Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die bees en die donkie by die krip

Sakkie Spangenberg


“Is die gebruik om Kerskaarte gedurende Desember-maand aan familie en vriende te stuur, aan die uitsterf?” het ek ’n keer gewonder. Die hoeveelheid Kerskaarte wat ons as gesin gedurende Desember-maand ontvang, raak by die jaar minder. “Ons ontvang waarskynlik al minder Kerskaarte omdat ons gesin sulke treurige Kerskaart-versenders is,” was my ander verklaring vir die toedrag van sake.

Hoe dit ook al sy, Kerskaarte was in my kinderdae wonderlike goed. Reeds teen die einde van November het die eerste kaarte begin aankom en dit was lekker om daagliks een in die posbus te vind. Die prentjies op die voorblad was altyd interessant. My gewildste prentjie was die drie wyse manne aan ’t reis op hulle kamele agter die gloeiende ster aan. Ek sou eers heelwat later ontdek dat die Nuwe Testament nÍrens van drie wyse manne praat nie. In die Matteus-evangelie word slegs van “wyse manne” vertel (vgl Matt 2:1).

Waar kom die idee van drie dan vandaan? Mondelinge verhale wat gebaseer is op die verhaal van Matteus het dit drie manne gemaak omdat hulle drie soorte geskenke gebring het: goud, wierook en mirre (Matt 2:11). Die kerklike tradisie het aan hierdie drie manne ook name gegee. Sulke belangrike mense kan tog nie naamloos in die geskiedenis afgaan nie. Die drie manne se name was volgens hierdie tradisie Caspar, Melchior en Baltasar.

Dit was nie die enigste keer wat ek interessante feite in verband met die geboorteverhaal sou teŽkom nie. Ek het met verbasing later geleer dat slegs Matteus die verhaal van die wyse manne vertel (Matt 2:1-12) en dat slegs Lukas die verhaal van die skaapwagters in die veld vertel (Luk 2:8-20). Elke evangelieskrywer het vir ’n ander groep mense geskryf en ook ’n ander doel met hulle vertelling nagestreef — vandaar die verskille.

Onder outydse Kerskaarte sal ’n mens egter altyd een vind met ’n prentjie van Josef en Maria met Jesus in die krip en ’n bees en ’n donkie wat grootoog die saak beloer. Dit het my as kind nie gepla dat daar ’n bees en ’n donkie by die geboortetoneel afgebeeld is nie. Jesus is dan immers in ’n stal gebore — sulke diere hoort in stalle.

Lees ’n mens die geboorteverhaal van Matteus en Lukas egter noukeurig, is daar nÍrens sprake van diere in die stal nie. Om die waarheid te sÍ, slegs Lukas maak melding van ’n krip waarin Maria vir Jesus neergelÍ het na die bevalling. Matteus, aan die anderkant, vertel net van ’n huis waarin Jesus gebore is. Volgens hom het die wyse manne in die huis ingegaan en die kindjie by sy moeder gevind (Matt 2:10-11).

Dit was vir my ’n verrassing toe ek later jare uitvind dat hierdie uitbeelding verband hou met die volgende Jesaja-teks: “’n Bees ken sy eienaar en ’n donkie die krip van sy baas, maar Israel ken My nie, my volk het geen begrip van wat Ek doen nie” (Jes 1:3).

Hoe het dit gekom dat hierdie teks met die geboorteverhaal in die evangelies verbind is en kunstenaars die geboortetoneel so geteken het? Die vroeŽ Christene was Jode en hulle het die Ou Testament goed geken. Wanneer hulle die gebeure rondom Jesus in herinnering geroep het, het hulle ook onwillekeurig aan Ou-Testamentiese gedigte, verhale, en ander tekste gedink. Hulle was veral lief om die boek Jesaja te gebruik wanneer hulle die verhale van Jesus oorvertel het. Jesaja het so ’n vyfde evangelie geword. Verskeie tekste uit Jesaja is met Jesus se geboorte, lewe, lyding en dood in verband gebring. Dink maar aan Jesaja 7:14 (die maagdelike geboorte), Jesaja 9:5 (die Vredevors) en boweal Jesaja 52:13-53:12 (die lydende Kneg van God).

Die Jesaja-teks is met die geboorteverhaal van Lukas verknoop nie alleen omdat die woord krip in beide voorkom nie, maar ook omdat daar sprake is van om God te ken en volgens sy wil te lewe. Die verknoping het waarskynlik sů verloop: Jesus is die Seun van God en dus die Eienaar van die ganse skepping. Toe die Eienaar gevolglik in die krip gelÍ het, moes die bees en die donkie ook teenwoordig wees om te kom groet en hulde te bring. ’n Bees ken immers sy Eienaar en die donkie die krip van sy Baas.

Hierdie uitbeelding van die geboortetoneel het as aansporing gedien vir ’n baie mooi verhaaltjie in Afrikaans: die verhaal van Jaffie deur Eitemal. Die skrywer Eitemal (W J du P Erlank) vertel die verhaal van Jesus se geboorte, die vlug na Egipte en die intog in Jerusalem deur die oŽ van donkies.

Donkies het ’n besonderse verhaal wat hulle al vir geslagte oorvertel. Jaffie, ’n donkievul, is deur sy oom Vaaltyn aangeneem en grootgemaak nadat sy moeder Mamra oorlede is. Omdat die oom voel dat hy besig is om die einde van sy leeftyd te bereik, vertel hy aan Jaffie die groot geheim waarsonder donkies nie na behore kan leef nie. Bella, hulle oeroumagrootjie was teenwoordig by die geboorte van Jesus en hulle oeroom Hakon het gehelp met die ontvlugting na Egipte. Nog ’n grootjie, Valta, was die donkiemerrie op wie se rug Jesus Jerusalem binnegery het.

Na my mening het kunstenaars deur alle eeue ’n feit onderstreep wat ons ter harte behoort te neem: Godsdienstige verhale moet met kreatiwiteit oorvertel word.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.