Gillespiestraat-slenters - rubriek deur Johan van WykArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Bieg /
Confess
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Onderhoude /
Interviews
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Opiniestukke /
Essays
Rubrieke /
Columns
Kos & Wyn /
Food & Wine
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Feeste /
Festivals
Spesiale projekte /
Special projects
Slypskole /
Workshops
Opvoedkunde /
Education
Artikels /
Features
Geestelike literatuur /
Religious literature
Visueel /
Visual
Reis /
Travel
Expatliteratuur /
Expat literature
Gayliteratuur /
Gay literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Hygliteratuur /
Erotic literature
Kompetisies /
Competitions
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.

Februarie 1999

Eenuur in die aand. Ek kyk af na die straat. Onder langs die wegneemkafee staan ’n rooi vierwielaangedrewe bakkie. Agterop lê, sit en staan drie hoog bedwelmde tienermeisies. Die een wat staan, skree die straat in: “God is coming to get me! God is coming to get me! God is coming to get me!” Die ander een probeer haar noodkrete doodsmoor.
    Die volgende oggend, by die ingang van die woonstel, sug die opsigter en kla oor mense wat steel. Potplante verdwyn. Hy weet wie dit is: die vrou in 15. Sy laat niemand toe in haar woonstel nie. Maar agter die deur wat op ’n skrefie oop is, kan hy ’n vertrek vol potplante sien. Sy is ’n bietjie van haar trollie af. Veral met volmaan begin sy arias sing. Hy voeg by dat sy ’n duiwelsaanbidder is.
    Dit is Oxford-huis. Die nuwe baken in die Suid-Afrikaanse letterkunde.
    Dit is Januarie. Studente stroom terug na die universiteit. Studente droom nie meer wanneer hulle universiteit toe kom nie, want al die lekker vakke, dít wat van ’n universiteit ’n universiteit maak, word afgeskaal en toegemaak. Verwoerd sou baie in sy skik gewees het met die flinke manier waarop “Bantoe-onderwys” deesdae ingestel word.
    Maar dit is seker veral die mense in taal- en letterkundestudies wat die knop op die maag begin voel. Letterkundestudies word die straat ingeboender. Ek sit met my hande in my hare. Wat van die Suid-Afrikaanse letterkunde? Wat van alles wat in hierdie letterkunde vermag is die afgelope eeu? Niemand kan ontken dat die Suid-Afrikaanse letterkunde na die Tweede Wêreld-oorlog een van die interessantstes is nie. En wat van die Afrikaanse letterkunde en alles wat bereik is? Dit is nou blykbaar die einde. Die politici dink skynbaar Suid-Afrika het nou sy post-historiese fase ingegaan. Daar is nie meer plek vir die luukse van ’n letterkunde nie. Dit is nie meer nodig om aan die feilbaarheid van die mens herinner te word nie. Want dit is die funksie van die letterkunde. Literatuur is ’n tolerante diskoers. Ander diskoerse het mikroskopiese fokus, is dissiplinêr: die beeld en antwoorde daarin vervat, kan nie verskil en meervoudige perspektiewe verdra of duld nie.
    Privaat universiteite. Dit is die antwoord, maar wie gaan die inisiatief neem en wanneer?
    ’n Besonderse boek het in 1994 by Tafelberg-Uitgewers verskyn. Dit is Kole Omotose se Season of Migration to the South. Omotose is bekend aan Suid-Afrikaners as die Yebo Gogo-figuur in die Vodacom-advertensie. Die een waar die meisie met die mini en die hoëhakskoene so trippel tussen die windpompies. Hy werk tans by die Universiteit van Kaapstad.
    Die boek handel oor sy uitwyk na Suid-Afrika, en die probleme van onafhanklike Afrika. Waarom hierdie boek nie meer bekend is nie, laat my wonder. Sou graag wou weet hoeveel het verkoop en wie was die kopers.
    Een van die interessante aspekte wat in hierdie boek ondersoek word, is die taalkwessie na aanleiding van Ngugi wa Thiongo se Decolonising the Mind. Omotose het spesifiek Suid-Afrika toe gekom om hierdie problematiek, en dan veral na aanleiding van die suksesse van Afrikaans, te ondersoek. In ’n sekere sin, volgens hom, is ware onafhanklikheid heeltemal gekoppel aan wat ’n mens in jou eie taal kan skryf en dink, sonder die vervreemding wat plaasvind wanneer ’n mens in die koloniale tale werksaam is. Nie dat die koloniale tale onbelangrik is nie.
    Hy skryf:
That it was necessary for the Afrikaners to develop a language in Africa with which to tease out and work through their experience of Europe and Africa, is of great significance in the domestication of Western technology and ideas. If the Afrikaners, who were originally from Europe and then transplanted to Africa, needed a new language that could make Western influence on the one hand and their African experience on the other hand intelligible, why would Africans think that they could contain that same experience in the language of Europe alone, without domesticating it through their African languages?
Hier om die draai van Gillespiestraat is ’n wonderlike kroegie, The Squireman’s Bar. Dit maak elke middag so teen vyfuur oop. Die kos en bier is fantasties en goedkoop (’n bord calamary en chips en ’n bier vir R17). Ek weet nie hoe die plek kan voortbestaan nie. Vir Skrywers wat inspirasie binne die Nuwe Suid-Afrika soek, is daar ook die Costa de Sol in Wesstraat waar die middeljarige wit mans hulle prostitute gaan optel. ’n Plek van groot verval en plesier.
    My epos is cssall@pixie.udw.ac.za vir enigiemand wat verder wil slenter met ’n idee geopper by hierdie adres.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.