Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Glo ek ... (met apologie aan Sheila Cussons)

Rita Gilfillan

Rita Gilfillan is ’n skrywer en letterkundige. Sy was vroer ook dosent in Afrikaans, en woon tans op Stellenbosch.

Heel jong kinders beskik oor ’n byna ongergde bevatlikheid vir die hemel. Hulle, wat nog met vars o na die omringende werklikheid kyk, staan oop vir wonderwerke. Wanneer ’n kind vir die eerste keer sien hoedat ’n sywurm hom toespin in goudgeel sy, net om na verloop van tyd as getransformeerde gevlerkte daar uit te kruip, dan is engele nie so ’n vergesogte gedagte nie. Dit is dikwels volwassenes, vir wie alles so gewoon en rasioneel geword het, vir wie die paradys verlore geraak het. Ook die een wat ons hier op aarde mag ervaar. Daarom dat kinders so waagmoedig is. Net hulle kan dit bekostig om van die kerktoring af met ’n sambreel te sweef; daar staan immers ’n engel met ’n vangnet gereed ...

So ’n kind was ek ook eenmaal.

Die kapasiteit vir wonderwerke het egter langsamerhand en byna ongemerk plek gemaak vir dogma. Onskuld is vervang deur die onrustige besef dat ook ek in sonde ontvang en gebore is en op pad is na die ewige verdoemenis. Byna alles waarmee ek in aanraking gekom het, was bevlek met skuld.

Wanneer ek nou daaroor nadink, dan meen ek dat die skuldgevoel waarmee ek van vroeg af belas is, tesame met al die “JY MAG NIE’s” van my jeug, geweldig inhiberend was. Dit het my wel op die smal en reguit pad gehou, maar dit het vreugde en waagmoed in die kiem gesmoor.

Nog later het die vrae in my gemoed steeds dwingender geword, seker ook deur die tussenkoms van interessante mense, baie van hulle totaal andersdenkend. Omstandighede het my weggeneem uit die begrensende dorp van my jeug; ook deur die lees van baie boeke het ander moontlikhede begin flikker. Sou daar werklik net die n weg tot saligheid wees? Die een waarmee ek grootgeword het en wat lei deur Jesus Christus? Wat dan van al die ander gelowiges wie se God miskien ’n ander naam het? Wat van die mense wat veel vrugbaarder en beter lewe as die gemiddelde Christen en tog verklaar dat hulle agnostici is?

My geleidelike ontsnapping aan ’n swart/wit-denkpatroon was ’n geweldige bevryding. Maklik was dit nie, soos wat enigeen sal kan vertel wat al weggebreek het uit ’n sterk groepverbondenheid. Nog steeds, wanneer ek my tussen gerespekteerde en geliefde tradisioneel Christen-gelowiges bevind, voel ek hoe die ou bande probeer om my terug te trek. Dit sou eenvoudiger gewees het om binne die kraal te bly. Oneindig knusser. Tog, en ten spyte van die geborgenheid, het ek ’n wantroue ontwikkel in die sekuriteit (dikwels vals) wat binne groepe ervaar word. Dit gebeur te maklik dat die groep die individu vrywaar van persoonlike verantwoordelikheid, of dat die groep die individu meevoer op ’n golf van euforie.

In haar jongste roman, Love, again spreek Doris Lessing haar soos volg uit oor die dinamika van die groep:

    How easily, how recklessly we join this group or that,
    religious, political, theatrical, intellectual — any kind
    of group: that most potent of witches’ brews, charged with
    the possibilities for harm and for good, but most often, for illusion.

Ook in hierdie verband is dit goed om Van Wyk Louw se waarskuwing in gedagte te hou dat slegs die skerp (en moontlik veral eensame) denke helder is:

    Al die ander dink is saam-hurk, of paring,
    in ’n donkerte waarin ons soet-goed fluister.

Dus het ek pynlik gekom tot waar ek onlangs met blye instemming in die biografie oor N.P. Van Wyk Louw, in sy samevatting van enkele Hegeliaanse beginsels, onder meer die volgende kon lees:

    Wanneer ’n mens twee dinge het wat teenstrydig maar albei
    waar is, dan is die groot denkkuns: om die spanning te
    bewaar, om albei gelyk as waar te dink, om geeneen op te
    offer aan die drang tot ontsnapping, verslapping, nie.
    Nie f-f nie, maar n-n.

Uit hierdie besef dat twee teenstrydige waarhede gelyktydig kan bestaan, groei verdraagsaamheid en begrip. Vir my is dit terselfdertyd ’n erkenning van hoe groot en onbegrens en ondeurdinkbaar God is. Waarskynlik eerder n-n as die beperkende f-f ...?

Want dat God bestaan, weet ek van altyd af. Ek kan dit nie beredeneer nie, maar slegs om die sterrehemel gade te slaan en te weet dat die planete op vaste bane om die son beweeg, maak my klein voor ’n onbegryplike Almag. Die samehang van alles in ’n Heelal wat te groot is om met die verstand te omvat, is getuienis van ’n Meesterplan, ver verhewe bokant alles wat ek kan bedink. Trouens, die menslike drang tot kreatiwiteit, daardie begeerte om ons aardse bekneldheid te oorstyg, is miskien die sekerste teken van God wat in ons woel.

Sheila Cussons verwoord dit as volg in haar gedig Glo ek&nbs;...:

    ... dat dit in in ons sit
    (soos die prel)
    om op die waters te wil loop, die berge te gebied
    die brode te vermenigvuldig
    (omdat)
    met ander woorde, te wil transfigureer
    (Hy in ons knaag)

Die gawe van die lewe, mt die keuse oor wat ons daarmee gaan doen, is ’n duiselingwekkende verantwoordelikheid enersyds, en ’n heerlikheid andersyds. Om op hierdie aarde te leef, bewustelik, met al die sintuie oop (ook na die Onsienlike toe) is waarna ek strewe. Ek loop die pad, soos Amanda Strydom sing, die pad wat ek gevind het en wat nie noodwendig ook ’n ander s’n is nie. Want ek het tot die besef gekom dat, soos twee waarhede gelyktydig kan bestaan, daar meer paaie as slegs die n moontlik moet wees.

Verder glo ek (oplaas) dat die reis belangriker is as die bestemming. Die ouderwetse afbeelding van die bre en die smalle weg berus op die veronderstelling dat die een na die hel toe lei en dat die ander op die hemel uitloop. Wat angs in my kinderhart geslaan het, was presies hierdie onontkombare bestemmingsgerigtheid. Nou weet ek anders. Wanneer ’n mens jou lewensreis met toewyding aanpak en die pad loop, stap vir stap, in die lig wat vir jou gegee word, dan sal die bestemming vir homself sorg. Dan is die kwelling oor die eindpunt onnodig, selfs al neem die weg jou op vreemde draaie en deur donker spelonke. Die reis is die avontuur. Die reis is die belangrike deel.

Gelukkig is daar rigtingwysers soos opgeteken staan in die Bybel, in die oorpeinsings van die heiliges en in die geskrifte van digters en denkers. Ook vind mens dit in gesprekke met wyse vriende. Wie soek, sal inderdaad vind. Talryk is die fonteine waar ’n mens kan gaan drink. Hier, weer eens, geld die beginsel van n-n vir my, eerder as f-f. Tog het elke soeker steeds die verantwoordelikheid om sy vondste noukeurig te oorpeins, want die taak is om dwaallig van sterre te onderskei. (In die sprokie Die skone Wassilisa is een van die belangrikste opdragte aan die heldin, daar waar sy haar lesse leer in die vreesaanjaende huis van die Baba Yaga, juis om sorgvuldig die koring van die kaf te skei.)

Vir my dus nie slegs die Bybel nie, wat in my jeug reeds ingebrand is op die tafels van my hart, maar ook die werk van digters en denkers. Verder het sekere Jungiaanse beginsels baie vir my beteken, soos ook die werk van Viktor Frankl, Kahlil Gibran (toe ek jonk was), meesters van die Haikoe en geskrifte oor die Zen-Boeddhisme, om ’n paar te noem.

Jesus het geleer (gedemonstreer) dat die belangrikste riglyne vir ’n menselewe daarin bestaan om God lief te h met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag en met jou hele verstand, en jou naaste soos jouself. Dan kom al die ander deugde vanself. Dit is egter nie maklik om jou medemens onvoorwaardelik lief te h nie. Altans, nie vir my nie. Om dit enigsins moontlik te maak, steun ek op enkele ander beginsels wat ook deur Jesus onderskyf is. Ek noem net ’n paar.

Moenie oordeel nie, en oor jou sal nie geoordeel word nie, staan daar in die Bybel. As kind reeds het ek dit soos ’n papegaai opges, ’n clich sonder ’n inhoud. Eers onlangs het ek dit werklik begin verstaan en sedertdien streef ek daarna om ’n toestand van volkome aanvaarding te bereik waardeur alle veroordeling uitgesluit word. Want eers binne aanvaarding is begrip moontlik. En binne begrip kom die ontglippende liefde vanself ... Om nie te orodeel nie, maak vry. Dit bevry ’n mens byvoorbeeld van die begeerte om ’n argument te wen. En juis in ons ywer om ons eie saak te stel, maak ons dikwels alle liefde dood.

Gee, en vir julle sal gegee word, leer Jesus. Deepak Chopra beskryf die identiese beginsel, net meer woordryk. Die lewe is ’n onophoudelike dans, s hy, waarin impulse tussen die tydelike en die ewige voortdurend gewissel word. Wanneer jy daarin slaag om weg te gee presies waaraan jy die meeste behoefte het, verhewig die dans en word die hele kringloop vitaler. Hierdie immer pulserende ringdans is wat ons ervaar as die lewe.

    The more you give, the more you will receive, because you
    will keep the abundance of the universe circulating in your
    life. In fact, anything that is of value in life only
    multiplies when it is given. That which doesn’t multiply
    through giving is neither worth giving nor worth receiving.
    If, through the act of giving, you feel you have lost
    something, then the gift is not truly given and will not
    cause increase. If you give grudgingly, there is no energy
    behind that giving.

Oorvloed is dus binne ons almal se bereik, mits ons kan leer om te gee, en dan veral dit waaraan ons ’n gebrek het. Want inderdaad, ons sal tienvoudig terug ontvang. Ek het dit al getoets met iets so eenvoudig soos ’n glimlag. In die duur van ’n voormiddag kon ek seker twintig glimlaggende gesigte oes vir die n wat dit my gekos het. Wie liefde gee, sal liefde ontvang. So eenvoudig is dit.

Tevergeefs dat julle vroeg opstaan en laat gaan slaap om met moeite ’n bestaan te maak, staan daar in Psalm 127. Vir di wat Hy liefhet, gee die Here dit in hulle slaap. Dit is moontlik dat ek hierdie teks verkeerd verstaan, bloot om aan te pas by my eie opvattings. Tog glo ek dat enige onderneming wat met suiwer motiewe aangepak word, as ’t ware vanself slaag. Lao Tzu verwoord dit as volg:

    An integral being knows without going, sees without looking, and accomplishes without doing.

Deepak Chopra noem dit die beginsel van die minste inspanning; the law of least effort:

    Least effort is expended when your actions are motivated
    by love, because nature is held together by the energy of
    love. When you seek power and control over other people,
    you waste energy. When you seek money or power for the
    sake of the ego, you spend energy chasing the illusion of
    happiness instead of enjoying happiness in the moment.

Ek meen dat ek dieselfde beginsel by Van Wyk Louw bespeur, waar hy in sy biografie aangehaal word oor sy werk Raka:

    Iemand wat s ek wil dit of dat nog doen — ek weet nie of dit heeltemal ’n skrywer is nie. Wat jy skryf, word vir jou gegee, dit kom in jou op, jy weet vandag nie wat mre in jou sal opkom nie.

Waarmee ek hardwerkendheid nie wil negeer nie. Maar werk wat deurstraal is met inspirasie en liefde, word suiwer vreugde. Dit voel inderdaad of dit moeiteloos voortvloei.

Wat my eie skryfwerk betref: My eerste verhale was belydeniswerk, my manier om pyn te verwerk. Later, reeds met Die frank smaak van frambose, was daar bepaald ’n spirituele inslag, hoe beperk en onvolkome dan ook. Die groot gevaar bestaan natuurlik om didakties en prekerig te raak en ek kon dit nie altyd ewe goed oorstyg nie. Ek meen egter dat die speelse en fantasieryke aard van Die verhaal van ’n vrou, ’n leeu en ’n hoenderhen hierdie struikelblok redelik goed oorkom het. Hierdie boek is inderdaad aan my gegee en die skryf daarvan was louter vreugde. Wat Pouoogmot betref wou ek onder meer besin oor die aard van heiligheid en dit illustreer aan die hand van twee uiteenlopende vroue: Suster Precious en Nurse Grobbie. In Sheila Cussons se terme: die heilige Teresa van Avila teenoor, s maar, tant Emily van oom Naas. Die bonsaikuns, met sy skoonheid-in-gekneldheid, speel, so het ek gemeen, ook ’n belangrike rol by wyse van kommentaar, soos ook die gestileerde Japanse skilderkuns wat so ’n groot invloed op byvoorbeeld Vincent van Gogh gehad het.

Iewers in Pouoogmot staan daar dat Suster Precious verby die stadium is waar sy beledig kan word. Sy neem geen aanstoot meer nie. Hierdie “state of grace” het sy bereik deur haar ego te oorwin sodat die gees waarlik vry kon raak. Dit berus op die beginsel dat die gees (sonder tussenkoms van die ego) immuun is teen kritiek, nie wegdeins vir uitdagings en probleme nie en nooit onderhorig voel aan ’n ander nie. Terselfdertyd ken dit geen meerderwaardigheid nie en verhef sigself nie bokant ander nie.

In die figuur van Nurse Grobbie het ek iets van myself vasgevang, al is dit alleen in my intense vreugde aan afsondering in die natuur. Hiervoor skiet my eie uitleg te kort, daarom laat ek die laaste woord aan Sheila Cussons, soos vervat in haar gedig “Corpus Christi”:

    1
    Eensaam vol posie hoor ek die wind
    in die ho wilde populiere wat donker tuimel
    teen ’n helder naglug, en druppels
    skuins ren sketter teen die ruite
    en ek raak los in my soos die geurende grond los
    en vol wit wuiwende lelies
    en als is blink en donker en rusteloos en soet.

    11
    Wat ruis in die donker flikkerende bome
    in die wind, en glans in die driftige vlae
    van die ren, roer in die wortel, stoot
    in die sap? — besige Christus, Jy.
    Hoe kon ek jou ooit misgekyk het
    die sin van di stuwing gemis het
    en so afwesig gestaar het na my?

Chopra, Deepak, The seven spiritual laws of success, 1996, Bantam Press: Londen.
Cussons, Sheila, Die swart kombuis, 1978, Tafelberg: Kaapstad.
Lessing, Doris, Love, again, 1996, Flamingo: Londen.
Louw, N.P. van Wyk, Tristia en ander verse: Voorspele en vlugte 1950-1957, 1975, Human & Rousseau: Kaapstad.
Steyn, J.C., Van Wyk Louw: ’n Lewensverhaal, Deel l, Kaapstad: Tafelberg, 1998.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.