Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Posie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Die slawekoor van Timboektoe

Melinda Mar

’n Dominee het eendag sy lot by ’n kollega gaan bekla: “Ek draai elke Sondag op die rand van ’n senuwee-ineenstorting om. Teen die tyd dat ek die kerk haal, het ek al ’n death wish want wyl ek preek, sit my gemeente my so en aangluur.”

Die ander dominee gee toe as volg raad, “Man, ek sal jou vertel wat ek doen. Ek maak gebruik van die poppekastery-idioom. Voor ek preek, vertel ek eers vir hulle ’n ysbrekertjie, want ek hou van ’n opgewekte gehoor. Vat nou byvoorbeeld laas Sondag. Ek het op die kansel geklim en gesien die spannetjie sien daar maar taamlik mismoedig uit en toe s ek vir hulle: Die gelukkigste dag in my hele lewe was die dag toe ek my in die arms van ’n ander vrou bevind het. En pronto! Almal was dadelik die ene ore en o. En toe ek heeltemal seker is dat ek hulle onverdeelde aandag het, toe s ek vir hulle di vrou was natuurlik my eie moeder. Glo my vry, die verligting het deur die kerk gespoel en in so ’n gemoedelike atmosfeer kon ek my preek sonder voorbehoud lewer. Probeer dit gerus ”

Die een dominee se gemeente was natuurlik bokke vir sports 

Die ander dominee se gemeente was egter lief om in stysel te bad en hyself was een van daardie predikante met ’n “askies-laat-ek-hier-is-en-askies-laat-julle-my-moet-betaal-en-waaroor-ek-die-meeste-jammer-is-is-dat-ek-nog-asemhaal”-kompleks.

So klim hy toe die Sondag op die kansel en sommer so uit die hoekie van sy oog sien hy dis weer sulke tyd. En hy trek sy longe vol lug en hy laat waai: “Die gelukkigste dag in my hele lewe was die dag toe ek my in die arms van ’n ander vrou bevind het!” En daar was chaos. En daar was weer chaos. En daar was nog ’n keer chaos. En in die pandemonium wat losgebars het, is al wat hulle toe nou uit hom uit kon kry: “En nou’ t ek vergeet wat die vrou se naam was ” En toe vergeet hulle wat sy naam was.

Die Persiese volk was letterlik gedwing gewees om van Vasti te vergeet. Dit kon regtig nie anders nie. Dit was op las. Maar ek dink nie dit was op die ou einde van die dag te moeilik nie.

Ek dink Vasti was baie dom gewees. Want waar het jy nou gesien dat ’n vrou vir ’n man wat met haar wil spog s: “Gaan na die hoenders ...”? Want sulke mans is skaarser as hoendertande. En om alles te kroon het hy nog ’n goeie hart ook gehad, want hy was ’n vrygewige man. Die volk het wyn gedrink laat dit by hulle ore uitgeloop het. Alles on the house maar iemand wat nie wou nie, is nie verplig gewees om te drink nie. Ook op las van die koning, want hy was een van daai mense wat individuele regte erken het.

Ek dink daai koning was sommer ’n baie smart ou. Want hy’ s tussen al sy vriende en hulle vier fees laat die honde huil en die biesies bewe en skielik kom hy agter hy’ s alleen. Hy mis sy vrou. What a man! En hy gee orders: “S sy moet haar kroon opsit en kom.” So sy kry die boodskap: “Dress yourself up my darling, dress yourself up and come to my side ”

Maar sy het toe verdeelde lojaliteite oor sy nie haar vriendinne teleur wou stel nie. Sy hou haar eie paartie.

En hier sit almal en wag vir Mevrou en al wat opdaag is sy. So kom die treurige nuus en die paartie raak suur, want nie alleen het sy die koning in ’n verleentheid gestel nie, maar ook het sy almal wat hooggeplaas is, beledig met haar dwarstrekkerigheid.

En die kabinet is up in arms oor die hupstoot vir vroueregte. Want ’n verkeerde rolmodel is ’ n nagmerrie.

En die koning is so dik dat hy hom tot die regbank wend en die volgende wat Vasti weet is dat sy ’n has-been is. En ook het die koning ’n dekreet uitgevaardig dat elke man die hoof van sy eie huis sal wees en die taal van sy eie mense sal praat. En die dekreet is in al die onderskeie tale vertaal sodat almal dit mooi kan verstaan.

Maar die koning was nie een van daai “uit die oog uit die hart”-tipes nie, en so het hy — na hy nou goed brieskend was — afgekoel en getob oor alles. Want as mens kwaad is, s en dink jy mos maar baie dinge. Maar as jou bui gesak het, kom die onthou-jy-nogs. En seker het hy maar by homself gewonder wat verkeerd gegaan het in die mooi vrou se lewe.

En die kabinet sien di man treur. En hulle weet toe iets sal gedoen moet word. En so skryf hulle ’n skoonheidskompetisie uit oor hulle toe nou hulle customer se kriteria ken. Hy’ t ’n oog vir ’n mooi vrou wat mooi aangetrek is  En die gedagte is vir die koning aanneemlik.

En die kandidate arriveer. En die koning kan letterlik pick ’n choose, maar as hy hulle eers eenmaal onder o gehad het, het hy hulle nooit weer by hulle naam geroep nie. Want dit sou die teken wees. En hulle soek. En hulle soek. En hulle soek.

En so kom Ester op die toneel. En sy steur haar aan al die raad wat sy maar kan kry, want dis van kindsbeen af in haar ingedrom om te luister as daar met haar gepraat word, en sy haal uit en sy wys. En toe die koning haar eers onder o gekry het, het hy regtig heeltemal van Vasti vergeet.

So bly sy maar in die paleis en gaan haar gang. En op ’n dag kry sy die nuus dat haar oom nou besig is om heeltemal kens te raak. Di hang in die voorgrond rond en gedra hom soos ’n luidrugtige hobo. En sy stuur vir hom klere om homself ordentlik te maak.

En hy weier dit.

En sy kan dit nie verstaan nie.

En dis ’n oor en weer geboodskapstuurdery.

En so kry sy die vreeslike nuus dat haar man se beste vriend besig is om haar en haar hele nasie uit te verkoop onder die dekmantel dat hy freebees uitdeel.

En daar heers ’n Babelse verwarring.

En sy laat weet sy is magteloos om enigiets te doen want sy weet nie waar sy met die koning staan nie, want di het vir die laaste dertig dae niks van hom laat hoor nie.

Maar toe die volle implikasies van wat presies besig is om te gebeur haar tref, is sy toe ook ontsteld. Sy wt dis nou weer een van daai scenario’ s waar daar kele afgesny gaan word en sy weet sy is ook op di hit list. Dis net ’n kwessie van tyd.

En sy weet sy het een kans oor. Net een. En sy sal iets moet doen wat teen die voorgeskrewe regulasies is.

En sy begin bid. Hardop. En sy bid dat God sal ingryp sodat mense sal sien leef en laat leef en dat hulle die son oor ’n ander sal gun. En sy bid weer. En sy bid dat mense twee maal sal dink voordat die boardroom ballistic raak. En sy bid. En sy bid oor en oor vir haar man. Sy eet nie, sy bid net. En na drie dae, toe sy genoeg moed bymekaargeskraap het, toe trek sy vir haar ’n mooi rok aan en sy gaan staan op ’n plek waar sy deur die koning raakgesien kan word.

En sy nooi hom vir lunch en ook sy beste vriend.

En daai nag is die koning slapeloos. Want hy’ t nie ’n cooking clue wat nou aangaan nie. Want waar’ t jy nou gesien ’n vrou nooi haar man vir ’n romantiese ete en sy nooi sy vriend ook? Dis mos horribaal.

En so, sommer onder ete, kom die dringende petisie by die koning uit: “Asseblief, weer di krisis af.”

En die koning kry lewe en hy begin sommer om alles en almal uit te sort.

En toe soek niemand meer erkenning nie.

En Ester skryf troosbriewe dat dit by haar ore uitloop.

En die land word gesond.

Ek het God nog nooit gesien nie, maar ek wt Hy bestaan 

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspiel nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.