Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Baie paaie, een bestemming

Rajie Tudge

Rajie Tudge is verbonde aan die Universiteit van Durban-Westville. Sy was ’n dosent in Afrikaans voordat sy assistentregistrateur geword het.

Ek is gebore in Durban, in die woongebied Clairwood. Dit was ’n area soos Distrik Ses, waar verskillende soorte mense bymekaar gebly het. Baie van ons was IndiŽrs, maar daar was ook bruin mense, swart gesinne en een wit gesin. Tog het ons nie so aan hulle gedink nie; hulle was maar net mense wat ander gebruike as ons gehad het en dinge anders gedoen het. Die een ding wat ons saamgebind het, was ons ekonomiese stand — ons was ’n lae-inkomstegroep. Ons het saam swaargekry, en saam gelag, en saam gebid, en dit was vir ons goed.

My ma was ’n Tamil-onderwyseres voor sy met my pa getroud is. Sy kon Tamil lees en skryf — sy was wyd belese daarin — en het uit ’n goeie Hindoe-huis gekom. Sy kon nie kies met wie sy wou trou nie; haar ouers het dit vir haar gedoen, en sy het die beste daarvan probeer maak. My pa was ook ’n Hindoe, baie tradisioneel en baie ortodoks, en baie gesteld daarop dat sy kinders nie te veel Westerse gebruike moes aanleer nie, en dat die mense in die buurt respek moes hÍ vir wie ons veronderstel was om te wees. Al het ons oor en weer in mekaar se huise gekom, het ons steeds ons eie tradisies en kulture gehad, en daar is van ons verwag om trots te wees daarop.

Ons het ’n koperlamp gehad wat in ons huis ’n fokuspunt vir die Godheid was. Elke aand het een van ons dogters — ons was tien meisies en vier seuns — ’n beurt gekry om die lamp aan te steek. Jy moes jou voete gaan was, die koperhouertjie neem wat langs die lamp gestaan het, vars water daarin gooi, ’n vars blom in die tuin gaan pluk, en dan terugkom huis toe en die lampie aansteek. Nadat jy die lamppit — die stukkie tou in olie — aangesteek het en die vars blom en die water langsaan neergesit het, het jy jou hande gevou en gebid. Elke kind het ’n beurt gekry om te bid.

Dit was ons sesuur-ritueel in die aand. Dit het nie saak gemaak wat daardie dag gebeur het nie, watter trauma, pyn of vreugde jy beleef het nie; as dit sesuur word, het ons ma ons herinner: “Gaan was julle voete. Wie se beurt is dit om die lamp aan te steek?” En dan het een van ons die lamp gaan aansteek. Vandat ek ’n klein dogtertjie was, was hierdie gebruik ’n geestelike anker in my lewe.

My pa was ’n Saiviet. ’n Saiviet is iemand wat die God Shiva aanbid. Die lingum- en yoni-simbole is in die Saivisme belangrik. Die lingum is ’n simbool van vrugbaarheid, eintlik ’n falliese simbool, en ’n simbool van manlike mag. Die lingum rus gewoonlik in ’n hol klip, die yoni. Die lingum en die yoni saam simboliseer die manlike en die vroulike. In die Saivisme is dit die simbool van die begin van die lewe, en van God.

Van jongs af het dit nie vir my reg gevoel dat die Shiva-lingum meer status gehad het as die yoni en dat die yoni maar net daar was as ’n houer vir die lingum nie. Ek kon my nie daarmee versoen nie. Maar dit was altyd vir my ’n vreugde om die koperlamp te gaan aansteek. Die lamp word die Lutchmee genoem. Lutchmee beteken “lig”, maar word ook gekonkretiseer as ’n vrou. Die Godheid Lutchmee word altyd uitgebeeld as ’n vrou in ’n rooi sari. Dit het vir my sin gemaak.

Ons was nie baie gesteld op rituele nie. In die HindoeÔsme is daar minstens tien verskillende gebede, of seremonies, wat jy in ’n jaar kan doen. Ons het hulle nooit almal gedoen nie. Een van die redes was waarskynlik dat ons nie al die gebedsitems — die kanfer, vrugte, melk, ensovoorts — kon bekostig wat nodig was vir daardie seremonies nie. Dus het my ma elke jaar net een seremonie gekies, en dit was in die maand van Purtassi, wat in die Romeinse kalender van die middel van September tot die middel van Oktober strek. In daardie maand eet jy geen vleis in enige vorm nie, maar slegs groente, graan of vrugte. Dit was ’n manier om dankbaarheid te toon. Een Saterdag in daardie maand het my ma uit haar pad gegaan en alles gekoop wat nodig was. Sy sou soetrys en keker-ertjies maak — eenvoudige goed, nie baie duur nie, maar iets wat ons net een keer ’n jaar op hierdie manier geniet het en wat groot betekenis vir ons gehad het, omdat dit ons simbolies nader aan God gebring het. Dit het ons elke jaar gedoen, en ek doen dit steeds — ten spyte daarvan dat ek nie met ’n Hindoe getroud is nie — of miskien juis daarom.

Toe ek hoŽrskool toe is, het ek begin voel of ek anders as die ander kinders was. Eerstens het dit gevoel asof ons gesin ’n ander soort Hindoe was, omdat ons nie dieselfde rituele gevolg het as my ryker niggies en nefies nie. Daar was ook dinge wat my gepla het. Vir my, wat uit ’n gesin gekom het wat in ’n hele jaar nie een hoender kon bekostig nie, het dit nie reg gevoel om ’n gesin te sien wat ’n seremonie gedoen het waarin hulle vyf hoenders geslag het en dan al hulle ryk vriende en familie uitgenooi het om saam met hulle te kom eet nie. Ek was oortuig daarvan dat dit nie reg kon wees nie; ek kon nie glo dat God dit so wou gehad het nie. Dit was klein dingetjies soos diť wat my soeke na ’n eie identiteit laat begin het. Ek het nie regtig ’n identiteitskrisis beleef nie, maar het begin om na te dink oor die etikette wat mense vir mekaar gebruik het, om myself beter te verstaan.

Op hoŽrskool het ’n vreemde ding my opgeval, wat ek nou dink beslis verband gehou het met die feit dat ons arm was, en waarvoor ek skaam was. Wat ook al die rede, dit het vir my gelyk of die Christen-kinders in die skool materieel beter daaraan toe was. Dit het aangesluit by my gevoel dat ons gesin arm was omdat ons nie “volle” Hindoes was en al die seremonies kon doen wat ons ryker neefs en niggies kon bekostig nie. Ek het gesien dat my Christen-skoolmaats in ’n beter materiŽle posisie as ek was, en dit het my laat wonder of ek nie beter daaraan toe sou wees om van geloof te verander nie. Ek het gedink miskien gaan dit nie goed met ons gesin nie — miskien is ons nie voorspoedig nie — omdat ons dinge nie op die regte manier doen nie. Ons het immers nie al die rituele gevolg wat ons moes om die Gode tevrede te stel nie.

Dus het ek begin om die Bybel te lees. Ek het in standerd sewe ’n debatskompetisie gewen en as deel van my prys moes ek na professor Elizabeth Sneddon by die Universiteit van Natal gaan vir spraakonderrig. Sy het my gevra watter drama of teks ek wou gebruik om mee te werk, en ek het gesÍ die Bybel. Sy het my gevra of ek seker was dat ek die Bybel wou gebruik; was daar nie ’n ander boek nie? Nee, dit moes die Bybel wees.

Ek die Bybel geneem en dit gelees om te sien wat dit oor God sÍ. Toe het ek besluit om kerk toe te gaan. Skool was in Engels en kerk was in Engels, en dit was vir my makliker om met God te praat in Engels, omdat ek dan geweet het presies wat ek wou sÍ en die woorde kon vind om dit te sÍ, in plaas daarvan om in Tamil te bid, en elke af en toe na ’n woord te moes soek om met God te kon praat. Wanneer ek voor die lamp gestaan het, sou ek begin om God iets te vra en kon dan nie die woord kry nie, en ek was bang dat God my nooit sou vergewe as ek die Engelse woord gebruik nie, en het besluit om dit maar liewer nie te vra nie.

Ek het toe kerk toe begin gaan, en daar was dit vir my makliker om met God te praat in Engels — sonder skuldgevoelens. Dit het my weer vertroue in my vermoŽns gegee en my goed laat voel. Ek het baie betrokke geraak by die kerk. Met veertien kinders om groot te maak wou my ma maar net hÍ dat haar kinders gelukkig moes wees. My pa, aan die ander kant, het gevoel dat dinge reg gedoen moes word, dat die mening van ander mense belangriker was. Vir my ma was dit nie belangrik nie. Sy was ’n wonderlike, sterk vrou wat baie swaar in haar lewe gehad het, en baie prysgegee het ter wille van haar kinders. Ek is seker dit moes vir my ma baie pynlik gewees het toe hierdie kind van haar, vir wie sy so baie drome gehad het, en wat so baie soos sy was, en eendag ook ’n Tamil-onderwyseres sou kon word, vra of sy kerk toe kon gaan. Maar in haar situasie moes jy daardie soort beginsel opweeg teen jou finansiŽle omstandighede. En ek dink dis waarom my ma ja gesÍ het. As jy by ’n kerk kon aansluit en ’n bord kos kon kry en ordentlike klere, en iets kon doen wat jou goed sou laat voel oor jouself — dan moes jy dit doen. Ek het selfs een jaar ’n Kersspel vir die kerk op die planke gebring. Die pastoor was in vervoering daaroor en het my gevra of ek dit wou oorweeg om die Christelike geloof aan te neem en by die volgende geleentheid aangeneem te word. Dit was egter ’n heeltemal ander saak. Ek kon kerk toe gaan en dit was goed en gaaf wanneer die pastoor gepraat het van die wonderlike dinge wat ek daar doen, maar om gedoop te word — nee. Dit sou my ouers nie toelaat nie.

Maar ek het steeds kerk toe gegaan, vir baie jare. Ek dink dit was eers in die onderwyskollege, toe ek in ’n boekie ’n gedig deur Rabindranath Tagore teŽgekom het, dat ek besef het dat ek nie werklik ’n Christen was nie. Ek het geweet dat daar ’n bestemming vir my was, maar ek het besef dat die pad wat ek besig was om na daardie bestemming te volg, nie die regte een vir my was nie, en dat ek miskien na ’n ander pad moes begin soek. Ek het besluit dat ek van ander godsdienste sou leer en almal sou respekteer, maar ek het ook besef dat ek myself nie werklik deur die Christelike geloof sou kon leer ken en kon aanvaar vir wie ek was nie. Ek skat daar was ook ’n politieke dimensie aan hierdie besluit, want in die IndiŽrgemeenskap was die gassprekers en die toplui van die Christelike kerk om die een of ander vreemde rede altyd wit. Dit het nie saak gemaak dat dit die Indian Reformed Church was waaraan jy behoort het nie, die belangrike predikers was altyd wit. En dit het my laat dink dat dit miskien tog maar ’n wit man se God is, en dat as dit regtig die plek vir my was, ek wit gebore sou gewees het. Dus het ek besluit om terug te gaan na die tempel, om die Thevarum te lees en om te oefen om Tamil te lees en te skryf.

Ek het besluit om die Tamil I-kursus op universiteit te doen, om ’n wonderlike vrou wat so baie drome prysgegee het ter wille van haar kinders, op ’n manier te probeer vergoed. Dus het ek Tamil I gedoen, en dit my ma oneindige plesier verskaf. Ek sou vir haar sÍ: “Hierdie vers in die Thevarum beteken dit”, of “Hierdie lied, Ma, wat jy gesing het toe ons klein was, wat beteken hierdie reŽl?” Dit het ons nader aan mekaar gebring. Tot ek besluit het dat ek vir my onderwysopleiding in Engels en Afikaans sou spesialiseer. My ma was teleurgesteld daaroor, maar nie ek nie. Ek het dit baie geniet; ek is steeds baie lief vir tale.

Al die boeke wat ek oor die jare gelees het en die mense met wie ek gesels het, het my wÍreldbeskouing beÔnvloed, en my laat besef dat wanneer die Skrif praat van baie riviere wat in een see uitmond, dit gaan oor die baie paaie wat na een bestemming lei. Sommige paaie sal ompaaie wees, ander sal oor berge en heuwels gaan, maar ons sal almal kom waar ons moet wees. En dit maak nie saak dat ek begin het op ’n sekere pad en toe ’n ander pad gekies het nie. Dit het my ’n beter perspektief gegee.

Al het ek besluit om terug te gaan na die HindoeÔsme, is daar steeds baie seremonies wat ek nie doen nie, soos die Mariammen-gebedseremonie. Hierdie seremonie is soos ’n oesfees; sommige mense noem dit ’n “papgebedseremonie”, omdat jy ’n massiewe pot pap maak tydens die seremonie. Maar jy slag ook, en dit het ek nog nooit gedoen nie. As ek uitgenooi word na so ’n gebedseremonie sal ek gaan; as ander mense bevestiging nodig het dat hulle steeds in kontak is met God, en die feit wil bevestig dat hulle Hindoes is, en deur hierdie seremonie daardie bevestiging kry, dan is dit die regte ding vir hulle om te doen. Ek sal soontoe gaan en saam met hulle bid. Ek sal daar staan en vir hulle seŽn vra. Maar ek sal nie vir hulle slag nie. As ek na ’n Moslem-geleentheid uitgenooi word, sal ek ook gaan; as hulle glo dat die regte weg Mohammed se weg is, en hulle voel gemaklik daarmee, dan moet hulle dit volg; dan is dit goed so.

Ek het my man — ’n Brit — ontmoet in die jare van wette soos die Ontugwet en die Wet op Gemengde Huwelike. Maar ek het geweet dat ek die man liefhet. Hy het gesÍ dat hy ’n ateÔs is — daar kan nie ’n God wees nie, het hy gesÍ, nie as daar soveel lyding in die wÍreld is nie. Daar’s net die bome, en die blomme, en die natuur — dit is God. Ek het gesÍ dis goed, maar ek dink nie jy is ’n ateÔs nie; ek dink jy het bloot ’n pad gekies wat tasbaar is, met dinge wat jy kan sien.

Ons het begin saamwoon. Ek is uit die huis gegooi, want dit was die grootste teleurstelling vir beide my pa en my ma. Hulle het vir my gesÍ — en ek glo daar was baie Suid-Afrikaners wat so gedink het vanweŽ apartheid — dat iemand van ’n ander rassegroep net van jou sal vat wat hy kan gebruik. Daar sal nooit ’n permanente verhouding tussen jou en daardie persoon kan wees nie, want hy sal jou nie kan waardeer vir wat jy is nie. Hy sal jou net gebruik. My ouers het gesÍ dat hierdie man nie een van ons was nie, dat hy van ’n heeltemal ander wÍreld kom en my nooit regtig sou leer liefhÍ of met my sou trou nie. “As julle ’n kind moet hÍ, wie sal hy wees?” het hulle gevra. “Moenie verwag dat daardie kind ’n Hindoe gaan wees, of ’n IndiŽr nie.” Maar ek het hierdie man gekies, en uiteindelik is ons getroud.

Maar die dag toe ek besluit het dat ek by hierdie man wou bly, en dat ek sy kind wou hÍ, het ek vir hom gesÍ: “My ma wil my nie meer hÍ nie en my pa wil my nie meer hÍ nie; maar ek wil ’n huis hÍ waarin ek daardie lampie, daardie Lutchmee, weer vir myself kan aansteek. Daardie lamp het vir my betekenis. Wanneer ’n Hindoe trou, gee die bruid se ma vir haar ’n nuwe lampie, ’n lig, om na haar nuwe huis te neem, en ek wil hierdie Lutchmee in my nuwe huis hÍ — waar dit ook al mag wees. Maar my ma gaan dit nie vir my gee nie. Die bruid kry ook ’n ketting om haar nek, die thali, wat die simbool is van ’n getroude vrou, en aan die thali is ’n stukkie goud in die vorm van die Lutchmee, die lamp. Dit word gewoonlik deur die bruidegom se ouers gegee. Maar jy het nie ouers nie, jy het net ’n suster in Engeland en sy gaan verseker nie Suid-Afrika toe kom om hierdie swart meisie in haar familie te verwelkom nie. Maar ek wil daardie twee dinge baie graag hÍ. Ons hoef nie op die Westerse manier te trou nie, maar daardie twee dinge sal my gelukkig laat voel met wie ek is.” (Destyds kon ons in elk geval nie wettiglik trou nie; ek sou my onderwyspos verloor het, afgesien van die feit dat ons in die tronk kon beland het omdat ons die wet oortree het.)

My man het gesÍ: “Ek sal die geld gee; wie kan ons vra om vir jou die lamp te gaan koop?” Ek het besluit om na die matrone van die koshuis by Springfield-kollege te gaan, ’n ou dame wat geen familie was nie, maar met wie ek ’n goeie verhouding gehad het. Jare tevore het ek my kollege-opleiding daar gehad. Ek het na haar gegaan en haar gevra: “Matrone, sal jy my ma wees?” En sy het ja gesÍ. Sy sou saam met my gaan en die lamp vir my koop, en die koperhouer vir die water, en ’n koperbord om die blom in te sit, sodat ek al die dinge kon doen wat ek as kind gedoen het, en die tradisie kon behou, en daardie anker ook vir my kind kon gee.

Sy het die dinge vir my gekoop wat ek haar gevra het, en ons na ’n tempel geneem. My man kon nie die stukkie goud in die vorm van die lampie vir my koop nie, maar hy het ’n kettinkie om my nek vasgemaak en gesÍ dat hy later, wanneer ons geld het, vir my ’n goue ketting en die thali sou koop. Ons het toe ’n baie eenvoudige seremonie gehad, want ons kon nie juis vir die priester sÍ wat ons besig was om te doen nie. Ek het vir God gesÍ: “U is my pa en my ma, ek vra dat U my sal ondersteun.”

Die God Shiva is een goddelike konkretisering, maar daar is ook ’n ander konkretisering van dieselfde God wat Shiv-Shakti genoem word. Op prente van Shiv-Shakti word die helfte van die Godheid se liggaam as Shiv voorgestel, wat manlik is, en die ander helfte as Shakti, Waarheid, die vrou. Ek dink dit was daar in die tempel dat ek besef het dat ek nie vir Shiv alleen wou aanbid nie, en ook nie vir Shakti alleen nie, omdat ek albei ouers in een wou hÍ. Ek dink iewers in my binneste het ek ook besef dat ek en hierdie man uiteindelik dalk nie vir altyd saam sou wees nie. Dit was moontlik dat die wet ons kon skei, vir altyd. In 1982 was daar geen sekerheid dat hierdie wette ooit sou verander nie, en ek het by myself gedink dat my kind in my albei ouers sou hÍ, op dieselfde manier as wat ek albei ouers in God het. En dit het vir my sin gemaak om Shiv-Shakti te aanbid.

Ek dink dis wat dit vir my beteken om in voeling te wees met jouself. Dis om gemaklik te wees met jouself. Ons is dikwels bang om te weet wat ons regtig voel en glo, en dan rasionaliseer ons. As ek nadink oor hoekom ek nie maar die voorbeeld van my ouer susters gevolg het en binne ons godsdienstradisie gebly het nie, besef ek dat ek ou wonde van my kinderjare saamgedra het, maar nie daarna wou kyk nie omdat dit te pynlik was. Daar was baie dinge wat ek teen my pa gehou het. Die feit dat hy nie my ma in ag geneem het toe hy al hierdie kinders gemaak het wat hy nie kon bekostig het nie. Die feit dat ek as ’n tiener kaalvoet skool toe moes gaan. Die feit dat hy altyd net “Uhm” of “Uh” gesÍ het vir sy kinders. Die feit dat hy nooit die moeite gedoen het om my geluk te wens wanneer ek ’n goeie rapport huis toe gebring het nie; nooit gesÍ het “Jy lyk mooi” nie, nooit eers gesÍ het “Gaan was jou voete, hulle is vuil” nie. Dit sou darem iets gewees het. Al hierdie seerkry het ek teen hom gehou, en ek dink dit het my beÔnvloed om te besluit dat ek nie Shiv alleen wou aanbid nie. Ek wou Shiv-Shakti aanbid.

Die sterk gevoelens wat ek oor my pa gehad het, kon my natuurlik laat besluit het dat ek net die vroulike aspek van God wou aanbid. Ek dink dat toe ek besluit het om die kombinasie van Shiv-Shakti te kies, ek diep binnekant besef het dat die een by die ander hoort. Dat daar ’n dag kon kom wanneer ek vir my eie seun pa sowel as ma sou moes wees; dat daar geleenthede sou wees wanneer ek besluite sou moes neem wat — in die seksistiese paradigma — ’n “man” se besluite sou wees.

Tot baie onlangs nog — drie jaar gelede — het ek hierdie gevoelens teenoor my pa gekoester. Toe begin ek om ’n groep by te woon. Dis ’n geestelike groep — nie ’n godsdienstige sekte nie — wat meestal bestaan uit vroue wat in ’n motorhuis bymekaarkom om hulle energie en hulle lig te deel. Daar is Moslems, Christene, Saiviete en Sai Baba-aanhangers. Daar is Hindi-sprekende mense en Goedjarati-sprekende mense, almal saam in hierdie motorhuis. Ons probeer om ligte kleure aan te trek om ’n gevoel van rustigheid te skep. Al wat ons doen, is om op ’n mat te sit, elkeen soos wat dit vir haar gemaklik is — in die lotusposisie as jy kan, anders sit jy maar net — en ons begin in gebed met Ohm, en dis al. As jy iets wil sing, kan jy dit doen, maar ons doel is eenvoudig om saam te wees, en te weet dat ons almal op ’n HoŽr Mag fokus, in watter vorm ook al. Omdat ons almal op dieselfde Opperwese fokus, voel ons almal versterk as ons daar uitkom, gevul met nuwe energie.

En dit was daar, terwyl ek eendag so gesit het, met my hande oop om die seŽn te ontvang, dat die trane net begin loop het. Tot vandag toe is ek nie seker wat daartoe aanleiding gegee het nie, maar ek dink dit was op daardie dag dat ek myself uiteindelik gevind het. En dit het gebeur toe ek my pa in my gedagtes gesien het — hy was toe al lankal dood — en vir hom gesÍ het dat ek hom vergewe.

In die Bybel het ek gelees dat as jy verlos wil word, jy moet vra: “Vader, vergeef my my sondes.” In daardie vertrek het ek my vader vergewe. Ek het hom vergewe omdat hy nooit met my gepraat het nie, en vir al die kere dat ek huis toe gekom het met ’n rapport waarop gestaan het dat ek eerste in my standerd was met ses A’s, en hy net gesÍ het “Uhm”. Ek het hom vergewe omdat my ma haar pragtige Banares-sari — haar heel beste sari — in stukke gesny het om vir my en my susters rokke te maak. Ek het hom vergewe vir die feit dat hy nooit aan my geraak het nie, nooit eens met my geraas het nie. En toe het ek hom vergewe omdat hy ’n beroerte gehad het, en ’n kopkool geword het, en dit vir my onmoontlik gemaak het om met hom te kon praat toe ek groot genoeg was om hom te kon dwing om ’n gesprek met my te voer.

En die oomblik toe ek hom vergewe het, het my spiritualiteit begin blom, en ek het verstaan wie ek is, en wat ek is. Dis nie belangrik watter etiket ek dra nie, of watter identiteit ek gebruik nie; al wat belangrik is, is dat ek gemaklik sal wees met die Gees van God wat in my is, en dat ek verstaan dat die Gees wat in my is, ook deel is van die Gees in jou. Dit was deel van die man vir wie ek vir soveel jare kwaad was, en van my ma. En wanneer ons daardie Gees ervaar, en begryp dat ons almal deel is daarvan, is dit nie meer nodig om enige wrokke te koester nie. Ons kan net positief wees. En wanneer ek negatiwiteit om my sien, omdat dit ook deel is van my, kan ek dit beÔnvloed. Hierdie wete het ’n groot invloed op my spiritualiteit gehad.

Van daardie dag af sÍ ek met trots vir mense: Ja, ek is ’n praktiserende Hindoe. Soms vra hulle: Hoe kan jy dan wyn drink? Hoe kan jy daar sit en rook? Geen IndiŽrvrou behoort dit te doen nie. Dan antwoord ek: Nee, om ’n Hindoe te wees is nie dieselfde as om ’n IndiŽr te wees nie. Ek kan Swahili- of Zoeloe-sprekend wees, ek kan so swart soos die nag of so wit soos ’n spook wees, maar dit is nie waaroor jou spiritualiteit gaan nie. HindoeÔsme is ’n lewenswyse; dit lÍ nie in die uiterlike, in die manier waarop ons dit voorstel nie. HindoeÔsme gee nie voorskrifte vir wat jy moet doen of nie moet doen nie. Dit gee voorbeelde van goeie gewoontes. In die Thiru Kooril sal jy lees dat so en so ’n goeie vrou is, of ’n goeie kind. Dit word nie as voorskrifte gegee nie, maar as voorbeelde van goeie gedrag. En jy moet besluit wat in jou omstandighede toepaslik is, en dit navolg. Dit is wat HindoeÔsme beteken. Dit is hoekom Hindoes sÍ dat alle riviere in dieselfde oseaan uitloop.

My seun van sestien lees of skryf nie Tamil nie; hy het nie ’n aanvoeling vir tale nie. Maar hy sal voor my Lutchmee staan en sy hande vou, en die Gyathri-mantra opsÍ, en daarmee die teenwoordigheid van God in die natuur en in sy naaste erken. Ek is gelukkig daarmee. Toe hy jonger was, het hy dikwels na my toe gekom en gevra: “Ma, wat is ons?” Destyds het hy een van die Model C-skole bygewoon, oorwegend wit, met kinders van ’n paar ander kulture. En hy sou van die skool af kom en sÍ: “Die kinders vra my baiekeer wat ons is.”

En ek sou sÍ: “Ek is ’n Hindoe en ’n Suid-Afrikaner. Pa is nie ’n Suid-Afrikaner nie. Ek is ’n Hindoe, Pa glo net in die natuur. Hy dink dat alles lewe is, die plante en die bome en die insekte en die klippe. Ek glo ook dat alles lewe het, dat alles ’n siel het, maar ek is ’n praktiserende Hindoe. Wanneer die res van die wÍreld sÍ: ’n Ek is bruin’, ’n Ek is ’n IndiŽr’, ’n Ek is swart’, ’n Ek is wit’, ’n Ek is ’n Afrikaner’, ’n Ek is Engels’, gaan vertel hulle dat jy ’n Suid-Afrikaner is.”

Vir baie kinders beteken “Hindoe” natuurlik “IndiŽr”. Daardie etiket het hy toe gekry. In hierdie stadium is ek nie seker of hy daardie etiket vir homself aanvaar het nie. Hy is baie goed aangepas, bid graag voor die Lutchmee en is ook heeltemal gewillig om die middernagmis in die kerk by te woon op Oujaarsaand. En dis wat ek wil hÍ vir my seun. Ek wil sien dat hy ’n anker het, soos ek gehad het, en daardie anker het ek in my kleintyd gekry toe ek my hande gevou het voor daardie Lutchmee. Dis belangrik om daardie anker te hÍ. Wanneer jy ronddobber, nou hiernatoe, dan daarnatoe, en jy weet nie wat jou basis is nie, dan kan jy nie ’n pad kies nie. Jy moet weet, jy moet ’n idee hÍ, wat dit is wat jy soek voor jy dit kan kry. Jy hoef nie dieselfde pad te kies as jou ouers nie, maar jy moet iewers begin. Dit is wat ek by my ma gekry het, en my pa, en dis al wat ek my seun wil gee.

Ek wil vir hom sÍ: Dit maak nie saak hoe jy God vir jouself konkretiseer nie, daar is ’n HoŽr Mag, en jy het ’n energie in jou wat deel is van daardie Mag. Jy moet die verbinding skep tussen daardie Mag en jouself. As dit is wat jy ervaar by die Lutchmee, hou aan daarmee. Oor ’n paar jaar mag jy besluit dat hierdie pad nie die beste pad vir jou is nie, en dat jy ’n ander pad wil probeer. Doen wat vir jou reg voel. En weet dat jou ma dit nie teen jou sal hou nie, en ook nie jou pa nie. As jy besluit dat jy iemand wil wees wat nie in iets wil glo nie, wat nie tot ’n Mag wil bid nie, wees dit dan, as dit jou gelukkig maak. Maar wanneer jy bang is en jy het iets nodig, iets wat jou sal versterk, ’n ander soort energie, en jy sÍ: “God, help my, asseblief”, watter beeld van God kom by jou op? Wanneer ’n geluk jou getref het, wanneer jy dit wil vier en daar is niemand om dit saam met jou te vier nie, met wie praat jy? Watter beeld kom by jou op? Dit sal jou God wees; dit sal jou pad wees.

Daar is nog baie wat ek moet leer, en ek leer by baie verskillende mense wat verskillende paaie volg na ons uiteindelike bestemming. Ek kom agter dat soos ek rustiger voel, en meer ontvanklik, ek dinge begin raaksien wat vroeŽr by my sou verbygegaan het. Ek het onlangs by ’n registrateur se kantoor ingestap, en teen sy muur het ’n baie ou, baie mooi kaart van IndiŽ gehang, met woorde in Tamil daarop. Ek vra hom toe uit daaroor, en hy sÍ dat hy ’n dosent in Sanskrit was, en dat hy lief is vir Indiese filosofie, Indiese godsdiens en HindoeÔsme. En dit het my verryk om met hierdie man te gesels, en my energie met hom te deel.

By ’n ander universiteit het ek ’n Nederlandse akademikus ontmoet wat op ’n kontrak van drie maande aangestel was. Die doel van my besoek was om met hom oor universiteitsake te gesels. Hy het by die vertrek ingestap en die eerste ding wat hy vir my gesÍ het, was: “Ek kan jou energie baie duidelik voel.” Hy het my vertel dat hy ’n Boeddhis is, en ons het oor baie ander dinge as werk gesels, en by hom het ek nog iets geleer.

En dit is wat ek graag vir myself wil hÍ. Ek wil daardie geestelike energie in my lewend en lewendig hou, en sorg dat dit dinamies bly. En om dit te doen, moet ek geestelik met ander mense kontak maak. Ek gaan niks aardskuddends beleef nie. Dit sal die mense in my alledaagse lewe wees, die mense wat ek onverwags ontmoet en die mense wat maar altyd daar was, met wie ek geestelik iets sal deel. God is nie daar iewers buite ons nie; God bestaan in elkeen van ons. Vir my beteken liefde uiteindelik om daardie Goddelike energie in jou te deel met ’n ander mens.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.