My donkerste geheimArgief
Tuis /
Home
Briewe /
Letters
Kennisgewings /
Notices
Skakels /
Links
Boeke /
Books
Opiniestukke /
Essays
Onderhoude /
Interviews
Rubrieke /
Columns
Fiksie /
Fiction
Poësie /
Poetry
Taaldebat /
Language debate
Film /
Film
Teater /
Theatre
Musiek /
Music
Resensies /
Reviews
Nuus /
News
Slypskole /
Workshops
Spesiale projekte /
Special projects
Opvoedkunde /
Education
Kos en Wyn /
Food and Wine
Artikels /
Features
Visueel /
Visual
Expatliteratuur /
Expat literature
Reis /
Travel
Geestelike literatuur /
Religious literature
IsiXhosa
IsiZulu
Nederlands /
Dutch
Gayliteratuur /
Gay literature
Hygliteratuur /
Erotic literature
Bieg /
Confess
Sport
In Memoriam
Wie is ons? /
More on LitNet
Adverteer op LitNet /
Advertise on LitNet
LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.


Vir die onnie met die klippie in sy skoen

Daar is niks omtrent jou wat ek nié kan onthou nie. 

Daar is niks omtrent jou wat ek nié haat nie.

Ek sien jou ry in elke wit motor; jy jaag my. Jy kruip weg. Jy smokkel op my ou skool se stoepe.

Ek skrik elke nag natgesweet wakker, net om verlig te besef dat jou dik vingers my nie meer bedreig nie; dit was net 'n nagmerrie. Ek moet in my kêrel se nek snik as hy aan my wil raak, want jou spoke kom hang in die kamer. Hy moet die pyn vat. Dis jou trane, nie syne nie. Maar hy moet boet vir iets wat 'n orige onnie gedoen het.

Jy het geweet ek voel niks vir jou nie, want ek het dit telkemale vir jou gesê. Jy was 'n pa, dis al. Maar jy het nogtans jou prooi bekruip. Stadig saggemaak ... stadig vertroue gewen. Soos 'n goddelike manipuleerder. Jy het nie regtig gedink ek, 'n 16-jarige meisie, sou verlief kon raak op 'n 52-jarige bleskop man met 'n boepens en wat na rook stink nie. Inteendeel, jy het goed geweet ek was toe verward oor my seksualiteit en het net in meisies belang gestel. Maar jy het daardie probleem gesien en misbruik.

Jy walg my as ek wakker is. Jy walg my as ek slaap. Jy het my jonkwees vinnig oud gemaak en 'n FOUT gemaak om my "lief te hê".

Ek en jy weet wat die waarheid is. En die waarheid het my vrygemaak, maar JY sal altyd 'n GEVANGENE wees.

Die hoeveelste meisie was ek????? Hoeveel loop nog met 'n siniese gesindheid en 'n haat vir mans rond, oor jou toedoen?

Hoe leef jy met jouself?

My lewe gaan aan. Maar joune sal altyd stilstaan by die dag toe jy voor 'n skool vol kinders gearresteer is omdat jy nie jou perverse jagsheid kon inhou nie.

Jy het my onderskat.

Anoniem

E-pos jou donkerste geheim na bieg@litnet.co.za.
E-mail your darkest secret to bieg@litnet.co.za.

boontoe


© Kopiereg in die ontwerp en inhoud van hierdie webruimte behoort aan LitNet, uitgesluit die kopiereg in bydraes wat berus by die outeurs wat sodanige bydraes verskaf. LitNet streef na die plasing van oorspronklike materiaal en na die oop en onbeperkte uitruil van idees en menings. Die menings van bydraers tot hierdie werftuiste is dus hul eie en weerspieël nie noodwendig die mening van die redaksie en bestuur van LitNet nie. LitNet kan ongelukkig ook nie waarborg dat hierdie diens ononderbroke of foutloos sal wees nie en gebruikers wat steun op inligting wat hier verskaf word, doen dit op hul eie risiko. Media24, M-Web, Ligitprops 3042 BK en die bestuur en redaksie van LitNet aanvaar derhalwe geen aanspreeklikheid vir enige regstreekse of onregstreekse verlies of skade wat uit sodanige bydraes of die verskaffing van hierdie diens spruit nie. LitNet is ’n onafhanklike joernaal op die Internet, en word as gesamentlike onderneming deur Ligitprops 3042 BK en Media24 bedryf.