tot individuele prestasie. ’n Kind se posisie in die gesin lei ook tot bepaalde struktureel gevormde psigiese kenmerke.

Ek self kom uit ’n kwansuis groot gesin (in die Westerse konteks). Ons was sewe kinders. In Msinga het ek egter gesinne ontmoet wat 56 siele tel. Dit is ongeveer ses keer meer mense as in my gesin. Die groot gesinne in Msinga word as die vooraanstaande gesinne gereken, nie oor hulle materiŽle welvaart nie, maar oor hulle sielewelvaart. Prestasie in Msinga word sosiaal gemeet.

Diť soort groot gesin in die Westerse beskawing sou noodwendig dieselfde stille impak op Westerse prestasienorme hÍ. MateriŽle prestasie van die individu sou deur ’n tydperk van eeue stilweg verskuif na die prestasie van die groep. “Ek” sou “ons” word, en die enkelvoudige God sou meervoudig word.

Dit wil vir my voorkom of die tweede tafel van die tien gebooie, die tweede gebod wat gelykstaan aan die eerste, ’n meer regmatige plek in Msinga geniet. Medemenslikheid is net so belangrik as godsdienstigheid. Dit is ’n balans wat ek intens tussen my eie mense en in my eie kerk mis. Daar word vir ons gepreek oor hoe ons die volmaakte God moet dien, terwyl ek, en die mense om my, volkome sleg en sondig is. Ons dwing onsself om te leef om God se guns, maar nie mense s’ n nie. Onsterflikheid gaan by God wees, nie by mense nie. Dit terwyl sewe van die tien gebooie oor diens aan die mens handel (die Sabbatsgebod ingesluit). Waar die tien gebooie in ’n tyd van poligamie aan Israel gegee is, met sewe tiendes aan die mens gewy, het ons in ’n tyd van monogamie begin om op slegs drie van die tien te fokus.

’n Balans tussen die eerste en die tweede tafel van die gebooie lei tot ’n meer horisontale teenwoordigheid van God, soos in Msinga. Tafel een troon nie uit bokant tafel twee nie. Godsdiens en mensediens staan gelyk tot mekaar en God en mens wandel vry tussen die tafels. God word daarom nie in een gebou suiwer en verhewe gehou terwyl die mens in oŽnskynlik ondergeskikte geboue besluit oor die reg, die onderwys, die ekonomie en die politiek nie. Soos wat strakke grense tussen individue versag, so versag skeidings tussen hof, skool, kerk en staat om uiteindelik in die huis van die gesin in harmonie te ontmoet. God en mens word in die umsamu van elke huis gerespekteer.

In hierdie opset, waar mense deur uitgebreide bloedverbintenisse gedwing word om al hoe meer horisontaal uit te reik — van ’n groep van nege, soos in my geval, na ’n groep van 56 — word diens aan jou medemens ’n noodwendige uitvloeisel van die Goddelike opdrag om jou naaste lief te hÍ. Waar ons tot nou toe wou aanneem dat gehoorsaamheid aan die eerste drie gebooie sou uitvloei op ’n spontane toepassing van die laaste sewe gebooie, het ek dit andersom gevind in Msinga: gehoorsaamheid aan die laaste sewe gebooie het gelei tot liefde vir God.

Die herstel van die balans tussen menslikheid en Goddelikheid sou baie spanninge vir die Westerse mens verlig. Grense sou verdwyn; nuwe antwoorde — baie antwoorde — oor onsself en ons God sou in die ope kon tree. Daar is tans voorspellings dat depressie oor 20 jaar die tweede grootste moordenaar onder mense gaan wees. Dit hoef nie waar te word nie. In Afrika mag ons antwoorde vind wat ons kan bevry.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.