Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Toe ek ’n kind was ...

Sakkie Spangenberg

Sakkie Spangenberg is ’n teoloog en professor in die Ou Testament aan UNISA, en ook die skrywer van verskeie teologiese boeke. Hy woon in Centurion.

Paulus se woorde in 1 KorinthiŽrs 13 in Die Bybel — daardie aangrypende hoofstuk oor die liefde — bly vir my ’n goeie beskrywing van die groei wat in enige mens se lewe plaasvind. Daar is ’n tyd om te praat soos ’n kind, te dink soos ’n kind, te redeneer soos ’n kind, maar geleidelik moet jy volwasse word en jou kinderskoene ontgroei.

Dis soos ek ook die groeiproses in my lewe ervaar het. Ek het begin boeke lees, gestudeer, na lesings en preke geluister, soms debatte gevoer en uiteindelik gevind dat ek nie meer dink soos toe ek ’n kind was nie. Soms verlang ek terug na daardie jare toe die lewe vir my ongekompliseerd was, maar ander dae besef ek dat ek met daardie sienings nie die volwasse lewe kan aandurf nie. Diegene wie se denke bly vassteek in die kinderjare word dikwels deur ander as kinderagtig en onvolwasse beskryf. ’n Mens verlang nie terug na jou kinderdae wanneer jy ouer persone ontmoet wie se lewe en lewensbeskouing daarvan getuig dat hulle deur die lewe geslyp is en dat hulle diep nagedink het oor die lewe nie. Dan begeer jy die wysheid wat met die grysheid kom.

Wanneer ’n mens terugkyk oor ’n lewe waarin jou beskouings baie verander het, kan jy dikwels ůf mense, ůf boeke, ůf toneelstukke, ůf films, ůf gebeure identifiseer wat ’n rol gespeel het in jou groeiproses. Soms is dit ’n geval van mense, boeke, toneelstukke, films ťn gebeurtenisse. Die rede waarom mense verskillend oor sake dink en oordeel, hang gewoonlik saam met die feit dat ons verskillend deur die lewe geslyp is. Aan die ander kant is dit ook weer waar dat gebeure op die wÍreldtoneel dikwels dieselfde invloed op alle mense het.

In diť verband kan ’n mens dink aan die ervaring van die Tweede WÍreldoorlog en in ons eie land die ervaring van apartheid. Beide hierdie gebeure het onteenseglik ’n invloed op my lewe en denke uitgeoefen. Nie dat ek die Tweede WÍreldoorlog fisies beleef het nie — ek is immers ses jaar na die afloop van die oorlog gebore — maar daardie oorlog het ’n groot indruk op my gemaak toe ek daarvan in Geskiedenis op hoŽrskool geleer het. Daardie oorlog het in my agterkop kom lÍ toe ek militÍre diensplig moes verrig, en by my kom spook toe ek van die Duitse Kerkstryd op kweekskool geleer het en dominee Jan Overduin se boek Hel en hemel van Dachau in dieselfde jaar gelees het.

Overduin was ’n Nederlandse predikant wat tydens die Tweede WÍreldoorlog vir ’n tyd lank in die konsentrasiekamp van Dachau in Duitsland aangehou is. Sy beskrywings van die wreedhede wat mense onder die Nazi's in daardie konsentrasiekamp gely het, was vir my aangrypend, en ook skrikwekkend. Die beeldsendings van The world at war gedurende 1976/77 op SATV het die wreedhede van daardie oorlog verder onderstreep. Ons koshuissitkamer op Stellenbosch was volgepak toe die episode “The Holocaust” gebeeldsend is. Ons het vasgenael gesit en kyk, maar nog nie besef dat iets soortgelyks besig was om in ons land af te speel nie.

Menslike lyding het my nog altyd aan die hart gegryp. Terugskouend is dit een van die hoofredes waarom ek teologie gaan studeer het. Hoe ’n mens oor God se almag en liefde moet dink te midde van menslike lyding het vir my ’n vraagstuk geword waarmee ek voortdurend geworstel het. Boeke en artikels wat oor hierdie onderwerp handel, trek nou nog my aandag en die boek Job bly steeds vir my die aangrypendste boek in Die Bybel . Dit is dan ook hierdie boek wat my ’n liefde vir die Ou Testament laat ontwikkel het.

Dit was egter nie net die Tweede WÍreldoorlog wat my lewe en denke beÔnvloed het nie, dit was ook die ervaring van die beleid van apartheid. Ek het egter nie die slegte deel daarvan ervaar nie, maar die “goeie” deel. Ek was bevoorreg om goeie skole te kon bywoon en aan die Universiteit van Stellenbosch te kon studeer.

Dit was aan hierdie universiteit dat my oŽ egter begin oopgaan het en ek die ooreenkoms tussen apartheid en die Nazi-beleid begin insien het. ’n Boekie van Murray Janson het in 1975 die ooreenkoms vir my glashelder laat opdoem. Die boekie dra die titel Die Kerk en die ideologie: Toe ’n volk so byna deur ’n teologie vernietig is. Alhoewel Janson oor die Duitse Kerkstryd en die Ordeningsteologie geskryf het, kon enige intelligente leser tussen die lyne die apartheidsideologie herken.

Die pyn en lyding wat mense onder die beleid van apartheid ervaar het, was nie altyd vir ons as jong studente sigbaar nie. Ek was slegs in ’n geringe mate daarvan bewus. Miskien was ek so besig om my toe te lÍ om Grieks en Hebreeus te bemeester en my vir die beroep van predikant voor te berei dat ek nie van die swaarkry bewus was nie. Tog was daar geleenthede toe die nood vir ’n tyd voor my kom staan het.

Van diť geleenthede was besoeke aan Soweto.

’n Groep studente van Stellenbosch het jaarliks, in plaas van stranddienste te gaan hou, deelgeneem aan werkerskampe in Soweto. Die werkerskampe het nie langer as veertien dae geduur nie, maar dit het ons ’n blik gegee op die lewe in daardie townships. Ons het onder andere gehelp met die bou van slaapsale vir ’n jeugkampterrein van gemeentes van die NG Kerk in Afrika in Soweto. Tydens hierdie werkerskampe het ons ook besoek gaan aflÍ by die NG Sendinggemeente in Coronationville; saam met die jeug van die Reformed Church in Africa in Lenasia gekuier, en hospitaalbesoek gaan doen by van die mynhospitale, waar ons kennis gemaak het met beseerde swart mynwerkers. Dat elke “rassegroep” ’n eie kerk en aparte woonbuurt moes hÍ, was vir my in daardie stadum vanselfsprekend — ek het immers met apartheid grootgeword.

Toe die studente-opstand in 1976 uitbreek, het ek aanvanklik gereken dat dit ’n oordrewe reaksie was. Agterna gesien, besef ek hoe min begrip daar werklik by van ons was — al het ons ooreenkomste tussen die Nazi-beleid en apartheid raakgesien en in Soweto, Coronationville en Lenasia gery en geloop. Die pyn en lyding van mense wat aan die ontvangkant van die beleid van apartheid gestaan het, het vir baie van ons nou maar eers nŠ die getuienisse voor die Waarheids- en Versoeningskommissie werklik aan die lig gekom.

Een van die redes waarom my geslag blanke Afrikaners nooit werklik bewus was van die swaarkry nie, was dat die meeste van ons nie die taal en leefwÍreld geken het van die mense wat die negatiewe kant van apartheid ervaar het nie.

Hierdie ervaringswÍreld is wel deur enkele Afrikaanse skrywers aan ons bekend gestel. In my eie lewe het F.A. Venter se boek Swart pelgrim, J.J.F. Durand se Swart man, stad en toekoms, en Elsa Joubert se boek Die swerfjare van Poppie Nongena my sensitief gemaak vir die onsensitiwiteit en negatiewe gevolge van die apartheidsbeleid.

’n Afrikaans-onderwyser het ons Swart pelgrim op hoŽrskool laat lees. Venter het daarin geslaag om deernis by my te wek vir die hoofkarakter Kolisile. Die wyse waarop wit mense hom behandel het, was nie aan my onbekend nie. Ek het in Germiston (die nywerheidstad oos van Johannesburg) grootgeword en as kind gesien hoedat wit mense met meerderwaardigheid teenoor swart mense optree. Dit was in daardie tyd normaal om ’n swart man of vrou van die voordeur weg te jaag en hulle by die agterdeur te ontvang. Dit was normaal om hulle ete in ’n blikbord op te dien en hulle koffie in ’n blikbeker te skink. Dit was normaal dat hulle by die “nie-blanke” kant van die poskantoor moes instap en wag tot die blanke amptenaar eers al die blankes bedien voordat hy hom tot hulle gewend het. Niemand het ’n winkbrou gelig wanneer ’n wit polisieman ’n swart man tydens arrestasie so ’n bietjie hardhandig behandel het nie.

Durand se boek het ek gekoop omdat ek toe so pas my eerste Soweto-werkerskamp beleef het. Hy was sendingleraar van die gemeente Kwazakhele in Port Elizabeth en beskryf eerstehands watter negatiewe gevolge die trek na die stad vir swart mense gehad het. Hy het uitgewys hoe kontak met die Westerse kultuur en met kapitalisme nie altyd positiewe gevolge vir hulle ingehou het nie. Hulle tradisionele geloof en waardes is geskud. Hulle familielewe is ontwrig en die Christelike geloof het nie daarin geslaag om in hulle geestelike behoeftes te voorsien nie.

Toe Elsa Joubert se boek gepubliseer is, was die Soweto-opstande in die kiem gesmoor en was ek ’n dosent in Bybelkunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Haar boek het nog meer as die vorige twee daarin geslaag om my van die negatiewe uitwerking van die beleid van apartheid op swart mense se lewens bewus te maak. Ek was nie bewus van die polemiek wat in Die Burger gedurende Desember 1978 en Januarie 1979 tussen J.J. Degenaar en S.J. Terreblanche gevoer is nie, maar was bly toe ek enkele jare daarna in Degenaar se boek Voortbestaan in geregtigheid daarvan gelees het. Degenaar het tereg gesÍ:

    Sy [Joubert] het dit vir ons onmoontlik gemaak om in die toekoms verontskuldigend te beweer: “Maar ons het nooit geweet dat dit die ware toedrag van sake is en dat ons wette werklik sů gewelddadig op mense se lewens inwerk nie.”

Die Tweede WÍreldoorlog en die politieke beleid van apartheid het my egter nie net bewus gemaak van swaarkry in die onlangse geskiedenis nie, maar my ook intens bewus gemaak van wreedhede en vervolgings wat dwarsdeur die geskiedenis in die naam van God gepleeg is. Ek het bewus geraak van die feit dat die Christendom vir baie pyn en lyding in die geskiedenis verantwoordelik was. Die geskiedenis van die Christendom is nie net ’n geskiedenis van roemryke dade nie, maar ook ’n geskiedenis van vervolging en bloedvergieting. Meer as een keer was dit Jode wat aan die ontvangkant gestaan het. Die liefde wat ek tydens my studentejare vir Hebreeus ontwikkel het, het my hiervan bewus gemaak. Kennis van Hebreeus het vir my ’n wÍreld oopgesluit wat ek nie vroeŽr geken het nie — die JudaÔsme en die geskiedenis van die Jode.

As jong student was die waarheid van die Christelike geloof vir my kristalhelder. Aan die dogmas van die kerk het ek vir geen oomblik getwyfel nie. Hierdie sekerheid het mettertyd begin wankel toe die NG Kerk se gebruik van Bybeltekste om die beleid van apartheid te ondersteun, vir my verdag begin word het.

Die lesings van Willie Jonker tydens ’n CSV-studentekamp oor Die Bybel en God se wil vir ons lewe het die eerste saadjies van twyfel gesaai. In die lesings het hy onder andere gesÍ:

Ons hoef nie meer die burgerlike wette van Israel te onderhou nie, maar ons kan — ondanks die ontsaglike kulturele afstand tussen ons en Israel — uit die wette van Israel veel leer oor die soort geregtigheid, billikheid en menslikheid wat God van ons in die politiek verwag.

Dit was egter ’n boek van die Amerikaanse Ou-Testamentikus, John Bright, met die titel The kingdom of God: the Biblical concept and its meaning for the Church wat my oŽ geopen het vir ’n saak wat ’n tameletjie vir die NG Kerk was: gesamentlike aanbidding en een lidmaatskap. Hy het daarin ’n stelling gemaak wat vir ewig in my denke ingeprent is:

But God help the church that places other Christians — whether of other races, other classes, or other communions — beyond its fellowship, beyond its full fellowship! God help the church that would nominate itself as the One True Church, as if the Lord God Omnipotent were a reflection of its prejudices!

Dit was vir my heeltemal duidelik dat apartheid binne die kerk ontoelaatbaar was. Oor apartheid as politieke beleid wou ek my op daardie stadium (toe nog maar ’n eerstejaar-teologiestudent) nie uitlaat nie. Ek het nog nie werklik ’n politieke bewussyn gehad nie. Polities het ek toe nog gepraat soos ’n kind, gedink soos ’n kind en geredeneer soos ’n kind.

Die NG Kerk se gebruik van Bybeltekste (veral Ou-Testamentiese tekste) om die beleid van apartheid te ondersteun, is egter vir eens en vir altyd vir my verkeerd bewys toe ek die publikasie van Douglas Bax (’n Presbiteriaanse predikant van Johannesburg) ’n paar jaar daarna onder oŽ gekry het. In die boek A different gospel: A critique of the theology behind apartheid het Bax aangetoon dat Die Bybel tekste waarmee die NG Kerk die apartheidsbeleid geregverdig het, ook anders uitgelÍ kan word. Hierdie boek het my aan die dink gesit oor Die Bybel en die gesag daarvan — of dan: Die Bybel as God se Woord. Ek het begin wonder of dit werklik moontlik is om ou Nabye-Oosterse godsdienstige tekste wat uit ’n totaal ander milieu as ons eie kom, te gebruik om goddellike sanksie aan ’n politieke beleid te verleen.

Toe ek later ingeskryf het vir ’n doktorsgraad in die Ou Testament aan UNISA, het die probleem van die gesag van Die Bybel nog groter geword. James Barr se boek The Bible in the modern world, waaroor ek by geleentheid ’n mondeling moes doen, het my intens daarvan bewus gemaak dat die gangbare Skrifbeskouing in die NG Kerk verouderd was. Om die waarheid te sÍ, hierdie Skrifbeskouing het daartoe gelei dat predikante oortuig was dat Die Bybel die beleid van apartheid volledig ondersteun het.

Die gemak waarmee die NG Kerk sy ommeswaai oor apartheid in die negentigerjare kon regverdig, gaan my verstand te bowe. Om die ommeswaai te gooi oor die boeg van “Die Heilige Gees het die Kerk oortuig dat apartheid verkeerd is”, is om jou hande in onskuld te was oor die dwase besluite wat in die verlede geneem is. Daar was genoeg lidmate (en teoloŽ van ander kerke) wat die NG Kerk daarop gewys het dat die apartheidsbeleid indruis teen die kern van die Christelike geloof en praktyk. Kerkleiers het hierdie stemme geÔgnoreer en heelwat lidmate mislei met die standpunt dat die leiers van die NG Kerk Die Bybel korrek uitgelÍ het en dat hulle (in teenstelling met ander) die gesag van Die Bybel eerbiedig.

My studie en dosering van die Ou Testament het my egter verder as die apartheidsbeleid geneem. Dit het my oortuig dat geeneen van die sogenaamde profesieŽ van die Ou Testament Jesus voorspel nie. Die Nuwe-Testamentiese skrywers het nie van die Hebreeuse Bybel gebruik gemaak toe hulle hierdie “profesieŽ” aangehaal het nie, maar van die Septuagint (of Griekse vertaling van die Hebreeuse Bybel). Daardie vertaling het hulle dikwels verlei om dinge aangaande Jesus te sÍ wat na regte nie in die Hebreeuse teks staan nie. Om maar slegs een voorbeeld te noem: Jesaja 7:14 verwys nie na Jesus nie, maar na ’n kind wat in die tyd van koning Agas (735-715 v.C.) gebore sou word. Voorts is daar nie sprake van ’n maagdelike geboorte nie, maar bloot dat ’n jong vrou swanger sou raak. Die Christelike Kerk het op grond van die Griekse vertaling van hierdie teks en die aanhaling daarvan in die Evangelie van Matteus (Matt. 1:23) ’n dogma oor die maagdelike geboorte gaan bou waarvan die pilare wankelrig is. Geen moderne Ou-Testamentikus wat sy sout werd is, sal vandag meer sy Joodse vakgenote verwyt dat hulle die Ou Testament (of die Tanak, soos dit onder die Jode bekend staan) verkeerd interpreteer nie. Die vroeŽ Christene het op grond van die Griekse vertaling daartoe gekom om hierdie tekste as profesieŽ te lees. Deur die eeue het Christene Jode verwyt dat hulle die tekste nie reg lees en uitlÍ nie. Vandag weet ek dat die teendeel waar is. Dit was die vroeŽ Christene wat op grond van die Septuagint verkeerde afleidings gemaak het. Ons kan hulle egter nie verwyt nie. Hulle was kinders van hulle tyd en die metodes van uitleg wat hulle gebruik het, was algemeen gangbaar in daardie tyd. Die ontdekking van die Dooie See-rolle in 1947 en die bestudering daarvan oor die afgelope vyftig jaar het dit bo alle twyfel uitgewys.

Die bestudering van die Dooie See-rolle, waarvan ek maar eers tydens my Honneursstudies in Semitiese tale geleer het, het voorts uitgewys dat die vroeŽ Christene een van verskeie Joodse splintergroepe was. Geza Vermes (’n voormalige Rooms-Katolieke priester, kenner van die Dooie See-rolle en emeritusprofessor aan die Universiteit van Oxford) het die afgelope twintig jaar met verbluffende eenvoud die Joodse agtergrond van die Evangelies en die Joodsheid van Jesus blootgelÍ. Sy trilogie met die titels Jesus the Jew: A historian's reading of the Gospels, Jesus and the world of Judaism, en The religion of Jesus the Jew het my denke oor die verhouding tussen die Jodedom en die Christendom radikaal verander. Wie eenmaal die Joodse wortels van die Christendom ontdek het en in staat is om Hebreeuse en Aramese tekste te lees, kan nie meer by Jode aandring dat hulle hulle moet bekeer en Jesus as Messias (of Christus) moet aanvaar nie. Wie enigsins bekend is met die geskiedenis van die vroeŽ Christendom behoort te weet dat Paulus ’n groot rol gespeel het om die sienings van hierdie Joodse splintergroep tot ’n godsdiens te omvorm wat vir Griekssprekende mense van daardie eeu, en selfs die daaropvolgende eeue, sin gemaak het.

Die Christelike godsdiens het ’n bepaalde geboorte-uur, en bestaan nie van ewigheid af nie. Dit is ook nie bloot ’n voortsetting van die Israelitiese godsdiens waarvan ons in die Ou Testament lees nie. Abraham het allermins in ’n Drie-enige God geglo en nog minder Dawid en Salomo, of Jesaja en Jeremia. Godsdienste en godsdienstige denke ontwikkel oor jare heen. Die feit dat daar sovele Christelike kerke en denominasies bestaan, is maar een bewys dat godsdienstige oortuigings oor jare heen groei en verander.

Voorts is dit onmiskenbaar dat kultuur ook ’n rol speel in hoe mense die Christelike godsdiens hulle eie maak. Die Christendom in Afrika lyk immers anders as die Christendom in die Weste en dit is om van te ween wanneer Westerse Christene hulle belydenisse as die suiwerste weergawe van die Christelike geloof voorhou en Afrika-Christene van sinkretisme beskuldig.

Die bestaan van verskillende Christelike kerke en die besef dat die Christelike godsdiens aanvanklik anders gelyk het as vandag het my finaal genees van die siening dat daar slegs ťťn waarheid en ťťn belewenis van Jesus bestaan.

Een van die hoofredes waarom daar verskille bestaan, hang saam met die feit dat mense interpreterende wesens is. Mense kan nie anders leef en oorleef as om te probeer sin maak van hulle bestaan nie. Godsdiens speel ’n groot rol in hierdie interpretasieproses. Om die waarheid te sÍ, godsdienste voorsien mense van begrippemateriaal om sin te maak. Elke godsdiens verteenwoordig ’n “godsdienstige taal” en die aanhangers van daardie godsdiens leer dikwels daardie taal van kleins af aan.

Die feit dat ek in ’n Christelike ouerhuis grootgeword het, het aan my my begrippemateriaal voorsien waarmee ek oor God kan dink en praat. My “godsdienstige taal” is anders as ander s'n, maar nie beter nie. Dit het ook nie meer waarde as ander “godsdienstige tale” nie — net soos Afrikaans nie meer waarde het as ander tale in hierdie land en in die wÍreld nie. My moedertaal is vir my mooi en dit is die taal waarin ek my die beste kan uitdruk, maar dit maak my taal nie verhewe bo ander nie. Net so is die Christelike godsdiens vir my ’n godsdiens wat ek nie kan en wil afsweer en inruil vir iets anders nie. My lewe is onlosmaaklik daarmee vervleg, en daar bestaan aangrypende Christelike teologiese boeke wat my lewe en denke oor God ingrypend beÔnvloed het. My lewe sou armer gewees het as ek dit nie gelees het nie. Tog het ek oor jare boeke raakgeloop wat deur Joodse geleerdes geskryf is en wat my lewe en denke ook ingrypend beÔnvloed het. Om maar twee te noem: I and Thou deur die Joodse filosoof Martin Buber, en When bad things happen to good people deur rabbi Harold Kushner.

Na my mening is die tyd vir godsdienstige imperialisme vir goed verby. Die verhouding tussen die Christelike godsdiens en ander godsdienste het vanweŽ my kennismaking met die JudaÔsme deel van my nadenke geword. Die uitdaging van menswees in die volgende millennium lÍ vir my daarin om die leefwÍreld van ander te leer ken en om my in hulle skoene te verplaas. Die grootste uitdaging vir die teologie is na my mening om gewone mense te leer om mense van ander gelowe as medemense en medereisigers te leer ken. Saam moet ons verantwoordelikheid begin aanvaar vir hierdie planeet en sy voortbestaan. Saam moet ons begin stry vir reg en geregtigheid en bowe-al vir vrede.

Barr, James, The Bible in the modern world, London: SCM, 1973.
Bax, Douglas, A different gospel: A critique of the theology behind apartheid, 1979.
Bright, John, The kingdom of God, Nashville: Abingdon, 1953.
Buber, Martin, I and Thou, Edinburgh: T & T Clark, 1971.
Degenaar, J.J., Voortbestaan in geregtigheid, Kaapstad: Tafelberg, 1980.
Durand, J.J.F., Swart man, stad en toekoms, Kaapstad: Tafelberg, 1970.
Janson, Murray, Die Kerk en die ideologie: Toe ’n volk so byna deur ’n teologie vernietig is, Potchefstroom: Die Evangelis, 1967.
Joubert, Elsa, Die swerfjare van Poppie Nongena, Kaapstad: Tafelberg, 1978.
Kushner, Harold, When bad things happen to good people, Londen: Pan Books, 1982.
Overduin, Jan, Hel en hemel van Dachau, Kampen: Kok 1975.
Venter, F.A., Swart pelgrim, Kaapstad: Tafelberg, 1985.
Vermes, Geza, Jesus the Jew: A historian's reading of the Gospels, Londen: SCM, 1973.
Vermes, Geza, Jesus and the world of Judaism, Londen: SCM, 1983.
Vermes, Geza, The religion of Jesus the Jew, Londen: SCM, 1993.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.