Godsdiens / ReligionArgief
Tuis /
Home
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
PoŽsie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

’n Jodin in Suid-Afrika

Azila Reisenberger het in Israel grootgeword. Sy en haar man het hulle in die sewentigerjare in Suid-Afrika gevestig. Sy is dosent in die JudaÔsme aan die Universiteit van Kaapstad.

Vier dogters en ’n moeder se liefde

Ek is in 1952 in Israel gebore, die tweede dogter in ’n gesin van vier dogters. Ons woonstel was klein — ’n honderd vierkante meter groot — en op die vierde verdieping van ’n gebou nie ver van ons skole af nie. Ons vier meisies het ’n kamer gedeel, asook ’n klein hangkassie waarvan ons elkeen een deur gehad het. Wanneer ons maats kom kuier het en ons wou speel, het ons na die grondverdieping gegaan, of op die trappe gespeel, of in die straat voor die gebou. Dit was vir ons heerlik om so baie maats te hÍ saam met wie ons so baie saam kon doen, en ons het onsself as bevoorreg beskou. Ons het ryk gevoel.

My ma was nie iemand wat haar gevoelens maklik gewys het nie. Sy het ons selde gedruk of gesoen, maar sy het haar liefde op ander maniere gewys, en het haar gesin altyd eerste gestel. Eendag het sy iets gedoen wat ’n groot indruk op my gemaak het.

Die huishouding het my ma gewoonlik baie besig gehou en daar was maar min tyd om aan haarself te dink; mooi klere vir haarself was byvoorbeeld nie vir haar belangrik nie. Maar vir my ouers se twintigste huweliksherdenking het my pa vir haar twee stukke materiaal gekoop: een blou en een rooi. Sy het ’n afspraak met ’n kleremaker gemaak om te kom en vir haar twee mooi rokke te maak. Maande lank het sy gedroom oor daardie twee rokke, en ons almal het daarna uitgesien. Twee weke voor die kleremaker se afspraak is ek en my oudste suster egter uitgenooi na ’n baie spesiale geselligheid by die hoŽrskool. Ons het oor niks anders gesels nie en was vreeslik opgewonde. Toe die kleremaker kom en my ma se mates wou neem voor die materiaal geknip word, het my ma die twee kosbare stukke materiaal geneem, en gesÍ dat die nuwe rokke eintlik nie vir haar was nie, maar vir ons dogters: van die rooi stuk moes ’n rok vir my suster gemaak word, en van die blou stuk ’n rok vir my. Sy het dit sommerso ongeŽrg gedoen, asof dit niks was nie, en nooit weer daarvan gepraat nie.

As jong meisies het ons nooit juis nagedink oor wat sy opgeoffer het nie, maar ek het dit nooit vergeet nie. Dit het my laat besef dat mens liefde en ware gevoelens nie moet meet aan iemand se woorde nie, of aan ’n klomp drukkies en soentjies nie, maar eerder aan daardie persoon se dade. Dit het my geleer om op te let na wat mense se woorde werklik beteken. En dit het my ook geleer om spiritualiteit na te streef eerder as godsdienstigheid, en om dit wat ek glo, in dade uit te druk eerder as om bloot te bid met woorde.

Toe ek in my dertigerjare die Joodse godsdiens begin bestudeer het, het ek besef dat dit eintlik die credo van JudaÔsme is: Doen eerder as praat — dade is belangriker as gebede. Byvoorbeeld: Selfs as jy nie drie keer op ’n dag bid nie, probeer om soveel as wat jy kan vir liefdadigheid te gee. Selfs as daar godsdienstige rituele is wat jy nie nakom nie, bring ’n Mezuza (1) op jou deurkosyn aan, ensovoorts.

Wat geword het van die rokke wat so ’n simbool van my ma se liefde was? Ek en my suster het hulle dikwels gedra en toe ons moeg geraak het van hulle, het ons hulle omgeruil, sodat ek die rooie gekry het, en sy die bloue. Daar was baie voordele aan verbonde om vier susters van min of meer dieselfde grootte te wees.

My vader, my voorbeeld

Ons was net vier dogters, geen seuns nie. As kind het ek gehoor dat my ma twee miskrame gehad het, wat altwee manlike fetusse was. Ek het geweet dat my pa ’n seun wou hÍ. Dit was nie ’n obsessie by hom nie, maar daar was twee belangrike redes hoekom dit vir hom saak gemaak het: Eerstens sou ’n seun ons familienaam voortsit, omdat ’n meisie wanneer sy trou, haar man se van aanneem, maar ’n seun sy van behou. Tweedens sou ’n seun beteken het dat daar iemand sou wees wat die Kadish kon sÍ — die gebed vir die dooies. In die Joodse tradisie, wanneer iemand gesterf het, staan die seuns om die graf en sÍ die Kadish, en hierdie gebed word vir die volgende elf maande elke dag gebid omdat daar geglo word dat dit die gestorwene se suksesvolle oorgang na die hemel en ewige vrede waarborg. Dogters sÍ nie gewoonlik die Kadish nie.

Al was my pa se begeerte om ’n seun te hÍ verstaanbaar, het hy ons, sy dogters, nooit laat voel dat ons tweede beste was nie. Hy was ’n baie toegewyde pa wat ’n heeltemal nieseksistiese benadering tot die lewe gehad het en ons ook so grootgemaak het. Ons is toegelaat om ons vrouwees ten volle te geniet, ons gawes en intellektuele vermoŽns ten volle te gebruik en ons plek in die wÍreld om ons in te neem.

Die meeste jong mense streef spiritualiteit nie in die suiwer sin van die woord na nie. As kind het ek my godsdiens meestal beleef deur die tradisionele rituele, deur Joodse volksverhale wat my pa vir ons vertel het, en deur die beklemtoning van ’n humanistiese integriteit. Jy moes probeer om ’n goeie mens te wees, ander in ag te neem, en almal met liefde en medelye te behandel — waardes wat deur baie verskillende mense oor die hele wÍreld gedeel word.

As kind het ek dikwels gehoor dat ek myself in enige situasie “in die ander persoon se skoene” moes plaas. Dus het ek geleer om te kommunikeer met meer as net woorde, om na mense te luister en te probeer om niemand seer te maak nie, soos dansers wat hulle dansmaats se bewegings antisipeer sodat hulle in harmonie kan saambeweeg. My pa het altyd ou gesegdes, fabels en allegorieŽ aangehaal om te beklemtoon hoe belangrik dit is om ingestel wees op ander mense in die wÍreld en te probeer om nooit iemand se gevoelens seer te maak nie. Hierdie humanistiese integriteit is deur ons godsdiens ondersteun, maar nie op ’n baie godsdienstige manier nie. Ons “Joodsheid” is deur tradisies uitgedruk, en deur die rituele waaraan ons deelgeneem het. As ek nou daaroor nadink, besef ek dat die idee van God eintlik ’n baie klein rol in ons godsdiens gespeel het.

Tradisies

Elke Vrydag net voor sononder het ons by die huis van my ouma en oupa bymekaargekom. In ’n hoek van die woonkamer het my ouma amper ongemerk die twee Sabbatskerse aangesteek. Die middelpunt van die byeenkoms was die etenstafel, waar ons aan heerlike neute en ander kos gesit en peusel het terwyl ons gesels het en al die nuus van die week uitgeruil het. Elke week het al die ooms en tantes gekom, asook al die kleinkinders. ’n Hegte band is tussen ons kinders gesmee terwyl ons speletjies gespeel het, konserte vir die grootmense gehou het of onder in die straat rondgehardloop het.

Jare later, toe ek al getroud was en in Suid-Afrika gewoon het, was ek Vrydae teen sononder altyd baie rusteloos. Ek het geweet dat my familie op daardie oomblik almal bymekaar was, besig om te eet en te gesels en heel waarskynlik oor my te praat, en te vra wat die jongste nuus van Kaapstad was. Hierdie wete het my aan die een kant laat voel dat ek steeds iewers behoort het, en dat ek nie alleen in die wÍreld was nie. Aan die ander kant het dit my eensamer as ooit laat voel, omdat ek geweet het dat terwyl ek so ver weg in Kaapstad was, hulle almal bymekaar in Israel gesit het.

Ontdekkingsreis!

As ’n jong meisie in Israel, ’n land van volkome geslagsgelykheid (wat ook weermagdiens ingesluit het), was my identiteit gebaseer op nasionalisme. Ek het geweet dat ek ’n Israeli was, en ek was bereid om baie op te offer vir my land. Ek het nie oor die godsdienstige aspek van my identiteit nagedink nie, aangesien daar nooit regtig ’n rede voor was nie. Almal om my was Joods, dus het ek nooit nagedink oor die wonderlike — of kontensieuse — aspekte van die JudaÔsme nie. Eers toe ek op die ouderdom van 22 met ’n rugsak deur Europa en die VSA gereis het, het die feit dat daar so baie godsdienste in die wÍreld is, met verskillende gebruike en oortuigings, op my ’n indruk begin maak. Dit was vir mense vreemd om my in my Hebreeuse boeke te sien lees. Hebreeus word van regs na links geskryf — wanneer hulle dus gesien het hoe ek die bladsye na die “verkeerde” kant toe omblaai, het dit altyd gelei tot gesprekke oor die Hebreeuse taal, die Bybel, die Heilige Land, ensovoorts. In hierdie gesprekke moes ek my godsdiens vir ander mense verduidelik, vir “vreemdelinge”, mense wat min of niks van my agtergrond geweet het nie. Ek moes my gedagtes orden, en die essensie van my kultuur en tradisies — wat tot op daardie punt bloot deel van my lewe was — vir myself probeer uitmaak.

Dit het my bewus gemaak van ’n paar teenstrydige aspekte van my tradisie, en my tog terselfdertyd baie trots laat voel op my Joodsheid; dat ek deel is van ’n beskawing wat die alfabet ontwikkel het, die dag van rus ingestel het, humanisties en eties ingestel is, en oorleef het teen alle verwagtinge in. Klein dingetjies het vir my belangrik begin raak. In die verlede het ek gemaak soos my pa my geleer het en, bewustelik of onbewustelik, altyd probeer om myself in iemand anders se posisie te plaas. Ek het probeer om mense om my gelukkig te maak. Maar nou het my agtergrond vir my belangriker as ooit begin word: ek het gevoel asof ek ’n “ambassadeur” vir Israel en die JudaÔsme was.

Ek het baie daarvan gehou om mense van ander lande en godsdienste te ontmoet, en dit het my gefassineer dat verskillende mense deur verskillende tradisies betekenis in hul lewe vind. Ek het baie gehou van die multikulturaliteit wat ek buite Israel ontdek het. Dit was wonderlik om samelewings te sien waarin verskillende kulture saam bestaan het.

Dit was ook in daardie tyd dat ek vir die eerste keer mense ontmoet het wat Jode gehaat het. Ek was geskok. Die idee dat mense jou kon haat sonder dat hulle jou eers ken, het my baie ontstel. Dit het vir my noodsaaklik geword om self altyd bedag te wees op enige vooroordele, en om ander mense altyd met ’n oop gemoed te benader.

Peter Reisenberger — en waardes uitgeleef

Soos die spreekwoord lui: “Die mens wik en God beskik,” en ek word getoets. Terwyl ek deur Barbados in die Karibbiese see reis, ontmoet ek Peter Reisenberger, ’n aantreklike jong Duitser. Ons raak verlief en besluit om te trou. Sy familie in Duitsland het hom taktvol laat verstaan dat ons waarskynlik nooit in Duitsland sou kon bly nie, omdat ek altyd ’n buitestaander sou wees: “die Jodin”. My familie was bekommerd oor sy Katolieke agtergrond en sy nasionaliteit, veral met die Holocaust van die Tweede WÍreldoorlog nog vars in hulle geheue. Maar toe Peter in Israel aankom en my ouers ontmoet, het hulle van die eerste oomblik af baie van mekaar gehou.

Dit het my hart goed gedoen om te sien dat my pa dit wat hy altyd gesÍ het, ook uitgeleef het. Hoewel hy sy bekommernisse uitgespreek het toe hy hoor dat ons wou trou, het hy Peter volkome aanvaar die oomblik toe hy hom in lewende lywe ontmoet het. Hy het Peter altyd welkom laat voel in sy huis en in Israel.

Ons het in Tel-Aviv gaan bly en is in die hof getroud. Omdat ek Joods was en Peter ’n Christen, wou geen amptenaar van enige van die twee godsdienste ons trou nie.

“Eksotiese Suid-Afrika”

Vir ons eerste huweliksherdenking het ons besluit dat ons, voor ons met ’n gesin wou begin en gevestig raak, eers ’n bietjie sou reis en vir ’n paar maande iewers op ’n eksotiese plek sou gaan bly. Een van ons vriende het gesÍ dat hy baie jare tevore in Suid-Afrika was, en dat diť plek waarskynlik eksoties genoeg vir ons sou wees. En so het ons op die Kaapstadse lughawe aangekom, in ’n onbekende land. Ons het in Seepunt gaan bly, omdat ons graag naby die see wou wees. Binne vier en twintig uur het Peter, wat in die hotelbedryf gespesialiseer het, ’n werk gehad. Ons het sy werkgewers gevra om ons ’n week grasie te gee om eers ’n bietjie rond te reis, aangesien ons net mooi niks geweet het van hierdie land waarin ons wou bly nie.

Ons het die week gebruik om met die Tuinroete langs te reis, en ons verkyk aan die natuurskoon van Suid-Afrika. Ek kan goed onthou hoe ons al die koerante gekoop het waarop ons ons hande kon lÍ, aangesien Peter gereken het dat ons die land en sy mense nie net uit die voorbladberigte sou leer ken nie, maar ook uit die geklassifiseerde gedeeltes: deur te sien wat mense koop en verkoop, wat hulle in hul vrye tyd doen, ensovoorts.

Ons het inderdaad meer uit die geklassifiseerde gedeeltes geleer as uit die amptelike nuus. Deur ’n advertensie in The Argus, Kaapstad se grootste koerant, het ek ’n tweedehandse ketel en ’n paar kastrolle in die hande gekry. Ek het die mense gevra hoekom hulle dit verkoop, en hulle het my aangekyk asof ek mal was. Hulle het verduidelik dat die politieke situasie in Suid-Arika onhoudbaar was, en dat hulle besig was om te emigreer. Hulle het vir my verduidelik wat apartheid was en hoe dit gewerk het. Ek kon nie glo wat ek gehoor het nie. En eers het ek hulle ook nie geglo nie, veral omdat die koerante nie baie inligting daaroor gegee het nie. Die politieke leiers, wat ek gehoor het so sleg was, het so beskaafd gelyk.

Ek het gedink aan wat my pa altyd gesÍ het: “Plaas jouself in ander mense se skoene.” Nee, ek kon nie glo dat hierdie netjies geklede, beskaafde mense hulle in ander mense se skoene geplaas het en steeds kon doen wat ek gehoor het hulle doen nie. Ek het ’n beperkte kennis van die land gehad, van die geskiedenis, die politiek, die mense, die kulture, die tale, en dit het my soos ’n buitestaander laat voel. Dit was vir my baie moeilik. Ek was nie Suid-Afrikaans nie. Ek was, om die waarheid te sÍ, nie seker wat ek was nie. Maar die skoonheid van die Kaap, die sonskyn en die mense om ons het my en my man uiteindelik so bekoor dat ons besluit het om ons in Kaapstad te vestig.

Toe ek my bande met Israel verbreek het, het ek ’n identiteitskrisis beleef. Voorheen het my identiteit saamgehang met my nasionaliteit; ek was ’n Israeli. Noudat ek in ’n nuwe land gebly het, in Suid-Afrika, wie was ek? Ek kon myself nog nie Suid-Afrikaans noem nie, en namate ek geleidelik agtergekom het dat alles nie wel was in die Suid-Afrikaanse politiek nie, was ek nie seker of ek Suid-Afrikaans genoem wou word nie. Dus was ek gesigloos en identiteitloos, en ek het swaar gekry. Ek het begin om op Joodse vakansiedae en die Sabbat na sinagoges te gaan. Ek was nie ’n godsdienstige mens nie, maar ek het die behoefte gehad om deel te voel van ’n groep mense wat in sekere opsigte soos ek gedink, gevoel of geglo het.

Nuwe lewe

Die tyd het verbygegaan. Toe word my eerste kind gebore, en terselfdertyd skryf ek my by ’n universiteit in vir verdere studies. Hierdie twee gebeurtenisse het by my ’n groot behoefte aan spiritualiteit geskep. Eersgenoemde was ’n intens emosionele ervaring en die tweede het my intellektueel geprikkel om vrae te stel soos “Wie is ek?” en “Waarom is ek hier?” en om dit te probeer beantwoord.

In die kraamsaal het ek baie emosioneel geraak. Die pyn waardeur ek moes gaan om die lewe te kon skenk aan hierdie mensie, en die besef dat hierdie intense, totale liefde iets is wat slegs vroue ervaar, het my ’n oorweldigende gevoel van liefde vir en eenheid met vroue van oor die hele wÍreld laat beleef. Oornag het ek gedigte begin skryf, wat almal oor vroue-ervarings gehandel het — oor moederskap, vrouwees en seksualiteit. My eerste gedig was:

    GeseŽnd is die moeders van die wÍreld

    Moeders
    God seŽn hulle

    Hulle wat eenvoudig en klein is,
    Hulle wat slim en groot is,
    Hulle maak kos en klere
    Maak kinders groot, liefkoos,
    ’n Duisternis bedrywige miere;
    Binne-in hulle groei lewe.
    Zeus, die god van die Grieke,
    Vir Athena is sy kop middeldeur gebreek
    Afgunstig op die goddellike gawe —
    Geboorte — Vir hulle so natuurlik.

    Maar in die lewe van elke dag,
    So anders as in die ou legendes —
    Die wÍreld se stil heldinne,
    Verdwyn in die bedrywigheid.

    Moeders.
    GeseŽnd is hulle.

My identiteitskrisis was verby. Ek het geweet wie ek was — ek was ’n vrou, suster van meer as die helfte van die mense op aarde. God se skepping van die wÍreld, ’n eenmalige gebeurtenis, kon skielik nie kers vashou by die onuitputlike skeppingsvermoŽ van vroue nie. My geliefkoosde gedig het toe ontstaan:

    In die begin

    Wakker en gereed lÍ sy
    Luister
    Na die lewe in haar geskep
    Uit die onbegryplike en niks
    ’n Nuwe wÍreld
    En sy het gesien dat dit goed was.
    Na haar eie beeld, soos sy
    Het sy nuwe hoop geskep
    En sy het gesien dat dit goed was.

    En dit was aand en dit was oggend
    en dit is

Vroue, alle vroue om my, het vir my belangrik geword. Ek het vroue as my familie begin beskou en die geluk en bemagtiging van alle vroue het my na aan die hart begin lÍ. Ek het begin om ’n studie te maak van vroue se geskiedenis, asook vrouegesondheid en die uitbeelding van vroue in die letterkunde en die Bybel.

Verskeurd

Ek het nie gehou van wat ek gevind het nie. Om die waarheid te sÍ, ek het ontstellende dinge agtergekom. Ek is deur verligte ouers in ’n gelyke samelewing in Israel grootgemaak; ek was nie voorbereid op die manier waarop vroue in soveel samelewings misken word nie. Ek kon nie glo dat mans wat hulle ma’n s, vroue en dogters liefhet, hulleself nie in hierdie vroue se skoene sou plaas nie. Maar deur die geskiedenis het soveel mans nie gevra hoe vroue voel nie, net eenvoudig voortgegaan om vroue as minderwaardig te behandel. Mans het dit nie slegs as individue gedoen nie; die siening van vroue as minderwaardig is selfs aangemoedig in verskeie godsdienste.

En my eie godsdiens, die JudaÔsme, was nie beter as ander godsdienstige tradisies nie. Skielik het ek bedenkinge gehad oor die tradisie waarbinne ek gebore is, en het ek vrae daaroor begin vra. En ek het ontdek wat JudaÔsme in wese is: ’n “man se godsdiens”, ’n patriargale tradisie. Ek is ’n trotse vrou, en het al hoe meer uitgesluit begin voel van die JudaÔsme, en al hoe meer vervreemd daarvan. (2)

Ek het probeer om die pragtige Joodse tradisie wat my pa my geleer het, te versoen met die JudaÔsme wat deur ’n groep outokratiese rabbi’s beheer is, en wat meer klem gelÍ het op die patriargale voorskriftelikheid van die antieke tye as op die spiritualiteit en skoonheid wat ek geken het. Ek het kwaad geword vir my tradisie, en veral vir die rabbynse gesag. Tog, soos my kinderse groter geword het, het ek afhanklik geword van hierdie selfde godsdienstige gesag, omdat alle seremonies van Joodse rites steeds deur hulle gereguleer word: geboorte, besnydenis, doop, Bar/Bat Mitzvahs (die seremonie van volwassewording), huwelike, begrafnisse, ensovoorts. (3)

My woede was nie soseer teen die tradisies nie, maar teen die patriargale gesagsliggame wat outokraties en argaÔes was, en gekant teen enige veranderinge.

Om dit te illustreer: Wanneer ’n babaseuntjie gebore word, is daar ’n pragtige seremonie op die dertigste dag na sy geboorte, gevolg deur ’n geselligheid. Dit word die “verlossing van die eersgeborene” (“redemption of the first born”) genoem en simboliseer die feit dat die seuntjie heilig is en aan God toegewy moet word. Hy word egter nie letterlik aan God geoffer nie, daarom “verlos” die ouers hulle seuntjie simbolies, of “koop” hom terug van God. Deesdae skenk die ouers van die pasgebore seuntjie geld vir liefdadigheid en “betaal” so vir sy verlossing. Wanneer ’n dogtertjie egter gebore word, word sy nie “vrygekoop” nie. Is sy dan nie heilig genoeg om aan God toegewy te word nie?

Wanneer ’n seun dertien word, word hy in die sinagoge na vore geroep om uit die Tora voor te lees, die Heilige Skrif wat in die Heilige Ark in die sinagoge gebÍre word. Hierdie seremonie word die Bar Mitzvah genoem en nadat die seun homself bewys het deur uit die Tora voor te lees, word hy as ’n volwaardige lid van die gemeenskap aanvaar en kan hy aan alle rituele deelneem. Meisies, wat op hierdie ouderdom fisiek meer volwasse is as seuns, word as volwassenes erken wanneer hulle twaalf jaar oud word, maar hulle mag nie aan die Tora raak nie; hulle word nie in die gemeenskap bevestig nie. Trouens, hulle moet in ’n spesiale deel van die sinagoge sit en moet saggies praat tydens dienste, omdat Maimonides, ’n beroemde rabbi wat in die dertiende eeu in Noord-Afrika geleef het, gesÍ het dat ’n vrou se stem te veel van ’n versoeking is vir ’n man.

Die meisies se Bat Mitzvah (hulle seremonie van volwassewording) is eintlik maar net ’n twintigste-eeuse troosprys. Hulle seremonie vind nie in die sinagoge plaas nie, hulle mag nie aan die Torah raak nie en hulle word nie toegelaat om aan die diens deel te neem nie. Die seremonie het geen geestelike betekenis nie; die meisies trek bloot mooi aan, lees iets wat hulle voorberei het en geniet die geselligheid. In die meeste gevalle doen die rabbi nie eens die moeite om hulle te seŽn nie. Hierdie siening van meisies as tweederangse lede van die godsdienstige gemeenskap loop soos ’n draad deur al die rites van die JudaÔsme, asook van sommige wetlike prosedures, soos huwelike en egskeidings. (4)

Dit breek my hart.

Ek voel dat ek ’n godsdienstige kring nodig het waarbinne ek my kinders kan grootmaak. Ek het ’n geestelike gemeenskap nodig waaraan ek kan behoort, wat vir my ’n maatstaf kan bied vir morele waardes en etiese gedragskodes. Ek voel dat hierdie godsdienstige gemeenskap soos ’n groot familie vir my kinders moet wees, dat hulle daar tuis moet kan voel, en deel moet kan voel van ’n groep mense met ’n verlede waarop hulle trots kan wees.

Vir my maak die etiek en waardes van JudaÔsme dit ’n pragtige godsdiens, met ’n ryke geskiedenis waarop ek baie trots is. Ek voel dus baie verskeur. Ek is lief vir die tradisie, maar ek ondersteun hoegenaamd nie die rigiede konserwatisme van die mense wat in beheer is nie.

Om ’n Jodin in Suid-Afrika te wees, is iets waarop ek selfs meer trots voel as wat ek elders in die wÍreld sou voel, want die Suid-Afrikaanse Jode was liberale mense wat geveg het vir dit waarin hulle geglo het: die erkenning van alle Suid-Afrikaners se menswaardigheid. Deel van die Joodse erfenis is ons sonderlinge, tragiese geskiedenis van lyding deur die eeue as ’n gehate minderheidsgroep. Ons godsdiens het vereis dat ons op ’n sekere manier aantrek, sekere kos eet, op ’n sekere dag van die week rus — met ander woorde, ’n ander soort lewe lei as die mense om ons. Ek glo hierdie gebruike en tradisies het ons eenkant gehou, apart, en ons anders gemaak as ons nie-Joodse bure. Dus is ons maklik aangeval as sondebokke wanneer enigiets verkeerd geloop het.

Tog het ek aanvanklik ’n redelik gematigde houding ingeneem. Ek het niks gedoen nie. Ons geskiedenis van lyding het ons sosiale bewussyn verskerp. Ons het mense geword wat omgee, vir wie sosiale geregtigheid belangrik is. Maar so trots soos wat ek was op my Joodsheid, so sterk het ek gerebelleer teen die patriargale, dogmatiese en outokratiese gesag van die rabbi’s.

Wat my gered het wat godsdiens betref, was dat die meeste Joodse tradisies en rituele draai om die gesin en die huis, buite die sinagoge. Die JudaÔsme het geen sistematiese teologie nie. Dit word toegeskryf aan die feit dat sy wortels teruggaan na twee duisend jaar v.C. Anders as in die meeste godsdienste is die sentrum van aanbidding nie ’n plek van aanbidding nie, maar die huis, eintlik die etenstafel. Die spil van baie rituele is die gesinsmaaltyd — die ma berei die maaltyd voor, die ander was hulle hande terwyl hulle die geleentheid seŽn, sing dankgesange na die ete en tussen gange, en jong kinders word aangemoedig om deel te neem aan gesprekke oor verskillende onderwerpe en vraagstukke, om hulle te leer om nie soos gulsige diertjies te eet nie.

Dus het ek my Joodsheid in my huis gevier, waar die rabbi’s nie vir my kon voorskryf wat om te doen nie. Ek het ophou soek na teologie. Ek het geleer om die gees van die JudaÔsme te beklemtoon, en dit het die konteks geword waarbinne my spiritualiteit gestalte gekry het. Hoe meer ek van die JudaÔsme geleer het, hoe meer het my spiritualiteit verdiep — en hoe groter het my woede geword.

Waarnemende rabbi in T-hemp en jeans?

Toe tref ’n geluk my. ’n Geleentheid wat min Joodse vroue kry, het in my skoot geval: ’n konserwatiewe Joodse gemeenskap in Oos-Londen was sonder ’n rabbi en het my gevra om hulle Nuwejaarsdienste (5) te kom waarneem. Hulle het gehoor dat ek ’n Israeli is en het aangeneem — met reg — dat ek die Hebreeuse deel van die gebedeboek sou kon lees. Hulle het gehoor dat ek ’n dosent in Bybelkunde en JudaÔsme aan die Universiteit van Kaapstad is en het aangeneem — verkeerdelik — dat ek sou weet hoe om die dienste vir die Joodse Nuwejaar te lei. Met die Joodse Nuwejaar word daar vir tien dae dienste gehou, tot op die Dag van Versoening. Vir Jode is hierdie heilige dae ’n baie belangrike tyd van die jaar, en hulle bid baie ure saam in tempels en sinagoges (6).

Ek het hulle versoek eers van die hand gewys, omdat ek nie bevoeg gevoel het om as leier van ’n gemeente op te tree nie, aangesien ek nie baie vertroud was met die liturgie van die dienste nie. Op die ou end het die Konserwatiewe Rabbi van Kaapstad my touwys gemaak, en ek het Oos-Londen toe gevlieg. Ek het egter gegaan op die voorwaarde dat ek nie betaal sou word vir my dienste nie. Wie ook al vir my sou betaal, sou aan my kon voorskryf wat om te doen, en dit wou ek nie hÍ nie. Ek wou vryheid hÍ. Vryheid om te sÍ wat ek regtig dink, om te beklemtoon dat almal gelyk is, en om te kies watter spirituele nuanses ek aan die dienste wou gee. Aangesien ek as ’n vrywilliger op ’n ad hoc-basis daar was, was ek nie verplig om enige voorskrifte na te volg of enigiemand tevrede te stel nie.

Ek is nie seker of hulle geweet het waarvoor hulle hulself ingelaat het nie. Op die lughawe het ek geamuseerd toegekyk hoe hulle ’n formidabele ouer vrou versigtig nader. Toe hulle hul fout agterkom, kon ek in hulle oŽ sien dat ek te jonk was na hulle smaak (ek was toe 35 en het jeans en ’n T-hemp aangehad). Maar toe ek uiteindelik in hulle tempel staan, voor die gemeente, en begin om die gebede op die ou, tradisionele wysies te sing wat my ouma my geleer het (in plaas van in die formele styl van die kantors), het hulle hul eie oumas se liedere onthou, en het hulle almal begin saamsing.

Dit was ’n onvergeetlike Nuwejaar. Ek kan tot in die fynste besonderhede onthou hoe ek die Heilige Ark oopgemaak en die ou handgeskrewe rolle uitgehaal het, die pragtige skrif gelees het en die gemeente voorgegaan het in die opsÍ van die woorde. Iets het met my gebeur: ek het ’n diep godsdienstige ervaring gehad, wat baie Christene ’n wedergeboorte noem.

Voorreg, vrede en Vrou wees

Van toe af voel ek bevoorreg. Vir baie jare was ek die enigste Joodse vrou in Suid-Afrika wat as ’n rabbi opgetree het. (7) Ek het die geleentheid gehad om die werklike betekenis en die ware gees van die JudaÔsme ervaar. Maar dit het my ook intens kwaad gemaak. Kwaad omdat dit ’n ervaring was wat vir ons Joodse vroue verbode was; omdat hierdie spirituele ervarings van ons weerhou is deur die ortodokse gesagsliggame en tradisionele denkers in konserwatiewe sowel as hervormde geledere.

Dus beskou ek myself as werklik baie geseŽnd.

Ek het vrede gemaak met my identiteit.

Uit ’n spirituele oogpunt is ek trots daarop om ’n Jodin te wees — om aan ’n volk te behoort met wie se waardes ek identifiseer en wie se verlede myne is. Ek is Joods, en ek was so gelukkig om God te kon ervaar in my eie tempel in Oos-Londen, waar ek my JudaÔsme kon uitdruk op ’n manier wat ek as getrou aan die wese van God beskou.

Ek voel ook bevoorreg om ’n Joodse huis te kon skep en deel daarvan te wees, met al die ryke gebruike en tradisies wat ek met my kinders en vriende deel.

Uit ’n fisieke oogpunt sien ek myself as ’n Vrou — met ’n hoofletter V. Ek is ’n Vrou. Ek vind vreugde in my seksualiteit, moederskap en verbintenis met alle vroue as my susters.

Ek is ook ’n Suid-Afrikaner. Met die verandering van die land in ’n nuwe Suid-Afrika het ek ’n nasionale identiteit gekry waarop ek trots kan wees. Skielik behoort die nuwe vlag aan almal, ook aan my. Ek het op hierdie aarde geloop, ek het deur hierdie land gereis, en tot op hede het ek honderde jong mense geleer en hulle gehelp om ingestel te wees op welwillendheid, integriteit en liefde vir hierdie land — dieselfde waardes wat my pa my geleer het. Hoewel die “geur” van my identiteit as ’n gebore Israeli nog om my hang, beklemtoon deur my duidelike aksent, is ek gelukkig as ’n trotse Suid-Afrikaanse Vrou en Jodin.

Aantekeninge

  1. ’n Mezuza is ’n klein kissie wat Jode op ’n deurkosyn in hulle huis vasheg. Dit bevat die belangrikste gebed van die Joodse tradisie, die Sjema, wat bestaan uit die teks van Deut. 6:4, 9.

  2. Vir ’n insiggewende studie oor die spiritualiteit van vroue in die JudaÔsme, sien Standing again at Sinai: Judaism from a feminist perspective deur Judith Plaskow, 1991, Harper: San Francisco.

  3. “The status of Jewish women: A brief polemic” deur Azila Talit Reisenberger, in Jewish Affairs, 53 (4), 1998, Suid-Afrika.

  4. Vir ’n omvattende studie, sien Women and the Jewish law deur Rachel Biale, 1984, Shocken Books: New York; of ’n korter weergawe van dieselfde studie deur die skrywer, “Women and the Jewish law” in die Encyclopaedia Yearbook, 1986-7, Jerusalem.

  5. ’n Baie ortodokse gemeenskap sou my nie kon vra om waar te neem nie. Soos ek genoem het, volg hulle steeds die voorskrif van Maimonides van die dertiende eeu wat gesÍ het dat vroue se stemme mans in die versoeking bring en dat hulle daarom nie hard mag praat nie.

  6. Die ortodokse geboue van aanbidding word sinagoges genoem, en die konserwatiewe of gereformeerde geboue van aanbidding tempels.

  7. Me. Bonnie Leavy, wat ’n geordende rabbi is, dien tans in die progressiewe gemeente van Bet-Menorah, Pretoria.

Aanbevole leesstof

Day, Peggy L. (red.). 1989. Gender and difference in Ancient Israel. Fortress Press, Minneapolis.
Ilan, Tal. 1996. Jewish women in the Greco-Roman Palestine. Hendrickson Publishers, Massachusetts.
Greenberg, Blu. 1981. On women and Judaism. The Jewish Publication Society of America, Philadelphia.
Koltun, Elizabeth (red.). 1976. The Jewish woman: New Perspective. Schocken Books, New York.

Ook

Collins, Adela Yarbo (red.). 1985. Feminist perspectives on Biblical scholarship. Society of Biblical Literature, Scholars Press, Atlanta, Georgia.
ffey, Alice L. 1988. An introduction to the Old Testament: A feminist perspective. Fortress Press, Philadelphia.
Ruether, Rosemary and Eleanor McLaughli. 1979. Women of spirit: Female leadership in the Jewish and Christian traditions. Simon and Schuster, New York.

to the top


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieŽl nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ín onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.