Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Oor dood, smart en vryheid

Kriben Pillay

Kriben Pillay het ’n doktorsgraad in drama. Hy het ’n groot belangstelling in spirituele ontwikkeling, en is direkteur van die Noumenon-sentrum. Adres: www.noumenon.co.za

Toe my vrou Shamala dood is aan die outo-immune siekte lupus, het dit skielik sinloos geword om te filosofeer of te spekuleer oor die dood as ’n abstrakte begrip. Want dit was ’n werklikheid, en enige woorde daaroor was leeg in die aangesig van ’n ontsettende, onherstelbare verlies.

’n Oortuiging dat daar lewe na die dood is; ’n geloof in reÔnkarnasie; die troos dat haar geweldige fisieke en dalk emosionele lyding genadiglik beŽindig is; die feit dat ek gesien het hoe sy die hele tyd sieker en swakker geword het en daarom voorbereid was op die einde — niks het enige verskil gemaak nie. Die mens wat Shamala was, was nie meer daar nie en sou dit nooit, ooit weer wees nie. Hoe desperaat ek ook al wou, ek kon nie daarvan wegkom nie.

Ek kon dalk met haar kontak probeer maak het deur een of ander spiritualistiese ritueel, maar ek sou daarmee eenvoudig die harde werklikheid probeer ontken het. Dit sou ’n manier gewees het om die pyn te probeer minder maak, ’n vertroosting waarna baie mense soek wat iemand aan die dood afgegee het, omdat dit hulle die illusie gee dat hulle steeds in verbinding is met daardie persoon. Maar selfs as jy bo alle twyfel sou kon bewys dat dit die gestorwe persoon is wat met die lewendes kommunikeer, sou dit nog nie die situasie verander dat daardie liggaam wat eenkeer geleef het, nou vir altyd onbereikbaar is nie.

So — hoe verwerk jy smart op ’n doeltreffende manier wat uiteindelik vir jou berusting bring en van jou ’n wyser mens maak, eerder as om die pyn bloot te verdoof en jou in ’n fantasiewÍreld te laat ontsnap?

Terwyl ek desperaat probeer het om weer sin te maak uit my wÍreld, het ek begin nadink oor wie dit was wat regtig gesterf het. Daar was verseker die dood van ’n persoon met die naam van Shamala, maar wie was sy regtig, hoe konstant en onveranderlik was sy?

Die mens wat ek geken het as Shamala was die hele tyd besig om in die eerste plek fisiek te verander, soos wat met ons almal gebeur — in haar geval nog meer as gevolg van haar siekte. Maar sy was ook ’n professionele danseres wie se skoonheid wat ons nou op haar foto’s bewonder, die feit verbloem het dat sy sonder haar grimering en pragtige kostuums en juwele nie heeltemal dieselfde gelyk het nie — nie minder mooi nie, maar nie heeltemal dieselfde nie; op dieselfde manier as wat enige mens se voorkoms met ouderdom verander, soms radikaal, selfs al bly die persoon herkenbaar.

Dan was daar natuurlik Shamala se persoonlikheid. Weer eens het dit verander, dit was nooit dieselfde nie; sy sou verskillend optree in verskillende omstandighede, soos wat met almal van ons die geval is. Sommige mense sal sÍ dat daar ’n sekere Shamalaheid was wat haar gedefinieer het, maar die vraag is: Was hierdie eienskap regtig konstant in haar lewe? En hoe is dit gedefinieer?

As ons eerlik moes wees, sou ons moes erken dat daar psigofisieke kenmerke was — haar stem, die manier waarop sy geloop het, die manier waarop sy gelag het, ensovoorts — wat gekomplementeer is deur persoonlikheidseienskappe. Die waarheid is egter dat elke mens wat met haar in kontak was, Shamala op sy eie manier beleef het, sy eie idee ontwikkel het van wie sy was. Dit is natuurlik, want op sosiale gebied speel ons so baie rolle. Shamala se ouers of haar onderwysers of ons kind sou die essensie van Shamala anders ervaar het as ek. Ons kan nie daarvan wegkom dat ons iemand in ons kop skep uit die liggaamlike en persoonlikheidsindrukke wat ons van daardie persoon kry nie, en daardie indrukke is voortdurend besig om te verander. Wanneer daardie liggaam-persoonlikheid nie meer daar is nie, rou ons in werklikheid oor die verlies van ons eie skepping — waarvan die fisieke uitdrukking nou nie meer daar is nie — net soveel as wat ons rou oor die verlies van ’n lewe wat ons gedeel het met daardie mens, en hoe dit ons wÍreld gevorm het. Maar die belangrikste is dat ons ten diepste rou oor die verlies van daardie mens se tasbare Teenwoordigheid.

En dit is die sleutelwoord: Teenwoordigheid. Een mens — een liggaam-persoonlikheid — kan slegs verskillend beleef word deur verskillende mense; omdat elkeen ’n ander beeld van daardie mens in sy kop het, rou almal oor hul eie beeld van daardie persoon wat dood is. Maar waaroor ons werklik rou, is die verlies van ’n Teenwoordigheid. Ons kan nie sÍ ’n spesifieke Teenwoordigheid nie, want “spesifieke” sou iemand impliseer wat altyd presies dieselfde gebly het en wat dieselfde was vir al die mense wat daardie persoon geken het. Maar dis duidelik dat dit nie moontlik kan wees nie, slegs maar ’n dwaling van die verstand omdat ons interaksie met ander mense gewoonlik gebaseer is op ons persepsies van hulle. Maar as ons persepsies onvolledig is, en die persoon voortdurend besig is om te verander, gewoonlik subtiel — en ook die aard van ons verhouding met daardie persoon verander — dan is dit waaroor ons werklik rou, die verlies van daardie persoon se Teenwoordigheid.

Die groot vraag is, wat is hierdie Teenwoordigheid?

Dit is nie die liggaam-persoonlikheid wat altyd besig is om te verander nie. In ’n sekere sin is iets altyd besig om dood te gaan; dit vind nie net biologies plaas in die ontelbare selle wat daagliks in ons liggame sterf en vervang word nie, maar ook in die feit dat die driemaande-oue baba wat op die foto in my kantoor vir my glimlag, nie meer daardie driemaande-oue baba is nie. Sy is nou ’n dogtertjie van amper drie jaar oud, met psigofisieke kenmerke wat sal aanhou om te verander. Maar ons verstand let hierdie veranderinge nooit regtig op nie, omdat ons outomaties die hele tyd aanpassings maak sodat ons ’n permanente wese kan skep. Ons persepsies van mense, veral diť wat na aan ons is, word so vinnig aangepas dat hulle vir ons dieselfde bly, totdat ’n ou foto of ’n video, of iemand wat onverwags anders optree as vantevore, ons skielik laat besef dat hulle verander het.

Ek het tot die slotsom gekom dat ons almal Teenwoordigheid is, en dat hoe meer ons iemand anders se Teenwoordigheid as apart van ons eie Teenwoordigheid sien, hoe meer lyding daar sal wees, en oneindige smart.

Om Teenwoordigheid te kan sien as iets wat bestaan ongeag ’n spesifieke liggaam-persoonlikheid, moet ons ontslae raak van die idees wat deur die liggaam-persoonlikheid geskep is. Wanneer ons ons smart probeer verwerk, moet ons bereid wees om op te hou vasklou aan die uiterlike dinge wat daardie persoon vir ons ’n werklikheid gemaak het, en eerder sy of haar Teenwoordigheid probeer verstaan. En dit kan ons slegs doen wanneer ons ons eie Teenwoordigheid verstaan, wanneer ons verstaan wie ons regtig is; wanneer ons verstaan dat ons gedurig besig is om te verander — dat ons die hele tyd besig is om rolle te vertolk, sommige bewustelik, ander nie — maar dat ons in essensie uit suiwer Teenwoordigheid bestaan, wat nie gedefinieer kan word nie, wat nie uitgepluis kan word nie, en tog die grond van ons bestaan is.

Wanneer ons onsself toelaat om bloot te wees, eerder as om iemand te wees, dan kom ons Teenwoordigheid na vore, ’n Teenwoordigheid wat nie verander kan word nie, omdat dit nog voor die liggaam-persoonlikheid reeds bestaan het. En as jy uit hierdie Teenwoordigheid leef, beleef jy ander mense nie as apart van jou nie, en ervaar dus nie so ’n gevoel van verlies wanneer daardie persoon nie meer daar is nie. As ek uit Teenwoordigheid leef, word Shamala nie een met my nie; Teenwoordigheid is eerder die grond waaruit Shamala, ek en jy gekom het. Ons hoef nie te wag vir die dood om terug te keer daarna nie, want ons is dit reeds, of ons dit nou besef of nie. Dis slegs ons illusies wat ons laat glo dat daar ’n begin en ’n einde aan ons is. Teenwoordigheid is, Bewussyn is; dis bloot ons liggaam-persoonlikhede wat kom en gaan. Wanneer ons dit werklik begin begryp en beleef, is die konsep van die dood amper iets om oor te lag, net soos ons sou lag as iemand ons sou wou oortuig dat die akteurs op die verhoog werklik gesterf het, hoe diep hulle hartseerverhaal ons ook al geraak het.

Dan kan smart uiteindelik nooit permanent wees nie, want dis die oortuiging dat iemand weggeneem is van ons wat ons so verskriklik hartseer maak. Natuurlik sal ons vir ’n tyd lank oor ons geliefdes rou, want op fisieke vlak is daar skeiding, maar die mate waartoe ons identifiseer met hierdie skeiding, sal bepaal hoeveel ons sal rou.

Wanneer ons onsself sien soos ons werklik is — dat ons in die eerste plek ’n Teenwoordigheid is en eers daarna iemand met ’n liggaam en ’n persoonlikheid — dan is smart van verbygaande aard, soos ’n opvoering waar die gordyn gou sak op ons illusies.

Naskrif

Ek wil die bostaande gedeelte uitbrei deur kortliks te vertel van ’n insig wat ek gekry het ongeveer vier jaar voor hierdie ervaring en wat, so glo ek, ’n belangrike rol gespeel het in hoe ek my hartseer verwerk het. Nog belangriker is hoe dit my gehelp het om die innerlike gevoel van ongemak te begryp waarvan ek my hele lewe lank bewus was en waarvan ek nooit ontslae kon raak tot ek ’n “omkeerkursus” by Byron Katie in Holland in Augustus 1999 gedoen het nie. In April 1993 het ek die volgende vir die nuusbrief Share it geskryf, wat gehandel het oor die Engelse siener Douglas Harding se metode van “sien”. Dit het in Share it, Uitgawe 9, Lente 1995 verskyn:

Van die twee antwoorde op Douglas se “The little book of life and death” (Share it, No 8), onderskryf die tweede (John Wren-Lewis) die insigte in die boek, terwyl die eerste (Kim Taylor) die outeur se standpunt bevraagteken dat persoonlike onsterflikheid ’n werklikheid is, nie bloot as een of ander suiwer toestand van “nie-wees” nie, ’n “blote onpersoonlike blik in onpersoonlike dieptes” nie.

Aanvanklik wou ek met hom saamstem (intellektueel het dit vir my meer sin gemaak as “sien”) dat die eerste antwoord logies was; dat:

Die konsep van Ek/Self, in watter vorm ook al (of nie-vorm, d.i. die Niks), hoe wyd ook al geÔnterpreteer as die Universele Ek, of spiritueel as Self, maar tť maklik verstaan word deur die Ek/Self, wat vertroos word daardeur, en dit selfs bevestig (Kim Taylor, Share it, No. 8).

Ek het volkome daarmee saamgestem, maar nogtans besluit om “The little book of life and death” weer te lees, net om te besef dat Douglas ’n waarheid uitgewys het wat vir my ’n tasbare werklikheid begin word het, nie omdat dit aantreklik is vir die Ek/Self nie (iets waarop mens altyd bedag behoort te wees), maar omdat dit so is. In ’n oomblik van suiwer SIEN, het EK IS homself geopenbaar aan EK IS, en meer persoonlik kon dit nie gewees het nie. Dit was persoonlik en het net vir MY bestaan, maar was tog hoegenaamd nie egosentries nie.

Iets wat Krishnamurti in sy vroeŽ jare gesÍ het, maar later oor geswyg het (met goeie rede, dink ek), het nou vir my heeltemal duidelik geword — dat enlightenment nie die verlies van persoonlike identiteit is nie (hoe kan dit wees as dit altyd daar is!), mits ons SIEN dat identiteit nie kom van herinneringe, ervarings, ensovoorts nie, maar die EK IS is, waaruit ons almal kom.

Woorde skep verwarring oor WAT REGTIG IS, en dis die enigste fout van sieners wat die vanselfsprekendheid van SIEN probeer oordra.

As bogenoemde die indruk skep dat ek “aangekom” het, is dit waarskynlik omdat dit nodig was dat hierdie insig so ’n groot indruk op my moes maak. Dit het my baie gehelp in die paar jaar daarna toe my vrou al hoe sieker geword het en die taak om na haar en ’n klein kindjie om te sien soms gedreig het om my te oorweldig. Maar dit is ook waar dat hierdie insig my nie vrygemaak het van my daaglikse insekuriteite nie, van vrese, krukke en reaktiewe optrede in die algemeen nie. Ek het Douglas Harding in 1994 na Suid-Afrika gebring vir ’n kort besoek, en het al hoe meer kontak gemaak met leiers van die spirituele filosofie van nondualiteit (die siening van mense en dinge as ’n eenheid, en nie as apart van mekaar nie) van oor die hele wÍreld (veral deur my nuusbrief Noumenon, wat ek in 1995 begin het om die geboorte van Krishnamurti ’n eeu gelede te herdenk). Ek kan nou sien dat my kontak met hulle, en die bestudering van hulle boeke, ’n dringende soektog was om innerlike vrede te vind.

Maar ek kon nie altyd onderskei tussen die intellektuele begrip van transformasie en werklike transformasie nie, en ek het beslis nie daardie gevoel van vryheid ervaar wat Krishnamurti gesÍ het saam met insig kom nie. Ek het besef dat my insigte nog nie volledig was nie. Ek het steeds alle materiaal oor nondualiteit wat ek in die hande kon kry, verslind; ek het myself oortuig dat ek nie meer besig was om te soek nie, maar bloot wou bevestig wat ek ontdek het. Maar ek was besig om ’n subtiele leuen te leef, en is onbewustelik daarin versterk deur die logika van nondualiteit, waardeur enigiets weggeredeneer kan word deur te vra: “Wie is dit wat die vraag stel?” Dis moontlik om teoreties te aanvaar dat daar nie ’n vaste, aparte self is nie, hoe vreemd dit ook al voel. ’n Mens kan dus ’n verskeidenheid van persoonlikheidsprobleme wegredeneer deur te sÍ dat hulle nie te doen het met ’n regte persoon nie, ensovoorts. Maar die waarheid is dat jy steeds optree asof jy ’n aparte individu is, jou gedrag onaangenaam selfgesentreer. In die hande van groot meesters kan nondualiteit ’n kragtige instrument wees, maar in my geval het dit slegs daardie vae gevoel van onvrede verdoesel wat soos ’n skaduwee altyd deel van my was.

Deel van die probleem was dat ek geleer is dat ek vryheid sou vind deur bloot te “sien”, sonder om die dinge wat ek sien, gedurig te interpreteer en te beoordeel. Dit het logies geklink, en ek het besluit dat die fout my by moet lÍ, dat ek eenvoudig nog nie hard genoeg probeer het om reg te “sien” nie.

Toe bring my soektog my uit by die werk van AH Almaas, wat spirituele groei met sielkundige beginsels kombineer. Sy metode het baie sin gemaak en my anders laat begin dink, maar Almaas en sy programme is in Amerika, en ek is in Suid-Afrika.

In September 1998, terwyl ek in my tuin langs die swembad na die gras staan en kyk, besef ek skielik dat dit net ek self is wat besluit hoe ek myself en die dinge om my sien. Hoewel dit ook maar net ’n gedeeltelike insig was, het ek ’n geweldige sterk behoefte begin ervaar om werklike vryheid te voel in myself, in hierdie liggaam-persoonlikheid van my. Ek was moeg van insigte wat ek nooit volledig kon leef nie, wat nooit uitgeloop het op ’n gevoel van vrede wat nie afgehang het van uiterlike omstandighede nie.

Toe, in November, kom ek heeltemal “toevallig” af op die biografie van Byron Katie getiteld A cry in the desert: The awakening of Byron Katie. Haar verhaal was een van diepgaande verandering, van ’n werklike innerlike transformasie. Wat my egter veral geÔnteresseer het, was haar eenvoudige metode om vrede te vind.

Deur e-pos-kontak met Byron Katie en haar personeel het ek onverwags ’n beurs gekry om ’n vyfdaagse kursus in Holland by te woon oor die toepassing van Katie se beginsels in bedryfsopleiding. Dit was ’n onderwerp waarin ek baie geÔnteresseerd was, aangesien ek besig was om ’n soortgelyke kursus te ontwikkel na aanleiding van die navorsing wat ek gedoen het vir my doktorsgraad in nondualiteit en opvoedkundige drama en teater (toegeken in Februarie 1999).

Die kursus was meer as waarvoor ek kon gehoop het. Deur die toepassing van Katie se beginsels het daardie ou gevoel van onvrede — wat sonder twyfel my gedrag oor baie jare gevorm het — skielik verdwyn. (En ek het met soveel vrees na Holland gegaan! Dit was daar selfs na ek vir ’n oomblik rustig gevoel het in die warmte van Byron Katie se eerste omhelsing.)

Katie se beginsels kan opgesom word as: “Oordeel jou naaste, skryf dit neer, vra vier vrae en keer dit om.” Die vier vrae — “Is dit waar?” “Kan ek seker wees dat dit waar is?” “Watter voordele is daar vir my in om dit te glo?” en “Wat sal ek wees as ek dit nie meer glo nie?” — help jou om te sien dat wanneer jy iemand anders veroordeel, die hele kwessie eintlik oor jouself gaan. Wanneer jy die probleem geŽien het, kan jy dit in jouself hanteer — dws “omkeer”. Die probleme wat in jou kop ontstaan, los jy op juis deur jou kop te gebruik, sodat dit vir jou moontlik word om weer ten volle in jou liggaam “teenwoordig” te wees.

Hierdie proses word in Katie se biografie beskryf, maar ek het dit nie verstaan nie tot op die vierde dag van die kursus, toe ek vir die eerste keer in my lewe gevoel het dat ek ten volle in my liggaam is, en tog, paradoksaal, of geen regte “ek” beliggaam is nie, maar daar net die totale beliggaming van ’n spesifieke liggaam-persoonlikheid plaasgevind het. Maar dit het eers gebeur toe ek besef het dat ek bang was, en dat ek bang was vir vernedering, en dat dit gekom het van die oortuiging dat ek ’n iemand moes wees. Ten spyte van al my kennis van die filosofie van nondualiteit oor hoe om ’n “niemand” te wees, het die drang om ’n “iemand” te wees my steeds oorheers, tot ek dit deur hierdie proses besef het. Ek het die leuen gesien wat ek besig was om te leef, en met hierdie insig het verlossing gekom.

Ek voel nog steeds die effek van hierdie verlossing, asof ’n verfrissende briesie deur my gewaai het, maar ook asof ek die briesie is. Die geestelike leier Jean Klein het van sy spirituele ontwaking gepraat asof dit ’n soort fisieke klik in sy liggaam was, asof alles meteens in die regte posisie geval het. In my geval het die knaende pyne in my nek en spanning in my skouers verdwyn en vir die eerste keer in my lewe het ek liggaamlik los en onselfbewus gevoel. Ek is bloot teenwoordig in die hier en nou, en, om Byron Katie se woorde te parafraseer, my liggaam probeer nie om verder as sy evolusie te wees nie.

Het ek geestelik ontwaak, my potensiaal verwesenlik? Ek weet nie, en weet ook nie of ek ooit sal weet nie. Wie skryf hierdie woorde? Ek weet nie regtig nie. Hoekom skryf ek dit? Omdat ek gevra is. Maar in die deel van my wat liggaam-persoonlikheid is, is daar net hierdie gevoel van vryheid. En as daar ’n probleem sou opduik, is daar altyd Byron Katie se vier vrae wat ek kan gebruik.

Krishnamurti se “keuselose bewustheid” het my laat sien watter stryd die verstand stry, maar dit het uiteindelik ook die dualiteit in my versterk, en my die verskeurdheid binne my duideliker laat voel. Douglas Harding se oefeninge om te “sien” het my na die plek van niksheid geneem — deur my Self vir my te wys as suiwer bewussyn. En Byron Katie se vrae, dink ek, het alles geÔntegreer deur my rustig te maak, en die “ek” ’n totale beliggaming te gee in die hier en nou.

Soos ek die storie afsluit, is ek bewus van ’n wonderlike paradoks, dat niks eintlik met enigeen gebeur het nie!

Die eerste deel van hierdie artikel het vir die eerste keer verskyn in Noumenon, Herfs 1996, Vol 2, No 1, en later in Inner directions journal, Herfs 1997, en in ’n Hollandse vertaling in Zien, Tweede kwartaal 1998, No 11.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.