Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Om die kerk te groet — ’n persoonlike reis

Irma Kroeze

Irma Kroeze is professor in Regte aan UNISA en pendel tans tussen Pretoria en Potchefstroom.

Vir so lank as wat ek kan onthou, was die kerk ’n natuurlike en vanselfsprekende deel van my lewe. Om ’n meelewende lidmaat te wees, was vir my so natuurlik soos asemhaal. En dan op ’n dag, sonder dat ek weet hoe en hoekom, gebeur dit: ek sit in ’n erediens en skielik voel dit vir my so vreemd soos wetenskapfiksie. Dit is natuurlik nie skielik nie en niks het verander nie — ek het verander en dit kom van lankal af! Die moeilike deel is om te probeer vasstel wat my pla en wat ek daaraan gaan doen.

Dit kan nooit vir enige belydende Christen maklik wees om die kerk (as instituut) te verlaat nie. Aan die een kant wil jy nie die basis van jou lewe — jou geloof — en jou sekerhede verloor nie. Maar aan die ander kant weet jy dat jy nie langer ’n leuen kan leef nie. Daarom begin jy die moeilike pad om eers te probeer vasstel waar die probleem lÍ. En soos dit ’n Calvinis betaam, neem jy aanvanklik aan dat die probleem by jouself lÍ. As die preke vir jou niks sÍ nie, moet dit wees omdat jy nie reg luister nie; as jy soos ’n tweedeklaslidmaat voel, moet dit wees omdat jy nie nederig genoeg is nie; as jy vrae het oor leerstellings, moet dit wees omdat jy te intellektueel oor godsdiens dink; as jy meer belewing in die kerk soek, moet dit wees omdat jy te emosioneel is. Kortom: jou probleem is dat jy nie glo nie. Of in elk geval nie reg glo nie.

Soos Amanda Strydom sing: “Vir lank het ek geluister, eerbiedig, soos dit moet ...”

Maar op ’n dag maak die antwoorde van dominees, ouderlinge en teologiese proffies ook nie meer sin nie. Jy word gemaan om weer soos ’n kind te glo. (Maar omdat jy ’n ma is, weet jy kinders glo nie onvoorwaardelik en sonder vrae nie. Om die waarheid te sÍ, hulle vra die moeilikste en indringendste vrae.) Of daar word vir jou in ontstellend rasionele verduidelikings uitgelÍ hoekom dit wat jy dink en voel en glo nooit reg kan wees nie. En jy wonder wie besluit het watter gevoelens en geloof reg is en watter verkeerd is. Jy wonder hoekom jy glo dat God jou liefhet net soos jy is, maar die dominee hou aan vertel hoe jy moet verander. Jy wonder: “Who died and made you God?”

Daar is ’n persepsie in die kerk dat mense wat vrae vra, gevaarlik is. Daarom het die kerk deur die eeue die vraestellers as ketters gebrandmerk en uit die kerk verban. Op diť manier is die lidmate nooit blootgestel aan die vrae nie.

Dit is die waarheid dat twyfelaars gevaarlik is. Hulle beroof mense van hulle sekerhede en onskuld. En as hierdie twyfelaars en soekers nog boonop vrouens is, raak hulle dubbel gevaarlik. Daarom is dit noodsaaklik om hulle van die begin af stil te maak, om hulle die reg om te praat te ontsÍ, eerder as om hulle vrae te moet beantwoord. Die heksejagte van die sestiende en sewentiende eeue is ’n gepaste metafoor om te verduidelik hoe gevaarlik dit vir vrouens is om nie in te pas en te konformeer nie.

Onlangs ontmoet ek iemand wat saam met my student was. Hy deel my met opgewondenheid mee dat ek toe (twintig jaar gelede!) reg was oor die posisie van die vrou in die kerk. Hy is positief dat die sinode van die Gereformeerde Kerk binnekort vroue as diakens sal toelaat. Ek het hom in afgryse aangekyk. Verstom oor die aanname dat my denke vir twintig jaar dieselfde sou bly. Sinies oor die potensiaal vir verandering in die kerk. Maar bowenal ontsteld dat mens die probleem so kan misdiagnoseer. Dit gaan lankal nie meer oor die toelating van vrouens tot die ampte nie. Dit gaan oor die radikale vraag na die manlike aard van die institusionele kerk en die manlike basis van wat ons as die Christelike leer bely.

Dat die kerk, die rituele en die leerstellings van die kerk essensieel manlik is, is lankal nie meer nuus nie. Tallose studies toon aan dat dit bedoel is om vroue uit te sluit en om die konsep van die manlike God te vestig. Die logika is eenvoudig: as God ’n man is, is mans ook nader aan goddelikheid as byvoorbeeld vroue. Om hierdie posisie te handhaaf moet die sigbare kerk en sy ampsdraers mans wees. Daarom dat die manlike hiŽrargieŽ so streng gehandhaaf en so eksklusief moontlik gehou word. Dit is dan ook nie verrassend dat niehiŽrargiese kerke alleen voorkom waar daar absolute gelykheid tussen mans en vroue is nie (byvoorbeeld in die geval van die “Shakers”).

Die besef dat die kerk wat so deel van mens se lewe was, so fundamenteel manlik is, is bittermoeilik om te verwerk. Maar as jy dit eers besef, word dit soos ’n ramptoneel waarvan jy nie kan wegkyk nie. Jy hoor dit as jy luister na ’n preek oor die verlore seun en jy wonder skielik waar al die vrouens is. Waar is sy ma? Sy suster? En hoekom is die enigste vroue waarvan jy hoor, die hoere waarmee hy sy geld deurbring? Jy sien dit as jy tee skink by die sinode waar die mannebroeders besluit oor jou geloof en jou lewe. En jy verwonder jou aan die arrogansie wat aanneem dat God net mans roep. Jy hoor dit in die taalgebruik en metafore van die dominee wat nooit jou ervaringswÍreld sal deel nie. En bowenal hoor jy dit in die stiltes. In die stilbly wat verduidelik dat dit wat vir jou lewensbelangrik is, vir die kerk ’n “middelmatige saak” is.

En daar is dit in ’n neutedop. Die rede waarom ek die kerk as ’n institusionele liggaam moes groet. Die rede waarom ek ’n kerk soek wat my nie troos dat alles eendag in die hemel sal regkom nie. Ek is nie bekommerd daaroor nie — ek glo immers dat die koninkryk reeds in die hemel gekom het. Ek is op soek na ’n kerk wat, soos die Onse Vader sÍ, die koninkryk op aarde wil laat kom. En dit beteken vir my dat die kerk dit wat Christus vir ons geleer het, moet laat waar word in die wÍreld waarin ons woon. Christus het nie ’n gemeenskap of kerk voorgestaan waarin daar base en hierargieŽ en klasse is nie. Inteendeel. Hy leer ons dat ons mekaar se boeties en sussies is. Gelyk en geliefd net soos ons is.

DŠŠrom behoort die kerk aan die voorpunt te wees in die stryd om gelykheid vir vroue. DŠŠrom behoort die kerk die sondige seksisme in sy leerstellings en rituele te bely en te beveg. DŠŠrom is die toelating van vrouens tot die ampte net ’n eerste, baie klein stappie wat gedoen moet word. Die feit dat die kerk skynbaar nie in staat is om daardie stappie te doen nie, stuur ’n duidelike en ondubbelsinnige boodskap uit.

Daar is die grappie van die man wat doodmoeg van die gholf af terugkom. Op navraag van sy vrou hoekom hy so moeg is, antwoord hy dat Jan op die eerste putjie ’n hartaanval gehad het. Geskok wil sy vrou weet wat hy toe gedoen het. Wel, sÍ hy, wat kon ek doen? Van toe af was dit net: slaan die bal en sleep vir Jan, slaan die bal en sleep vir Jan ... Die laaste twintig jaar van my lewe al slaan ek balle en probeer die kerk agter my aansleep. Ek is moeg. Ek het geleer om alleen te reis.

Hierdie bydrae het oorspronklik verskyn in Woord en daad, Lente 1999.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.